Print

Die Sewende – Dag Sabbat: Die Herstel van die Verbreking

Die behoefte vir die kalender hervorming. Alhoewel, eerder as om die pouslike (Gregoriaanse) kalender in ʼn nuwe soort van vorm te verander, is die behoefte daar om die ware kalender van die Skepper te herstel vir diegene wat begeer om Hom te aanbid

Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is ’n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek is Yahuwah wat julle heilig. Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees….. Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees ’n dag van volkome rus, heilig aan Yahuwah. Elkeen wat op die sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood word.1

Dit is ʼn bevel dat almal ʼn kundige kennis moet hê oor hierdie belangrike sake. Valse aanbidding benodig ʼn valse kalender en Satan is goed voorbereid om die verstand te verwar met ʼn reeks van valse metodes van tydhouding. Die hedendaagse week wat vandag in gebruik is, en wat aan diegene gegee is as ʼn Wêreld Kalender, is gegrondves op heidennisme:

die gode van die planete

Septem Planatae: Die sewe planetêre gode vanwaar die hedendaagse name van die week afkomstig is: Luna, die maan godin, en is sy die naaste aan die aarde. Die verste buitewaarts is Saturnus. Saturnus as die mees belangrikste god was aangewys vir die eerste uur van eerste  die dag van die week, en dit aan hom verleen is, as die god van daardie dag: Saterdag.  Die tweede uur van eerste dag het aan Jupiter behoort ensovoorts. Die besonderse laaste uur van die eerste dag van die week het baan Mars behoort, en die eerste uur  van die tweede dag was toegewy aan Sol, die son god. Dit het aan hom verleen om die god te wees van die tweede dag van die week:Sondag: Die oorblywende dae van die week was soortgelyke dae. Venus, die godin van liefde het die eerste uur van die laaste dag van die week besit, dies Veneris, of Vrydag.    

Die week volgens die planete was ʼn heidense namaaksel van die ware Bybelse week wat ingestel is deur die Skepper gedurende die begin van die Aarde se geskiedenis.... Net soos die ware Sabbat onafskeidbaar gekoppel is tot die Bybelse week, so het die valse Sabbat van heidense oorsprong ook ʼn weeklikse siklus nodig. Sodoende het ons gevind dat die twee valse instellings met mekaar verbind is....Die afdwing [gedurende die konsilie  van Nicea, gedurende 321 tot 325 n.C.] van die weeklikse onderhouding van Sondag, het dit die amptelike erkenning verleen vir die week van sewedae, en is dit die gevolg, vir die instelling van dit, in die amptelike burgerlike kalender van Rome. Dit is deur die Romeine aan ons oorgelwer, en het ons deur hierdie handeling steeds die antieke name volgens die planete vir die dae van die week.2

Die kalender hervorming wat ons vandag benodig is om terug te keer na die Bybelse manier van tydhouding. Deur die Sabbat te hervorm benodig dit ook ‘n kalender hervorming.

Die werk om die Sabbat te hervorm is voorspel in die profesie van Jesaja, en sal dit  voltooi word gedurende die laaste dae: SO sê Yahuwah: Bewaar die reg en doen geregtigheid; want my heil is naby om te kom en my geregtigheid om geopenbaar te word. Welgeluksalig is die mens wat dit doen en die mensekind wat daaraan vashou; wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en sy hand terughou, dat dit geen kwaad doen nie. En die uitlanders wat hulle by [Yahuwah] aangesluit het, om Hom te dien en om die Naam van [Yahuwah] lief te hê deur sy knegte te wees — elkeen wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en hulle wat vashou aan my verbond,  hulle sal Ek bring na my heilige berg, en Ek sal hulle vreugde laat smaak in my huis van gebed.” [Jesaja 56 verse 1 en 2, en 6 en 7.]

Hierdie woorde waarna in konteks op gewys word is van toepassing gedurende die Christen leeftyd: “Die [Vors Yahuwah]  wat diegene versamel wat van Israel verdryf is, spreek: “Ek sal by hom nog meer versamel, by sy versameldes..” (Jesaja 56 vers 8.) Hier word dit voorspel oor die insameling van die Heidene deur die evangelie. Asook aan diegene wat die Sabbat eer word daar ʼn seën uitgespreek. Op die manier is dit verpligting om die vierdegebod te onderhou, en strek dit verder as die kruisiging, die opstanding, en die hemelvaart van Christus, en op die tyd dat Sy diensknegte aan alle nasies die boodskap sal preek van blye tyding.  

[Yahuwa] beveel deur dieselfde profeet, ” Bind die getuienis toe, verseël die wet in die hart van my leerlinge.” [Jesaja 8 vers 16.] Die seël van [Yahuwah] se wet word gevind in die vierdegebod. Dit is die enigste van al tien, wat die naam en titel te voorskyn bring van die Wetgewer. Dit verklaar Hom as die Skepper van die hemel en aarde, en op die manier wys dit ons op Sy aanspraak op eerbied, en aanbidding bo alle ander. Tersyde van hierdie reêl, is daar niks in die  Tien Gebooie wat wys op wie se gesag die wet gegee is. Toe die Sabbat deur die pouslike mag verander is, was die seël verwyder van die wet. Die beroep op die dissipels van Yahushua is om dit te herstel, deur die verheffing van die Sabbat van die vierdegebod tot sy regmatige plek as die aandenkig aan die Skepper, en die teken van Sy mag.

“Tot die wet en tot die getuienis!” Terwyl teenstrydige leerstellings en teorieë volop is, is die wet van [Yahuwah] die onfeilbare reël waarby alle menings, leerstellings en teorieë getoets word. Die profeet vertel: “  As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle ’n volk wat geen dageraad het nie.” [Jesaja 8 vers 20.]

Weer, word die opdrag gegee: “ROEP uit die keel, hou nie terug nie, verhef jou stem soos ’n basuin! En verkondig aan my volk hulle oortreding en aan die huis van Jakob hulle sondes.” Dit is nie die bose wêreld, maar diegene wat [Yahuwah ] aanwys as “sy volgeline” wat oor hulle oorterdinge vermaan word. Hy verklaar verder: “Wel soek hulle My dag vir dag en het ’n behae in die kennis van my weë! Soos ’n nasie wat geregtigheid doen en die reg van Yahuwah  nie verlaat nie, vra hulle My na die regverdige verordeninge; hulle het ’n behae in die toenadering tot [Eloah]. [Jesaja 58 verse 1 en 2.] Hier word aan ons voorgehou, om ‘n groep te aankou wat dink dat hulle geregverdig is, en dit blyk dat daar groot belanstelling in die diens van [Yahuwah] is, maar deur die ernstige, en gewigtige teregwysiging deur die Ondersoeker van harte bewys dit, dat hulle goddelike reels vertrap.

Dus, wys die profeet na die verordeninge wat verlaat is: ” En die wat uit jou voortkom, sal die ou puinhope bou; die fondamente van vorige geslagte sal jy oprig, en jy sal genoem word: Herbouer van gebreekte mure, hersteller van paaie, om bewoonbaar te maak. As jy jou voet terughou van die sabbat — om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat ’n verlustiging noem en die heilige dag van [Yahuwah] hooghou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie.” [Jesaja 58 verse 12 en 13.] Hierdie profesie is op toepassing op ons vandag. Die verbreking was gemaak deur die wet van [Yahuwah] toe die Sabbat verander is deur die Roomse mag. Maar die tyd het aangebreek dat die hierdie goddelike insteliing herstel moet word. Die verbreking moet herstel word en die fundament van baie geslagte opgerig word.   

Geheilig deur die Skepper se rus en seëninge, was die Sabbat onderhou deur Adam in sy onskuld in die heilige Eden; gevalle maar tog berouvol was hy verdryf van hierdie gelukkige landgoed. Dit was onderhou deur al die aartsvaders, vanaf Abel tot die regverdige Noag, tot Abraham en Jakob. Toe die uitverkose volk in Egipte in knegskap was, en in die midde van heersende afgodery, het hulle die kennis van [Yahuwah] se wet vergeet, maar toe [Yahuwah] Israel bevry het, het Hy dit bekend gemaak in ongelooflike grootsheid aan die veramelde menigtes, dat hulle Sy wil kan ken, en Hom te vrees, en te gehoorsaam verewig.

Vanaf daardie dag tot die teenwoordige, het die kennis van [Yahuwah] se wet bewaar gebly in die grondigheid van die Sabbat, en in die vierdegebod se onderhouding. Alhoewel die “man van sonde” geluk het in die vertrapping van [Yahuwah] heilige dag onder sy voete, was daar tog selfs in sy opperheerskappy, daar in verskuikde plekke, en getroue siele was wat hulle eer betoon het. Sedert die Hervorming, was daar in elke geslag sommiges wat sy onderhouding onderhou het. Alhoewel dit in die midde was van oneer, en vervolging, en was daar ook ʼn volhoubare getuienis gebore vir die ewigdurendheid van die wet van [Yahuwah], en die helige verpligting teenoor die Sabbat van die skepping.  

Hierdie waarhede word verteenwoordig in Openbaring 14, en in verband met die ewigdurende evangelie,” wat die kerk van Christus sal onderskei met die tyd van sy wederkoms. Wat saamgevat is in die drievoudige boodskap, en word dit so aangekondig: “Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van [Yahuwah] en die geloof in [Yahushua] bewaar.” Hierdie is die laaste boodskap wat gegee word voor die wederkoms van die [Meester]. Onmiddelik wat volg na die na hierdie aankondiging, is die Seun van die mens wat deur die profeet gesien is, wat kom in Sy heerlikheid om die oes in te samel van die aarde.3

Hierdie is ʼn onderwerp wat net so ongewild is by elkeen. Die is ʼn hinderlike waarheid. Die protestantse Hervorming het begin om die verlore waarhede te herstel vir die eerlike van hart na die waarheid. Die eerste stap vir die hervorming van die Sabbat was om te ontdek dat Sondag nie die Bybelse Sabbat is soos menige geglo het.

Soos die aandag van die mense gevestig word oor die onderwerp van die Sabbat hervorming, het gewilde predikers die Woord van Yahuwah verdraai, en die gee van sulke  vertolkings, en getuienisse wat op sy beste die ondersoekende verstand stil. Diegene wat nie die Srifte vir hulself ondersoek is tevrede met hulle gevolgtrekkings wat inooreenstemming is volgens hulle eie begeertes.  Deur redevoering, en drogredenering, en die tradisies van die Vadere asook die gesag van die kerk, en baie wat ywer om die waarheid te ondergrawe. Die advokate was gedryf na hul Bybels om die geldigheid van die vierde gebod te verdedig. Nederige manne, wat alleen met die Woord van waarheid gewapen is, het die aanvalle weerstaan van geleerde manne, wat deur verassing en woede gevind het dat hulle welsprekenheid, en drogredenasies mageteloos was teenoor die eenvoudige en reguit redevoering van manne wat in die Skifte gekonfyt is, en eerder as die verhewenheid van geskooldes.

In die afwesigheid van  van Bybelse getuies wat  in hulle guns  gevind is, het baie in onbewuste volharding  aangedryf is deur te  vergeet het, dat dieselfde redes was gebruik teen Christus en sy apostels,.... “Waarom verstaan die groot en geleerde manne nie die vraag oor die Sabbat?  Maar baie min glo soos jy glo. Dit kan nie wees dat jy reg is,  en dat al die geleerde manne van die wêreld verkeerd mag wees.”

Om sulke redenasies teë te spreek was dit alleenlik benodig om die ondderig van die Skrifte aan te haal, en die geskiedenis van [Yahuwah] se handelinge met sy volgelinge deur  al die eeue heen. [Yahuwah] werk deur diegene wat sy stem hoor, en wat daaraan gehoorsaam is, en diegene wat dit doen, as dit benodig word sal hulle onagename waarhede spreek, en diegene wat nie vrees om gewilde sondes te bestraf. Die rede waarom Hy nie dikwels manne kies van geleerheid, en hoë aansien om te lei in die bewegings van hervorminge, is omdat hulle vertrou op hulle belydenisse, teorieë, en teologiese sisteme, en nie nodigheid aanvoel om deur [Yahuwah] onderrig te word. Alleenlik diegene wat ʼn persoonlike verhouding het met die Bron van wysheid, is in staat om die Skrifte te verstaan en te verduidelik. Manne wat weinig geleerd is, word soms geroep om die waarheid te verklaar, nie omdat hulle ongelleterd is, maar omdat hulle nie te self voldaan is om deur [Yahuwah ] geleer te word. Hulle is in die leerskool van Christus, en hulle nederigheid en gehoorsaamheid verhef hulle. Deur  aan hulle  Sy waarheid toe te vertrou, verleen [Yahuwah] groot eer aan hulle, in vergelyking met die wêreldse eer en menslike grootheid wat neerdaal in onbelangrikheid.4

Die volgende stap in die herstel van die waarheid is die kennis dat Saterdag is nie meer die Bybelse Sabbat as Sondag.  Om te aanbid op die Sabbat, moet die Bybelse kalender gebruik word om daardie dag te vind. Hierdie waarheid moet met die wêreld gedeel word sodat almal wat begeer na die kennis van waarheid nie gelaat word in onkunde.

Nou, en soos in vorige eeue, is die aanbieding van die waarheid, om die sonde en die verkeerdheid van die verlede aan te spreek, en sal dit teenkanting opwek. “Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie.”[Johannes 3 vers 20.] Soos die mens aanskou dat hy nie sy posisie kan handhaaf volgens die Skrif, is daar baie wat volhard om dit alles te behou te midde van gevaar, en diegene met ʼn kwaadwillige gees wat die karakters en motiewe van diegene aanval wat staan in die verdediging van ongewilde waarhede.  Dit is dieselfde beleid wat deur al die eeue nagestreef word. Elia was verklaar as die moeilikheidmaker van Israel, Jeremiah was as ʼn verraaier uitgekryt, Palus ʼn besmetter van die tempel. Vanaf daardie dag tot nou toe,  word diegene wat lojaal is aan die waarheid veroordeel as opstokers, ketters, of skeurmakers. Menigtes wat te ongelowig is om die ware woord van profesie te aanvaar, sal die ongevraagde liggelowigheid en beskuldiging teenoor diegene opper wat dit waag om mode verwante sondes aan te spreek. Hierdie gees en gesindheid sal meer en meer toeneem. Die Bybel leer duidelik dat die tyd sal aanbreek wanneer die wette van die Staat in stryd wees met die wet van [Yahuwah], en wie ook al die goddelike lering gehoorsaam moet die beskuldigings trotseer van die straf as boosdoeners.

In die lig van hierdie;  wat is die plig van die boodskapper van waarheid? Sal hy tot die gevolgtrekking kom, en weet nie of dit aangebied moet word, aangesien dit dikwels dit die enigste uitwerking het om mense opstandig te maak, en dat hulle  dit ontwyk, om die aanspraak teen te staan.? Nee; daar is geen rede meer van die weerhouding van die getuienis van [Yahuwah] se Woord, omdat dit die oposisie ostandig maak, soos teen die hevormers van ouds.  Die belydenis van geloof wat deur die heiliges en martelare bely is was opgeteken tot voordeel van die opkomende geslagte. Hierdie lewende voorbeelde van heiliges en standvastigheid en integriteit, is oorgelewer om diegenene te inspireer wat geroep word om getuienis te wees vir [Yahuwah], en as lig vir die wêreld. As [Yahuwah] lig voorsien aan Sy diensknegte vir hierdie geslag? 

Gedurende die outyd het [Yahuwah] verklaar diegene een wat in Sy naam praat: “Maar die huis van Israel sal na jou nie wil luister nie, omdat hulle na My nie wil luister nie.” Desondanks het Hy gesê: ”Maar jy moet hulle my woorde verkondig, of hulle al luister of nie; want hulle is wederstrewig.”[Esegiël 3 vers 7 en 2 vers7.] Aan die dienskneg van [Yahuwah] op daardie tydstip is die bevel van [Yahuwah]: “ROEP uit die keel, hou nie terug nie, verhef jou stem soos ’n basuin! En verkondig aan my volk hulle oortreding en aan die huis van Jakob hulle sondes.”

So vêr as Sy geleenthede strek, is elkeen wat die lig ontvang het oor die waarheid is onder die  ernstige, en eerbiedige verantwoordelikheid soos die profeet van Israel was, en aan wie die woord van [Yahuwa] gekom het en gesê het: “en jy, o mensekind, Ek het jou as wag oor die huis van Israel aangestel; en as jy ’n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku. As Ek aan die goddelose sê: o Goddelose, jy sal sekerlik sterwe, en jy spreek nie om die goddelose vir sy weg te waarsku nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis. Maar as jy die goddelose waarsku vir sy weg, dat hy hom daarvan moet bekeer, en hy hom nie bekeer van sy weg nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered.”[Esegiël 33 verse 7 tot 9]

Die groot struikelblok vir die aanvaarding van die bekendmaking van die waarheid is die feit, dat dit verwyt en ongerief insluit. Dit is die enigste argument teen die waarheid wat sy bepleiters nog nooit daarin kon slaag om dit te weerlê.Maar dit skrik nie die ware volgelinge van Christus af. Hulle wag nie tot die waarheid gewild word nie. Deur oortuig te wees van hulle plig, aanvaar hulle sonder voorbedag die kruis, en saam met die apostel Paulus in die opsig dat: “ Want ons ligte verdrukking wat vir ’n oomblik is, bewerk vir ons ’n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid;” [2 Korithiërs 4 vers 17.] en met een van die ou aanhalings: “en die smaad van Christus groter rykdom geag het as die skatte van Egipte, want hy het uitgesien na die beloning.”[Hebreërs 11 vers 26.]

Wat ook al hulle verklarings mag wees, is dit alleenlik diegene wat die wêreld dien met hulle harte wat reageer volgens beleid eerder as die op die bingsels van godsdienstige dinge. Ons moet die regte dinge kies omdat dit reg is, en ons moet die gevolge daarvan vir [Yahuwah] gee. Aan die manne van beginsel, en van geloof, en waagmoed, die wêreld is veskuldig vir groot hervorminge.Deur sulke manne moet die werk van die hervorminge vir vandag voortgebring word.

So sê [Yahuwah]: “Luister na My, julle wat die geregtigheid ken, volk in wie se hart my wet is! Wees nie bevrees vir die smaad van mense en skrik nie vir hulle skimptaal nie; want die mot sal hulle opeet soos ’n kleed, en die wurm sal hulle verteer soos wol; maar my geregtigheid sal vir ewig bestaan en my heil van geslag tot geslag.” [Jesaja 51 verse 7 en 8.]5

Die algehele groot stryd tussen Christus en Satan gaan oor aanbidding. Dit is die onderwerp wat elkeen raak wat lewe op die aangesig op die aarde. Omdat die Skepper die reg besit om te besluit wanneer Hy aanbid sal word, die dag waarop  jy kies om te aanbid is die teken van lojaliteit tot jou Eloah/eloah. Jou dag van aanbidding openbaar of jy  Yahuwah die Skepper aanbid of daardie mag wat in Daniel 7 vers 25 openbaar is, wat homself wil opstel in ʼn posisie teenoor Yahuwah, deur te dink om die kalender en die verordeninge te verander.

Die  Skepper herstel weer die waarheid vir Sy volgelinge oor Sy Sabbatte, en hoe om dit te bereken. Sy seël word gevind in die Sabbat, omdat in die vierdegebod is dit die enigste van almal wat Sy naam bevat, en die posisie as die Skepper. Die seël van Yahuwah wat voorgehou is aan Johannes van Openbaring, as die besonderse naam van Yahuwah wat op die voorhoofde van die heiliges geskryf is:” EN ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd-vier-en-veertigduisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe.”6 Almal wat die [Hemel]  binnegaan sal gekleed wees in die mantel van Christus se geregtigheid, en die naam van Yahuwah sal gesien word op hulle voorhoofde. Hierdie naam is die simbool wat die apostel Johannes in sy visioen gesien het, en is dit die aanduiding van die oorgee van die verstand in verstandigheid, en lojaliteit, en gehoorsaamheid aan al die gebooie van [Yahuwah].”7

Daar is ʼn behoefte vid die hevorming van die kalender, Diegene wat lif is vir die Skepper moet Sy kalender herstel en Hom eer, deur Hom te aanbid op die ware sewende – dag  Sabbat volens die Bybelse kalender. Dit benodig die oorgee van die verstand in verstandigheid, en lojaliteit, en gehoorsaamheid aan al die gebooie van [Yahuwah].

Wat sal jy kies?

______________________________________________________________

Vir meer inligting oor Yahuwah se Kalender: http://www.worldslastchance.com/yahuwahs-calendar/afrikaans

Verwante Inhoud:


1.Eksodus 31 verse 13 tot 15

2. Robert L. Odom, Sondag volgens Romeinse Heidenisme, (New York: TEACH Services, Inc., 2005, pp. 243-244.

3.E. G. White, Die Groot Stryd, (Oakland, California: Pacific Press, 1888), pp. 451-454.

4.White, op cit., pp. 455-456, nadruk voorsien.

5.White, op cit., pp. 458-460, nadruk voorsien.

6.Openbaring 14 vers 1.

7.E. G. White, Seuns en Dogters van God, p. 370.