Print

Die Skepper Se Kalender

“Gedenk die Sabbatdag, dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;  Maar die sewende dag is die Sabbat.”  Exodus 20: 8-10

Vir mense wie die Bybelse gebooie wil hou, is die vraag: “Watter dag is dag een?”  Almal kan tot by sewe tel, maar waar begin die aftelling? Hoe kan jy weet watter is die ware sewende dag? Seuntjie wat sewe vingers omhoog houDie Skepper Wie die week gemaak het, het ook `n maand ontwerp om die week daarin te plaas. Die kalender van die Skepping begin met Nuwe Maan Dag gevolg deur vier volle weke. Elke week bevat ses werksdae en `n sewende-dag Sabbats rus.

In die begin, het die Skepper die beweging van die son en die maan ontwerp om tyd te meet.

“Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel as vir vaste tye[H41501; godsdienstige byeenkomste], asook vir dae sowel as jare: . . . Twee groot ligte . . . aan die uitspansel van die [hemel gestel]. . . om te heers oor die dag en oor die nag.”  (Genesis 1:14, 16-18)

Tyd kan slegs deur beweging vasgestel word. Die rotasie van die die son meet `n dag af. In 365 en `n kwart dae, keer die son en die aarde terug na dieselfde relatiewe posisie. Dit is een sonjaar. Die maan se 29 en `n halwe dag rotasie meet `n maansomwenteling af, wat die basis van die maand is. Twaalf en `n derde maansomwentelinge is dieselfde lengte as `n son jaar.

Daar is drie basiese kalender tipes wat die beweging van die son en die maan gebruik:

1. Solar:Die afmeting van die beweging van die aarde en die son.

Solar kalenders gebruik die son vir die afmeting van die lengte van slegs die jaar. Maande van willekeurige lengtes het geen verbintenis met die natuur nie. Op die Gregoriaanse son kalender, sirkuleer die weke voortdurend. Selfs skrikkeljaar, elke vier jaar, ontwrig nie die voortdurende weeklikse siklus nie.  

2. Lunar: die afmeting van die maan rotasie.

Lunar kalenders is streng gebasseer op die maan siklusse. Maande, wat begin met die eerste dagbreek ná konjunksie, sirkuleer voortdurend sonder die aanpassing aan die solar jaar. Omdat 12 maansomwentelinge 11 dae korter is as `n son jaar, sweef maan maande deur die seisoene.

3. Luni-solar: lunar maande is aan die son jaar gekoppel.

Die samewerking tussen die son en die maan maak `n luni-solar kalender uit. Maan maande word aangepas by die langer son jaar deur  `n 13de maand sewe keer in 19 jaar, by te voeg. Die weeklikse siklus begin met elke nuwe maan. Elke maansomwenteling het vier volle weke.

Die kalender wat tydens die Skepping ingestel was, is luni-solar. Dit is die akkuraatste en presiesste van alle tyd-houdende sisteme.

In die Skrifte begin elke maan maand met die viering van `n spesiale dag van aanbidding: Nuwe Maan Dag. Omdat dit `n aanbiddingsdag is, kan dit nie as deel van die 6 werks dae in die eerste week van elke maand, bereken word nie. Nuwe Maan Dag begin met die eerste dagbreek ná die astronomiese nuwe maan ook bekend as die konjunksie. Ses werks dae volg en daarna `n sewende-dag Sabbat op die agste van die maand. Drie meer Die Skepper se Son-Maan Kalenderweke volg, wat eindig op die 29ste. Deur afmeting en berekening van die dae wat lei tot die 29ste, word die tyd van konjunksie bekendgestel,  sodat mens kan vasstel of die maand 29 of 30 dae het. Geen maand het ooit meer as 30 dae nie.

Die ware luni-solar kalender is baie gebruiks-vriendelik. Dae van die week val altyd op dieselfde datumsvan die maand. Elke keer dat die sewende-dag Sabbat in die Skrifte `n datum toegesê word, val dit altyd op die 8ste, 15de, 22ste, en 29ste van die maand.

Skrifte verklaar dat die maan spesifiek geskep was om tye van aanbidding af te meet.

“Hy het die maan gemaak [ontwerp] vir die vaste tye [H41501; aanbiddingstye].”  (Psalm 104:19)

Die Skeppings week het geëindig met `n Sabbatsdag rus. Exodus 31 staaf dat die Sabbat deur alle geslagte heen onderhou sal word.

“Julle moet sekerlik my sabbate onderhou, want dit is `n teken tussen My en julle in al julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek Yahuwah is wat julle heilig.”   (Sien Exodus 31:13.)

Die sewende-dag Sabbat was ontwerp deur die Skepper as `n teken van lojaliteit tussen Homself en Sy volk. Die vyand, Lucifer, het die burgerlike kalender verander en die aanbidding wat die Skepper toekom, gesteel. Deur tradisie en veronderstelling, het Lucifer die wêreld verenig in die gebruik van `n solar kalender met voortdurende sirkulerende weke. Wanneer iemand aanbid, maak bekend wie aanbid word. Almal wie die son kalender gebruik vir die berekening van aanbiddings dae, gee onwetend hul getrouheid en aanbidding aan die groot Verleier.

Diegene wie verlang om hul trou aan die Skepper te bewys sal Hom aanbid op die dag wat Hy ingestel het. Om die korrekte dag van aanbidding te vind, moet die luni-solar kalender van die Skepping gebruik word.

Skrifte verklaar dat die kalender vir aanbidding gebruik, regdeur die ewigheid gebasseer sal wees op die nuwe maan:  

“En elke maand op die nuwemaan en elke week op die sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê Yahuwah.” (Jesaja 66:23)

Wanneer aanbid jy?  Aan wie is jy getrou? Die kalender wat jy gebruik om tyd te bepaal vir aanbidding maak die godheid bekend wat jy aanbid.

Kliek hier om die video te kyk!


1 Sedert die Joodse feeste op gereelde tye plaasgevind het, is hierdie woord nou met hulle geïdentifiseer . . . Mo’ed word in `n breë sin gebruik vir alle godsdienstige byeenkomste. Dit was nou verbind met die tabernakel self. . .[Yahuwah] het Israel op spesifieke tye daar ontmoet vir die doel om Sy wil bekend te maak. Dit is `n algemene term vir die aanbiddings byeenkomste van  . . .[Yahuwah] se volk.” (Sien # 4150, “Lexical Aids to the Old Testament,”Hebrew-Greek Key Study Bible, KJV.)