Print

Herstelling van die Verlore Sabbatte

Die vraag word dikwels gevra, “Sou Yahuwah werklik toelaat dat die kennis van Sy Sabbat verlore gaan?”Die antwoord soos gegee in Klaagliedere 2:6 is: ja. “Yahuwah het in Sion feestyd (mo`edim) en Sabbat laat vergeet.”

Hierdie tema word uitgebrei in Hosea, hoofstuk twee. Hier stel Yahuwah Sy volk voor as `n ontroue vrou wat gaan hoereer het met ander liefhebbers. Yahuwah se volk was `n ontroue bruid vir hul Meester. Die profesie van Hosea geld vandag ook vir Yahuwah se volk. Ons wil graag die pragtige beloftes aanhaal in die tweede helfte van die hoofstuk as toepassing op Yahuwah se volk. Hierdie beloftes is kosbaar. Maar, dit moet in konteks gekyk word,en hulle word gegee in die konteks van Yahuwah se verloofde wat ontrou aan Hom was. Daarvoor is die straf: “En Ek maak `n einde aan al haar vreugde, haar feeste, haar nuwemane en haar sabbatte, ja, aan al haar feestye.”(Vers 10)

Die “nuwemane” is `n duidelike verwysing na die kalender waarop die Sabbatte uitgepluis is, net soos in Jesaja 66:23: “En elke maand op die nuwemaan en elke week op die Sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê Yahuwah.” Die Sewende-dag Adventiste Kerk het hierdie teks gebruik om te bewys dat die Sabbat in die nuwe aarde gehou sal word. Meer as dit, hierdie teks bewys watter kalender gebruik sal word deur die ganse ewigheid, want op die heidense, Gregoriaanse sonkalender, word die nuwemane nie eens opgemerk nie en dit begin definitief nie die maande nie.

Dit was deur die kompromie met die heidendom dat die vroeë Christelike ekklesia sy apostoliese reinheid verloor het. Dit het die sluise na al die misleidings van Satan geopen. Deur nie die waarheid te waardeer en te bewaar nie, het Yahuwah se volk dit verloor. Wanneer die waarheid van die hemel nie gekoester word soos dit moet wees nie, verwyder Yahuwah dit; veroorsaak Hy dat dit vergeet word.

 Hosea 2:14+ openbaar net hoe ons ons hemelse Man verlaat het. Dit is deur die name van Baäl in ons monde te neem en om toe te laat dat Baäl-aanbidding ons lewens beheer.

Daarom, kyk, Ek sal haar lok en haar in die woestyn lei en na haar hart spreek... En in dié dag, spreek Yahuwah, sal jy my noem; My Ishi1; en jy sal my nie meer noem: My Baäl2 nie. Dan verwyder Ek die name van die Baäls uit haar mond, sodat hulle by hul naam nie meer genoem sal word nie. En Ek sal My met jou verloof tot in ewigheid en My met jou verloof in geregtigheid en in reg en in goedertierenheid en in ontferming. En Ek sal My met jou verloof in trou; dan sal jy Yahuwah ken.3

As “elkeen van die ou profete minder gepraat het oor hul eie tyd as vir ons s`n, sodat hul profesie van krag is vir ons”4 dan is dit noodsaaklik om te kyk na hierdie gedeelte in die lig van die moderne wêreld. Niemand loop meer rond en beweer om dienaars van Baäl te wees nie. Vers 16 gee ons `n idee hoe dit aangewend moet word: “Dan verwyder Ek die name van die Baäls uit haar mond, sodat hulle by hul naam nie meer genoem sal word nie.” Die name van die weeksdae: Sondag, Maandag, Dinsdag, ens., is na die planetêre gode vernoem.

Dit is `n feit uit die kalender geskiedenis dat die heidense, planetêre week oorspronklik begin op Saturnus se dag (dag van Saturni). Dit was die hoogste dag van die week. Dit is gevolg deur Son se dag (dag van Solis),Maan se dag (dag van Lunae), ens. Die heidene het die sewe planetêre gode aanbid in die volgorde waarin hulle gedink het die planete wentel in verhouding tot die aarde. Hulle het gedink dat Saturnus die verste van die aarde was, dus het dit die vernaamste posisie van belang gehou, as die eerste dag van die planetêre week5.

planetary god stick calendar

In hierdie Romeinse stok kalender uit die Baddens van Titus6, word die dae van die heidense, planetêre week verteenwoordig deur sketse van die sewe planetêre gode.Die eerste was Saturnus se dag wat Sabbatariërs aanvaar het ooreenstem met die sewende en laaste dag van die Bybelse week, die Sabbat. Dit was eers later dat die dae van die week herrangskik is met Sondag as die eerste dag en Saturnus as die sewende. Die twaalf tekens van die sodiak kan gesien word in die sirkel in die middel, en hulle verteenwoordig die twaalf maande van die jaar, waarvan ses ook benoem was na die heidense gode.7

Die maande van die Gregoriaanse jaar en die dae van die planetêre week is onherroepelik heidens. Dit is waarna die gedeelte in Hosea verwys. Wanneer Christene hulle lewens en hulle aanbiddingsdae deur `n paganistiese, planetêre kalender rangskik, word die name van die Baäls in hul monde geneem. Dit is onmoontlik om die Sabbat te vind op `n heidense, Gregoriaanse kalender en hierin word die Skepper vergeet.

Deur aan die finale generasie die kennis van die ware metode van kalendasie te herstel, bring Yahuwah hulle terug na primitiewe vroomheid. Hy sê, “Daarom, kyk, Ek sal haar lok en haar in die woestyn lei en na haar hart spreek.” Watter widernis? Die antwoord word in Openbaring 12 gevind. Hier word `n uitbeelding van die ware ekklesia, die bruid van Christus, as `n vrou wat na die woestyn  moet vlug, voorgestel.8 “En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy `n plek het wat deur Yahuwah gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend-tweehonderd-en-sestig dae lank.” (Vers 6)

Wanneer die reine ekklesia die praktyke van die heidendom aanvaar het, het die lang nag van die Donker Middeleeue op haar geval. Die ware ekklesia het gevlug na die woestyn, en daar, na die ervaring van die verwoesting wat kom uit die aanvaarding van ander minnaars, het Yahuwah begin om haar terug te lok. Die Protestante Hervorming het aan haar die lig begin herstel wat verlore gegaan het. “Die waarheid is toenemend, en ons moet wandel in die toenemende lig.”9 Die Vader sal nie vinniger vorder as wat sy volk kan volg nie. Sedert die dae van die Protestantse Hervorming, het Yahuwah Sy bruid (die ekklesia) na Hom terug “gelok”, haar hart gewen aan haar Ware Liefde deur haar Sy pragtige liefde en sorg vir haar te wys.10

Die kennis van die luni-solar Sabbatte word nou herstel vir die oorblyfsel ekklesia. Hierdie begrip sal enige voorafopgestelde idees van die tyd van benoudheid affekteer. Die een geloofsoortuiging gedeel deur beide liberale en konserwatiewe Sewende-dag Adventiste, is dat die Verenigde State regering die voortou sal neem in die maak van `n beeld van die dier (die Rooms-Katolieke Kerk.) In eenvoudige terme: is almal opsoek na `n Sondag wet. Hou in gedagte dat Ellen White genoop was om die Groot Stryd in so `n manier te skryf “om die geskiedenis van die omstredenheid in die verlede afgelope eeue op te spoor, en veral so aan te bied, om `n lig te werp op die spoedige naderende stryd van die toekoms,” is dit moontlik dat die Sondagwet weer sal kom as `n vermomming van die  kalender verandering?

Dink daaroor. Satan se hoofteiken is die Sabbathouers. Almal weet van Sondag sluitingswette en almal het aanvaar dat dít die vorm van die Sondagwet sal wees. Maar as jy die Satan was, en jou #1 vyand verwag `n plan van aanval, sou jy dit nie probeer verby glip sonder hul kennis nie? Ellen White het die getroues gewaarsku om bewus te wees van Satan se middele. So gou mense bewus word van een middel, gee die vader van leuens dit `n ander draai. Dit is van kardinale belang dat die hedendaagse ekklesia bewus moet wees van Satan se misleidende middele want die finale generasie is beopdrag met `n spesiale kommissie; `n kommissie wat Satan desperaat maak om hulle te keer om dit te doen:

En die wat uit jou voortkom, sal die ou puinhope bou; die fondamente van vorige geslagte sal jy oprig, en jy sal genoem word: Herbouer van gebreekte mure, hersteller van paaie, om bewoonbaar te maak. (Jesaja 58:12)

Christus Homself, net voor Sy dood, het ook na hierdie spesiale groep mense verwys. Die laaste hoofstuk van die laaste boek van die Ou Testament bevat hierdie vermaning:

Dink aan die wet van Moses, My kneg, wat Ek hom beveel het op Horeb vir die hele Israel- insettinge en verordeninge. Kyk, Ek stuur julle die profeet Elia voordat die groot en vreeslike dag van die Yahuwah aanbreek. En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie. (Maleági 4:4-6)

Die dissipels was bewus van die profesie. Na Christus se verheerliking en Moses en Elia saam met Hom verskyn het, het Petrus, Jakobus en Johannes die vraag gevra: “Waarom sê die skrifgeleerdes dan dat Elia eers moet kom?” In ander woorde, “As U waarlik die Messias is soos ons glo, hoekom moet Elia eers kom?”

Yahushua se reaksie is vol intrige.

En Yahushua antwoord en sê vir hulle: “Dis waar, Elia kom eers en sal alles herstel; maar Ek sê vir julle dat Elia al gekom het, en hulle het hom nie erken nie, maar aan hom alles gedoen wat hulle wou. So sal die Seun van die mens ook deur hulle ly.” Toe verstaan die dissipels dat Hy met hulle van Johannes die Doper gespreek het.13

In hierdie gespek, het die dissipels en Christus albei terugverwys na die profesie van Maleági deur die koms van Elia belowe voor “die groot en vreeslike dag van die Yahuwah.” Die dissipels het aanvaar dat Hy uitsluitlik praat van Johannes die Doper, maar eindelik “[Yahushua] maak `n onderskeiding tussen die Elia wie nog moet kom, en Johannes wie alreeds gekom het. (Matteus 17:11)”14

Die Elia wat nog in die toekoms tot Christus se dag sal iets baie belangrik doen: hy sal “alles herstel.”(Vers 11) Watter dinge herstel? Die antwoord word gevind in Maleági 4: “Dink aan die wet van Moses...met die insettinge en verordeninge.”(Vers 4) Die herbouers van gebreekte mure herstel die wet van Moses: dit is die insettinge en die verordeninge en die beginsels van kalendasie.

Baie mense aanvaar dat die woord “insettinge” streng geld vir offerandes wat weggedoen is by die kruis. Maar, `n noukerige ondersoek van die Skrifte openbaar dat die woord “insettinge” nooit gebruik word tot toepassing van offerandes nie. Aan die ander kant, word dit dikwels gebruik in die volgende frases: “dit sal `n insetting vir ewig wees,” “dit sal `n ewige insetting wees”, en “dit sal `n ewigdurende instelling wees.”

Die restorasie en herstellingswerk uitgevoer deur die teruggekeerde ballinge, onder die leierskap van Zerubbabel, Ezra, en Nehemiah, stel `n beeld voor van `n geestelike herstelswerk wat gedoen moet word in die eindtyd van die aardse geskiedenis...

Die geestelike restorasie waarvan die werk in Nehemia se tyd uitgevoer was,was simbolies,soos uiteengesit in die woorde van Jesaja: “ En hulle sal die ou puinhope bou, die verwoeste plekke uit vroeër dae weer oprig en die verwoeste stede weer nuut maak wat woes was.” “En die wat uit jou voortkom, sal  die ou puinhope bou; die fondamente van vorige geslagte sal jy oprig, en jy sal genoem word: Herbouer van gebreekte mure, hersteller van paaie, om bewoonbaar te maak.” (Jesaja 61:4, 58:12)

Hier beskryf die profeet `n volk, wie in `n tyd van algemene afwyking van die waarheid en geregtigheid, daarop uit is om die beginsels wat die grondslag van die koninkryk van [Yahuwah] te herstel. Hulle is herbouers van gebreekte mure wat gemaak is in [Yahuwah se] wet – die muur wat Hy rondom Sy uitverkorenes geplaas het vir hulle beskerming, en gehoorsaamheid aan die voorskrifte van geregtigheid, waarheid, en reinheid om hul ewige beskerming te wees.

In duidelike betekenisvolle woorde wys die profeet die spesifieke werk uit van die oorblyfsel volk wat die muur herstel het. “As jy jou voet terughou van die Sabbat – om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die Sabbat `n verlustiging noem en die heilige dag van die Yahuwah hooghou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie; dan sal jy jou verlustig in Yahuwah, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob; want die mond van Yahuwah het dit gespreek. (Jesaja 58:13,14)

In die einde van tyd moet elke goddelike instelling herstel word. Die bres wat gemaak is in die wet in die tyd toe die Sabbat deur die mens verander was, moet herstel word. [Yahuwah se] oorblywende volk, wie voor die wêreld as hervormers staan, is daar om te wys dat die wet van Yahuwah die fondament is van alle blywende hervorming en dat die Sabbat van die vierde gebod `n herdenking van die skepping is, `n voordurende herinnering van die krag van [Yahuwah]. In helder, duidelike lyne moet hulle die noodsaaklikheid van gehoorsaamheid bied aan al die voorskrifte van die Dekaloog. Aangedring deur die liefde van Christus, moet hulle met Hom saamwerk in die herstel van die ou puinhope. Hulle is herbouers van gebreekte mure, herstellers van paaie om bewoonbaar te maak.

Mag Yahuwah se hedendaagse volk “elke goddelike instelling” herstel, Sy kalender, dat die reinheid van Sy wet aan die wêreld vertoon kan word.


1  My Man

2 My Heer, `n algemene titel vir God of Baäl

3 Hoséa 2:14, 16-20,23

4 3 SM 338

5 Vir `n indiepte insig in die hoe die paganiste elken van die die 24-uur dae van die planetêre gode gebasseer het op die posisie in verhouding met die aarde, sien How Did Sunday Get It`s Name? Deur Robert L. Odom, Southern Publishing Association, 1972.

6 R.L. Odom, How Did Sunday Get It`s Name?, Southern Publishing Association, 1972.

7 Julie en Augustus was genoem na Julius Ceasar (wie die Juliaanse kalender ingestel het) en Augustus Ceasar ( die Romeinse keiser waarna in Lukas 2:1-7 verwys word.) September, Oktober, November en Desember was numeriese woorde: “sewende”, “agste”, “neënde”, en “tiende”, respektiewelik, nes die Roomse kalenderoorspronklik in Maart begin het.

8 `n Vrou is altyd `n simbool van `n kerk. `n Hoer is `n korrupte kerk; `n rein vrou is die ware kerk [die ekklesia].

9 E.G. White, Councils To Writers And Editors, 33.

10 Openbaring 12: 1 verskaf `n fassinerende simboiese beskrywing van die ware kerk. Sy staan op die maan. Voete is die simbool van besitreg (sien Job 1:7) en Rut 4:7&8). Die uitnemendheid van hierdie teks is baie mooi: die kerk is weereens in besit van die kennis van die ware Sabbat en dit voorsien haar met `n onwankelbare fundament.

11 E. G. White, Great Controversy, xi, klem verskaf.

12 Matthéüs 17; 10.

13 Matthéüs 17:11-13.

14 Hebrew-Greek Key Word Study Bible, KJV, voetnotas vir Maleági 4, , deur Spiros Zodhiates

15 E.G. White, Prophets & Kings, 677-678, klem verskaf.