Print

Nuwe Maan Dag: Die Dagbreek Na Konjunksie

Geliefde broeders en susters, Wêreld se Laaste Kans is verheug om met julle te deel wat ons met opregtheid glo verdere lig is op ons Skepper se kalender. In Sy groot genade en lankmoedigheid, het Yahuwah lank op ons gewag soos ons verbind was met dit wat ons nou as `n fout beskou. Loof Sy Naam! Sedert die begin van ons aanvaarding van die heerlike lig van die Luni-solar kalender en die goddelike rol daarvan in die vasstelling van die Fees Dae, die sewende Dag Sabbat ingesluit, het ons in onkunde verkondig dat Nuwe Maan Dag bepaal word deur die eerste sigbare sekel. Nou, na vele gebed en studie, bekeer ons van ons dwaalleer en verkies om in nederigheid ons oortuiging te deel dat Nuwe Maan Dag in ag geneem moet word, teen dagbreek, op die dag na die maan se konjunksie met die son (in teenstelling met die dag wat volg op die eerste sigbare sekel).

Ons erken ook dat ons versuim het om die dwaal raak te sien in die vasstelling van Abib 1 (die Bybelse Nuwe Jaar) wat gebaseer is op die ryp wordende gars. Sommige van ons vorige WLK lede het die fout vroeër raakgesien en het dit duidelik en onomwonde ons tot die verstand gebring. Alhoewel ons nie die fout toe raakgesien het nie, wens ons dat ons meer ag daarop geslaan het in daardie tyd, en Loof sy Naam dat ons dit nou raaksien. Aan daardie lede wie beledig voel deur ons onjuiste standpunt op gars oes en verwante foute, bied ons ons nederigste en opregte verskonings aan en soek ernstig vir Sy en julle vergifnis.

WLK is daaraan toegewy om die Heiland te volg waar Hy ook mag gaan, wat die koste ookal mag wees. Ons is toegewy om die lig van Sy onveranderlike waarheid ten alle koste na te speur en te aanvaar, en dit is ons gebed dat julle ook, julle self sal oorgee aan die magdom bewyse. Mag ons liefdevolle hemelse Vader ons in alle waarhede lei tot ere slegs van Homself! Hieronder sal julle volgens ons oortuiging genoegsame bewyse vind vir die verwerping van die eerste sigbare sekel ten gunste van die dagbreek na konjunsie. Mag Yahuwah jou seën en lei namate jy jouself aan Sy sorg toevertrou.   

In Yahuwah se Diens & Sorg,

Die WLK Span

Nuwe Maan Dag Begin teen die Dagbreek Na Konjunksie.

Ongelukkig is dit so dat ons nie in die Skrifte `n duidelike verduideliking vind van hoe om die Nuwe Maan Dag te bereken nie. Met hierdie feit in gedagte, moet ons met alle sorg en gebed deur elke deel van die bewyse beskikbaar, gaan, voordat ons tot `n slotsom kom. Selfs in die afwesigheid van wat aanskou word as oorweldigende waarheid, moet ons getrou wees aan wat ons voor ons het;  ons moet gewillig wees om die magdom van bewyse te volg  waar dit ookal mag lei.

Die Rede agter die Metode

Die maan begin met beligting onmiddelik na konjunksie. Maar ons kan dit nie sien nie totdat die son ondergaan, omdat die maan onder die skerper lig van die son is. Die feit dat ons nie die maan  onmiddelik na konjunksie kan sien nie, weerlê nie die feit dat dit alreeds `n nuwe omwenteling met nuwe beligting begin het nie. Dikwels sal die eerste sigbare sekel teen die skemer van die Nuwe Maan Dag gesien word, wat haar nuwe lig aan die waarnemer vertoon.

Moon Phases; Day after Conjunction = New Moon Day

Die maan begin met her-beligting onmiddelik nadat dit deur konjunksie met die son gegaan het.

Die rede waarom die dag na konjunksie Nuwe Maan Dag gemaak word, in teenstelling met die eintlike dag waarop konjunksie plaasvind, is omdat `n dag nie terselfdertyd deel kan wees van die ou maand en die nuwe nie. Daarom, is die eerste dagbreek na konjunksie die begin van die nuwe maand. Daar is twee hoofargumente, wat ons genoop het om die verskuiwing te maak vanaf die Eerste Sigbare Sekelmaan na die Eerste Dagbreek Na Konjunksie:

(I) Die Bybelse Argument


Die Noodsaaklikheid van Die Onderhouding van Yahuwah se Heilige Dae in hul Bepaalde Tye (Lev. 23:4)

Dit is die feestye van Yahuwah, die heilige feesdae wat julle moet uitroep op hulle bepaalde tye. (Sien Levitikus 23: 4)

Die goddelike bevel om Yahuwah se heilige dae op hul bepaalde tye te herdenk kan nie werklik gedoen en gehoorsaam word, behalwe deur die Eerste Dagbreek Na Konjunksie metode nie.  Ons glo sterk daarin dat daar net een Sabbat dag is wat deur die hele wêreld gehou moet word, en dat die hele wêreld Yahuwah se fees op `n spesifieke dag moet hou, en nie oor `n paar dae nie. Die Eerste Dagbreek Na Konjunksie metode verenig die ganse planeet in een solar omwenteling, in `n unieke en wonderbaarlike wyse. Hier is hoe dit werk:

Wanneer die dagbreek na konjunksie as die begin van die Nuwe Maan Dag bereken word, sal die hele wêreld verenig wees in die onderhouding van dieselfde dag. Alhoewel dit mag voorkom asof twee verskillende dae onderhou word wanneer die dae bereken word deur die Gregoriaanse kalender, sal almal op aarde in werklikheid die Nuwe Mane, Sabbatte, en Fees Dae tydens dieselfde solar omwenteling hou, en elkeen hul dag begin binne in dieselfde 24-uur periode. Met ander woorde, alle lande van die wêreld sal die aankoms van sy Sabbat en Feesdae binne `n 24-uur solar omwenteling ondervind. Dus is die hele wêreld in werklikheid verenig om Sy Heilige Dae binne `n 24-uur periode te begin. Deur hierdie metode te gebruik is `n goddelik-aangestelde Globale Datum Lyn deur die Skepper vir elke maand vasgestel.

Maar die eerste sigbare sekel metode vir die berekening van Nuwe Maan Dag, kan nie die wêreld met beginselvastheid verenig om die feeste in dieselfde 24- uur omwenteling te laat begin nie. Skrifte beopdrag ons om die Sabbat te onderhou, nie `n Sabbat nie. Maak dit dan sin dat daar meervoudige Sabbatte in dieselfde week is? Maak dit dan sin dat verskillende inwoners die Sabbat 48 uur uitmekaar vier? Slegs deur die dag na konjunksie as die Nuwe Maan Dag te bereken kan elkeen op die Aarde met beginselvastheid een Sabbat Dag onderhou. 

New Moon Day - Illustration 1

New Moon Day - Illustration 2

Hierdie metode laat toe dat die ganse wêreld hul Nuwe Maan Dae, Sabbatte, en Fees Dae op dieselfde 24- uur Sonsomwenteling begin.  


Die Internasionale Datum Lyn . . .

International Date LineDie Internasionale Datum Lyn (IDL) is eenvoudig maar net `n denkbeeldige lyn wat uitgedink is deur die Internasionale Meridiaan Konferensie in Washington, DC in Oktober 1844 CE. Die Konferensie het bestaan uit sterrekundiges en verteenwoordigers van 25 lande.1 Die deelnemers het die eerste IDL geskep met min of geen inagneming van die eiland nasies wat verdeel sou word nie. Vandag sigsags die IDL rofweg deur die Stille Oseaan in die omgewing van die 180o lengte meridiaan, wat die wêreld basies in twee Gregoriaanse kalender datums verdeel. Daar is geen natuurlike verskynsel wat daar gebeur nie, met ander woorde is dit heeltemal willekeurig. Die plasing van die IDL is gekies omdat dit presies teenoor die Oorspronklike Meridiaan is (net nog `n algehele willekeurige, mensgemaakte uitvindsel) en die punt van Gekoördineerde Universele Tyd (GUT) of Greenwich Meridiaan Tyd (GMT). Dit strek ook grootliks oor die oseaan. Tyd en datums skakel in mekaar wat blyk om `n ordelike en voorspelbare patroon te wees, ten volle onafhanklik van bakens in die natuur, baie soos `n masjien wat opgewen is en net laat gaan is. Soos jy kan sien in die skets aan die linkerkant, is die IDL en opvolgende tyd sones `n baie komplekse affere.2  Dit was baie onlangs deur die mens uitgedink en is heeltemal toevallig in die plasing daarvan. Is dit die wyse hoe onse Liefdevolle Skepper die ontwerp van Sy tyd ingedeel het? Wat sê die Skrifte aangaande tydsberekening?

En Elohim het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel as vir vaste tye, asook vir dae sowel as vir jare... (Gen. 1:14)

Deur die Skepper se kalender en Sy hemels vasgestelde ligte in die uitspansel te gebruik, kan niks willekeurig of onbenullig wees nie. Die maan fases, die sonsopkoms of – ondergang, en selfs die posisie van die sterre is alles relatief.3 Wanneer die Skepper se Kalender gebruik word, merk die eerste daglig na die Luni/Solar Konjunksie die begin van die datum lyn. Dagbreek beweeg dan vorentoe vanaf daardie punt wat die Nuwe Maan Dag aan die wêreld bring. Hierdie metode sal dan uiteindelik die wêreld in een 24-uur solar omwenteling verenig wat nie moontlik is met enige ander metode vir die berekening van Nuwe Maan nie. Hierdie metode herstel die son en die maan se heerskappy oor die seisoene of mô’ed < Strong`s H4150>, die maande, die Sabbatte, en die Feesdae. As die “Dagbreek Na Konjunksie” metode regdeur die eeue sedert die skepping, gehou was, sou daar geen rede gewees het om die mensgemaakte IDL op te tower nie. Alhoewel Yahuwah se datumlyn, wat ook Sy “dagbreek lyn” genoem kan word, geografies verander van een maand na die volgende, is die Dagbreek Na Konjunksie die een lunar metode wat die hele wêreld wonderbaarlik in een 24-uur son omwenteling verenig. (Dit sal later bespreek word waarom die Vol Maan nie kan dien as die Nuwe Maan nie. Verwys na die gedeelte, getiteld “Probleme met die Gebruik van die Dag net na die Vol Maan”.)

Nie net maak hierdie metode dat die wêreld verenig is om die Feeste in een 24-uur Solar omwenteling te hou nie, maar niemand sal die Nuwe Maan Dag begin met meer as 24 uur nadat die eintlike konjunksie plaasgevind het nie. Merkwaardiglik is daar net 24 uur vanaf die tyd van Konjunksie totdat die Nuwe Maan Dag breek in die laaste geografiese streek wat die dag ontvang. Dit is `n verstommende getuienis tot die uniekheid en beginselvastheid van Yahuwah se globale datum lyn.


1http://www.staff.science.uu.nl/~gent0113/idl_imc 1884.htm

2 http://www.en.wikipedia.org/wiki/File:International_Date_Line.png

3 Die posisie van die sterre in verhouding met die Son en die Maan in verband met Bybelse kalendasie is iets wat die WLK Span voortdurend studeer.

Beginselvastheid: Deur die Dag teen Dagbreek te Begin (inteenstelling met sonsopkoms)

`n Bybelse dag begin teen dagbreek, met die vroegste verskyning van lig, en dit eindig met skemer, met die algehele afwesigheid van lig. In `n beginselvaste patroon, begin die maand met die eerste dagbreek onmiddelik nadat die maan belig word en eindig wanneer die maan tenvolle sonder lig is tydens konjunksie. (Deur nie by magte te wees om die maan se eintlike beligting te kan waarneem nie, verander nie die realiteit dat dit besig is om plaas te vind nie. Die lig van die eerste sigbare sekel is net bewys van wat begin plaasvind het onmiddelik na die maan se konjunksie met die son.)

Die Nuwe Maan: Chodesh (H2320)

Die Hebreeuse word vir “Nuwe Maan” is chodesh (H2320), wat ook vertaal word as “maand.” Chodesh verskyn vir meer as 270 keer in die Skrifte, maar nie eens eenkeer dui dit op iets wat gesien word nie (bv. `n sigbare maan, die sekel ens. nie). Maar, die Hebreeuse woord wat dui op die fisiese, sigbare maan is yerach (H3391, H3393, & H3394). Yerach is 28 keer vertaal as “maan,” en 13 keer as “maand,” maar dit is nooit gebruik vir die aanduiding van Nuwe Maan nie.

Nota: Daar is `n Hebreeuse woord vir “sekelmaan” - saharonîm (H7720). Maar, dit word uitsluitlik in verband met heidense afgodery gebruik. (Rigters 8: 21 & 26; Jesaja 3: 18), en nooit geassosieer met “Nuwe Maan” of selfs die “maand nie.” Meer daaroor later. Verwys na die deel hieronder, getiteld “Probleme met die Gebruik van die Eerste Sigbare Sekel.”

Psalm 81:4

“Blaas die basuin op nuwemaan, [op die volmaan], in die vasgestelde tyd, [H3677] vir ons feesdag [H2282].”  (Psalm 81: 4, OV)

H3677 (keh’-seh) – Waarskynlik van H3680; behoorlike vol maan of die volmaan, dit is, sy feestyd: - vasgestelde (tyd).  (Strong`s Greek & Hebrew Dictionary) 1

H2282 (khag) – Hierdie woord verwys spesifieks na `n “fees wat gevier word gepaardgaande met `n pelgrimstog.” (The Strong`s Expanded dictionary of Bible Words)

Psalm 81: 4, vertel ons dan twee dinge:

  1. `n Basuin (shofar) moes op die Nuwe Maan geblaas word.
  2. `n Basuin (shofar) moes op die volmaan geblaas word, tydens die pelgrimstog fees.

In konteks, praat Psalm 81 omtrent Israel se exodus uit Egipteland. Dit lyk maar net redelik om tot die slotsom te kom dat die pelgrimstog fees waarna hier verwys word is die Fees van Ongesuurde Brode, wat op die 15 de dag van die lunar maand begin het (op dieselfde dag dat die kinders van Israel uit Egipte gelei was. Sommige het voorgestel dat Psalm 81: 4 verwysend is na die Fees van Basuine (Nuwe Maan Dag) en die Fees van Tabernakels (wat op die 15 de) van die sewende maand begin. Dit blyk nie so te wees nie weens die konteks van die ganse hoofstuk. Want selfs hierdie interpretasie plaas die volmaan aan die einde van die tweede week op die 15de van die maand. Daar is geen manier om in eerlikheid hierdie vers te  versoen met die eerste sigbare sekel metodologie vir die berekening op die 14/15 de van die maand nie, wat in harmonie is met Psalm 81: 4.( Dit is ook in harmonie met The Writings of Philo. Sien “the Historical Arguments” hieronder.

lunar month comparison (first visible crescent vs. conjunction)

Let Wel: Dit is `n ideale verteenwoordiging van die Lunar Maand as dit bereken word vanaf die eerste sigbare sekel en die Dagbreek na Konjunksie. Omdat die maan die perfekte Kwartier, Vol – en Konjunksie fases in enige tyd binne `n 24-uur periode kan bereik, en sedert die meeste (as nie alle) programme/kalenders `n middernag tot middernag berekening van `n dag gebruik, sal jy soms die perfekte fases `n dag vroeër of `n dag later sien, wat maak dat dit nie perfek in lyn verskyn nie. Wanneer daar deur middel van die eerste sigbare sekelmaan gebruik gemaak word vir berekening, is daar eintlik meer variasie (van maand tot maand) as wat daar is in die bovermelde skets omdat daar verskeie veranderlikes betrokke is in die vasstelling van die vroegste sigbaarheid van die maan. Die Dagbreek na Konjunksie metode stel `n beter beginsel vaste patroon van die fases in.


1 Sommige het voorgestel dat keh`seh, wat gebaseer is op die basis woord (H3680; kâsâh), as “versteekte maan” vertaal moet word, en nie as “vol maan” nie, wat beteken dat die basuin moet blaas wanneer die maan duister is (bv. konjunksie) om die Nuwe Maan Dag aan te dui. Selfs hierdie interpretasie is in harmonie met die dagbreek na konjunksie metode van berekening.

Genesis 1

Duisternis (`n eintlike tyd segment) het dag een van die Skeppingsweek voorafgegaan. Dit wil sê dat die heel eerste dag van die heel eerste maand van die Aard geskiedenis donker was; geen lig het hierdie dag vooruitgegaan nie. Waarom sal ons dan verwag dat daaropvolgende maande enigsinds moet verskil?

“In die begin het Elohim die hemel en die aarde geskape. En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van Elohim het gesweef op die waters ---- En Elohim het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.” (Genesis 1:1-3, RNKJV)

Eségiël 46: 1 & Die Getuienis van die Natuur

Eségiël 46: 1 stel vas dat daar drie verskillende soorte dae is: (1) Nuwe Maan Dae; (2) Werks Dae; (3) Sabbat Dae

So sê die Meester Yahuwah: “Die poort van die binneste voorhof wat na die ooste kyk, moet geurende die ses werksdae gesluit wees; maar op die Sabbatdag moet dit oopgemaak word; ook moet dit op die dag van die Nuwe Maan oopgemaak word.” (Sien Eségiël 46: 1.)

Dit blyk te wees dat die verskillende geklassifiseerde dae deur die natuur (Skepping) uitgesit is. Wanneer die Dagbreek na Konjunksie bereken word as die begin van Nuwe Maan Dag, vind ons dat elke soort dag in die algemeen gemerk is deur `n spesifieke fase van die maan: (1) Nuwe Maan Dag word voorafgegaan deur duisternis (konjunksie); (2) Werks dae word voorafgegaan deur verligte fases (die kwartier fases uitgesluit)1 (3) Sabbat dae word voorafgegaan deur die kwartier fases. Sodoende maak hierdie metode beginselgetrou die identifisering van die Sabbatte deur die maan se verskyning baie eenvoudiger en meer prakties. Dit kom voor of die Skepping self getuig van hierdie metode van berekening.


1Die sekel maan sal dikwels met die blote oog gesien kan word op die Nuwe Maan Dag (op die aand voor die eerste dag van die werksweek), maar dit sal nie altyd die geval wees nie.

(II) Die Historiese Argument


Grafsteen Inskripsies (269 A.D.)

`n Aantekening van die Christelike oorgangstydperk na die paganistiese kalendasie het behoue gebly in verskillende grafsteen inskripsies. Een van die oudste gedateerde Christen grafsteen inskripsies wat in Rome ontdek is, verwys na dies Veneris (dag van Venus). Wat hierdie spesifieke inskripsie besonders maak is dat dit beide die Juliaanse en luni-solar kalender datums gebruik. Gedateer 269 A.D. met die woorde:

In die konsulaat van Claudius en Paternus, op die Nones van November, op die dag van Venus, en op die 24ste dag van die lunar maand, het Leuces [hierdie gedenksteen] opgerig vir haar enigste geliefde dogter Severa, en aan U Heilige Gees. Sy het op [die ouderdom] van 55 jaar, en 11 maande [en] 10 dae gesterf. (E.Dichl, Inscriptiones Christianae Urbis Romae, Vol 1, bl. 18, #11.)

Die “Nones” van November is 5 November wat in daardie jaar op die die dag van Venus, Vrydag geval het. In daardie maansomwenteling, korrespondeer dit met die 24ste dag van die lunar maand, of “Tweede Dag” op die Bybelse week. Deur die datum hiervan te ondersoek met astronomiese sagteware, vind ons dat Nuwe Maan Dag (die eerste dag van die lunar maand) bereken was as die dag na konjunksie.

Moon Phases for Rome, Italy (269 AD)

*Neem Asseblief Kennis: Konjunksie het eintlik teen 2:05 nm plaasgevind op (Oktober 13) in Rome, `n hele paar ure voor dagbreek. Dit is waarom die dag van Konjunksie voorkom asof dit dag 1 is en nie dag 29 of 30 soos in die vorige maand (lunasie) nie.

Die Geskrifte van Philo (20 v.C. – 50 n.C.)

Philo (`n Hellenisties Joodse Filosoof uit Aleksandrië) het voor, tydens, en na onse Verlosser se aardse bediening geleef. Daarom kan ons van die redenasie uitgaan, dat hy hom sou vertroud gemaak het met die korrekte insig van Bybelse kalender-berekening.

Philo of Alexandria

Philo van Alexandrië, (20 v.C - 50 n.C)
kunstenaar André Thevet (1502-1509)

In die onderstaande aanhaling, sê Philo dat die Nuwe Maan feeste plaasvind wanneer die maan begin toeneem in lig. Soos voorheen vermeld, word die maan belig onmiddelik na konjunksie. Ons kan dit wel nie sien nie, totdat die son ondergaan omdat die maan verberg is deur die skerper lig van die son. Die feit dat ons nie die maan onmiddelik na die konjunksie kan sien nie, weerlê nie die feit dat dit alreeds `n nuwe omwenteling begin het en her-belig word nie. Die eerste sigbare sekel sal dikwels gesien word teen die skemer van die Nuwe Maan Dag, waar sy haar nuwe lig aan die waarnemer vertoon.

“Deur die orde te volg wat deur ons aanvaar is, praat ons van die derde fees, die van die nuwe maan. Eerstens, omdat dit die begin van die maand is, en die begin, hetsy van getal of van tyd, is dit vereerbaar. Tweedens, want in hierdie tyd is daar niks in die uitspansel wat van lig ontneem is nie. Derdens, want in daardie tydperk gee die sterker en belangriker hemelliggaam `n deel van sy nodige hulp aan die minder belangrike en swakker hemelliggaam; want, ten tyde van die nuwe maan, begin die son om die maan te verlig met `n lig wat sigbaar is aan die uiterlike sintuie, en dan begin sy haar eie skoonheid vertoon aan die wie haar aanskou. . .” Philo, Special Laws II, Seksie 140-142))

In die volgende kwotasie, staaf Philo duidelik dat Nuwe Maan Dag op konjunksie volg en dat die maande bereken word van konjunksie na konjunksie.

“Die derde [fees] is dit watvolg op die konjunksie, wat plaasvind op die dag van die nuwe maan in elke maand.” (Philo, Special Laws, Seksie II (41))

“Dit is die Nuwe Maan, of die begin van die lunar maand, naamlik die tydperk tussen een konjunksie en die volgende, waarvan die lengte akkuraat bereken was in die astronomiese skole.” (Philo, Special Laws II, Seksie XXVI (140)) Nota: The Hendrickson Publishers uitgawe (1933) van C.D. Jonge se 1854 vertaling het nie dieselfde inligting wat die Colson vertaling gee nie. Die aanduidings was dat die konjunksies bevestigend was van die eerste van die maand.

Philo se verklaring hieronder doen aan die hand dat die maan haar perfekte gedaantes voltooi (soos byvoorbeeld half maan, vol maan, drie kwart maan en konjunksie) aan die einde van elke week. Wanneer die berekening van die dagbreek ná die konjunksie as die aanvang van die Nuwe Maan Dag geneem word is dit dikwels die geval.

“Weereens, die periodieke verandering van die maan, vind plaas volgens die nommer sewe, hierdie ster het die meeste simpatie met die dinge op aarde. En die veranderinge wat die maan in die hemelruim ondergaan, harmonieer dit grootliks met haar eie gedaantes op elke sewende dag. In alle gevalle, trek alle sterflike dinge, soos ek voorheen genoem het, hulle goddeliker karakter van die hemel, en word op `n wyse beheer wat neig na hul behoud in verhouding met die getal sewe. . . .              “Ooreenkomstiglik, op die sewende dag, het Elohim alles wat Hy gemaak het, laat rus.”(Philo, Allegorical Interpretation, I, Seksie IV (8-9), Seksie VI (16))

“. . . daar is een beginsel van denke waarop die maan vol raak of verdwyn in gelyke tussenposes, net soos dit uitswel en verdwyn in sy illuminasie; die sewe lammers omdat sy haar volmaakte vorme in tydperke van sewe dae ontvangdie half-maan is die eerste sewe dae tydperk na haar konjunksie met die son, vol maan in die tweede; en wanneer sy weer haar ommekeer maak, is die eerste `n half-maan, dan eindig dit in die konjunksie met die son.” (Philo, Special Laws I (178))

A 29-day lunar month and a 30-day lunar month side-by-side

Neem Asseblief Notisie: Dit is `n ideale voorstelling van die Lunar Maand wanneer Nuwe Maan Dag bereken word as die Dag Na Konjunksie. Omdat die Maan die volmaakte Kwartier, Vol, en Konjunksie fases teen enige tyd tydens `n 24-uur periode bereik, en synde dat die meeste (as dit nie alle) programme/kalenders `n middernag tot middernag berekening van die dag gebruik, sal jy somtyds sien dat die volmaakte fases `n dag vroeër of later verskyn, wat hulle nie altyd perfek in lyn laat nie. Jy sal nodig hê om die tyd van Konjunksie vir jou spesifieke area op te soek.


Hieronder word ons interpretasie van Philo se vorige verklaring bevestig. Hier verklaar Philo dat die maan vol moet wees aan die einde van die tweede week (bv. (die 15de dag van die lunar maand). Let op: Wanneer die dag na Konjunksie as Nuwe Maan Dag bereken word, sal die maan vul teen die 14de of 15de van die maand.

“Want daar word in die Skrifte gesê: Op die tiende van hierdie maand moet hulle elkeen `n lam neem volgens die families, sodat vanaf die tiende, moet daar aan die tiende gewy word, dit is aan [Elohim], die offerande wat in die siel toeberei is, wat illumineer is in twee gedeeltes uit die drie, totdat dit totaal en al verander is in elke hoedanigheid en `n hemelse prag word nes `n vol maan, in haar glorie van haar toename aan die einde van die tweede week . . .”( On Mating with the Preliminary Studies, Section XIX,(106))

“En hierdie fees begin op die vyftiende van die maand, in die middel van die maand, op die dag waarin die maan heeltemal verlig is, weens die voorsienigheid van Elohim wie gesorg het dat daar geen duisternis vir daardie dag sal wees nie.” (Philo, Special Laws II, The Fifth Festival, Section XXVIII (155))

Dit is in perfekte harmonie met Psalm 81: 4. (Sien “Die Bybelse Argument” hierbo.)

 

• Probleme met die Gebruik van Ander Konjunksie Metodes (Kliek om te Vergroot.)


Dieselfde Dag as Konjunksie

Sommige lunar Sabbatariërs verkondig dat die einste dag wanneer konjunksie plaasvind Nuwe Maan Dag is, in teenstelling met die eerste dag na konjunksie. Die probleem met hierdie metode is dat die nuwe maand begin het voor die ou maand verby is. Die maansomwenteling (maand) is nie werklik verby  totdat die maan in konjunksie met die son gegaan het nie, waarna dit weer belig word namate dit `n nuwe omwenteling begin. Die rede om die dag nakonjunksie Nuwe Maan Dag te maak, in teenstelling met die eintlike dag waarop konjunksie plaasvind, is omdat `n dag nie gelykertyd deel van die ou maand en deel van die nuwe maand kan wees nie. Wanneer die eerste dagbreek na konjunksie dan plaasvind, kry ons die begin van die maand. 

 

Die Dag na Konjunksie-Indien die Eerste Sigbare Sekelmaan teen die Aand Gesien is

Sommige lunar Sabbatariërs leer dat Nuwe Maan Dag die dag na Konjunksie is, indien die eerste sigbare sekelmaan sigbaar is op daardie aand. Dit, sê hulle, is omdat die eerste sigbare sekelmaan die teken is om die werksweek te begin. Hierdie metode vereis dat die dag na die laaste Sabbat op die 29 ste altyd beskou word as Nuwe Maan Dag. As die eerste sigbare sekel nie gesien word nie, dan was daardie dag die 30 ste en die volgende dag sal dan Nuwe Maan Dag wees. Daar is twee onoorbrugbare uitgangspunte   van hierdie metode:

  1. Deur hierdie metode te gebruik, is dit onmoontlik om die wêreld beginselvas te verenig  om die Feeste in dieselfde 24-uur periode te begin. Slegs deur die berekening van die dag na konjunksie as Nuwe Maan Dag kan elkeen op Aarde verenigd wees in die onderhouding van Nuwe Maan Dae, Sabbatte, en die jaarlikse Feeste.  

  2. Diegene wie vashou aan hierdie metode kan nie verseker weet of dit Nuwe Maan Dag is totdat die dag byna verstreke is nie omdat hulle moet wag om te sien of die sekel sigbaar sal wees teen die aand nadat die son gesak  het. Dit is duidelik `n probleem, veral wanneer die Fees van Basuine in ag geneem moet word (wat saamval met Nuwe Maan Dag in die Sewende Maand), en die ontsagtlike belangrikheid van die offer van die voorgeskrewe slagoffers presies op die Nuwe Maan Dag, aan die begin van elke maand (Numéri 28: 11-15 ). Die priesters het verseker geweet wanneer Nuwe Maan Dag aangebreek het. Hulle het nie nodig gehad om te wag totdat die dag byna verby was om uit te vind of hulle offergawes op die regte dag geoffer het nie. `n Teken wat terugwerkend  is, is nie `n ware teken nie.

 

Die Dag Na die Kwynende Sekel Nie Meer Langer Gesien Kan Word Nie

Sommige het met die voorstel gekom dat Nuwe Maan Dag die dag volg wanneer die kwynende sekel nie langer voor sonsopkoms gesien kan word nie. Dit is omdat daar van die veronderstelling uitgegaan word dat die verdwyning van die maan aandui dat konjunksie sal plaasvind later daardie dag, wat dan die volgende dag die Nuwe Maan Dag maak.

Die voorgestelde metode:  “Soos die maan ouer word (taan), word `n al kleiner wordende sekel nader en nader aan die oostelike horison gesien. Dag van Konjunksie is die dag wanneer die son opkom sonder dat die maan voor dit gesien word. Die volgende dag sal dan die Nuwe Maan Dag wees, omdat dit die eerste nuwe dag na Konjunksie is. Sou die tanende sekel gesien word in die oggend van die laaste Sabbat (die 29 ste dag van die lunar maand), dan sal dit `n 30 dae maand wees. Sou die tanende sekel nie sigbaar wees op die oggend van die laaste Sabbbat nie, sal dit `n 29 dae maand wees.”

Alhoewel hierdie metode daarop uit is om die korrekte dag as Nuwe Maan Dag te identifiseer (bv. die Dagbreek na Konjunksie), is dit nie betroubaar nie en kan dit nie beginselgetrou en met akkuraatheid gebruik word om die Dag van Konjunksie te identifiseer nie. Gevolglik kan hierdie metode nie gebruik word om Nuwe Maan Dag vas te stel nie.

New Delhi, India - last visible crescent moon

Nieu-Delhi, Indië - November 13, 2012, net voor sonop

Byvoorbeeld in New Delhi, Indië, op die oggend van November 13, 2012, was die tanende maan steeds in die oostelike hemel sigbaar. (November 13 was die laaste Sabbbat van die maans omwenteling, die 29 ste van die lunar maand.) Deur die metode in bespreking te gebruik, sal dan van die veronderstelling uitgegaan word dat November 14 die 30 ste dag van die maand sal wees, en dat November 15 die Nuwe Maan Dag moet wees. Maar omdat Konjunksie voor die dagbreek van November 14 plaasgevind het, was November 14 eintlik Nuwe Maan Dag.1 Deur hierdie voorgestelde metode te gebruik, sal Nuwe Maan Dag `n dag te laat identifiseer word. Terwyl die doel goed is, is die metode foutief.

Sommige lunar Sabbatariërs onderrig dat die Nuwe Maan Dag volg die dag waarop die tanende sekel nie meer langer gesien kan word voor sonsopkoms nie – ongeag van wanneer die eintlike konjunksie plaasvind. Maar hierdie metode, verdeel die wêreld op dieselfde wyse as wat die eerste sigbare sekel doen. Omdat die waarneming van die laaste sigbare sekel spesifiek is vir mens se geografiese ligging, sal die wêreld nie eensgesind wees om die Sabbat en die Fees Dae te begin op dieselfde 24-uur solar omwenteling nie.   


1 New Dehli, Indië: Konjunksie het plaasgevind om 3:38 VM op November 14. Dagbreek (astronomiese skemer) het teen 5:20 NM op November 14 plaasgevind.

 

Eerste Sonsondergang Na Konjunksie

Sommige lunar Sabbatariërs leer dat Nuwe Maan Dag begin met die eerste sonsondergang na Konjunksie. Natuurlik, kan dit nie so wees nie. Skrifte leer duidelik dat `n dag teen Dagbreek begin,  nie sonsondergang nie. Die tradisionele gewoonte van die onderhouding van `n dag van sonsondergang tot sonsondergang (aand tot aand) is `n Babiloniese gebruik wat na die eerste eeu deur die Jode aangeneem is.

`n Bybelse dag begin met dagbreek en eindig teen skemer aand1:

___________________________________________________________

1 Dit is baie maklik vir ons om die Skrifte te vertolk deur ons voorafopgestelde idees toe te laat om dit vir ons te doen. Baie opregte mense en predikante wat `n aand tot aand dae voorstaan het presies dit gedoen. Ons doen `n nederige beroep op almal wie vaskleef aan die foutiewe leerstelling dat `n dag begin met sonsondergang om alle voorafopgestelde persepsies voor die deur van ondersoek te lê, en om in alle eerlikheid en met gebedvolle studie al die aanhalings in verband met die baie belangrike onderwerp te ondersoek. “Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier `n bietjie en daar `n bietjie.” (Jesaja 28:10, OV)

 

• Probleme met die Gebruik van die Eerste Sigbare Sekel Maan (Kliek om te Vergroot.)
    • Deur die eerste sigbare sekel metode te gebruik, is dit onmoontlik dat die wêreld beginselgetrou die Feeste tydens dieselfde 24-uur periode begin.
    • Nie beginselgetrou met die heersende beginsels wat die Byelse parameters van `n dag uitlê nie.
    • Chodesh, die Hebreeuse woord vir “Nuwe Maan,” is meer as 270 keer in die Skrifte gebruik, maar dit is nie eens een keer gebruik as aanduiding dat iets gesien is nie (bv. die sigbare maan, die sekel, . . .). Die Hebreeuse woord vir “sekel,” saharonîm, word uitsluitlik net gebruik in verbinding met afgodsaanbidding.
    • Nie in harmonie met Psalm 81:4 nie.
    • Nie in harmonie met Genesis 1 nie.
    • Nie in harmonie met Natuurlike (Skeppings) getuienis nie.
    • Nie in harmonie met die geskrifte van Philo nie, `n tydgenoot van onse Heiland (20 BC. – 50 A.D.)


    Addisionele Inligting vir Bepeinsing


    Bande met Babilon

    “Die [Babiloniese] maande het begin met die eerste sigbaarheid van die Nuwe Maan, en in die 8 ste eeu V.C.E. het astronome van die koninklike howe steeds hierdie belangrike waarneming aan die Siriese konings gerapporteer. Die Babiloniese maande se name was Nisanu, Ayaru, Simanu, Du’uzu, Abu, Ululu, Tashritu, Arakhsamna, Kislimu, Tebetu, Shabuta, ,Adaru. Die maand Adaru II was ingereken ses keer binne `n 19-jaar siklus, maar nooit in die jaar wat die 17 de van die siklus was nie, wanneer Elulu II ingevoeg was. Dus het die Babiloniese kalender tot aan die einde `n oorblyfsel van die oorspronklike twee partydige beleid van die natuurlike jaar in twee seisoene, nes die Babiloniese maande tot die einde werklik lunar gebly het tot aan die einde en begin wanneer die Nuwe Maan in die aand sigbaar was. Die dag het teen sonsopkoms begin.” (http://webexhibits.org/calendars/calendar-ancient.html)

    Dit moet erken word dat net omdat dit `n gewoonte in Babilon was, beteken nie dat dit verkeerd is nie. Nietemin, is dit sekerlik waardig om notisie van te neem dat die Babiloniese gewoonte van berekening van `n nuwe maand gewentel het rondom die waarneming van die eerste sigbare sekel. Dit is nie heeltemal ongewoon dat die Jode, iewers na die eerste eeu, hierdie metode aangeneem het in die plek van die Bybelse berekening, net soos hulle die onbybelse Babiloniese gewoonte aangeneem het om die dag te begin teen sononder sowel as die Babiloniese name van die maande.

    Die onderstaande aanhaling veroordeel sonder weerga sekel maan verering, wat duidelik `n gewoonte was onder die heidense nasies. Uit regverdigheid, diskwalifiseer dit nie die eerste sigbare sekel maan metodologie by uitstek vir die berekening van Nuwe Maan Dag nie, maar dit moet in ag geneem word in die oorweging van bewyse.

    Toe sê Seba en Sálmuna: Staan u self op en val op ons aan, want soos die man is, is sy krag. Gideon het toe opgestaan en Seba en Sálmuna gedood, en die maantjies wat aan die nekke van hul kamele was, het hy geneem. Daarop sê die manne van Yisra’ el aan Gid’on: Heers oor ons, u sowel as u seuns en u kleinseun, want u het ons verlos uit die hand van Midyan.” Maar Gid’ on antwoord hulle: Ek wil nie oor julle heers nie: יהוה sal oor julle heers.” Verder het Gid’ on vir hulle gesê: Ek wil aan julle `n versoek doen: Gee nou elkeen vir my die ring uit sy buit!” Want hulle het goue ringe gedra want hulle was Yishma’ eliete. Toe sê hulle: Ons wil dit graag gee, en hulle het `n mantel uitgesprei en elke ring van sy buit daarop gegooi. En die gewig van die goue ringe wat hy gevra het, was sewentienhonderd sikkels goud, behalwe die maantjies en die oorversiersels en die purper klere wat die konings van Midyan gedra het, en behalwe die kettings om die nekke van die kamele. (Rigters 8: 21-26, ISR)

    Lunate earrings, 2500–2400 B.C.;
Excavated at the Great Death Pit, Ur, Mesopotamia

    Halfmaanvormige oorringe
    (2500-2400 v.C; Opgrawings uit die "Great Death Pit", Ur , Mesopotamië)

    Argeologiese bewyse maak bekend dat die algemene gebruik van ornamente in die vorm van die son skyf of omgekeerde sekel maan, `n simbool is van die godin Ishtar-Astarte, wat deur vroue of diere gedra is om hul vrugbaarheid te vermeerder (Rigters 8:21).” (New Bible Dictionary, Article “Amulets”, bl. 34)

    In dié dag sal יהוה wegneem die sieraad van die voetringe, en die sonnetjies en die maantjies; die oorversiersels en die armbande en die sluiers; die hoofversiersels en die voetkettinkies en die pronkgordels en die reukflessies en die towermiddels; die vingerringe en die neusringe; die feesklere en die manteljies en die tjalies en die handsakkies; die handspieëltjies en die hemde en die tulbande en die wye mantels. (Jesaja 3:18-23, ISR)

    Die Hebreeuse woord (H7720 – saharonîn), wat hier as “sekel” vertaal is, word slegs drie keer in die Skrifte gevind en elke keer is dit gebruik in verband met heidense afgodery. (Rigters 8:21 & 26; Jesaja 3:18). Hierdie woord is nooit geassosieer met die “Nuwe Maan” of selfs die “maand” nie. Nie een van die geinspireerde skrywers van die Skrifte het sahoronîm gebruik wanneer hulle skryf oor die aangewese feeste of die maand nie.

    “Die sekel maan was `n gunsteling versiersel onder baie volke van  Wes Asië, en dit was aan hulle die verteenwoordiging van die sterkte en beskerming van die vullende en nie kwynende maan nie. (Amulets and Superstitions, E.A. Wallis Budge, bl.213)       

    “Voordat Jakob na Bethel vertrek om voor Yahweh te verskyn, het hy sy mense verpig om al hul ‘vreemde gode’ en die ringe in hul ore (bv. die sekel maan- vormige behangsels), aan hom te gee, en hy het dit begrawe onder die terpentyn boom wat by Sigem is. [Genesis 35:4]”. (ibid, bl.214)

    Dit is goed om te weet dat Sin, een van die Babiloniese hoofgode verteenwoordig is deur `n sekel.

    “Op silindries verseëlde geskrifte, is hy [Sin] uitgebeeld as `n ou man met `n lang baard met die simbool van die sekel.  .  .  . Hierdie kultuur van die maan-god het na ander sentra verskuif, sodat tempels wat aan hom gewei is te vinde is in al die groot stede van Babilonië en Assirië.” (http://en.wikipedia.org/wiki/Sin_(mythology))

    Sin, the Babylonian moon god 

    Aanbidding van Sin was ook heersend in Arabië ten tye van Mohamet. Gevolglik, vereer Islam die sekel tot op hede. Baie godsdienste met Babiloniese oorsprong vereer die sekel (bv. Rooms Katolisisme, Hinduïsme, Buddhisme, ens.).   

    Crescent Moon Idols from various religions

    Die afgodiese gebruike van die heidense godsdienste, met hul oorsprong in Babilon, staan in skrille teenstelling met Yahuwah se waarskuwings aan Sy volk.

    Neem julle dan terdeë in ag terwille van julle siele – dat jy ook nie jou oë na die hemel opslaan, en as jy die son en die maan en die sterre, die hele leër van die hemel, jou laat verlei en voor hulle neerbuig en hulle dien nie – dinge wat Yahuwah jou Eloah aan al die volke onder die hemel as erfdeel uitgedeel het. (Sien Deuteronómuim 4: 19.)

    Omtrent so 600 jaar voor die geboorte van ons Heiland, het Yahushua die inwoners van Juda deur die profeet Jesaja tereg gewys op hul afgodiese gedrag, wat die maak van sekel maan vormige koeke as `n offergawe aan die “hemelkoningin,” insluit. Betreurenswaardig dat die manne van Juda hulle nie gesteur het aan die waarskuwing van Jeremia nie, omdat hulle oortuig was dat hul afgodiese gewoontes hul bron van voorspoed was.

    “Maar vandat ons opgehou het om vir die hemelkoning rook te laat opgaan en vir haar drankoffers uit te giet, het ons aan alles gebrek gehad en het ons deur die swaard en die hongersnood omgekom. En as ons vir die hemelkoningin rook laat opgaan en vir haar drankoffers uitgiet is dit dan sonder ons mans dat ons vir haar koeke maak om haar af te beeld en drankoffers vir haar uitgiet?” (Jeremia 44:18-19, OV)

    Om haar te aanbid, Liewers, as om haar afbeelding te maak. Die koeke was in die vorm van `n sekel gemaak as voorstelling van die maan.” (Barnes Commentary)

    “Sekel vormige koeke was aan die maan geoffer.” (Jamieson- Fauset- Brown Commentary)

    Regdeur die Skrifte word sekel verering uitsluitlik vermeld in verband met afgodery en Israel se aanneming van heidense gewoontes.

     

    • Probleme met die Gebruik van die Dag wat volg op die Vol Maan (Kliek om te Vergroot.)


    Die Dag wat volg op die Vol maan

    Daar is nie `n enkele flenter getuienis om die veronderstelling te ondersteun dat die Vol Maan die baken vir Nuwe Maan Dag is nie. Diegene wie leer dat die Vol Maan die Nuwe Maan is, leer dit omdat dit grootliks gebaseer is op vier veronderstellings/interpretasies. Ons sal nou in `n kort opsomming na elkeen van hulle kyk.

    Volgens diegene wie voorstaanders is van die berekening van Nuwe Maan Dag deur die Vol Maan. . .

    (1) Bewering: “ `n Algehele sonsverduistering het teen middag plaasgevind (en vir drie ure aangehou  -  Matt. 27:45) die dag toe Yahushua gekruisig was (op die veertiende van die lunar maand). `n Sonsverduistering kan slegs tydens konjunksie plaasvind. Daarom moes die maand met die vol maan begin het.”

    Die Probleem/Veronderstelliing: Hoewel dit korrek is dat `n sonsverduistering slegs kan plaasvind wanneer die maan in konjunksie is (direk tussen die aarde en die son), word `n baie duidelike probleem ondervind met die veronderstelling in die feit dat daar geen algehele sonsverduistering in Jerusalem in die Lente van 31 AD was nie.1 (http://eclipse.gsfc.nasa.gov/phase0001.html)2  As`t ware was Jerusalem nie in die weg van `n totale sonsverduistering tydens die eerste eeu nie. Nog `n onweerlegbare feit wat die veronderstelling wind uitmoker is dat sonsverduisterings oor die algemeen net vir 7-8 minute duur, nie 3 ure nie. “Die langste algehele sonsverduistering gedurende die 8,000 jaar  periode vanaf 3000 VC tot 5000 AD sal op  die 16 de Julie 2186 plaasvind, wanneer totaliteit vir 7  min  29  s. sal duur.” (http://en.wikipedia.org/wiki/Solar%20eclipse)  Die duisternis wat oor die land gekom het tydens die Kruisiging was `n wonderwerk, en kan nie toegeskryf word aan enige natuurlike gebeurtenis nie. Deur aan te voer dat `n algehele sonsverduistering was, wat drie ure geduur het, ten tyde van Yahushua se kruisiging is onmoontlik en kan nie eens deur een bewysstuk, bevestig word nie.


    1 Die 70 Week Prophesie (Daniël 9) is ter bevestiging van Yahushua se Kruisiging.

    2 Om meer spesifiek te wees, word die voorgestelde metode om die Nuwe Jaar te bereken, ondersoek in punt #2 (hier onder) vereis dat `n algehele sonsverduistering moes plaasgevind het teen die middag uur in Jerusalem op 10 April 31, AD. Daar was nie so `n gebeurtenis nie. Hierdie aanspraak kan nie eens deur een so `n bewys gestaaf word nie.

    (2) Bewering:`n Noukerige ondersoek van die Griekse woord wat as ‘duisternis’ in Lukas se geskrifte aangaande die Kruisiging vermeld dat die son verduister was deur die maan, wat slegs kan gebeur tydens konjunksie.”

    “En die son is verduister, en die voorhangsel van die tempel het middeldeur geskeur.” Lukas 23:45, OV)

    Sommige voorstaanders in die gebruik van die Vol Maan, het aangevoer dat die woord in die  sitaat wat as “verduister” vertaal word, die Griekse woord ekleipõ is [Strong`s G1587], die basis woord vir ons moderne “eklips”. Hulle voer aan dat dit bewys is van `n sonsverduistering wat die land in donkerte gehul het tydens die Kruisiging. Soos bespreek in die vorige punt (#1), is dit `n absolute onmoontlikheid. Die duisternis wat die land tydens die Kruisiging omsluit het, was `n bonatuurlike verskynsel, die getuienis van Yahuwah. Laat ons nietemin die probleme van hierdie veronderstelling ondersoek.

    Die Probleem/Veronderstelling: Die woord in hierdie sitaat wat as “verduister” vertaal word is skotizõ[Strong`s G4654], nie ekleipõ [Strong`s G1587].

    “En [G2532] die [G3588] son [G2246] was verduister  [G4654], en [G2532] die [G3588] voorhangel [G2665] van die [G3588] tempel [G3485] was geskeur [G4977] middeldeur [G3319]” (Lukas 23:45,OV)

    Skotizõ beteken eenvoudig net om met duisternis te bedek, om donker te maak, om in donkerte gehul te wees, . . .” Dit kan verwys na figuurlike duisternis (bv. Ef. 4:18) of letterlike duisternis (bv. die hemelliggame; Open. 8:12). Ekleipõ, hoewel dit die grondwoord is vir ons moderne “eklips” en kan verwys na `n eklips van die son, beteken dit oor die algemeen “faal, om uit te laat, sonder, verby gaan,  . . .” Niks aangaande hierdie woord is spesifiek tot die son of die hemelse liggamme nie.

    Ekleipõ, word in net drie sitate in die Skrifte gevind, nie een daarvan wat spesifiek is tot die maan se omwentelinge relatief tot die son nie:

    “En Ek sê vir julle: Maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon, sodat wanneer julle die lewe verlaat [G1587 – ekleipõ], hulle jul in die ewige tente kan ontvang.” (Lukas 16:9, OV)

    “Maar Ek het vir julle gebid dat jou geloof nie ophou [G1587 – ekleipõ] nie, en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.”  (Lukas 22: 32, OV)

    “En soos `n mantel sal U hulle toerol, en hulle sal verander word, maar U bly dieselfde, en U jare het [G1587]-ekleipõ],  geen einde [G1587 – ekleipõ] nie.” (Hebreërs 1:12, OV)

    Selfs in die lig van die gewone gebruik/betekenis van hierdie woord (ekleipõ), wat wat onweerlegbaar die aanspraak wat ondersoek word weerspreek, dit moet herhaal word dat hierdie woord nie eens te vinde is in die proefteks nie, wat aangewys is om die Vol Maan te ondersteun in die berekening van die Nuwe Maan Dag metode, tenspyte van wat sommige beweer.

    (3) Bewering:  “Die vrou van Openbaring 12, wat met die son geklee was, en die maan onder haar voete, en op haar hoof `n kroon van twaalf sterre is die aankondiging van Nuwe Jaars Dag. Vir een dag elke lente, word die konstelasie van Virgo waargeneem waar sy opkom in die ooste met die Vol Maan onder haar voete. Sy word beskryf as “met die son beklee” in die sin dat dit nie heeltemal donker buite is nie wanneer hierdie verskynsel plaasvind. Sy het twaalf sterre op haar hoof, wat beteken dat sy die hoof van die jaar is. Dus is die Vol Maan onder Virgo se voete die baken vir die Nuwe Jaars Dag, en die begin van die Nuwe Jaar.”

    “En `n groot teken het in die hemel verskyn, en daar was `n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone.” (Openbaring 12:1, OV)

    Die Probleem/Veronderstelling:Nêrens in die teks word dit hoegenaamd genoem dat hierdie verskynsel die baken is vir die Nuwe Maan Dag nie. Nóg sê hierdie teks dat die vrou op `n “vol maan” staan nie. As ons elke besonderheid van die beskrywing moet evalueer aangaande die vrou, dan  moet ons dit erken dat bykomend dat sy op die maan staan, sy geklee is met die son. Liefs as om `n vrye interpretasie te hê van “geklee met die son” dat dit beteken dat dit nie heeltemal donker was nie toe hierdie verskynsel plaasgevind het, dalk moet ons kyk vir `n tyd toe Virgo (“die maagd”) letterlik geklee was met die son (met die son wat halfpad deur die konstellasie is) met die maan onder haar voete. Is daar só `n verskynsel? Ja, dit gebeur elke herfs, dikwels (maar nie altyd nie) val dit saammet die Sewende Maand.

    Virgo, clothed with the sun, and the moon under her feet

    Maagd: Hierdie verskynsel vind elke Herfs in een maansomwenteling plaas. Maar niks in die teks dui daarop dat enigiets te doen het met Nuwe Maan Dag of die Nuwe Jaar nie. Diegene wie die Vol Maan berekening verdedig gebaseer op die gedeeltelike vervulling van hierdie beskrywing (Open. 12 :1) in die Lente bou uitsluitlik op valse veronderstellings en vermoedens.

    Terwyl Openbaring 12:1 `n goddelike bevestiging is dat die ware ekklesia regdeur die geskiedenis staat gemaak het op die Son, Maan, en Sterre vir die vasstelling van die Sabbat en die Hielige Dae, nêrens in die teks is dit selfs geimpliseer dat die beskrywing van vrou enigiets te doen het met Nuwe Maan Dag of die begin van die jaar nie.1 Hulle wie poog om Openbaring 12 te gebruik as bewys vir Vol Maan berekening, alhoewel hulle goeie bedoelings het, is besig om te voeg by hierdie teks en is besig om hulle interpretasie uitsluitlik op spekulasie te baseer.


    1 `n Ander probleem met die veronderstelling dat Vol Maan onder die Maagd se voete die teken is om die Nuwe Jaar te begin is dieaxial presessie. Omdat die eweninge weswaarts beweeg saammet die ekliptiese verwantskap met die vasgestelde sterre, dryf die tydsberekening van hierdie verskynsel (vol maan onder die voete van Maagd) stadig maar seker. Deesdae verskyn hierdie verskynsel in die algemeen in laat April of vroeg in Mei. Slegs 2000 jaar gelede, het hierdie selfde gebeurtenis verskeie weke vroeër plaasgevind, laat in Maart of vroeg in April. As ons vorentoe versnel vir 2000 jaar van nou af deur die huidige presessie te gebruik , sal hierdie verskynsel nie plaasvind tot in die laat Mei of die vroeë tyd van Junie nie.

    (4) Bewering:  “Psalm 81:4 sê dat die basuin op die Vol Maan geblaas moet word omdat dit die Nuwe Maan is.”

    “Blaas die basuin op Nuwe Maan, in die vasgestelde tyd [H3677] op volmaan vir ons feesdag [H2282].” (Psalm 81:4, OV)

    H3677 (keh`- seh) – Waarskynlik van H3680; behoorlike volle vol maan, dit is , haar feestyd: -vasgestelde (tyd) (Stong`s Greek & Hebrew Dictionary)1

    H2282 (khag) – Hierdie woord verwys spesifiek na `n “pelgrims fees.” (The New Strong`s Expanded Dictionary of Bible Words)

    Die Probleem/Veronderstelling: Nêrens in die Skrifte word Nuwe Maan Dag `n khag in die Skrifte genoem nie. Sommige wie hierdie metode voorstaan sal aanvoer dat dit nie waar is nie deur te verwys na Hosea 2:11 en Esegiël 45:17, maar die “nuwe mane” in hierdie tekse word afsonderlik van die Sabbatte en khag(s) genoem. Selfs as na nuwe maan dae verwys was as khag (s), is daar `n tweede hindernis in hierdie gedeelte wat nie opgelos kan word deur hulle wie leer dat Psalm 81:4 bewys dat die basuin geblaas moet word op die Vol Maan omdat dit die Nuwe Maan is nie: In konteks praat Psalm 81 oor Israel se exodus uit Egipte. Die waarskynlikste interpretasie van vers 4 is dat dit verwys na die vol maan wat saam val met die Pasga en die Fees van Ongesuurde Brode. (Israel was uit Egipte tydens die nag uitgelei (Deut.16:1) op die eerste dag van die Fees van Ongesuurde Brode (Num. 33:3) – op die 15 de.)

    “En Ek maak `n einde aan al haar vreugde, haar feeste [khag], haar nuwemane en haar sabbatte, ja, aan al haar feestye.” (Hosea 2:10, OV)

    “En op die vors rus die verpligting van die brandoffers en die spysoffer en die drankoffer op die feeste en op die nuwemane en op die sabbatte, op al die feestye [khag] op die huis van Israel; hy moet die sondoffer en die spysoffer en die brandoffer en die dankoffers berei, om versoening te doen vir die huis van Israel.” (Eségiel 45: 17, OV)

    `n Sterk bewys teen die Vol Maan as die baken vir die Nuwe Maan Dag word waargeneem wanneer die tydsberekening van die feeste in ag geneem word. Twee belangrike pelgrims feeste vind plaas op die 15 de van die maand. Dit is die Fees van Ongesuurde Brode en die Tabernakel Fees. In Sy goddelike voorsienigheid, het Yahuwah dit so vasgestel dat hierdie feeste saamval met die Vol Maan, om die ongerief van reise waarmee Sy volk te doen sal kry, te vergemaklik. Onse liefdevolle Vader is `n Eloah van detail, en niks ontgaan Sy aandag nie. Wanneer Hy `n pelgrimstog vereis, begelei Hy die tydsberekening so dat dit vir Sy volk die beste sal wees.2 Dit sien ons ook in die feit dat daar geen pelgrimstogte in die Winter is nie. Dus, as Hy versigtig was in die bevel om `n pelgrimstog in die Winter af te kondig, sou Hy ook liefderyke voorsienigheid beoefen het om te voorkom dat `n pelgrims fees `n vereiste is wanneer die maan byna heeltemal donker is.


    1 Sommige het voorgestel dat ‘keh`seh’ gebaseer op sy basis woord (H3680; kâsâh) as “versteekte maan”vertaal moes word in teenstelling met “vol maan,” wat beteken dat die basuin geblaas moet word op wanneer die maan verduister is. (bv. konjunksie) om Nuwe Maan Dag aan te dui. Selfs hierdie interpretasie is in harmonie met die dagbreek na konjunksie metode van berekening.

    2 Deur die Vol Maan berekening te gebruik, sal die tweede Sabbat van elke maand, insluitende die spesiale Sabbatte van die Fees Dae van Ongesuurde Brode en die Tabernakel Fees, plaasvind in totale duisternis.


    Die Nuwe Maan: Chodesh (H2320)

    Die Hebreeuse woord wat in die Skrifte as “nuwe maan” vertaal word, is chodesh [H2320]. Die oorsprong van chodesh is chadash [H2318], met die volgende betekenis: “nuut wees, hernu, herstel.”

    `n Baie duidelike geskilpunt word uitgebring met die berekening van Nuwe Maan Dag as die Vol Maan, met die dat die maan vanaf dag een afgeskeer word (besig is om lig te verloor), en nie hernu, word nie. Onmiddelik nadat die maan vol geword het, begin dit om lig weg te gee. Dit beteken dat tussen die aand dat die Nuwe Maan aangekondig is en die oggend wat as “Nuwe Maan Dag” erken is, het die maan alreeds begin om lig te verloor, en sal voortdurend lig verloor tot in die middel van die maand, waarna dit weer sal begin om lig op te bou.Die Vol Maan berekening daag alle logika uit en is nie reg aangaande die betekenis van die woord(e) – chodesh/chadash, nie.

    Onderskeiding van Dae deur die Verskynsels van die Maan 

    Iets anders wat hier notisie van geneem moet word is dat daar een of twee donker dae sal wees in die middel van die maand wanneer die Vol Maan berekening gebruik word, die kwartier fases sal nie op gereelde basis die Sabbatte aandui nie. Met die berekening van Nuwe Maan Dag as die Vol Maan1 , raak die daaropvolgende fases van die maan veranderlik en onvoorspelbaar, wat die maan beroof van sy goddelike rol as `n baken, en wat die betroubare identifikasie van die dae deur die verskyning van die maan baie moeilik maak, indien nie onmoontlik nie.


    1 Dit is goed om te noem dat die maan kan vir meer as een dag vol lyk elke maand. Dit sal die beginselgetroue berekening vir waarnemers baie moeilik maak.


    Terwyl daar ander sekondêre aanhalings voorgelê is deur die voorstaanders van die Vol Maan berekening, verdien hulle geen aandag nie, omdat almal, (sonder uitsondering) niks meer is as die openbaarder se pogings om hul veronderstellings in die teks te forseer nie. Daar is nie `n enkele teks ter stawing van die Vol Maan berekening nie.

     

    • Eerste Sigbare Sekel Maan: `n Ondersoek van die Beweerde Historiese Bewyse (Kliek om te Vergroot.)

    Een feit is verseker, die metode wat gebruik was om Nuwe Maan Dag te bereken in die dae van Yahushua was die korrekte een. Daar is geen aanduiding in die Nuwe Testament dat daar ooit `n dispuut was oor wanneer die Sabbatte en Fees Dae plaasvind nie. Dit is dan duidelik dat die metode toe in gebruik korrek was omdat dit deur Yahushua onderskryf was.

    Baie opregte lunar Sabbatariërs haal dikwels die Joodse mondelingse tradisies (bv. die Babiloniese Talmoed) aan as bewys dat die eerste sigbare sekel gebruik was in Yahushua se tyd om Nuwe Maan Dag te bereken. Maar is die Talmoed betroubaar? Kan ons, met Hemelse seëninge, alle kontrasterende bewyse wegvee  ten gunste daarvan om  hoofsaaaklik te bou op die mondelngse tradisies van hulle wie hul oorsprong het in die Fariseërs?

    Babylonian Talmud

    Die Talmoed bestaan hoofsaaklik uit twee gedeeltes: (1) Mishna: Eerste groot uitgawe van die Joodse mondelingse tradisies, 220 AD; (2) Gemara: Rabbynse analises van die kommentaar op die Mishnah, c. 500 AD. In die Mishnah vind ons dat baie reëls, regulasie en verwysings wat verwys na die Rabbynse hof rol in die ondervraging van getuienisse om vas te stel of die nuwe maan waargeneem was. Byvoorbeeld:

    “Die volgende is onbevoeg as getuies: om dobbelsteentjies te gooi, woekeraars, duiwe tellers, diegene wie te doen het met die sabbatsjaar, en slawe. Dit is die maatstaf, alle bewyse wat nie aanvaar kan word van `n vrou nie, kan nie van bogenoemdes aanvaar word nie. . . . Wanneer getuienisse opreis is vir `n dag en `n nag, sal dit wettiglik wees om die Sabbat te oortree deur op hierdie dag te reis, om hul bewys te lewer aangaande die verskyning van die maan.” (Babilonian Talmud, Section Moed, Rosh Hashana, Hoofstuk I, http://www.jewishvirtuallibrary.org/jsourceTalmud/rh1.html)

    Nota: Bovermelde aanhaling maak eintlik geen sin in die konteks van Bybelse luni-solar berekening nie. Die vroegste dat die maan waargeneem kan word deur die eerste sigbare sekel metode te gebruik moet die sonondergang van die laaste Sabbat (die 29 ste) wees. Dit maak dan geen sin, om toegewings te maak vir iemand om op die Sabbat te reis om te getuig dat hulle die maan waargeneem het voordat `n maan ooit sigbaar sal wees nie. Dus verdedig die Talmoed nie die Bybelse kalender nie. Dit bevorder liewers die Babiloniese kalender beginsels (bv. sonondergang tot sonsondergang dae) en heidense berekenings beginsels (bv. Saterdag Sabbat).

    “Daar was `n uitgestrekte plein in Jerusalem bekend as Beth Ya`azeq, waar al die getuies ontmoet het, waar hulle deur die Beth Din ondervra was. Groot feeste was daar gemaak vir (die getuies) om hulle aan te moedig om gereeld te kom.  .  .  . Hoe was die getuies ondervra? Die eerste paar was eerste ondervra. Die oudste was eerste bekend gestel, en hulle het aan hom gesê: Sê vir ons in watter vorm jy die maan gesien het, was dit agter of voor die son? Was dit noord of suid (van die son)? Wat was sy hoek ten opsigte van die horison? Aan watter kant was sy helling? Wat was die wydte van sy skyf? As hy antwoord dat dit voor die son was, was sy bewyse nutteloos. Darna het hulle die jonger (getuie) voorgestel wie dan ondervra was; as daar gevind word dat hul getuienis ooreenstem, was dit as waardig aanvaar; die oorblywende pare (getuienisse) was dan leidende vrae gevra, nie omdat hul getuienis nodig was nie, maar net om hulle nie teleurgesteld  verlof te gee om te gaan nie. .  .  .” (Babilonian Talmud, Section Moed, Rosh Hashana, Hoofstuk II, http://www.jewishvirtuallibrary.org/jsource/Talmud/rh1.html)

    “R Gamaliel het aan sy muur van sy bo vertrek, `n tablet gehad, wat die verskeie te sê: ‘Het jy die maan soos die figuur gesien of soos dié een?” (Ibid.)

    Maar,  die Talmoed verdedig baie onBybelse leerstellings. Byvoorbeeeld:

    Vier beginperiodes vir die jaar – Daar is vier Nuwe Jaars dae, nl.: Die eerste van Nissan is die Nuwe Jaar vir (die troonbestyging van) konings en vir (die gereelde rotasie van) die feestelikhede; die eerste van Elul is Nuwe Jaar vir die vee – tiende, maar volgens R. Elieser en R. Simon, is dit op die eerste van Tisri. Die eerste van Tisri is Nuwe Jaars Dag, vir gewone jare, en vir sabbatiese jare en jubilees; en ook vir die plant van bome en van kruie. Op die eerste dag van Shebhat is die Nuwe Jaar vir bome, volgens die skool van Shammai; maar die skool van Hillel sê weer dat dit op die vyftiende van dieselfde maand is.” [Let Wel: Die Babiloniese name van die maande.](http://www,jewishvirtuallibrary,org/jsource/Talmud/rh1.html)

    Saterdag Sabbat met `n (sonsondergang tot sonsondergang berekening) – “Die Rabbis het geleer dat: Mens moet nie `n brief met `n Heiden op `n Vrydag stuur, tensy hy `n sekere bedrag eis vir die aflewering daarvan nie.Sou só `n vereiste nie gemaak is nie, sê die Beth Shamai,  dat dit nie afgelewer moet word nie, tensy die boodskapper die huis waar dit afgelewer moet word (voor sonsondergang) kan bereik; nogtans hou die Beth Hiiel vol: Hy mag dit doen as die boodskapper tyd het om die huis te bereik die naaste aan die stadsmuur waar die brief afgelewer moet word.” (Babilonian Talmud, Section Moed, Shabbat, Hoofstuk II, (http://www.jewishvirtuallibrary.org/jsource/Talmud/shabbat1.html)

    Was `n Saterdag Sabbat (Vrydag aand tot Saterdag aand) ooit onderhou deur Yahuwah se getroues tydens Yahushua se aardse bediening? Nee, beslis nie. Die Skrifte is duidelik dat Yahuwah se kalender luni-solar is, en dat `n Bybelse dag met dagbreek begin, nie met sonsondergang nie. Die onBybelse Saterdag Sabbat was duidelik aangeneem deur die skrywers van die Talmoed na die eerste eeu, nes soos in die geval van die Babiloniese gebruik om die dag te begin met sonsondergang.Hierdie feit kan nie genoeg beklemtoon word nie. Ons weet met sekerheid dat hierdie onBybelse gewoontes eers ná die tyd van Yahushua aangeneem is, nogtans is hulle daar, sy aan sy met dieselfde skrywers se getuienis dat die Nuwe Maan bereken was deur die eerste sigbare sekel. Dit lyk nie redelik of verantwoordelik om voor te stel dat ons die eerste sigbare sekel metodologie (en beweerde geskiedenis) moet aanneem waarmee die skrywer van die Talmoed verbind is, terwyl ons die volle kennis het dat dieselfde groep indiwidue leerstellings neergeskryf het wat `n antitesis is van die eenvoudige leerstellinge van  Skrifte. Dit is duidelik dat die Talmoed nie `n vertrouenswaardige weerspieëling van die Joodse ekonomie tydens die vroeë bediening van Yahushua was nie.

    Die Babiloniese Talmoed, volgens die rabbis wie dit neergeskryfhet, is verhewe bo die Bybel in die waardigheid aan gehoorsaamheid!

    “Daar staan geskrywe [Ecclesiastes xii. 12]:  .  .  .Dit beteken: ‘My seun, wees versigtig in die onderhouding van die rabbynse gebooie (selfs meer dan die bybelse): want terwyl die bybelse gebooie vir die meeste van die tyd positief en negatief is .  .  . is die rabbynse gebooie, tensy geskend, sal dit die doodstraf insluit.” (The Babilonian Talmud, Deel Moed, Erubin 21b, Hoofstuk II, http://www.jeweishvirtuallibrary.org/jsource/Talmud/eruvin2.html)

    Wat nog in die Talmoed ingesluit is, is `n ontsagtlike lys van byna elke handeling denkbaar wat óf toegelaat word óf verbied word op die Sabbat – volgens die rabbis. Die Talmoed is uit essens `n samestelling van die beperkinge en tradisies wat deur die Fariseërs uitgedink is. Hoeveel waarde kan ons aan `n boek heg waarvan die fondasie gelê is op niks meer as die mondelingse tradisies van diegene wie die Lam van Yahuwah verwerp en die Lig van die wêreld op sy gesit het.

    “Toe het die skrifgeleerdes en die Fariseërs na Yahushua gekom, die wat in Jerusalem was, en sê, Waarom oortree u dissipels die oorleweringe van die voorvaders? Want hulle was nie hulle hande wanneer hulle brood eet nie. Maar Hy het hulle geantwoord en vir hulle gesê, Waarom oortree julle ook die gebooie van Elohim deur julle tradisies?” (Matthéüs 15:1-3, RNKJV)

    Ons moet nooit gehoorsamer wees aan tradisie as wat verwag word nie. Alhoewel al die beskikbare inligting in ag geneem moet word in die volvoering van `n openhartige ondersoek, moet ons altyd die bron in ag neem en ons getrouheid stel aan die magdom van bewyse, selfs as die slotsom nie ooreenstem met ons veronderstellings nie.

    Alhoewel baie geskiedkundiges, ensiklopedië, en Bybel woordeboeke getuig dat die maand met die eerste sekel begin, gee nie een enige ware bewyse om daardie aanspraak te staaf nie. Dit blyk te wees dat hulle meerendeels op tradisie steun, soos die skrywers van die Universal Jewish Encyclopedia geredelik erken.

    Min is bekend van die prosedure aangaande die vasstelling van die kalender tot met die 2de eeu C.E.,toe `n beskrywing gegee was van die tradisionele gewoontes, het dit as sulks gelei: Op die dertiende dag van die maand het `n raad byeengekom om die getuienisse van getuies te ontvang dat hulle die  nuwe maan gesien het. As twee getroue getuies getuig dat hulle die maan waargeneem het, kondig die raadsitting aan dat die nuwe maand op daardie dag begin . . . Maar as geen getuienis verskyn nie, was die nuwe maan beskou as dat dit op die dag na die dertigste sal begin.” (Universal Jewish Encyclopedia, p.632 )

    Die feit hier is eenvoudig maar net dat: Ons nie as verantwoordelike Bybel studente, eksklusief net bou op die Joodse mondelingse tradisies nie, terwyl alle ander bewyse onder die spreekwoordelike mantel bedek word nie. Ons moet ons in ernstige gebed wy aan die magdom van bewyse, waar dit ookal mag lei.


    1 Sommige het veronderstel dat die Babiloniese gewoonte van die onderhouding van `n Saterdag Sabbat en om die dag teen sonsondergang te begin deur die Jode geleer was tydens hul Babiloniese gevangenisskap. Dit is sekerlik `n moontlikheid. Maar ons kan verseker wees dat Yahushua nie hierdie en ander onBybelse gewoontes onderskryf het nie. Die punt hier is eenvoudig net dat leerstellinge deur die Talmoed onderskryf is nie `n vertrouenwaardige weerkaatsing is van die hoofstroom Joodse ekonomie was tydens Yahushua se aardse bediening nie. Met dit vasgestel, kan ons nie die Talmoed met verantwoordelikheid gebruik om die gebruik van die eerste sigbare sekel te regverdig nie. 

     

    “Beproef alle dinge; behou die goeie.” (1Thess. 5:21)