Print

`n 13de Maand?? Die Goddelike Presiesheid van die Luni-Solar Kalender

Die vorige herfs het `n vrou na die welbekende advies kolom “Liewe Abby” ingeskryf en van haar prettige idee vertel. Vir die laaste paar jare het sy `n jaarlikse partytjie gehou, waarvan dag, maand en jaar met die Gregoriaanse kalender in lyn was. Haar laaste partytjie op 12/12/12 was in die pyplyn en hét sy gesoek na voorstelle vir ander prettige temas. In antwoord het Abby spottenderwys gesê dat sy hoop die 13de dag van die 13de maand in 2013 val nie op `n Vrydag nie. `n Paar maande daarna, het `n ander kolom in Liewe Abby verskyn waarin sy erken dat die streep op haar getrek was omdat haar kantoor met briewe oorstroom was van lesers wie gevoel het om dinge reg te stel dat daar nie so iets soos `n dertiende maand was nie!

Dit is waar dat daar nie `n dertiende maand op die solar, of son-gebaseerde, Gregoriaanse kalender is nie. Maar, die Skepper se kalender is nie `n son kalender nie. Dit is `n luni-solar kalender: `n Kalender wat lunar maande aan die son jaar anker. Die gemiddelde lunar jaar is 354 dae lank. Dit is elf dae korter as die 356-dae lange solar jaar. Op strenge lunar kalenders, nes die van die Moslim Hijri kalender, dryf dae agteruit deur die jaar. Dit is waarom van een jaar tot `n ander, Ramadaan altyd vroeër in die jaar plaasvind as in die vorige een.   

Aan die anderkant gebruik Luni-solar kalenders, `n sekere punt binne-in die son-jaar om die korter lunar jaar aan te anker. Die ankerpunt vereis dat elke twee tot drie jaar `n dertiende maand ingereken, of in die kalender gevoeg word. Dit maak van die jaar `n embolismiese jaar, wat beteken dat `n groot segment van tyd by die jaar terug gevoeg word. Die Bybelse kalender gebruik die lente (-dag-en-nag-) eweninge as die ankerpunt. Die Bybelse Nuwe Jaar begin met die Nuwe Maan die naaste aan die lente-dag-en-nag-eweninge.