Print

Nuwe Mane & Manna | Die Patroon in die Woestyn

Namate lig steeds net toeneem op die Skepper se aangestelde metode van tyd houding, die luni-solar kalender, so is dit ook met die teenstand teen hierdie  waarheid. Nes een kwessie opgelos word, word `n ander in sy plek voorgestel.

Waarheid Verdeel

Een objeksie, in besonder, wat dikwels aangehaal word deur diegene wie nie in eerlikheid tyd gemaak het om `n deeglike studie van hierdie belangrikste onderwerp te maak  nie, is die Bybelse beskrywing van die manna. Sommige gebruik Skriftuurlike stilte oor hoe manna verwant is aan Nuwe Maan Dae en die 30ste dag van die maand as `n “bewys” dat die Lunar Sabbat nie Bybels is nie.

Die objeksie klink byna so:

“Exodus 16 verklaar dat die manna net op die ses werksdae moes geval het, maar nooit op die Sewende Dag Sabbat nie. Daar is geen verslag  van manna in verband met Nuwe Maan Dag of die 30ste dag van die maand nie. Daarom moes die Israeliete `n voortdurende sirkulerende weeklikse siklus onderhou het , net soos ons vandag het.”

Hoewel dit waar is dat Exodus 16 nie besonderhede voorsien van hoe die manna verwant is aan Nuwe Maan Dag  of die 30ste van die maand nie1 , is die Skrifte nie heeltemal stil omtrent die saak nie. Dit was van die veronderstelling uitgegaan dat die kinders van Israel net manna  vir veertig jaar geëet het. Dit, is eenvoudig maar net nie waar nie.

In Exodus 12:30-32, lees ons:

“Toe staan Farao in die nag op, hy en al sy dienaars en al die Egiptenaars, en daar was `n groot gejammer in Egipte, want daar was geen huis waar geen dooie was nie. Daarop het hy Moses en Aäron in die nag laat roep en gesê: Maak julle klaar, trek weg onder my volk uit, julle sowel as die kinders van Israel, en gaan dien Yahuwah soos julle gespreek het. Neem ook julle kleinvee en julle beeste saam soos julle gespreek het, en seën my ook.”  (Sien Exodus 12:30-32)

Toe Farao eindelik ingestem het om Israel te laat trek, het hy hulle weggestuur met al hul skape en hul bees kuddes. Hoewel ons nie met sekerheid kan sê presies hoeveel lewende hawe die kinders van Israel saam met hulle geneem het nie, kan ons met veiligheid tot die slotsom kom dat hulle ten minste in die honderde duisende kon getel het want daar was 600 000 manne, behalwe die vroue en die kinders, wat Egipte verlaat het tydens die uittog ( Exodus 12:37)Die uittog was nie `n klein beweging nie! Die kinders van Israel was mildadig geseën deur Yahuwah tydens hul verblyf in Egipte.

Skoon vee - bokke - lam - koei 

Die offergawes aangeteken in die eerste drie hoofstukke van Levitikus getuig van die menigte van Israel se lewende hawe2. By voorbeeld:

“Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle:  As iemand van julle aan Yahuwah `n offer wil bring, kan julle offer bring van vee – van beeste of van kleinvee.  As sy offer `n brandoffer is van beeste, moet dit `n bul sonder gebrek wees wat hy bring. By die ingang van die tent van samekoms moet hy dit bring, sodat hy welgevalle voor die aangesig van Yahuwah kan vind.” (Sien Levitikus 1:2-3)

Om die vleis te kan eet wat deur hul lewende hawe voorsien was , het die kinders van Israel ook olie en koringmeel by gehad om maaltye te berei. Dit word gesien in Yahuwah se instruksies vir die wyding van die priesters:

“En dit is die saak dat julle vir hulle moet doen om hulle te heilig, dat hulle vir My die priesters amp kan bedien: Neem een jong bul  en  twee ramme wat sonder gebrek is, en ongesuurde brood en ongesuurde koeke wat met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk . Van fyn koringmeel moet jy dit maak. . . . Dan moet jy Aäron en sy seuns laat nader kom na die ingang van die tent van samekoms en hulle met water was.”(Exodus 29:1-4, OV)

koring, blom, olieDie feit dat Israel geseën was met olyfolie en meel tydens hul verblyf in die woestyn kan ook gesien word in Yahuwah se bevel aangaande die tabernakel  lampe en die toonbrode wat voortdurend voor Sy aangesig moes wees.

“En Yahuwah het met Moses gespreek en gesê: Spreek met die kinders van Israel dat hulle vir jou suiwer , uitgestampte olyf olie vir die kandelaar moet bring, om gedurigdeur `n brandende lamp te hê. . . . Jy moet ook fynmeel neem en twaalf koeke daarvan bak, twee-tiendes van `n efa moet elke koek wees; en jy moet hulle in twee stapels neersit, ses in die een stapel op die rein tafel voor die aangesig van Yahuwah . . . . En dit moet aan Aäron en sy seuns toekom:  hulle moet dit in `n heilige plek eet;  want as iets hoogheiligs behoort dit aan hom uit die vuuroffers  van Yahuwah , `n ewige insetting.” (Sien Levitikus 24:1-9.)

Israel was nie net geseën met `n oormaat lewendehawe, olie, en meel waarmee hulle maaltye moet voorberei nie, maar hulle was ook toegelaat om te koop en handel te dryf soos dit nodig raak met die verskeie mense wat deur voorsienigheid met hulle in kontak kom. Dit word duidelik gesien in Yahuwah se bevel aan Moses toe die kinders van Israel voorberei het om deur Seir die land van Esau te trek.

Toe het Yahuwah met my gespreek en gesê: “Julle het lank genoeg om hierdie gebergte getrek. Draai noordwaarts weg en gee aan die volk bevel en sê: Julle gaan trek deur die grondgebied van julle broers die kinders van Esau wat in Seïr woon, en hulle sal vir julle vrees, pas dan goed op; begeef julle nie aan `n oorlog met hulle nie, want Ek sal julle van hulle land nie `n voetbreed gee nie; want Ek het aan Esau die gebergte van Seïr as `n besitting gegee.Voedsel moet julle van hulle vir geld koop, dat julle kan eet; en julle moet ook water van hulle vir geld koop, dat julle kan drink.Want Yahuwah jou Elohim het jou geseën in al die werk van jou hand ; Hy ken jou trek deur die groot woestyn; nou veertig jaar lank was Yahuwah jou Elohim met jou; geen ding het jou ontbreek nie.” (Sien Deuteronomium 2:2-7.)

Baie het Israel se murmerering  omtrent die manna in Numeri 11 verkeerd verstaan dat dit beteken dat hulle slegs toegelaat was om manna te eet.

“En die gemengde bevolking wat onder hulle was, is met lus bevang , toe het die kinders van Israel ook weer geween en gesê: Wie sal vir ons vleis gee om te eet? Ons dink aan die visse wat ons in Egipte verniet kon eet, aan die komkommers en die waatlemoene en die prei en die uie en die knoffel. Maar nou is ons siel dor; daar`s glad niks nie: net die manna is voor ons oë.” (Numeri 11:4-6)

Israel se geklaery “daar`s glad niks nie; net die manna voor ons oë” was duidelik `n hiperbool en was `n weerkaatsing van hul lus vir oormaat vleis kos en die lekkernye wat baie van hulle in Egipte geniet het. Ons moet hier onthou, dat baie Egiptenare het vrywillig by Israel aangesluit tydens die uittog uit Egipte.

“En die kinders van Israel het van Raämses na Sukkot weggetrek , omtrent seshonderd duisend te voet, die manne buiten die kinders. En `n menigte mense van gemengde bloed het ook saammet hulle opgetrek, en kleinvee en beeste - `n groot hoeveelheid vee.” (Exodus 12:37-38)

Dit was altemit die Egiptenare wat hulle self met die Israeliete verbind het wat die meeste kla werk hier gedoen het, wie hardnekkig gesmag het vir hul voormalige stapelvoedsel.

Manna was duidelik nie die enigste voedsel wat beskikbaar was aan Israel tydens hul verblyf in die woestyn nie. Dit word verder gestaaf deur die feit dat die manna nie eens gegee was vanaf die tweede  maand in die woestyn nie.

“En toe hulle van Elim af wegtrek, het die hele vergadering van die kinders van Israel in die woestyn Sin aangekom, wat tussen Elim en Sinaï lê, op die vyftiende dag van die tweede maand ná hul uittog uit Egipte. . . . Ook het Yahuwah met Moses gespreek en gesê: Ek het die murmereringe van die kinders van Israel gehoor;  spreek met hulle en sê: Teen die aand sal julle vleis eet en in die more met brood versadig word; en julle sal weet dat Ek Yahuwah julle Elohim is” (Sien Exodus 16:1,11-12.)

Wat het die kinders van Israel geëet tydens hul eerste maand in die woestyn?  Hulle het van die oorvloed van hul vee, asook van die voedsel voorraad wat hulle van die Egiptenare gebuit het, geëet.

Wat was dan die doel van die manna as dit nie was om Israel te voed nie? Die primêre doel van die manna was om Israel die werkinge van Yahuwah se hemelse kalender, wat tydens die Skepping ingestel en verorden was, te leer.

“En Yahuwah het gesê: ‘Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel , om skeiding te maak tussen die dag en die nag, en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.” ( Genesis 1:14.)

Manna het waarskynlik nie op die Nuwe Maan Dae of op die 30ste dag van die maand geval nie want dit was hoegenaamd nie nodig nie. Die kinders van Israel was gesëen met `n oorvloed bronne, behalwe die hemelse manna het hulle baie gehad om te eet . Dit verduidelik waarom kook nie op hierdie dae verbied was nie. Die doel van die manna was om dit duidelik te maak hoe die Sabbat Dae bereken moes word. Manna het waarskynlik net op die ses werksdae geval wat elke Sewende Sabbat Dag voorafgaan. Yahuwah het Sy volk beproef om te sien of hulle Sy Wet sal gehoorsaam.

“Toe sê Yahuwah vir Moses: Kyk,  Ek sal vir julle brood uit die hemel laat reën, dan kan die volk uitgaan en `n dagmaat van elke dag insamel, sodat Ek hulle kan beproef, of hulle in my wet sal wandel of nie. En op die sesde dag, as hulle berei wat hulle inbring, sal dit dubbel soveel wees as wat hulle daagliks inbring.” (Sien Exodus 16:4-5.)

In Sy wye genade en oneindige wysheid het Yahuwah Israel geleer , wat hulle 400 jaar geneem het om te vergeet, Sy kalender! Vandag, is ons liefdevolle Hemelse Vader weereens besig om Sy kalender te herstel. Hy beproef diegene wie belei dat hulle aan Hom behoort, om te sien of hulle sal wandel in Sy Wet. Sal jy, vandag, self aansluit by Yahuwah se getroue volgelinge? Sal jy jou trou aan Yahuwah bewys, en toegee aan die onderhouding van Sy heilige dae soos op Sy kalender aangedui?

Want Hy is onse Elohim, en ons is die volk van sy weide en die skape van sy hand. Ag as julle vandag maar na sy stem wou luister.Verhard julle hart nie soos by Meriba , soos op die dag van Massa in die woestyn nie.(Sien Psalm 95:7-8.)

Die keuse is joune.  .  .  .

Nuwemane Manna patroon, en Sabbatte


1 Dit is wel om aan te dui dat die Skrifte nie besonderhede voorsien van hoe manna ook nie verwant is aan die Fees Dae nie. Byvoorbeeld, daar is geen aanduiding of manna op die Versoen Dag geval het óf nie, wat `n vasdag is en  waarop geen arbeid gedoen was nie.(Levitikus23:27-32.) Dit is nie `n bewys dat die Versoendag nie deel van die Hebreeuse kalender was nie!

2 Selfs as ons die ontsagtlike getal slagoffers in ag neem wat verwag was en die gereelde inname van vee en bees vleis deur die kinders van Israel, is dit waarskynlik dat die getal van hul kleinvee en beeste eksponenteel vermeerder het (soos hulle lam of kalf) tydens Israel se omswerwinge in die woestyn.

3 Sien ook Numeri, Hoofstukke 28 & 29, vir `n uitgebreide lys van die voorgeskrewe slagoffers en offergawes.