Print

Nuwemane, Sabbatte, en die Gregoriaanse Kalender

Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is ’n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek Yahuwah is wat julle heilig.  Onderhou dan die Sabbat, want dit moet vir julle heilig wees....’n ewige verbond. (Lees Eksodus 31 verse 13 tot 14 en 16.)

Ooreenkoms (Verbond)

Die Sabbat is ʼn “ewigdurende verbond,” ʼn nimmereindigende ooreenkoms, tussen Yahuwah en Sy mense.

Die Sabbat is ʼn “ewigdurende verbond,” ʼn nimmereindigende ooreenkoms, tussen Yahuwah en Sy mense.  Dit is ʼn teken wat onderskei tussen Yahuwah se volgelinge, en die res van die wêreld.  Dit is nie net sommer enige dag wat die Bybelse Sabbat is, ”maar die sewende dag Sabbat is die Sabbat van Yahuwah jou Elohim.” (Lees Eksodus 20 vers 10.)  Baie Christene aanbid op Sondag as eerbetoon aan die opstanding.  Hulle noem die Sondag “die dag van die Here,” en glo dat die sewende dag Sabbat aan die “kruis vasgenael is.”  Yahuwah se wet is ewigdurend.  Yahushua het ook die Sabbat onderhou toe Hy op aarde was, en so ook al die apostels en die vroeë Christene.  Yahushua het eienaarskap van die Sabbat opgeëis toe Hy verklaar het: “ want die Seun van die mens is Here ook van die Sabbat.” (Mattheus 12 vers 8.)  Die ware “Dag van die Here,” volgens die Skrif is die sewende dag Sabbat! 

Omdat die ware Sabbat ʼn bepaalde dag is, is dit lewens belangrik dat die regte metode van berekening van tydmeting gebruik moet word vir die bepaalde dag.  Regdeur die geskiedenis, is verkillende metodes gebruik vir die meting van tyd.  In Afrika en Suid Amerika, was daar weke met die en vyf dae wat gebruik is.  Egiptenare en die Franse Republiek het son kalenders gebruik met weke wat tien dae lank is.  Die hedendaagse Ismaelitiese kalender is ʼn kalender wat alleenlik gegrond is op die bewegings van die maan.  Die jare volgens die maan is korter as die jare volgens die son, so blyk dit dat Ramadan terug beweeg gedurende die Gregoriaanse jaar kalender.  Die Gregoriaanse kalender is gegrond op die tyd wat dit neem vir die son om een omwenteling in die hemelgewelf te voltooi, van die een ewening tot dieselfde ewening.  Dit is ʼn son kalender. 

Daar is niks verkeerd met die meting van tyd volens enige van hierdie metodes. Hulle almal meet tyd net op verskillende maniere.  Soortgelyk, soos die metrieke sisteem wat meters gebruik en die imperiale sisteem wat jaarts gebruik: beide sisteme word gebruik vir die meting van lengte.  Tyd meting kan ook verskillende metodes gebruik.  Alhoewel, die ware Sabbat dag ʼn bepaalde dag is.  In orde om daardie bepaalde dag te vind, moet daar van ʼn bepaalde metode van tydsberekening gebruik word gebruik gemaak word.  ʼn Man wat aangesê word om na die “sewende huis op die regterkant” te gaan, sal hy nie in staat wees om die regte huis te vind as hy in die verkeerde straat is.  Hy moet eers in die regte straat wees voordat hy kan tel tot die sewende huis.  Die enigste metode van tydhouding wat die ware sewende dag openbaar, is die maan – son kalender vanaf die Skepping.  Alleenlik die Bybelse kan akkuraat die bepaalde dag bereken wat ʼn teken is tussen Yahuwah en Sy mense. 

Dit is waar dat Saterdag die sewende dag van die hedendaagse week is.  Alhoewel, dit nie maak dat dit die Saterdag sewende dag die van die Skrif is.  Die hedendaagse week het sy oorsprong vanaf die heidense week volgens die planete.  Dit was deur die Juliaanse kalender aangeneem wat op ʼn Saterdag begin het!  Die hedendaagse Gregoriaanse kalender kan nie die fases van die fases van die maanmaan gebruik vir die berekening van die ware sewende dag Sabbat omdat te kort skiet aan belangrike Bybelse eienskappe vir die meting van tyd en die maande volgens die maan.  Die Skepper se kalender begin elke maand op die dag van die Nuwemaan

“Toe sê Dawid vir Jónatan: Kyk, môre is dit nuwemaan, en ek moet sekerlik met die koning saam aansit om te eet.... 

Verder het Jónatan vir hom gesê: Môre is dit nuwemaan, en jy sal gemis word, want jou sitplek sal leeg wees.......

Daarop het Dawid hom in die veld weggesteek.  En toe dit nuwemaan was, gaan die koning aan die maaltyd sit om te eet.... maar Dawid se plek was leeg.” (1 Samuel 20 verse 5 en 18 en 24 tot 25.)

Die Hebreeuse woord vir “maand,” is chodesh, en dit beteken in werklikheid: 

“nuwemaan, maand,”Chodesh kan verwys na ʼn “maand,” of na die periode van een nuwemaan na die ander. (Chodesh, #2320, The New Strong’s Expanded Dictionary of Bible Words.)

Aangesien die Bybelse maand begin met die Nuwemaan, is die weeklikse Sabbatte opsigself verbind aan die maan. Die dag van die Nuwemaan hernu die weeklikse siklus.  Yahuwah het die ligte aan die hemel vir die uitsluitlike doel geskep vir die berekening van tyd.

 “Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.” (Genesis 1 vers 14.)

Die woord “seisoene” kom van die woord mo’ed.

Mō’ĕd of mō’ādāh; vergadering, feestelike byeenkoms, aangewese, teken.....  Aangesien die Joodse feestye met gereelde tussenposes plaasgevind het, word hierdie woord met hulle geïdentifiseer.  Mō’ĕd word in ‘wye sin vir al die godsdienstige vergaderings.  Dit was in ʼn noue verband geassosieer met die tabernakel self... [Yahuwah] het Israel daar ontmoet op bepaalde tye, en om Sy wil aan hulle bekend te maak.  Dit is ʼn algemene term wat gebruik word vir aanbiddingvergadering van..... [Yahuwah] se mense. (# 4150, Hebrew-Greek Key Word Study Bible)

maan en aarde

“Hy het die maan gemaak vir die vaste tye  [mo’ed].
( Psalm 104 vers 19 ).

Hierdie Psalm bevestig die feit dat die maan vir ʼn bepaalde doel gemaak is vir die berekening van “seisoene” of [mo’ed].” 

“Hy het die maan gemaak vir die vaste tye [mo’ed].” (Psalm 104 vers 19.  ) 

Nuwemane is gekoppel aan die sewende – dag Sabbatte regdeur die Skrif.

 “So sê Yahuwah Elohim: “Die poort van die binneste voorhof wat na die ooste kyk, moet gedurende die ses werkdae gesluit wees; maar op die sabbatdag moet dit oopgemaak word; ook moet dit op die dag van die nuwemaan oopgemaak word.” (Lees Esegiël 46 vers 1.) 

Die jaarliksefeeste is ook onafskeidbaar gekoppel aan die Nuwemane omdat dit ontmoontlik is om hulle te bereken volens enige iets anders as die maanmaand. 

“Blaas die basuin op nuwemaan, op volmaan vir ons feesdag.  Want dit is ʼn insetting vir Israel, ʼn verordening van die Elohim van Jakob.” (Lees Psalm 81 verse 3 en 4.) 

Die dag van die Nuwemaan was ʼn tyd hertoewyding tot Yahuwah.  Geen handel het plaasgevind op die dag van die Nuwemaan.  Die teruggevalle Israeliete was dikwels ongeduldig oor die beperkinge wat godsdiensonderhouding geplaas het op hulle besigheid en aktiwiteite. 

“wanneer is die nuwemaan verby, sodat ons koring kan verkoop, en die sabbat, sodat ons die graanskuur kan oopsluit.” (Amos 8 vers 5.)

Omdat elke maanmaand begin met die dag van die Nuwemaan, kom die datums van elke maan – maand voor op dieselfde dag van die week.  Die dag van die Nuwemaan is die eerste van elke maand.  Dit word opgevolg deur die eerste dag van die werksweek op die tweede dag van elke maand.  Die Sewende – dag Sabbatte kom voor op die 8ste,die 15de, die22ste en die 29ste van elke maanmaand. 

Omdat die weeklikse siklus hernu met die begin van die Nuwemaan, blyk dit dat die Sabbatte “sweef” deur die Gregoriaanse week.  In die werklikheid is dit die Gregoriaanse maande wat sweef deur die konstante formaat van die maan – maande.  Toe die Skepper Sy volkome metode van tydmeting ontwerp het, Hy beide die son en die maan geskape vir ʼn akkurate en pragtige kalender: die maan – son kalender.  Die maan reguleer die maande, en die son reguleer die jare.

Saterdag is ʼn namaaksel van die ware sewende dag Sabbat.  Die Gregoriaanse kalender is ʼn son kalender.  Dit gebruik alleenlik die son as ʼn grondslag vir tydhouding.  Die Nuwemane word nie eers geag volgens die Gregoriaanse kalender.  Hulle word verseker nie gebruik vir die bepaling van die sewende dag Sabbat.  Terwyl enige kalender gebruik mag word vir die telling van tyd, dit alleenlik die gekombineerde handeling van beide die maan en die son, volgens die maan – son kalender van die Skepping gebruik mag word vir die bepaling van die Hemel se heilige mo’ed: die weeklikse sewende – dag Sabbat en die jaarlikse feeste. 

Satan het verklaar dat hy “tyd en wette” sal verander. (Lees Daniel 7 vers 25.)  Hy het dit gedoen deur die wêreld te lei om te verenig in die gebruik van ʼn namaaksel sisteem van tydhouding, die Gregoriaanse son kalender.

Yahuwah verklaar: Want Ek, Yahuwah, het nie verander nie.” (Lees Maleagi 3 vers 6.)  Die Sabbat is net so bindend vandag as wat dit was aan die einde van die Skeppingsweek toe Hy “die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat... [Elohim] geskape het deur dit te maak.” (Genesis 2 vers 3.)  Regdeur tot in alle ewigheid in die toekoms, sal elkeen wat lojaal is aan die Koninkryk van die Hemel voortgaan om die Skepper te aanbid op Sy kalender.  Die kalender wat dan gebruik sal word vir die berekening van die Sabbat sal die maan – son kalender wees.  Die dag van die Nuwemaan en die sewende dag Sabbat sal weereens ʼn tyd van verheuging, en danksegging wees wanneer daar ʼn stroom van harmonie en liefde en dankbaarheid voortvloei van ʼn verenigde Skepping terug na die bron van liefde, en alle vreugde en geluk, na Yahuwah die Skepper. 

“Want soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my aangesig sal bestaan, spreek die HERE, so sal julle nageslag en julle naam bestendig wees.  En elke maand op die nuwemaan en elke week op die sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê Yahuwah.” (Lees Jesaja 66 verse 22 en 23.)

maan oor meer