Print

Konstantyn I en Hillel II: Die Twee Manne Wat die Hele Wêreld Mislei het


2 Manne [Konstantyn + Hillel II] ÷ 2 Agendas = 1 Reuse Misleiding
 

Gedurende die vierde eeu n.C, was die antieke Sabbat vervang deur Saterdag, en deur die verandering van kalenders.  Die Sabbat volgens die Bybel was verlore.


Een van die wêreld, en die geskiedenis se grooste bedrog, was ongeveer 1,700 jaar gelede gepleeg, deur die handeling van twee manne.  Die Romeinse keiser Konstantyn 1, het ʼn veelbetekende handeling gedoen: hy het sy koninkryk verenig deur die bevordering van Sondag as die dag van Yahushua se opstanding, en die tot niet verklaring van die gebruik van die Bybelse kalender vir die berekening van die Paasfees.  Dit het ʼn mosie van verskeie reaksie teweeg gebring. Die Joodse leier Hillel II het so daaroor reageer, oor die wetgewing wat gevolg het oor die verandering van die Bybelse kalender.  Dit het die ware Sabbat vervang met die heidense Saterdag. Dit was ʼn ketting van aksies en reaksies van epiese afmetings.  Die gevolge gaan tot vandag nog voort tot op hierdie dag, en vir elke Christen en Jood wat aanbid volgens die Gregoriaanse kalender.       

AKSIE


Konstantyn

Gedurende die vierde eeu was daar ʼn geweldige gang van veranderinge in die onstuimige koers van die gang van die geskiedenis.  Die Christendom het sedertdien ʼn groter teenwoordigheid in die Romeinse Ryk bekom, terwyl heidenisme ʼn blywende dominerende invloed behou het.  Die tyd was ryp vir iemand met mag, en met ondernemingsgees om voordeel te trek van die unieke tyd in die geskiedenis. 

Sy heilige Konstantyn die Grote (n.C. 272 tot 337 n.C.) is in die algemeen beskou as die eerste “Christen” keiser van die Romeinse Ryk.  Die werklikheid oor hom is dat hy,  in die eersteplek was hy ʼn vooraanstaande heiden. Hy het toegelaat om hom kort voor sy dood laat doop, maar het hy sy amp as hoof van die staatsgodsdiens behou, met  die titel as Pontifex Maximus, tot en met sy dood.1Self die Katolieke erken dat Konstantyn sy pos as Pontifex Maximus behou het na sy sogenoemde “bekering.”2  

Konstantyn was ook ʼn briljante strateeg met ʼn politieke agenda.  Hy wou die twee mees invloedryke groepe in sy ryk verenig: die heidene en Christene. Die Jode was ʼn veragtelike minderheid wie se invloed beheers en uitgeskuif was.  Op die manier kon Konstantyn, in sy poging vir die vereniging van sy ryk, gefokus word vir die vind van ʼn algemene basis om die heidene en die Westerse verheidense Christene te verenig.  Hy kon dit vind in die Sondag volgens die planetêre week.  

Die vroeë Juliaanse kalender, soos die een van die Romeinse Republiek vantevore, wat bestaan het uit ʼn agt dae week.  Die letters vanaf A tot H het die dae van die week verteenwoordig.  Gedurende daardie tydperk het verskillende lande, verskillende maniere gebruik vir die meting van tyd, en self ook in die Romeinse Ryk was daar streek verskille volgens die Juliaanse Kalender.  Die sewedaagse heidense kalender volgens die planete is in die eerste eeu VHJ in gebruik geneem.3

Ten spyte  van die verskyning van die planetêre week, het die vroeë Juliaanse kalender voortgegaan  om ʼn agtdae week te gebruik vir nog ʼn tydperk.  “Die handel [agtdae] siklus was uiteindelik vervang deur die hedendaagse sewedae week, wat in gebruik geneem is deur Italië gedurende die vroeë vorstelike tydperk,4 en na die gebruik van die Juliaanse kalender wat in gebruik was in 45 v.C.  Die sisteem vir handel letters was ook aanvaar vir die sewedaagse week... Vir ʼn rukkie het die week en handel siklus bestaan, maar met die tyd dat die week amptelik  aangeneem is deur Konstantyn in 321 n.C., is daar weggedoen met die gebruik van die handel siklus.”5 Terwyl die heidense week van sewedae volgens die planete bekend was by die Romeine, en in streeks gebruik, was die Juliaanse kalender in gebruik gedurende die onmiddellike  lewe van Yahushua ʼn agtdae week.

Hierdie feit word ondersteun deur argeologiese bewyse: die Juliaanse fasti wat vandag nog steeds bestaan en verwys dit na een van die twee ʼn agtdae week of na beide ʼn agtdae en sewedae weke op dieselfde kalender.

Die wegdoen van die agtdae week het saamgeval met die uitbreiding van Rome...  Die astrologiese [planetêre] en Christen sewedaagse week wat so pas in gebruik gestel is deur Rome het ook begin om baie gewild te word.  Daar is bewyse wat aandui dat die Romeinse agtdae week en die twee sewedaagse siklusse was vir ʼn bepaalde tyd gelyktydig saam gebruik.  Alhoewel, die bestaan van twee weeklikse siklusse was hulle heeltemal nie in harmonie met mekaar en kon dit in werklikheid nie vir lank onderhou word.  Dit was duidelik dat daar met een van die twee moes weggedoen word.  Soos ons dit ken is dit die agtdae week wat van die rolle van die geskiedenis verewig verdwyn het.6   

Dit was nie ʼn onmiddellike transformasie.  Soos die sewedaagse week meer gewild geraak het, was die letters (A ot G) wat  aangewys was as die dae van die week ter syde gestel, en die dae van die week is vernoem na die gode van die planete. 

Dit moet nie betwyfel word dat die verspreiding van die Iranse [Persiese] verborgenheid ʼn groot aandeel gehad het vir die algemene aanvaarding van die week deur die heidene, met Sondag as die heilige dag.  Die name wat ons  gebruik, en onbewus, van die ander ses dae, het in gebruik gekom op dieselfde tyd toe Mithraïsme sy volgelinge vermeerder in die provinsies van die Weste, en is daar  nie haas gewees in die vestiging van 'n verhouding van toeval tussen die oorwinning en die gepaardgaande verskynsels.7

Roman Stick Calendar from the Baths of TitusDie Romeinse Stok Kalender by die baddens van Titus. Hierdie stok kalender by die baddens van Titus, was opgerig gedurende 79 tot 81 n.C. wat illustreer hoe Saturnus ʼn sekel hou as die gog van die eerste dag van die week (Saterdag). Die songod is tweede (Sondag), wat gevolg word die maangodin (Maandag) op die derde dag van die week.

Argeologiese bewyse wys op dubbele datering deur Christene op hulle grafstene, wat beide bevat het van sowel, die son Juliaanse datum en die ooreenstemmende datum volgens die son – maan kalender volgens die Bybel.  Een van sulke inskrywings wat so gedateer is en verklaar dit dat: Vrydag die 5de November, 269 n.C. “ gedurende die konsulskap van Claudius en Parternus op die 5de November, op die dag van Venus, en op die 24ste dag van die maanmaand, het Leuces hierdie [gedenksteen] opgerig vir haar dogter Severa, en vir Sy Heilige Gees.  Sy is oorlede [ op die ouderdom] van 55 jaar, en 11 maande, [en] 10 dae.”8

Dit was die omstandighede wat Konstantyn gebruik het vir die bevordering van sy politieke agenda.  Dit was ʼn fyn gebalanseerde handeling wat die heidense groep meer bevoordeel as die Christen groep.  Eerstens het hy reeks van wette verorden wat die dag van die Son, dies Solis, of Sondag vereer het.  Volgens die oorspronklike planetêre week, was Saterdag eintlik die eerste dag van die week.  Sondag was die tweede dag van die week en Vrydag was die sewende dag van die week.

Alhoewel, die son Konstantyn se persoonlike kenteken was.  Het hy Sol Invictus (Die Onoorwinlike Son) laat inskrywe op sy munte en dit het sy persoonlike leuse gebly vir die res van sy lewe.  Die verheerliking van Sondag was aanvaarbaar vir die heidene en dit waaroor sommige Christene alreeds ooreengestem het.  Met die aanbreek van die tweede eeu, het baie Christene (in die besonder in die weste) alreeds begin om Sondag te eerbiedig as die dag van die Verlosser se opstanding.  Dit  was die geleentheid wat Konstantyn benodig het vir die vereniging van die heidenisme en die Christendom.

Die Sondag wetgewing van Konstantyn moenie oorskat word.  Hy het die onderhouding daarvan geniet, of eerder het hy die publiek verbied vir die ontheiliging van Sondag, nie onder die naam van Sabbatum (Sabbat) of dies Domini [die dag van die Here] maar onder die ou astrologiese en heidense benaming, die Solis [Sondag] wat bekend was aan al sy onderdane, sodat die wet van toepassing was vir die aanbidders van Hercules, Apollo, en die Mithraïsme asook vir Christene.  Daar is geen verwysing wat ook al na die vierde gebod of na die opstanding van Christus.9   

Konstantyn word gesien as ʼn Christen as gevolg van sy Sondag wetgewing, maar sy Sondag wetgewing was doelbewus en dubbelsinnig. Hy wou gehad het dat dit aanvaarbaar is vir beide die leidende sowel as die Christene!

Deur so ʼn wetgewing sou dit die oogmerke van Konstantyn bevorder, en is dit nie moeilik om dit te ontdek. Dit sou ook  ʼn spesiale eer verleen aan die fees van die Christen kerke,10  en dit sou ʼn klein guns  wees aan die heidene vir hulle self. Die feit is, daar is niks in hierdie edik wat nie mog geskrywe is deur ʼn heiden. Die wet vereer die heidense god wat Konstantyn aangeneem het as sy spesiale beskermheer en god, Apollo of die Son. Hierdie spesifieke naam van die dag verleen  dubbelsinnigheid  aan homself. Die term Sondag (dies Solis) was gebruik onder Christene sowel as heidene.11                                                    

Die sewedaagse week van die planete was die voertuig vir verandering.  Beide die agtdae week en die sewedae Bybelse week was ter syde gestel vir die planetêre van die Mithraïsme.  Die week het sy oorsprong verkry van die heidendom, en nie volgens die Bybel soos die Christene dit vandag aanvaar.  “ Die tyd was ryp om die staat en kerk te verenig, omdat beide mekaar benodig, dit was ʼn slag geslaan deur die geniale persoon van Konstantyn om dit te besef en daarop te handel. Hy het vrede aan die kerk gebied, om te voorsien dat sy die staat sal erken en die ondersteuning van die keiserlike mag.” 12 

Konstantyn se Sondag wet het die heidene en baie Christene verenig.  Alhoewel, dit ook gedien het as om die ʼn stryd na vore te bring wat meer as 100 jaar gewoed het oor: wanneer die Verlosser se offer gebring is.  Tot op daardie tyd, het baie Christene, veral in die ooste, wat steeds besig was om te aanbid op die sewende- dag Sabbat, en ook die onderhouding van die jaarlikse feeste van Yahuwah wat bereken is deur die Bybelse maan- son kalender. Het selfs baie wat Sondag omhels het as aanbidding dag, steeds die Bybelse kalender gebruik vir die berekening van Paasfees.     

Paasfees │ Die Heidense Pasga

Paasfees │ Die Heidense Pasga

Dit was ʼn lank bestaande debat oor die betrokke twee verskillende kalenders.

Sedert die tweede eeu n.C. was daar ʼn verskil van mening oor die dag van feesviering van die Pasga (Paasfees) die herdenking van Yahushua se lyding (dood, begrafenis, en opstanding).  Die mees antieke gebruik wat gegee word, blyk te wees vir die onderhouding is die veertiende (die Pasga datum) die vyftiende en die sestiendedag van die maanmaand ongeag die dag van die [Juliaanse] week, en  ongeag die datum waarop dit voorkom jaar na jaar.  Die biskoppe van Rome, en in hulle begerigheid vir die bevordering vir die onderhouding van Sondag as ʼn kerklike feesdag, het hulle besluit dat die jaarlikse feesvieringe moet altyd op die Vrydag, Saterdag en Sondag gehou word, wat volg op die veertiende van die maanmaand.  In Rome, is Vrydag en Saterdag van Paasfees vas dae gewees, en op Sondag was die vas gestaak deur deel te neem aan die nagmaal.  Hierdie teenstrydigheid het vir amper twee eeue geduur, totdat Konstantyn ingegryp het vir die onthalwe van die biskoppe van Rome en die ander groepe verbied het.13   

Die verklaring van Eusebius van Caesarea het bekend gemaak dat die kerke van Asië lank vasgekleef het vir die onderhouding  van Paasfees op die 14 van die maand Abib, terwyl die kerke in die weste die heidense Paassondag se oorgangstydperk verander het. 

ʼn Vraag van geen kleine  belangrikheid het opgeduik gedurende die tyd [laat tweede eeu] van die fariseërs van Asië, en die gardes van die ouer tradisies, wat gehou was op die veertiende dag van die maan, op die dag wat die Jode beveel is om ʼn lam te offer, en dat dit onderhou moet word as die Verlosser se Pasga.  Dit was daarom nodig om hulle vas te staak op daardie dag, wat ook al die dag is volgens die [juliaanse] week en wat dit ook al sal wees.  Maar dit was nie die gebruik van die kerke op daardie tyd in die res van die wêreld....14

Die aaneenlopende weeklikse siklus van die Juliaanse kalender beteken dit dat die Bybelse Pasga op die 14de van die maand Abib voor kan kom, en op enige dag van die Juliaanse week.  Gevolglik, is die 16de van die maand Abib, die dag van die opstanding, en het dit nie altyd voorgekom op ʼn Sondag.  Diegene wat daarop aandring om die Paasfees vieringe volgens die Juliaanse kalender te vier, het ʼn dekreet uitgevaardig wat daar op aanspraak maak dat alle Christene moet die opstanding onderhou op Paassondag, eerder as die Pasga vieringe volgens die 14de van die maand Abib. Sodoende is die viering van die heidense vakansie kwansuis die verering van Yahushua se opstanding en uitoorlê  dit Yahuwah se fees wat Yahushua se dood gedenk.

Sinodes en vergaderings van was gehou oor hierdie aangeleentheid, en almal in goedkeuring, en deur gemeenskaplike korrespondensie het hulle  ʼn kerklike dekreet opgestel, dat die geheimenis van die opstanding van Yahushua moet gevier word op geen ander dag as die dag van die Here [Sondag], en dat ons die onderhouding van die sluiting van die Pasga op hierdie dag laat geskied. 15  

Die Skepper Se Kalender

Die Skepper Se Kalender

Die Opstanding: Paasfees? of die Eerste Vrugte?

Diegene wat vasgehou het aan die Bybelse kalandering het onmiddellik geprotesteer teen hierdie hooghartige dekreet van die Westerse biskoppe.  In ʼn brief wat gestuur was aan Victor, Biskop van Rome, het Polycrates sy standvastige geloof verklaar, en aangehou om die Bybelse kalender te gebruik vir die nakoming van die Pasga.  Sy brief is  besonderse waarde vir vandag se Christene omdat dit verwys na Johannes die Geliefde  en na die Apostel Phillippus as die onderhouers van die Pasga!  

Eusebius vertel:

Dus het die biskoppe van Asië, onder leiding van Polycrates, besluit om vas te hou aan die gebruik wat aan hulle oorgelewer is.  Hy het persoonlik in ʼn brief aan Victor en die kerk van Rome geskrywe, wat uiteen gesit is, in die volgende woorde van die tradisie wat aan hom oorgelewer is: 

Ons onderhou die presiese dag, deur niks by te voeg en niks weg te neem nie. Nieteenstaande dat ook groot lig in Asië aan die slaap geraak het, wat weer sal herrys met die koms van Yahushua, wanneer Hy kom in heerlikheid vanaf die hemel, en al die heiliges bymekaar sal maak. Waaronder Phillippus as een sal wees, een van die twaalf apostels.... en nog meer, Johannes wat beide getuie is en leermeester was, en  wat hom neergelê op die boesem van Yahushua en..... aan die slaap geraak het by Efese. Asook Polycarpus in Smirna, wat biskop en martelaar was..... Al hierdie het die veertiendedag van die Pasga  onderhou volgens die Evangelie, en in niks daarvan afgewyk het, maar die riglyne gevolg het van geloof.16     

Soos die gelowiges in Asië geweier het om Bybelse kalender prys te gee vir die berekening van die Pasga, is dit ook moontlik dat hulle andersyds geweier het om die ware Sabbat prys te gee wat bereken is deur dieselfde kalender.  Die Biskop van Rome het “onmiddellik probeer om hulle van die algemene eenheid af te sny as eenheid van al die gemeentes van Asië, en almal wat saamstem  as heterodoks, en het hy briewe geskrywe en verklaar dat alle broeders daar onder die kerklike ban is.” 17

Dit is belangrik om op te let dat daar nooit ʼn argument was oor wanneer die opstanding werklik plaasgevind het.  Beide het erkenning verleen dat dit plaasgevind het op die 16de van die maand Abib volgens die maan – son kalender.  Die meningverskil was verby met die aanhaling van die boonste genoteerde gedeelte, wanneer om dit te vier.  Datums word vasgestel deur kalenders, en uiteindelik was die argument oor, watter kalender moet gebruik word vir die vasstelling vir die feesviering.  Agtereenvolgens vir die ware eenheid tussen Christene en leidende, vir die nalewing van die kruisiging en die opstanding moes daar ʼn verplasing wees vanaf die Bybelse maan – son kalender na die heidense Juliaanse son kalender.  Vier jaar later na die dekreet wat Sondag verheffing moontlik gemaak het in die jaar 321n.C., het Konstantyn, die Konsilie van Nicea byeen geroep vir die besleg van hierdie debat.

Daar sou nie meer langer die Verlosser se offer herdenk word op die 14de, 15de, en die16de dag van die maand van Abib volgens die maan – son kalender. In die toekoms, sal sulke herdenkings verplaas word na die Vrydag, Saterdag, en Paassondag van die Juliaanse kalender, wat kan wissel vanaf die 20ste tot 22ste Maart en tot die 22ste tot die 25ste April. Die biskop van Rome, en begerig vir groter mag en invloed, het hy die gewig van sy invloed om Konstantyn te beïnvloed. “ Gedurende die tyd van Konstantyn, en die afvalligheid in die kerk was die tyd reg vir die hulp van ʼn goedgesinde regeerder, en om te voorsien aan die wil van krag van dwang.”18

Konstantyn het dit benadruk dat die Joodse kalandering nie meer langer gebruik moet word vir die berekening van hierdie datums.

Gedurende die Konsilie van Nicea was die naelstring afgesny wat die Christendom verbind het aan sy voorouers. Die feesvieringe van Paasfees wat tot nou toe nog gevier is vir die meerderheid van tyd saam met die Joodse Pasga, en inderdaad op die dae wat bereken is en vasgestel is deur die Sanhedrin van Judea vir feesvieringe, maar al die toekomstige onderhouding daarvan en die nakoming daarvan sal algeheel onafhanklik wees vanaf die Joodse Kalender, “ Nieteenstaande is dit onvanpas en verhewe en bo die meting van hierdie heilige feesvieringe dat ons die gebruike van die Jode moet volg.  Voortaan laat ons niks in die algemeen te doen hê met hierdie verfoeilike mense, ons Verlosser het ons ʼn ander pad gewys.  Dit sal inderdaad dwaas wees as die Jode in staat gestel word om te spog dat ons nie in die posisie is om Paasfees te vier sonder hulle hulp en reëls (berekeninge).”  Hierdie opmerkings is kenmerkend van die Keiser Konstantyn... [en dit het] die beginsel en riglyn geword van die Kerk wat nou sal besluit oor die lot van die Jode.19

Konstantyn het drie dinge bereik, en die rimpelinge van die gevolge, het ʼn weerklank tot vandag:

1. Die standaardisering van die week volgens die planete van sewedae en die skep van dies Solis (Sondag) as die eerste dag van die week, en dies Saturni (Saterdag) die laaste dag van die week.

2. Die Verheffing van Paasfees en die waarborg dat die ware Pasga en die heidense Paasfees nooit weer sal voorkom op dieselfde dag.

3. Die Verheffing van dies Solis as die dag van aanbidding vir beide heidene en Christene.

Die lang termyn gevolge was dat “Paassondag” toegang verkry het in die Christen paradigma as, Die Dag van Christus se opstanding.  Die verband tot hierdie herskikking van die tydsberekening was dat voorafgaande Paassondag, en die Saterdag het vir altyd daarna Die Ware Bybelse Sabbat geword. Dit is die ware betekenis van Konstantyn se “Sondag wet,” en dit het die fondasie gelê vir die hedendaagse aanvaarding dat die aaneenlopende weeklikse siklus altyd bestaan het.20   

Die resultaat van Konstantyn se handelinge het aan die heidense groep van die ryk guns betoon.  Alhoewel, die korrupte biskoppe van Rome in staat was om hierdie handelinge as goeie guns aan die Christene voor te hou.  “ Gedurende die tyd van Konstantyn, was afvalligheid in die kerk gereed tot hulp vir ʼn  goedgesinde regeerder om die afwagtendes te voorsien vir die afdwing van mag.” 21 Die ware maan – son kalender, wat oorgelewer is vanaf die Skepping en van Moses, was verlore.  

Die resultaat

Die resultaat van Konstantyn se ekumenisme was vlugtig gevoel. Almal wat geweier het om afstand te doen van die gebruik van die Bybelse kalender vir die berekening van die Pasga, het die swaar hand van onderdrukking gevoel wat op hulle val. Konstantyn se seun Constantius het die handeling van sy vader ʼn stap verder gevoer en die gebruik van die Bybelse kalender verban, asook vir die gebruik deur Jode.  Die Historikus David Sidersky het die volgende waargeneem: “dit was glad nie meer moontlik onder Constantius vir die gebruik van die ou kalender.”22 

Gedurende die daaropvolgende jare, het die Jode deur “Yster en Vuur” gegaan.  Die Christen keisers het die Joodse berekening van die kalender verbied, en nie toegelaat dat die feesdae aangekondig word.  Graetz vertel: “ Die Joodse gemeenskappe was gelaat onder uiterste vertwyfeling betreffende die mees belangrike godsdienstige besluite: en met betrekking van hulle feesvieringe.”  Die onmiddellike gevolg was die vasstelling en berekening van die Hebreeuse kalender deur Hillel II.23

Die Maan Sabbat | Die Verdediging – Deel 1

Die Maan Sabbat | Die Verdediging – Deel 1

Constantius se handeling het ook ʼn uitwerking gehad op apostoliese Christene.  Terwyl Tertullian24 bekend maak dat verheidense Christene alreeds besig was om hulle aanbidding oor te plaas na die “dag van die Son” so vroeg as die tweede eeu, en andere het aan die Sabbat vasgehou vir meer as 1,000 jaar.  Amper 40 jaar na die Konsilie van Nicea, het die Konsilie van Laodisea (363 tot 364 n.C.) ʼn verklaring uitgereik war vereis het dat Christene moet werk op die Sabbat en hulle weerhou van werk op die dag van die Here.  Hierdie dekreet wat in Afrikaans vertaal is, verklaar:

Dat Christene nie na sal Judaïsme keer, en ledig wees op Saterdae, maar dat hulle sal werk op daardie dae, maar op die dag van die Here sal hulle dit besonder eer, en as Christene, sal hulle indien moontlik, nie werk op daardie dag.  Alhoewel, indien daar gevind word dat hulle Judaisfiseer, sal hulle van Christus afgesny word.

Volgens die Roomse Katolieke biskop en geleerde, Karl Josef von Hefele (1809 tot 1893) die gebruik van die woord “Saterdag” in die bogenoemde aanhaling is verkeerd.  Die oorspronklike woord wat gebruik is was Sabbat of Sabbato en nie dies Saturni of Saterdag.

Quod non oportet Christianos Judaizere et otiare in Sabbato, sed operari in eodem die. Preferentes autem in veneratione Dominicum diem si vacre voluerint, ut Christiani hoc faciat; quod si reperti fuerint Judaizere Anathema sint a Christo.  

Die Christene gedurende daardie tyd van die kalender verandering was nie verward gewees oor Saterdag as die Sabbat.  Almal het geweet dat dies Saturni onlangs verskuif is vanaf die eerste dag van die heidense planetêre week tot die laaste dag... terwyl Sabbato die sewende - dag van die Joodse maan – son kalender is, wat geeneen in ʼn posisie van mag wens om mee geassosieer te word.  Nogeens, was hierdie twee verskillende dae van twee onderskeie kalender sisteme.25

Die politieke mag van Rome ondersteuning verleen het aan die godsdienstige dekrete van Konstantyn en Constantius.  Terwyl sommige geleerdes verkeerdelik aangeneem het dat die konflik was oor Saterdag teenoor Sondag, het die historiese werklikheid bekend gemaak dat die mense van daardie tyd was baie bewus van die bestaan van die Bybelse maan – son kalender en hoe om dit te gebruik.  Baie gelowiges in die Ooste of buite die bereik van die Romeinse Ryk was onwillig om die Bybelse tydhouding te laat vaar.”Daardie Christene het gesoek na ʼn uitweg van hulle moeilike omstandighede van Sabbat onderhouding en het beweeg na ʼn groter eerbied na die eerste dag van die [Juliaanse] week.  Daarom het ander aan die buitewyke van die Ryk, waar Anti-Semiete nie bestaan het, aangegaan het met hulle verering van die sewende – dag Sabbat.” 26

Die Reaksie


Hillel II

Net soos Konstantyn die mag was agter die handeling wat uiteindelik daartoe gelei het vir die vernietiging van die Bybelse kalender wat deur Christene gebruik is, is daar ʼn ander man, ʼn Jood  wat verantwoordelik is vir ʼn handeling wat net so ʼn  verreikende gevolg  gehad het 

“Die verlkaring van die die nuwe maan deur die waarneming van die nuwemaan, en die nuwe jaar by die aanbreek van die lente, kan alleenlik gedoen word deur die Sanhedrin. Gedurende die tyd van Hillel II, die laaste President van die Sanhedrin, het die Romeine hierdie gebruik verbied. Hillel II was toe gedwing om sy vaste kalender in te stel, en sodoende die gevolg om aan die Sanhedrin vooruit toestemming te gee vir alle jare en toekomstige kalenders.” 

"The Jewish Calendar and Holidays (incl. Sabbath): The Jewish Calendar: Changing the Calendar," http://www.torah.org.

Voor die vernietiging van Jerusalem, was die Hoëpriester in bevel van die kalender. “ Terwyl die Sanhedrin (Rabbynse Hoofgereghof) voorsit in Jerusalem, was daar nie so ʼn kalender.  Hulle sou elke jaar evalueer om te bepaal of dit ʼn skrikkeljaar verklaar moet word.27 Hierdie taak is gegee aan die president van die Sanhedrin toe daar nie meer priesters was. “ Onder die regering van Constantius (337 tot 362) het die vervolgings van die Jode so ʼn hoogte bereik dat... dat die berekening van die kalender verbied is, deur die toedoen van pyn en swaar straf.”28 Dit was ʼn handeling wat veroorsaak is deur hierdie omstandighede dat Hillel II, president van die Sanhedrin, die buitengewone stap geneem het in 359 n.C. om die antieke Bybelse kalender te verander, sodat dit sal toelaat dat die Jode meer gemaklik kon bestaan saam met die Christene.

Na Hillel II

Afgeleë gemeenskappe sou nie meer langer hoef te wag vir die boodskap van die president van die Sanhedrin om hulle te bereik om te weet wanneer die nuwe maand begin.  Elke gemeenskap sou voortaan self in staat wees om vir hulle self te bepaal wanneer die nuwe maand begin en wanneer ʼn 13de maand bygevoeg moes word.

Die “Vaste “ Kalender

Toe Hillel II die “vaste” kalender instel, het hy die opneming van ʼn skrikkeljaar op ʼn permanente basis bygevoeg.29  Dit is moontlik, maar nie bewysbaar, dat hierdie bepaalde siklus van die skrikkeljaar was gebruik vir die verstaan, en was dit voor Hillel se tyd, en volg dit die 19 jaar maan siklus. Hillel het sy kalender gegrond “op wiskundige en sterrekundige berekeninge [eerder as waarnemings.] Hierdie kalender is steeds in gebruik, vir die standaardisering van die lengte van die maande en die byvoegings van maande oor ʼn tydperk van ʼn 19 jaar siklus, sodat die maan kalender in lyn kan kom met die son jare.”30    Hy verklaar dat ʼn dertiende maand inberekening gebring moet word op die 3de, 6de, 8ste, 14de, 17de, en in die 19de jaar van die 19 jaar siklus. 

Ewenwel het Hillel meer gedoen as wat bekend gemaak is,van die 19 jaar siklus, en die byvoegings wat daar was, en in alle waarskynlikheid nog altyd gebruik was. Hy het ook die onderhouding van die antieke Sabbat verander vanaf die 8ste, 15de, 22ste, en 29ste dae van die maan maand, na elke Saterdag van die Juliaanse maande. Hierdie verandering noodsaak steeds nog ander reëls vir die verskuiwing. Die verandering van die weeklikse Sabbat van die maan – son kalender na Saterdag is dit duidelik ingesluit vir ʼn behoefte aan reëls vir die verskuiwing, wat voor Hillel se “vasstelling” van die kalender, en wat onnodig is. Volgens die Universal Jewish Encyclopedia is, “Die Nuwemaan nog altyd daar, en dat die Sabbat oorspronklik afhanklik is vanaf die maan siklus.”31 wanneer beide die Sabbat en die jaarlikse feeste bereken word volgens die maan – son kalender. Is die reëls vir die verskuiwing onnodig. Dit is alleenlik wanneer die jaarlikse feeste bereken word deur een kalender, en die weeklikse Sabbat by ʼn ander een, dat daar teenstrydigheid is wat benodig word in die reëls vir die verskuiwing.

Reëls vir Verskuiwing

1. Die Joodse Nuwe jaar, en die Fees van die Trompette , mag nie voorkom op ʼn Sondag, Woensdag of op ʼn Vrydag.

2. As die Nuwemaan (molad) vir die sewendemaand  op ʼn Sondag, Woensdag of Vrydag voorkom word, die Nuwemaan verskuif tot die volgende dag. 

3. As die molad van die sewende maand in ʼn gewone jaar voorkom op ʼn Dinsdag om 03h204/1080 vm., of later word die Nuwemaan verskuif tot Donderdag.

4. Gedurende ʼn algemene jaar wat opgevolg word deur ʼn skrikkeljaar, en as die molad voorkom gedurende die sewende maand  na 09h00 vm, en 589/1080, en gedeeltes van Maandag oggend, is die Nuwemaan verskuif tot Dinsdag.

Sonder die reëls van verskuiwing, is die jaarlikse feeste in konfrontasie met Saterdag.  As voorbeeld, as die fees van die Trompette (Nuwemaan vir die sewende maand) sou voorkom op ʼn Sondag die laaste dag van die Huttefees en, as dit voorkom op ʼn Saterdag, sal dit in konfrontasie wees met die tradisionele onderhouding vir die laaste dag van die fees. Gevolglik is daar ʼn behoefte vir eerste en tweede reëls vir die verskuiwing. Die derde reël van die verskuiwing verseker dat die gewone jaar in bespreking nie langer as 355 dae sal wees. Die vierde reël van die verskuiwing waarborg dat die gewone jaar wat volg op die skrikkeljaar, nie korter as 383 dae is.32

Hierdie “vaste” kalender is hoogs georden.

Daar is presies veertien verskillende vorme wat die Hebreeuse kalender jare mag neem, wat hulle onderskei deur die lengte van die jaar en die dag van die week waarop Rosh Hashanah voorkom. Omdat die reëls so ingewikkeld is, dat die patroon homself kan herhaal vir verskeie kere in die loop van ʼn paar jaar, en nie weer voorkom vir ʼn lang tyd. Daarom is die Joodse kalender bekend omdat dit so uiters akkuraat is. Dit “verloor” of neem nie  “toe” in tyd soos wat sommige ander kalenders doen.33

Dit was ʼn handeling vir oorlewing deur Hillel II. Dit was ook gemaak in ʼn antwoord op die vervolings deur Konstantyn se seun Constantius.  

Met sy eie hand het die Aardsvader die laaste verbintenis vernietig, en dit wat die gemeenskappe verenig het opgebreek, en dwarsoor die Romeinse en Persiese ryke met hierdie Patriotisme. Hy was meer bekommerd vir die sekerheid en die voortbestaan van Judaïsme as vir die waardigheid van sy eie huis, en daarom het hy al daardie funksies vir wat sy voorvaders..... so oor jaloers was en begaan was verlaat. Die lede van die Sanhedrin het hierdie vernuwing ondersteun.34 

Toe Hillel II die kalender “vasgestel” het, het hy in sy amp as President van die Sanhedrin, het hy met sukses toestemming verleen dat die Jode vir alle tye in die toekoms kan aanbid op Saterdae.

Die Resultaat.

Vandag, amper 1,700 jaar later, is hierdie handeling van Konstantyn, en die gevolglike handeling deur Hillel II, het dit steeds gevolge vir honderde miljoene van mense oor die wêreld.

  • Die Katolieke aanbid op Sondae tot eer van die opstanding. Dit is inooreenstemming met die handeling van Konstantyn wat die onderhouding verander het volgens die maan – son   kalender en die berekening van Pasga volgens die heidense, son kalender vir die berekening van Paasfees.

  • Die Jode aanbid op Saterdag omdat die omdat die wette volgens die Talmoed, en hierdie handeling regverdig vir die ondrhouding van een dag in sewedae, omdat nie een weet wanneer die ware Sabbat voorkom. 

  • Die meeste Protestante verenig met die Katolieke vir aanbidding op Sondae, die eerste dag van die hedendaagse Gregoriaanse week, onder die veronderstelling dat dit die dag van die opstanding is.

  • Saterdag Sabbat Protestantse onderhouers aanbid op Saterdag omdat dit die sewende dag van  die hedendaagse week is, en hulle neem aan sedert die Jode op Saterdag aanbid, moet dit die Bybelse Sabbat wees.

  • Die Moslems doen dieselfde. In eerbetoon tot die heidense/pouslike Gregoriaanse metode van kalandering, en gaan na die Moskee vir gebede op Vrydae.

Dit is nie moontlik om die ware sewende- dag Sabbat te vind deur die gebruik van die hedendaagse Gregoriaanse kalender. Hierdie son kalender is niks meer as ʼn heidense metode van tyd berekening. Die vroeë Juliaanse kalender was vasgestel deur heidense, vir heidene. Dit was amptelik aangeneem vir kerklike gebruik by die Konsilie van Nicea. Dit was later verander deur die Jesuïtiese sterrekundige, Christopher Clavius, in opdrag van Pous Gregory XIII – daarom is die naam vernoem na die Gregoriaanse kalender, Clavius het dit bevestig dat die Juliaanse kalender (en sodoende die Gregoriaanse kalender waarvan dit die oorsprong is) is gegrond op heidenisme en het dit geen verbintenis wat ook al tot die Bybelse kalender. 

In sy verduideliking van die Gregoriaanse kalender, het Clavius erken toe die Juliaanse kalender aanvaar is as die kerklike kalender van die Kerk, en was die Bybelse kalender verwerp: “Die Katolieke Kerk het nooit die Joodse seremonie gebruik vir die viering van die Pasga, maar altyd in sy feesvieringe, die maan se beweging waargeneem 35 asook die son, en dit was tot dusvêr geheilig deur die mees antieke en mees heilige pouse van Rome, maar is dit ook bevestig by die Konsilie van Nicea.”36 Die “mees antieke en mees heilige Pouse van Rome” waarvan hier gespreek word, of verwys word is die heidense Kollege van Pouse waarvan Konstantyn, as Onties Maxims, die hoof was.

Konstantyn was begerig vir eenheid. Hy het sy doel bereik deur die Christelike Kerk en deur ʼn verbod te plaas op die gebruik van die Bybelse kalender, vir die herdenking van Yahushua se dood. Hillel II was begerig vir die fisiese oorlewing van Judaïsme. Hy het sy doel bereik deur kompromieë met die heidenisme en die verandering van die Bybelse kalender. Die resultaat van hierdie handeling en sy metgesel, en was die reaksie dat dit die aanvaarding van die menigtes is, dat Saterdag is die Bybelse Sabbat en Sondag is die dag waarop die Verlosser opgestaan het. Sodoende het die Christene en die Jode die berekening vir hulle aanbiddings dae, die heidense son kalandering gebruik, en daardeur die ware Sabbat van Yahuwah versaak.  

Geeneen wat begeer om die Skepper te aanbid op Sy heilige Sabbat sal hulle aanbidding dae bereken deur hierdie gruwel van verwoesting wat Yahuwah oneer aan doen en die siel verlate laat. Alleenlik kan die maan – son kalender vanaf die skepping kan dit vasstel wanneer die ware Sabbat voorkom. Verlaat die tradisie van die mens. Aanvaar alleenlik die woord van Yah en aanbid Hom volgens sy geordende metode van tydhouding.


[1.] Die titel, wat nou deur die pous geëis word kom vanaf antieke Rome. Die Pontifex Maximus was die hoëpriester van die Kollege van Pouse van die heidense Romeinse geloof. Dit was beide ʼn godsdienstige sowel as ʼn politieke  setel.

[2] New Catholic Encyclopedia, Vol. 4, pp. 179-181.  Various inscriptions as recorded in Corpus Inseriptionum Latinarum, 1863 ed., Vol. 2, p. 58, #481; “Constantine I”, New Standard Encyclopedia, Vol. 5.  See also Christopher B. Coleman, Constantine the Great and Christianity, p. 46.

[3] See Robert L. Odom, Sunday in Roman Paganism, “The Planetary Week in the First Century B.C.”

[4] P. Brind'Amour, Le Calendrier romain: Recherches chronologiques, 256–275.

[5] https://en.wikipedia.org/wiki/Roman_calendar#Nundinal_cycle

[6] Eviatar Zerubavel, The Seven-day Circle, p. 46, emphasis supplied.

[7] Franz Cumont, Textes et Monumnets Figures Relatifs aux Mysteres de Mithra, Vol. I, p. 112, emphasis supplied.

[8] E. Diehl, Inscriptiones Latinae Christianae Veteres, Vol. 2, p. 193, No. 3391.  See also J. B. de Rossi, Inscriptiones Christianac Urbis Romae, Vol. 1, part 1, p. 18, No. 11.

J. B. de Rossi, 

[9] Philip Schaff, History of the Christian Church, Vol. III, p. 380, emphasis supplied.

[10] By this time, the paganized Christians in the west had long been venerating Sunday as the day of Yahushua’s resurrection.

[11] J. Westbury-Jones, Roman and Christian Imperialism, p. 210, emphasis supplied.

[12] Michael I. Rostovtzeff, The Social and Economic History of the Roman Empire, p. 456.

[13] Odom, op. cit., p. 188, emphasis supplied.

[14] Eusebius, Church History, Book V, Chapter 23, v. 1, emphasis supplied.

[15] Ibid., v. 2.

[16] Ibid., Chapter 24, v. 1-4, 6, emphasis supplied.

[17] Ibid., v. 9.

[18] Michael I. Rostovtzeff, The Social and Economic History of the Roman Empire, p. 456.

[19] Heinrich Graetz, History of the Jews, (Philadelphia: The Jewish Publication Society of America, 1893), Vol. II, pp. 563-564, emphasis supplied.

[20] eLaine Vornholt & Laura Lee Vornholt-Jones, Calendar Fraud, “Biblical Calendar Outlawed,” emphasis supplied.

[21] Rostovtzeff, op. cit., p. 456.

[22] David Sidersky, Astronomical Origin of Jewish Chronology, p. 651, emphasis supplied.

[23] Grace Amadon, “Report of Committee on Historical Basis, Involvement, and Validity of the October 22, 1844, Position”, Part V, Sec. B, pp. 17-18, Box 7, Folder 1, Grace Amadon Collection, (Collection 154), Center for Adventist Research, Andrews University, Berrien Springs, Michigan.

[24] Tertullian,Apologia, chap. 16, in J. P. Migne, Patrologiæ Latinæ, Vol. 1, cols. 369-372; standard English translation in Ante-Nicene Fathers, Vol. 3, p. 31.

[25] Vornholt, op. cit., “Changing the Calendar: Papal Sign of Authority.”

[26] Leslie Hardinge, Ph.D., The Celtic Church in Britain, p. 76.  Christians in Scotland continued to calculate Passover by the Biblical calendar until they got a Roman Catholic queen in the eleventh century.

[27] http://www.chabad.org/library/article_cdo/aid/526875/jewish/The-Jewish-Year.htm

[28] Excerpted from The Jewish Encyclopedia, “Calendar, History of,” http://jewishencyclopedia.com/articles/3920-calendar-history-of, emphasis supplied.

[29] For an explanation of how the rabbinical calendar of Hillel II is calculated, see http://www.jewfaq.org/calendr2.htm.

[30] Judaism 101, "Jewish Calendar," www.jewfaq.org

[31] Universal Jewish Encyclopedia, "Holidays," p. 410.

[32] http://www.ironsharpeningiron.com/postponements2.htm

[33] http://www.chabad.org/library/article_cdo/aid/526875/jewish/The-Jewish-Year.htm

[34] Graetz, op. cit., Vol. II, p. 573.

[35] “Easter is a moveable feast, which means that it does not occur on the same date every year. How is the date of Easter calculated? The Council of Nicaea (A.D. 325) set the date of Easter as the Sunday following the paschal full moon, which is the full moon that falls on or after the vernal (spring) equinox.”  (http://catholicism.about.com/od/holydaysandholidays/f/Calculate_Date.htm)

[35] “ Die Paasfees is beweegbare fees, wat beteken dat dit nie voorkom op dieselfde dag elke jaar. Hoe word die datum van Paasfees bereken? Die konsillie van Nicea ( 325 n.C.) het die datum vasgestel van Paasfees as die die Sondag wat volg op die Paas volmaan, wat die volmaan is wat voorkom na die voorjaarsnagewening (lente) en die lentenagewening.”  (http://catholicism.about.com/od/holydaysandholidays/f/Calculate_Date.htm)

[36] Christopher Clavius, Romani Calendarii A Gregorio XIII P.M. Restituti Explicato, p. 54.