Print

Kersfees: Oorsprong, Geskiedenis En Tradisies

“Feesdag” Vir die meeste mense word die woord toegedig op net een feestelikheid in besonders…Feesdag!

Die definisie van die woord “feesdag” bring ‘n godsdienstige element na vore waarvan baie mense onbewus is.

Feesdag: “ ‘n godsdienstige feestelikheid; [‘n] heilige dag.” (Webster’s New Universal Unabridged Dictionary)

Kersfees is ‘n godsdienstige feesdag. Tenspyte van al die kommersiȅle lokmiddele van die moderne feesvieringe, bly Kerfees, uit oorsprong, ‘n godsdienstige fees. Dit is ‘n tyd wanneer ‘n godheid onthou en vereer word.

Christene vier die geboorte van Jesus met Kersfees. Hulle ruil geskenke uit ter ere van die “grootste geskenk wat ooit gegee is”. Hulle sê: “Jesus is die Rede vir die Vrede” en praat daarvan om Christus terug te bring na die Christus fees.

Die probleem is ,Yahushua die Heiland was nog nooit “in” Kersfees om mee te begin nie! Hoewel die skrifte nie die Heiland se geboortedatum verskaf nie, stem die meeste geleerdes ooreen dat Hy in die herfs gebore was, nie Desember 25 nie!

Om uit te vind watter god op Kersfees vereer was, is dit nodig om sy paganistiese oorsprong na te speur. Feesvieringe op Desember 25 het kort na die vloed met die geboorte van Tammus begin as die reinkarnasie van Nimrod. Vandag se Kersfees tradisies kom oorspronklik van antieke Babilon en paganistiese Rome.

statue of Saturn and child victim

Saturn, met ‘n slagoffer-kind.

Die paganistiese Romeine het die god, Saturnus,vereer met ‘n week-lange feestelikheid in Desember,bekend as Saturnaliȅ / Saturnusfees. Saturnus was die Romeinse god van Tyd en van die oeste, Hy was gewoonlik voorgestel met ‘n sekel in sy hand. Die wreedste, booste van alle paganistiese gode. Hy het aangedring op kinders as slagoffers.

Die Romeine was nie die enigstes wat die bose god aanbid het nie. Saturnus aanbidding het oorheers in die antieke wêreld. Selfs die Israeliete het Saturnus aanbid tydens hul rebellie teen die hemel. Die god deur Israel gereeld aanbid tydens hul afvalligheid, was die god Saturnus, in die Bybel bekend as Kewan, Molech, of Remfan. Selfs die Israeliete het hul kinders aan hierdie waglike, bloeddorstige god, geoffer.

“Saturnus het [ook] getriomfeer in Afrika-paganisme . . . as Baal-Haman in Feniciese Karthage, was hy die objek van kinder offerandes . . . Hoewel ‘n vrugbaarheids god, Saturn-Baal . . . was hy nogtans harteloos in die offer wat hy verlang.” (Quodvult dues van Karthage,vertaling en kommentare,Thomas Macey Finn,pp.14 en 115)

Alhoewel die Romeine menslike offers vroeër al beëindig het, was bloed steeds deur die swaardvegters tydens die Saturnalia feesvieringe in Desember verspil. Saturnalia was ‘n godsdienstigefeesviering en almal het verstaan dat die bloed van gladiaters ‘n offerande was aan Saturnus.

“Die gladiater vertonings was gewy [aan Saturnus].” Johann D.Fuss, Roman Antiquities,p.359)

“Die amfiteaters het die gladiaters vir hulleself, sodat hulle aan die einde van Desember met hul bloed, die sekel-draende Seun van die Hemel [Saturnus] bevredig het.” (Ausonius,Ecolg, i. p. 156)

Die gladiaters het op die Saturnalia geveg . . . en het dit gedoen met die doel om Saturnus te paai en om versoening.” (Justus Lipsius, tom. Ii. Saturnalia Sermonum Libri Duo, Qui De Gladiatoribus, lib. i. cap. 5)

Die beginsels waarop al hierdie gladiatoriese vertonings uitgevoer was. . .omdat dit gevier was as soen offers . . . .wanneer so baie manne in die slag moes bly vir ‘n Romeinse feesdag! Wanneer daar herdenk word dat Saturnus self in stukke gesny was, is dit eenvouding om te sien hoe die idee ontstaan het om ‘n welkome soenoffer aan hom te bring deur manne daar te stel om mekaar in stukke te sny op sy verjaarsdag, om sy guns te wen deur versoening. (Alexander Hislop, The Two Babylons, p. 153)

Ten spyte van die geweld en bloedvergieting, was Saturnalieë ‘n tyd van feesvieringe en jolyt. Die verskeie antieke feesvieringe ter verering van die bloeddorstige god is aan ons oorgelewer as die mees-geliefde Kersfees tradisies wêreldwyd gevier.

Hierdie tradisies sluit:

Selfs die nabootsing van Kers Vader, of Sinterklaas, het ‘n merkwaardige ooreenkoms met Saturnus ‘n ou man, met ‘n lang baard, omring deur kinders.

Saturnus, die bose,kind-slagofferande verwagtende ou man, verskyn in die hedendaagse gemeenskappe as twee gedaantes. Elke Desember, verskyn Saturnus, die god van tyd as  “Ou Vadertjie Tyd.” Babatjie Nuwe Jaar in die simbool van die kinder-slagoffer.

‘n Ysingwekkender uitbeelding van Vader Tyd met Baba Nuwe Jaar kan gevind word in hierdie illustrasie van die 19de eeu (onder). Vader Tyd (Saturnus, as die god van Tyd) staan voor ‘n groot horlosie, sekel in die hand. Die ou jaar gaan verby in volwasse liggamme toegedraai in begrafnis gewaad. Die Nuwe Jaar kom in as ‘n jong kind. Terwyl die toneel taamlik donker is, verlig die vuur se lig die klein seuntjie terwyl weerskante rookwalms drentel. Die nuwe jaar wat moet kom word voorgestel as kinders gereed om geoffer te word. Slagoffer-kinders was altyd goed versluierd sodat hul ouers hulle nie moes uitken wanneer hul kind verbrand word nie. Al die grillerige elemente van hierdie afskuwelike god word omskryf in hierdie prent.

 

Saturnus duik ook op in hedendaagse gemeenskappe as die Norse Maaier, wat sy doodsbleek siele in oes. Baie min in hedendaagse gemeenskappe erken dat Kersfees Vader, die Norse Maaier en Ou Vadertjie Tyd niemand anders is as die weersinswekkendste van alle gode nie. Terwyl, die antieke mense hulle onmiddelik herken het as niemand anders as Saturnus nie. Die sinnebeelde wat Saturnus identifiseer is dieselfde wat Ou Vader Tyd en die Norse Maaier identifiseer:Sekels en iets wat die verloop van tyd aandui.

Daar is baie verskonings gegee deur opregte persone in die tyd waarom hulle kleef aan paganistiese feesdae ter verering van Saturnus:

Die afgodsaanbidders was onkundig aangaande Yahuwah die Skepper. Hulle het demoniese gode aanbid uit onkunde. Dieselfde kan nie vandag van Christene gesê word nie.

Die Skrifte leer:

 “Yahuwah het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer.” (Handelinge 17:30)

Kennis dat Krismis ‘n heidense fees is, kennis dat die moderne rituele identies is met die antieke heidense rites wat Saturnus vereer, en nog steeds aanspraak maak op vrystelling van sonde omdat ons weet, is onsettend teenstrydig.

Kersfees is werklik ‘n feesdag, ‘n godsdienstige feesdag. Deur die bose god, Saturnus te verheerlik, doen ons Yahuwah, die Skepper van die Hemel en aarde, oneer aan.

Die Heiland self het ‘n goddelike beginsel gestaaf toe Hy sê:

 “Niemand kan twee here dien nie; want óf hy sal die een haat en die ander liefhê, óf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie . . . Yahuwah en Mammon dien nie.” Mattheus 6:24

Saturnus oortref die ander valse gode meer, in sy karaktertrekke ooreenstemmend met die van Satan. Kersfees is sy godsdienstige feestyd. Deelname in Kersfees vieringe is eerbetoon vir hierdie bose, sataniese godheid.

Die woorde van ‘n minsame Vader aan ‘n afvallige Israel herklink luidkeels aan Christene vandag:

“ Maar soos ‘n vrou troueloos skei van haar minnaar, so het julle troueloos teen My gehandel, O huis van Israel, Spreek . . . [Yahuwah] . . . omdat hulle hul weg verdraai het, die  . . . Yahuwah hulle Elohim vergeet het. Keer terug, O afkerige kinders; Ek sal julle afkerighede genees.” (Jeremia 3:20-22)

Deelname aan heidense tradisies, Onteer die Skepper. Keer terug na jou liefdevolle Verlosser.

“En watter ooreenstemming het Christus met Belial [bose]? Of watter aandeel het ‘n gelowige met ‘n ongelowige? Of watter ooreenkoms het die tempel van . . . Yahuwah met die afgode? . . . Daarom kom onder hulle uit en sonder julle af, spreek . . . [Yahuwah]; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem.” (2 Korinthiers 6:15-17)

Kom onder hulle uit! Raak nie aan wat onrein is nie!!

Sal JY uitkom?


Amutyanke aawa kuti mulangilizye cipekupeku!