Print

Die Pasga Legkaart

Dit was onmoontlik om in die eerste plek te sê presies wat hy gevind het. Die verpletterde potskerwe, bewaar in duisende jare se opgehoopte rommel en vuilis, was onwillig om hul geheim te gou bekend te maak. Maar die argeoloog was egter geduldig. Hy het elke stuk wat hy kon vind met die gesif deur die sand, versigtig versamel, selfs die kleinste potskerf presies gelys. Die regte werk het begin toe die opgrawing elke laaste stuk nog in bestaan, vrygestel het.

vaseMet groot sorg en bekwaamheid het die argeoloog nougeset elke stuk skoon gemaak en terug gesit. Uiteindelik was hy gereed om die raaisel wat voor hom lê, inmekaar te laat pas. `n Pragtige fatsoen het stadig maar seker begin vorm aanneem, nadat hy probeer het om die perfekte aanpassing te maak met een stuk hier en `n ander daar te pas. Die perfeksie van `n presiese eweredigheid het ten volle uitgekom, ronde sye het bo op `n basis wat te slank gelyk het om dit te ondersteun, gebalanseer.

Uiteindelik was sy ywerige pogings vergoed. Ywer en harde werk het rommel brokstukke in `n elegante vaas omskep, een van die pragtigstes van sy soort wat ooit gevind was.

Almal wie die waarheid sal soek moet ook argeoloë wees. Baie pragtige Hemelse waarhede is begrawe in vuillis en smerigheid van tradisie en smerigheid van die heidendom. Om met versigtigheid dwaalleer af te stof en die waarheid te ontbloot, deur dit tot sy volle glorie te herstel, vereis baie ywerige en, nougesette pogings. Die een beginsel wat alle soekers na waarheid in gedagte moet hou is dat die waarheid haarself nooit sal weerspreek nie. As een gedeelte van die Gekrifte skyn om die ander gedeelte te weerspreek, is dit `n duidelike uitnodiging: Grawe hier! Daar is meer waarheid  wat moet ontdek word wat die teenstrydigheid sal versoen.

Een soortgelyke deel van die Geskrifte wat vir `n lang tyd Bybel studente verwar het is verklarings in Matthéüs, Markus en Lukas wat skyn om te verskil met duidelike verklarings in die boek van Johannes. Geleerdes verwys na Matthéüs, Markus en Lukas as die “Sinoptiese” Evangelies weens die groot ooreenkomste in die besonderhede van elk as ook die orde van die gegewe gebeurtenisse. Die vierde evangelie, Johannes, verskil in sommige besonderhede.

Nêrens is hierdie oënskynlike verskil meer sigbaar as in die verslag van die kruisigings Paasfees nie. Die drie Sinoptiese evangelies blyk om almal ooreen te stem met `n datum vir die Joodse Paasfees wat anders is as dié gegee in die Evangelie van Johannes.

puzzle piecesIn werklikheid is daar geen teenstrydigheid nie. Die waarheid weerspreek haarself nooit nie! Dit is waar dat nie alle vrae in hierdie lewe beantwoord sal word nie.

Yahuwah verwyder nooit alle rede tot twyfel nie want Hy heg veel waarde aan persoonlike vryheid. Hy sal nooit mense dwing om te glo as hulle nie wil glo nie. Dus sal daar altyd hake wees om twyfel te hang deur die wie wens om nie te glo nie. In sulke areas is dit die voorreg van die gelowige om geloof uit te oefen in die Een wie nooit leuens vertel nie. Dít gesê en versigtige navorsing van die bewyse openbaar die harmonie van al vier evangelies. Elke evangelie verskaf stukke van die legkaart wat, wanneer dit behoorlik verstaan word, bewys dit dat daar geen konflik is nie.

Die tekse wat mense verwar het is:

Matthéüs 26:17 –“En op die eerste dag van die ongesuurde brode kom die dissipels na ...[Yahushua] en sê vir Hom: Waar wil U hê moet ons vir U klaarmaak om die pasga te eet?” (KJV1)

Markus 14:1 – “En die pasga en die fees van die ongesuurde brode sou oor twee dae wees; en die owerpriesters en die skrifgeleerdes het gesoek hoe hulle Hom met lis gevange kon neem en doodmaak.”

Lukas 22:7 – “En die dag van die ongesuurde brode het gekom waarop die pasga geslag moes word.”

Die verwarring wat opkom is wanneer die bogenoemde tekse met Johannes se verslag van die laaste avondmaal soos in Johannes 13 verduidelik, vergelyk word: “En voor die fees van die pasga het . . . [Yahushua], omdat hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe.” (Johannes 13:1)

In hierdie soos in alle ander Bybelse raaisels verskaf die Heilige Skrifte die antwoord. Die wet van Moses wat die Wet-Gewer, Yahushua , volmaak gehoorsaam het, verskaf duidelik die tyd-parameters van beide die Joodse Paasfees en die Fees van Ongesuurde Brood.

In die eerste maand, op die veertiende van die maand, teen die aand, is die pasga van. . . [Yahuwah]; en op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van . . . [Yahuwah]; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet. Op die eerste dag moet daar vir julle `n heilige vierdag wees; geen beroepswerk mag julle doen nie. (Levítikus 23: 5-7)

Hierdie gedeelte bepaal duidelik twee verskillende datums vir twee verskillende heilige waarnemings:

Johannes 13 verklaar eenvoudig net: “En voor die fees van die pasga....” Dit skyn dat die Sinoptiese evangelies die datums weerspreek wat in Levítikus gegee word!

blue puzzle pieceDie datums wat gegee word vir die Pasga en Fees vir Ongesuurde Brood soos in Levítikus 23 moet behoue bly wanneer die verskeie waarheids-stukke van hierdie Skriftelike legkaart versamel word. Hulle verskaf die “grens” van die legkaart. Dit kan nie opsy geskuif word nie. Dus moet daar `n ander verduideliking verskaf word vir hoekom die Sinopsis die Pasga en die eerste dag van Ongesuurde Brood op dieselfde dag plaas.

Die eerste punt wat oorweeg moet word is dat beide Matthéüs 26:17 en Markus 14:1 woorde bygevoeg het in die Engelse vertaling wat nie in die oorspronklike verskyn nie. Die skynsgedrukte woorde hieronder is die woorde wat die vertalers by die tekse gevoeg het. Hulle verskyn nie in die oorspronklike nie:

Sonder die voorsiende woorde staaf Matthéüs eenvoudiglik: “En op die eerste dag van die ongesuurde brode kom die dissipels....” Markus staaf met die voorsiende woorde uitgelaat: “En die pasga en die fees van die ongesuurde brode sou oor twee dae wees....”

In die teks uit Matthéüs kom die woord “eerste” van die woord πρώτος (prōtŏs) wat “voorste” (in tyd, orde plek of belangrikheid  beteken)2  Dit kan “begin” of “beste”  beteken, maar dit kan ook korrek vertaal word as “voor”. Wanneer πρώτος (prōtŏs) as “voor” vertaal word, lees Matthéüs so:  “En voordie ongesuurde brood het die dissipels gekom  . . . .” Dit stem ooreen met Johannes 13: 1: “En voor die fees van die pasga . . .”

Markus moet oorweeg word in die konteks van wat onmiddelik volg wat die verslag van Yahushua se salwing in Bethanië gedurende die fees by Simon se huis. Maar eerstens, is dit nodig om te verstaan presies hoe die Israeliete sekere bewoording gebruik, spesifiek “Pasga” en die bewoording “ongesuurde brood.” Dit verskaf die volgende stuk van die Skriftelike raaisel.

`n  Ondersoek van die Uitleg van die lydingsweek openbaar... die feit dat die N[uwe]T[estament] bewoording τά ἄζυμα (“ongesuurde brood”),... voorkom in verskeie van die evangeliese verwysings na die pasga seisoen. Hierdie uitdrukking is `n tipiese Sinoptiese term: en nogtans beide Markus en Lukas sou blykbaar laat verstaan dat in die tyd van hulle geskrifte, die feestelike name τò πάνοχα en τά ἄζυμα vervangbaar was in `n algemene begrip3. Maar dit skyn of die tweede van hierdie [terme] Lukas se gunsteling was in die voorstelling van die pasga seisoen4, en sekerlik Matthéüs sin ook.5 Josephus herken ook die alternatiewe gebruik van hierdie twee feestelike terme op sy eie dag.6 Hy noem eintlik die “veertiende” die “dag van ongesuurde brood.”7,8

Taal is plooibaar en word gereeld gebruik op meer as een manier. Net soos die woord “Kersfees” van toepassing is op 25 Desember, word dit soms ook toegepas op die seisoen, die tyd van die jaar of die maand van Desember. Teen die tyd van die Messias het die terme “ongesuurde brood” en “Pasga” feestelike terme geword wat toegepas was aan die hele week, en het begin op Pasga (Abib 14) en deur die hele sewe-dae  fees van Ongesuurde brode wat begin het op Abib 15, geduur.

Twee wel-bekende skrywers van die eerste eeu n.C. gebruik “Pasga” en “Fees van Ongesuurde Brode” wisselbaar, en gebruik soms “Ongesuurde Brode” om na die Pasga te verwys; en gebruik ander kere “Pasga” om na die totale fees te verwys. Die skrywers is Philo van Alexandria (20 BC – AD 50) en Josephus (AD 37 – circa AD 100).

Om die pasga verklarings van eerste eeuse skrywers te verstaan, is dit noodsaaklik dat hul feestelike terme opgeteken en verklaar word. Hierdie rituele woorde en uitdrukkings is oor die algemeen in `n vreemde taal, en mag dalk ander betekenis het van hul Engelse vertalings. Byvoorbeeld, die Griekse woord πάσχα of ϕάσκα soos dit soms voorkom, word omtrent twaalf keer in Josephus  gebruik. Ons vertaal dit pasga, die algemene betekenis paas maaltyd. Maar algemeen met Josephus is die woord vervangbaar met die ag-dae fees van ongesuurde brode, en net drie keer verwys dit direk na die 14 de dag van Nisan [Abib], terwyl dit sekerlik net drie keer die pasga lam beteken. En blykbaar het nog geen plek aan die lig gekom waar πάσχα die maaltyd alleen aanwys nie, alhoewel dit mag verwys na pasga offer en maaltyd saam. In Josephus alleen is daar omtrent vyf-en-twintig verwysings na hierdie offerande seremonie.9

`n Voorbeeld van Josephus wat die terme “Pasga” en “Fees van Ongesuurde Brode” wisselbaar gebruik kan in Wars II.I.1-3 gevind word waar hy sê:

En nou dat die fees van ongesuurde brode gekom het, wat pasja [Pasga] genoem word deur die Jode, een wat so `n groot getal offerandes bygedra het, het talle mense in die een kant van die omliggende landstreke ingestroom vir die seremonie, terwyl aan die ander kant die wie rekrute werf vir die doktore in die tempel teenwoordig was.10

In hierdie gedeelte het Josephus die konteks vir die oproer van die Israeliete wat voorgekom het op Abib 14, Pasga, na die dood van Herod die Grote gegee. Hy gee die voorwoord deur te sê dat “die fees van ongesuurde brode alreeds gekom het” en gaan voort om te verduidelik dat die fees self “pasja/Pasga” deur die Israeliete genoem was. Dit is presies hoe die Sinoptiese evangelies die teks gebruik.

green puzzle pieceDit is duidelik dat die terme wat gebruik was om die twee feestelike periodes aan te wys, vir Josephus `n onjuistheid geword het tot op die punt waar dit wisselbaar geword het. Dat Josephus na hierdie ag-dag periode in een plek as die Fees van Ongesuurde Brode kon verwys en in ander plekke Pasga gebruik as `n sinoniem vir die Fees van Ongesuurde Brode of eenvoudiglik verwys na die hele periode as die Pasga bevestig...dat, in algemene gebruik, daar nie meer langer `n onderskeiding gemaak was tussen Pasga en die Fees van Ongesuurde Brode en dat Nisan 14 sinoniem geword het met die feestelikheid.

Die rede hoekom die terme so gereeld wisselbaar gebruik was is eenvoudiglik vir die feit dat ongesuurde brode ook geëet was by die Pasga en nie alleenlik deur die sewe dae daarna nie. “Die bewoording [ongesuurde brode] het sonder enige twyfel oorsprong van die O[u] T[estament] praktyk, wie se oorspronklike wette stipuleer dat ongesuurde brode met geroosterde lam op die veertiende dag van die eerste Joodse maand geëet word. Suurdeeg [gis] was uit die huise op die 14de verwyder, en die Pasga fees daardie aand was met ongesuurde brode geëet.

Die moeilikheid wat opkom oor hierdie tekse kom grootliks van die aanvaarding dat in Philo en Josephus die woord [pasja/Pasga] altyd verwys na die pasja seremonie op 14 Nisan [Abib]. Maar, soos aangetoon, verwys hierdie woord in die algemeen na die hele fees van ongesuurde brode. En geen ander betekenis moet aan dit toegeken word tensy verteenwoordig word in die teks.

Met dit vanselfsprekend dat “Pasga” en “ongesuurde brode” vervangbaar gebruik was in `n feestelike sin om by die hele seisoen aan te pas, ook na individuele dae binne die feestelike herdenking, is dit weer tyd om na Markus 14:1 te kyk en die tekse wat onmiddelik volg:

EN die pasga en die fees van die ongesuurde brode sou oor twee dae wees; en die owerpriesters en die skrifgeleerdes het gesoek hoe hulle Hom met lis gevange kon neem en doodmaak. Maar hulle het gesê: Nie op die fees nie, sodat daar nie miskien `n oproer onder die volk kom nie. En toe Hy in Betánië was, in die huis van Simon, die melaatse, terwyl Hy aan tafel was, kom daar `n vrou met `n albaste fles met egte, baie kosbare nardussalf; en sy breek die albaste fles en gooi dit op sy hoof uit. (Markus 14:1-3)

Die rede waarom die verslag verwarring veroorsaak het is omdat dit skyn om Johannes se verslag te weerspreek:

En . . . [Yahushua] het ses dae voor die pasga na Betánië gekom waar Lasarus was, wat dood gewees het en wat Hy uit die dode opgewek het. Hulle het toe vir Hom daar `n maaltyd berei, en Martha het bedien; en Lasarus was een van die wat saam met Hom aan tafel was. En Maria het `n pond egte, baie kosbare nardussalf geneem en die voete van . . . [Yahushua] gesalf en sy voete afgedroog met haar hare. En die huis is vervul met die reuk van die salf. (Johannes 12: 1-3)

alabaster jarGeen tyd moet gemors word met `n woordestryd oor die verskille van verslae van presies waarMaria die salf uitgegiet het nie: Markus sê Yahushua se hoof; Johannes sê sy voete. Elke polisie speurder weet dat oog-getuies se verslae ook mag verskil soos een persoon een ding agter kom, terwyl die ander persoon fokus op iets anders, alhoewel albei verslae dalk waar kan wees. Die eenvoudige antwoord is dat Maria die salf op beide die Redder se voete en Sy hoof gegiet het.

Die regte sigbare konflik kom voor oor Markus se duidelike verklaring dat die Pasga oor twee dae was terwyl Johannes se verslag staaf dat Yahushua na Betanië gekom het SES dae voor die Pasga. Die oplossing vir hierdie sigbare weerspreking is om die Gekrifte te neem net soos hulle dit lees en nie ekstra betekenis verskaf wat nie daar is nie.

Dit is maklik om tot eie gevolgtrekkings te kom wanneer die teks self nie ...`n “onontsnapbare gevolgtrekking” verteenwoordig. Die Betanië teks is `n saak in punt. Sê Johannes dat die salwing ses dae voor die Pasga was? Nee! Wat die teks sê is:  “ses dae voor die Pasga het [Yahushua] NA Betanië GEKOM” (Johannes 12:1). Dan na hierdie verklaring, is die verslag van die salwing voorgestel met die Griekse woord oun wat “dan, daarom, gevolglik, gevolglik, hierdie dinge so wees” beteken (Thayer). Oun verwys eenvoudig  na die volgende ding wat gebeur wat Johannes verkies om te bespreek. Dit hoef nie te beteken dat die maaltyd op dieselfde dag plaasgevind het toe [Yahushua] na Betanië gekom het nie. Markus beskryf `n reeks van gebeurtenisse by kontras. Op `n tyd in wat, “na twee dae was die Pasga” (Markus 14:1a), die Joodse leiers het saamgesweer om [Yahushua] dood te maak (Markus 14:1b). Dit het plaasgevind toe [Yahushua]” in Betanie by Simon die melaatse se huis was” (Markus 14:3). Dit vertel ons dat die salwing in Betanië twee dae voor die Pasga plaasgevind het, en [Yahushua] het na Betanië gekom ses dae voor die Pasga (of vier dae voor dit).

Dus, die verslag in Johannes weerspreek nie die verslag in Markus nie. Maar om die volle ooreenkoms tussen Johannes en Markus ten volle op hierdie kwessie te waardeer, is dit nodig om die aandag te wend na die eerste Pasga opgeteken in die Skrifte. Die terme “Pasga” en “Ongesuurde Brode” was vervangbaar gebruik om na die hele feestelike seisoen te verwys, soos gedemonstreer. Wat altyd misgekyk word is wel dat die “fees” nie op die 14de van die maand begin het nie, maar liewer op die tiende wanneer `n baie belangrike voorbereidingswerk uitgevoer was.

En Yahuwah het met Moses en Aaron in Egipteland gespreek en gesê: “Hierdie maand moet vir julle die begin van die maande wees; dit moet vir julle die eerste van die maande van die jaar wees. Spreek tot die hele vergadering van Israel en sê: Op die tiende van hierdie maand moet hulle elkeen `n lam neem volgens die families, `n lam vir `n huisgesin. Julle moet `n lam hê sonder gebrek, `n jaaroud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle dit neem. En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit slag teen die aand.” (Sien Exodus 12:1-3, 5, 6.)

baby lambDie tiende dag van die eerste maand was die dag waarop elke huishouding `n volmaakte lam of bokkie as hul offergawe moes kies. As `n simbool van die Redder moes elke dier volmaak en sonder enige gebrek wees. Hierdie jong diere moes in die huis gebring word, gewas, vertroetel en gevoer wees. As dit gedoen was sou die emosies van die familie `n band met die klein troeteldiertjie vorm. Wanneer die dier dus gesien was, sou dit `n baie meer diepgaande effek op die familie as `n simbool van die Lam van Yah wat moet gesien word vir die sonde van die wêreld.

`n  Verstandhouding dat die woord “Pasga” `n baie breër gebruik het as om eenvoudig te verwys na die spesifieke dag van Abib 14, het sommige geleerdes voorgestel dat die dag waarop Yahushua gesalf was, eintlik, die tiende dag van die maand- dieselfde dag was waarop die slagoffers altyd gekies was. Onthou dat die Hebreërs hulle dae insluitend getel het liewer as uitsluitlik soos vandag gedoen word, die tydsberekening van die fees by Simon se huis pas perfek by die tyd-raam wat voorgeval het op die tiende dag van die maand.

Die Redder se eie woorde skyn om aan te dui dat Hy die betekenis van Maria se salwing van Hom in hierdie lig verstaan. Toe die dissipels Maria se edelmoedigheid begin kritiseer, sê Yahushua: “ Laat haar staan; waarom val julle haar lastig? Sy het `n goeie werk aan My gedoen.” (Markus 14:6, NV) Dan, ter voorspelling van Sy dood in net vier meer dae, het Hy bygevoeg:

Want die armes het julle altyd by julle, en wanneer julle wil, kan julle aan hulle goed doen; maar My het julle nie altyd nie. Wat sy kon, het sy gedoen. Sy het vooruit al my liggaam vir die begrafnis gesalf. (Markus 14:7,8, NV)

Die feesmaaltyd was in effek `n “dankseggings” maaltyd wat gegee was vir die Redder deur `n ryk Fariseër genaamd Simon. Yahushua het Simon van melaatsheid genees (sien Markus 14:3) en in sy dankbaarheid tot genesing het Simon die Redder, Sy dissipels en Lasarus vermaak met `n oorvloedige maaltyd. Simon se eie seun was een van die twaalf dissipels. Dit was die dissipel wat in die gemak van sy eie huis, vermoedelik eerste vir Maria oor haar edelmoedige talent gekritiseer het, met bedoeling van die Redder se aanvaarding daarvan.

En toe Hy in Betanië was, in die huis van Simon, die melaatse, terwyl Hy aan tafel was, kom daar `n vrou met `n albaste fles met egte, baie kosbare nardussalf; en sy breek die albaste fles en gooi dit op sy hoof uit. (Markus 14:3)

Toe sê een van die dissipels, Judas Iskariót, die seun van Simon, wat Hom sou verraai: Waarom is hierdie salf nie vir driehonderd pennings verkoop en die geld aan die armes gegee nie? En dit het hy gesê, nie omdat hy oor die armes besorg was nie, maar omdat hy `n dief was en die beurs gehad het en die bydraes geneem het. Toe sê ... [Yahushua]: Laat haar staan; sy het dit bewaar vir die dag van my begrafnis. Want die armes het julle altyd by julle, maar My het julle nie altyd nie. (Johannes 12: 4-8)

Die ander dissipels wie Judas beny het vir sy rykdom, kultuur en geleerdheid, het vinnig sy voorbeeld gevolg. Dit was Judas se kwade reaksie teenoor die Redder se sagte teregwysing by sy vader se maaltyd wat Judas as verraaier Yahushua direk in die hande van die priesters laat beland het. Na die verslag van Yahushua se teregwysing aan die dissipels, is die volgende woorde in Markus aangeteken: “En Judas Iskariot, een van die twaalf, het na die owerpriesters gegaan om Hom aan hulle oor te lewer. En toe hulle dit hoor, was hulle bly en het belowe om hom geld te gee. En hy het na `n goeie geleentheid gesoek om Hom oor te lewer.” (Markus 14:10,11)

Addisionele omstandigheidsgetuienis dat die maaltyd by Simon se huis op die tiende van die maand plaasgevind het kan gevind word in die feit dat die volgende gebeurtenisse plaasgevind het na die fees by Simon se huis:

  1. Judas ontmoet met die owerpriesters en hoofde om Yahushua te verraai. (sien Lukas 22:1-6.)

  1. Die dag na Simon se fees was die segetog in Jerusalem. (Mattheus 21:1-11 en Johannes 12:12-15.)

  1. Met die aankoms in Jerusalem het Yahushua die kopers en verkopers uit die tempel verdryf. (Sien Lukas 19:45-48.)

  1. Verskillende gesprekke en uitruilings is opgeneem in die verskillende evangelies soos plaasgevind in die dae na die segetog in Jerusalem, soos die Grieke wat vra om Yahushua te sien. (Sien Johannes 12:20-33.)

As die feesmaaltyd by Simon se huis op die 12de plaasgevind het, net twee dae voor die 14de, sou daar nie genoeg tyd wees vir alles om te gebeur wat opgeneem is in die Skrifte soos plaasgevind tussen die ete en die Laaste Avondmaal nie. Dit bevestig die ooreenkoms tussen die verslag in Johannes en dít in Markus.

`n Addisionele stuk van die legkaart val in plek met die feit dat al vier evangelies duidelik verklaar dat die kruisiging, wat plaasgevind het op die Pasga, die “dag van voorbereiding” was.

Matthéüs 27:59,60 en 62 – “En Josef het die liggaam geneem en dit met skoon linne toegedraai en dit in sy nuwe graf gelê wat hy in die rots uitgekap het; en nadat hy `n groot steen teen die opening van die graf gerol het, het hy weggegaan. Die volgende dag – dit is die dag na die voorbereiding – kom die owerpriesters en die Fariseërs by Pilatus saam.”

Markus 15:42 – “En toe dit aand geword het, omdat dit die voorbereiding was, dit is die voorsabbat, kom daar `n vername raadslid, Josef van Arimathéa, wat self ook die koninkryk van Elohim verwag het; en hy waag dit om na Pilatus in te gaan en die liggaam van Yahushua te vra.

Lukas 23:53,54 – “en [Josef van Arimathéa] het dit afgehaal en in linne toegedraai en dit neergelê in `n graf wat uit `n rots gekap was, waar nog nooit iemand ingelê het nie. En dit was die dag van voorbereiding, en die sabbat wou aanbreek.”

Dit is konkrete bewyse dat die vier evangelies saamstem oor die datums van die Pasga en die Feeste van Ongesuurde Brode. Op die Bybelse luni-solar kalender val die Pasga op die 14de altyd op die sesde dag van die week.

Die Skepper se Son-Maan Kalender

Gevolglik is die volgende dag, die eerste dag van die Fees van Ongesuurde Brode het altyd op die sewende-dag Sabbat geval wat Levítikus 23:6 bevestig dat dit die 15de dag van die maand was. Skrifte noem die veertiende/Pasga die “voorbereidings dag.” Baie Sabbatariërs gebruik die term om aan elke sesde dag toe te pas, so wys dit die sesde dag as `n dag van werk aan, voorbereiding vir die Sabbat op die volgende dag en dit is sekerlik moontlik dat die Israeliete die term op so `n manier gebruik het. Skrifte self pas hierdie hoedanigheid net aan die veertiende/Pasga toe – die dag voor die eerste dag van die Fees van Ongesuurde Brode.

Omdat die eerste dag van Ongesuurde Brode altyd val op `n weeklikse Sabbat, was die dag `n “spesiale Sabbat” genoem.

En toe Yahushua die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee. En dat die liggame nie op die Sabbat aan die kruis sou bly nie, aangesien dit die voorbereiding was – want die dag van daardie sabbat was groot – het die Jode Pilatus gevra dat hulle bene gebreek en hulle weggeneem moes word. (Johannes 19:30,31, OV)

Die voorbereidings dag was `n werksdag. Dit was die dag waarop suurdeeg uit die huishouding verwyder was (`n simbool van sonde wat van die siels-tempel verwyder was). Dit was toe die purple puzzle piecePasga lammers geslag was wat vooruitwys, wanneer die Messias geoffer word vir die sondes van die wêreld. Hierdie feit en die tydsberekening van die Voorbereidings Dag is bevestig deur `n insident wat opgeneem is in die Sinoptiese evangelies, wat nie in Johannes opgeneem is nie. Hierdie insident verskaf nog `n ander deel van die legkaart, die insig van die Bybelse verslag van die tydsberekening van die kruisiging Pasga.

Dit was gewoon vir veroordeelde kriminele  om hul eie kruise na die plek van teregstelling te dra. Maar Matthéüs, Markus en Lukas almal verklaar dat iemand anders die Redder se kruis vir Hom gedra het. Dit was nie `n laaste handeling van genade gewys deur `n onskuldige man nie. In alle moontlikheid het die Redder nie die liggaamlike krag gehad om sy eie kruis te dra nie as gevolg van die slapelose nag wat pas verby was en ook die verlies van bloed van die kastyery wat Hy ontvang het. Die Romeinse soldate het die probleem opgelos om iemand anders te dwing om die kruis vir Hom te dra:

Sommige skrywers glo dat die verduideliking van Simon wat “uit die veld kom” `n verwysing is na Simon wat uitgaan om in die veld te werk. `n  Meer waarskynlike rede was dat Simon na Jerusalem onderweg was omdat dit so vroeg in die oggend was, vir die Fees van Ongesuurde Brode. Die bewoording “uit die veld kom” stel `n reis voor verder as die kort “Sabbat dag reis” wat connecting the puzzle piecesop heilige dae toegelaat was. Óf Simon nou in die veld gewerk, of gereis het, is die enigste manier dat hy beide gedoen het was as die Pasga `n gewone werksdag was. Die feit dat die drie Sinoptiese evangelies hierdie storie insluit is bevestiging dat hulle vroeë gebruik van die bewoording “fees van ongesuurde brode” `n vanselfsprekende algemene verwysing na die Pasga self was.

Die verslag in Lukas is `n effens anders. Dit sê: “En die dag van die ongesuurde brode het gekom waarop die pasga geslag moes word.”(Lukas 22:7) Soos gedemonstreer, die terme “pasga” en “ongesuurde brode” was breër gebruik insluitend die dag wat die offer lam gekies was op die tiende tot die laaste dag van die fees van Ongesuurde Brode (op die 21ste) wat onmiddelik gevolg was deur die sewende-dag Sabbat op die 22ste. Wat in Lukas 22 volg is `n afsonderlike beskrywing van die Laaste Avondmaal wat nog steeds vandag in die Nagmaalsdiens herdenk word. Die verbinding legkaartstuk tussen die drie oorsigtelike evangelies en die evangelie van Johannes is te vinde in die feit dat die Laaste Avondmaal net ure voor die Redder se verraad geëet was, maar, nie met die eintlike Pasga maaltyd nie. 

Daar was verskillende woorde in Hebreeus, Aramees en Grieks, net soos in Engels om te staaf of die brode met gis gemaak is (gesuurde brode) of sonder gis (ongesuurde brode).

HEBREEUS

Ongesuurde brood = matzah (of matzot vir meer as een.)
Gesuurde brood = lekhem (of lekhemim vir meer as een.)

ARAMEES

Ongesuurde brood = patireh
Gesuurde brood = lakhma

GRIEKS

Ongesuurde brood = azumos ( of azumon of azuma vir meer as een.)
Gesuurde brood = artos (of arton vir meer as een.)

Elke keer wanneer die Skrifte na die “Fees van Ongesuurde Brode” verwys, is die woord vir brood sonder gis: matzah, patireh, azumos, sonder `n enkele uitsondering gebruik. Maar, waarookal in die Skrifte die brood van die laaste avondmaaltyd genoem word, word die woord vir gesuurde brood gebruik: lakhma, artos. Dus die “Laaste Avondmaal” het plaas gevind op die dag voor die eintlike Pasga maaltyd.

Soos gedemonstreer, verklaar beide Johannes en Matthéüs  dat die Laaste Avondmaal plaas gevind het voor die Pasga en die Fees van Ongesuurde Brode. In 1 Korinthiers 11:23 en 26-28, gebruik Paulus ook onophoudelik die woord vir brood met gis wanneer die Laaste Maaltyd en sy geestelike betekenis bespreek word. Terwyl Johannes nie `n verslag van die Laaste Avondmaal gee nie, fokus hy liewer op die voetewassing wat dit voorgegaan het. Matthéüs, Markus en Lukas stem almal saam dat die brood wat gebruik was by die Laaste Avondmaal gesuurde brode was en kon dus nie die Pasga maaltyd wees nie. Dit is bevestig deur die verslag in Johannes wat herhaaldelik verwys na die dag van die kruisiging as die eintlike dag van die Pasga, en vervolg die eerste dag van die Fees van Ongesuurde Brode. (Sien Johannes 18:28; 18:39; 19:14; 19:31 en 19:42) Vir `n afsonderlike beskrywing, sien Die Laaste Avondmaal Pasga? Of Nie?

puzzle with missing piece in the middleDie finale legkaart-stuk wat bevestig dat alle vier Evangelies verwys na dieselfde gebeurtenisse op dieselfde datums kan gevind word in die feit dat die hele nasie verenig was in die viering van die Pinksterfees. Het die drie Sinoptiese evangelies waarlik verwys na die Pasga wat op `n datum plaasvind anders as die wat in die evangelie van Johannes gegee word, dan sal dit sekerlik die berekening na Pinksterfees geaffekteer het. 

Net voor die Redder na die Hemele terug gekeer het na Sy opstanding, het Hy duidelike instruksies aan Sy dissipels gegee om in Jerusalem te bly: “En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het. Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank na hierdie dae nie.” (Handelinge 1: 4, 5)

Die dissipels het hulle opgestane Meester gehoorsaam. Die volgende paar dae was `n tyd van siel-ondersoek en bekering.

En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel `n geluid soos van `n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek. (Handelinge 2:1-4)

Pinksterfees is een van die jaarlikse feeste waarvoor alle opregte Israeliete teruggekeer het na Jerusalem vir die vieringe daarvan. Die feit dat Jerusalem gevul was met hierdie pelgrims van verre lande word na verwys in die volgende vers.

En daar het in Jerusalem Jode gewoon, godsdientige manne, uit elke nasie wat onder die hemel is. En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek; en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galileërs nie? En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is? Parthers en Meders en Elamiete en die inwoners van Mesopotámië, Judea en Kappadocië, Pontus en Asië, Frigië en Pamfilië, Egipte en die streke van Libië by Cirene, en Romeine wat hier vertoef, Jode en Jodegenote, Kretense en Arabiere – ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van [Elohim] spreek. (Handelinge 2:5-11)

Hierdie ongelooflike lys van mense van Israelitiese bloed, lewe in so baie verkillende nasies en plekke en hulle ook bevestig dat hulle in Jerusalem was vir die uitdruklike doel om die jaarlikse fees van Pinkster te vier.

putting puzzle pieces togetherAs Johannes en die ander evangelie skrywers misleidend was in hulle tydsverslag oor die pasga datum, hoe gebeur dit dat nie net al die dissipels, maar Jode ook van elke deel van die Nabye Ooste, in volle ooreenkoms oor die datum van die Pinksterfees was, wat hulle op dieselfde dag opgelet het. As daar `n verskil van opinie oor die pasga datum was, sou daar definitief verskille wees oor die datum van Pinksterfees.

Vér van aanbieding van teenstrydige verslae van die kruisigings Pasga, is die vier evangelies almal in ooreenstemming! Die verskille in hulle verslae verskaf eintlik bevestiging dat hulle almal in ooreenstemming is met geen teenstrydigheid hoegenaamd nie.

Die waarheid weerspreek homself nooit nie.  As daar duidelike teenstrydigheid was, was dit maar net `n area wat aangewys was waar addisionele studie nodig is. In areas waar die wysheid van Yahuwah vasgestel het dat nie alle rede vir twyfel verwyder moet word nie, om almal toe te laat om hulle vryheid deur keuse om te glo of om te twyfel soos hulle wil, en gelowiges kies om geloof uit te oefen, En “sonder geloof is dit onmoontlik om Elohim te behaag; want hy wat tot Elohim gaan, moet glo dat Hy is en `n beloner is van die wat Hom soek.” (Hebreërs 11:6, NV)

Terwyl die kritiseerder van geloof gou sal wees om aantuigings te maak en die aantuigings gebruik om die Skrif te diskrediteer, sal die gelowige student hulself leer om die woorde en (stilswye van die Skrfte noukerig te analiseer. In meeste (as nie alle gevalle) is die raaisels wat ons in die gesig staar ons eie misverstand van die teks, nie die woorde van die Skrifte self nie.

In hierdie tyd wat kennis vermeerder en baie Hemelse waarhede herstel word, moet almal aangemoedig voel om vir hulself elke leerstelling van hulle geloof te studeer. As `n geloofsoortuiging in die fout is, het die Heilige Gees gepleit om almal te lei wat waarheid in die kennis van daardie waarheid soek. “en as Hy [die gees van waarheid] kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel.”(Johannes 16:8 NV)


1.  Alle Skriftelike verwysings kom uit die  King James Version tensy anders vermeld.

2. #4413, The New Strong’s Expanded Dictionary of Bible Words.

3. Markus 14:1; Lukas 22:1.

4. Handelinge 12:3; 20:6.

5. Matt. 26:17

6. Ant[iquities], XVII. IX.3 B. etc.II.I.3, etc.

7. B.V.111.1. Thackeray: “When the day of unleavened bread came round on the fourteenth,” etc.

8. Grace E. Amadon, “The Johannine-Synoptic Argument,” (oorspronklike manuskrip van die gepubliseerde artikel), Andrews University, James White Library, Versameling 154, Vak 2, Lêer 1, bl.1, klem voorsien.

9. Grace E. Amadon, “Important Passover Texts in Josephus and Philo, “(oorspronklike manuskrip van die artikel), Andrews University, James White Library, Versameling 154, Vak 2, Lêer 1, bl. 1, onderstreepte oorspronklik; skuinsgedrukte woorde verskaf.

10. Direkte vertalings deur G.E. Amadon, ibidem.,bl. 2.

11. Barry D. Smith, “The Chronology of  the Last Supper,” Westminster Theological Journal 53:1 (1991), pp. 35 & 36.

12. Amadon, “The Johannine-Synoptic Argument,” op cit., p. 3.

13. Amadon, “Important Passover Texts in Josephus and Philo,” op cit., p. 9.

14. Oun “bewerk nie altyd `n sterk oorsakende verbintenis nie, maar mag vryeliker gebruik word as `n tydelike verbintenis in die in die kontinuïteit of die hervatting van `n vertelling”  (A Greek Grammar of the New Testament and Other Early Christian Literature. F. Blass, A. Debrunner and Robert Funk. Chicago: University of Chicago Press, 1961, 234-5).

15. Vir addisionele bevestiging van Judas Iskariót as die seun of Simeon, sien Johannes 13: 2-3 en 13:26.

16. Amadon, “The Johannine-Synoptic Argument,” op cit., p. 9.

17. Kyle Pope, “Dating Passover and the Last Supper,” Ancient Road Publications.