Print

Paasfees │ Die Heidense Pasga

Lente is een van die aangenaamste seisoen van die jaar vir baie mense. Warmer sonnige dae, en nuwe lewe wat voorspruit uit die aarde. Blomme, bottende bome en baba diertjies: almal is vreugdevol om aan te kondig om aan te kondig dat die winter verby is.

Geen ander Lente gebruik vang hierdie feesvieringe van nuwe lewe so vas as die van Paasfees. Vanaf baba diertjies, en Paaseiers en die Paaseier skattejag, asook die Sondag diens met sonsopkoms en vele meer, Paasfees is ʼn geliefde tradisie vir baie mense.

Paassondag is die hoogtepunt van die Roomse Katolieke Kerk se liturgiesejaar wanneer die opstanding van Jesus Christus gevier word.  

Volgens hulle kategismus:

Is Paasfees nie net eenvoudig een van die feeste van al die ander, maar is dit die Fees van feeste, die “Plegtigheid van alle plegtighede,” en net soos die Eucharistie “Sakrament van sakramente is” (die Groot Sakrament)  St. Athanasius noem Paasfees die “Groot Sondag” en die Oosterse Kerke noem dit die Heilige Week “ die Groot Week.” Die geheimenis van die Opstanding, waarin Christus die dood oorwin het...... ( Catechism of the Catholic Church, Part 2, Sec.1, Chapter 2, Article 1, #1169)    

Artemis (Semiramis)
Artemis van  Ephesus  (Semaramis in een van haar vele vermommings). 1ste eeu CE Romeinse afbeelding van die kultus standbeeld van die Tempel van Ephesus. Standbeeld in die Museum van Efes (Turkye) LW. Sy is geklee met eiers.

Die oorsprong van Paasfees word  egter onthul, dat dit direk afkomstig is van die antieke heidendom. Afgode aanbidding  is kort na die sondvloed op die aarde heringestel deur Nimrod. Na die dood van Nimrod is hy verhoog as die oorspronklike songod. Sy weduwee Semiramis, was genoem die “hemel koningin.” Verskeie kulture het voort gegaan in die aanbidding van die oorspronklike afgode onder verskillende name. Semiramis, was vir die Egiptenare Isis. Sy was as Beltis bekend vir die Babiloniërs, en ook die metgesel van die afgod Bel. Vir die Kananiete was sy Astarte en die Assiriërs het haar Ishtar genoem

Die aanbidding van hierdie godinne het plaas gevind, met okkultiese vrugbaarheid gebruike. Hierdie vernederende gebruike was ook self deur die Israeliete gebruik tydens hulle afvalligheid. Yahuwah het Israel sterk veroordeel oor hulle betrokkenheid by heidense feesvieringe.

 “Sien jy nie wat hulle in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem doen nie? Die kinders maak hout bymekaar, en die vaders steek die vuur aan, en die vroue knie deeg om koeke te maak vir die hemelkoningin en vir ander gode drankoffers uit te giet om My te terg.” (Jeremiah 7 verse 17 tot 18)

 “En Hy sê vir my: Jy sal nog ander groot gruwels sien wat hulle doen.  Hy het my toe gebring na die noordelike ingang van die poort by die huis van die HERE, en kyk, daar het die vroue gesit wat Tammus beween.” (Esegiël 8 verse 13 tot 14)

Die hedendaagse Paasfees het geen grond om op te staan in die ware godsdiens van die Hemel. Al die tradisies is van heidense afkoms.

Paasfees (Ishtar) Eiers in ʼn mandjie. (Easter die Engelse weergawe)

Easter (Ishtar) Eggs in a basket
Paaseiers  (Ishtar)
http://commons.wikimedia.org

Paasfeesvieringe is nie tot eer van die sterwe en die opstanding van die Verlosser. Deelname  aan heidense gebruike vereer Satan. Geen aantal naam veranderinge om dit met Christen name te vervang kan Paasfees suiwer van heidense se oorsprong.

Paasfees is baie meer as net ʼn heidense bedrog spul wat voorgee dat dit Christelik is. Verskuil agter die front van mooiheid, is Paasfees die verbloeming van die grootste bedrog van alle tye: en ʼn kalender verandering wat die ware dag van die opstanding en die ware sewende dag Sabbat verberg.  

Met die verloop van jare  en die dood van die eerste Christene, het heidenisme die eens ware geloof verdorwe. Die Kerk van Rome, en haar gulsigheid vir altyd groter mag was altyd op soek na maniere  om haar invloed te vergroot.

“Om die heidene oor te haal in vennootskap met die Christene, het Rome in die nastrewe van sy gewone beleid, is maatreëls geskep om die Christen en Heidense feeste saam te voeg in ʼn moeilike maar kundige verandering van die kalender, dit nie ʼn moeilike taak  gewees het, en in die algemeen, om die Heidene en Christene – wat nou reeds gedaal het in die aanbidding van afgode – en dit en nog baie meer ander dinge om hande te vat....... Die verandering in die kalender met betrekking tot Paasfees was goedgekeer met gewigtige gevolge. Dit het met die afstootlikste verdorwenheid en bygeloof die kerk binnegedring..... “ (Alexander Hislop, The two Babylons, pp. 105 -  106)           

Die verandering van die kalender het ook die dae van aanbidding verander. Dit is erken deur die Roomse Katolieke Kerk wat daarna verwys as die teken van hulle gesag.

“Sondag.... is ʼn suiwere skepping van die Katolieke Kerk.”( American Catholic Quarterly Review, January 1833) 

“Hulle [die Protestante] ag dit hulle plig om die Sondag heilig te hou. Waarom? Omdat die Katolieke Kerk hulle aansê om dit te doen. Daarom het hulle geen ander rede....... Die outeur van die Sondagswet  is die Katolieke Kerk. ( Ecclesiastical Review, February 1914 )

ʼn Katolieke Biskop gaan so vêr en verklaar:

“Dit was die Katolieke Kerk wat die wet gemaak wat ons verplig om Sondag heilig te hou. Die Kerk het hierdie wet uitgevaardig lank nadat die Bybel geskryf was. Daarom op stuk van sake is dit  nie in die Bybel. The Kat[olieke ] Kerk het nie alleenlik die Sabbat verander nie maar ook al die ander Joodsefeeste.” (T. Enright, Bishop of St. Alphonsus Churh. St. Louis, Missouri, June, 1905, emphasis, supplied.)       

Die Joodsefees wat nietig verklaar was ten gunste  van die Paasfees was die Pasga. Al die vroeë  Christene het die feeste van Yahuwah onderhou soos wat uiteengesit is in Levitikus 23. Verheidens se Christene wat steeds wou Paasfees vier terwyl die Apostoliese Christene, vasgehou het aan die suiwere geloof, en het hulle die Pasga onderhou.

“Sedert die tweede eeu n.C. was daar ʼn verskil van mening oor die datum waarop die paschal (Paasfees) die herdenking van die Here se lyding en (dood, begrafenis en opstanding.) Die oue  gebruik wat blyk die meeste in gebruik was vir die onderhouding was die veertiende (die datum vir die Pasga), dit is die vyftiende, en die sestiende dag van die maan maand, ongeag die dag van die [Juliaanse ] week en waarop hierdie datums  voorkom jaar na jaar. Die Biskoppe van Rome was in begerigheid vir die versterking  en die onderhouding van Sondag as ʼn kerklike feesdag, en het beveel dat die jaarlikse feesvieringe moet altyd gehou word op die Vrydag, Saterdag en Sondag wat volg op die veertiende van die maan maand..... hierdie twispunt het amper vir twee eeue bestaan, totdat [die Keiser] Constantine ingegryp het namens die Roomse Biskoppe, en die ander groep nietig verklaar het.”(Robert L. Odom, Sunday in Roman Paganism, p.188, emphasis supplied.)    

“Hierdie standpunt het geblyk om die misleiding  eenvoudig te maak: die Pasga teenoor die Paasfees. Hierdie saak op die spel was egter groot. Die enigste manier om te bepaal wanneer die Pasga plaasvind is om die maan – son kalender van die Bybel te gebruik....”. (eLaine Vornholt & L.L. Vornholt – Jones, Calendar Fraud,p.49) 

“Hierdie standpunt het die kerke van Asië verontrus sedert die tyd van die Roomse Biskop Victor, wat die Kerke van Asië vervolg het vir die navolging van die 14de dag dwaalleer soos hulle dit genoem het, met die verwysing na die Pasga..... Die toekomstige Paasfees  se onderhouding en berekening is onafhanklik van die Joodse berekeninge gedoen.” (Grace Amodon, Report of Commitee, Part V, sec. B, p. 17)

Hier is die ware belangrikheid van Paasfees. Sondag word gehou as ʼn dag van aanbidding as gevolg van Paassondag! Dit word beweer dat die Verlosser opgewek is op Paassondag. Gevolglik word dit aangeneem dat die dag voor Paassondag, Saterdag is die sewende – dag Sabbat is.

Jewish Rabbi

Die Jode van vandag aanbid op Saterdag, eerder as op die Bybelse sewende – dag Sabbat. Alhoewel, Joodse geleerdes erken dat die kalender in gebruik vir vandag vir aanbidding is nie dieselfde as die een wat gebruik was in die Bybelse tye:  

“Die Nuwemaan is steeds daar, en die oorspronklike Sabbat was afhanklik van die maan se siklus.” ( “Holidays,” Universal Jewish Encyclopedia, p. 410.)

Die Jode wys daarop van die uiterste vervolging na die besluit van die Konsilie van Nicea, om die Joodse tyd berekeninge  ter syde te stel as die een rede hoekom hulle nie meer die Bybelse kalender gebruik.

“Die aankondiging van die nuwe maand..... kon net deur die sanhedrin gedoen word. Ten tye van Hillel II [ 4de eeu C.E.]... het die Romeine hierdie gebruik verbied.” ( The Jewish Calender; Changing the Calendar,” www.torah.org)

Joodse geleerdes verstaan dit, dat die Christendom vry kan wegstap van die grondlegging van die heidense Paasfees toe dit vervang is met die Pasga.

“Tydens die Konsilie van Nice [ Nicea] was die laaste naelstring geknip wat die Christendom verbind het met sy vaderlike verbintenisse. Die feesvieringe van Paasfees wat tot nou toe nog gevier is, en vir die grootste deel daarvan op dieselfde tyd as die Joodse Pasga, en inderwaarheid op die dae wat vasgestel was vir fesvieringe deur die Sanhedrin in Judea, maar die toekomstige onderhouding was bereken, heeltemal onafhanklik van die Joodse kalender.

“[Keiser Constantine het verklaar:” want dit is onvanpas en bomatig dat ons op hierdie heilige feesvieringe, die gebruike moet volgens die Jode. Voortaan laat ons niks in gemeen het met hierdie gehate mense, ons Verlosser het ons ʼn ander pad gewys. Inderdaad sal dit belaglik wees as die jode kon spog dat ons nie in staat is om Pasga te vier sonder die hulp van hulle voorskrifte vir [tyd] berekeninge.”) Heinrich Graetz, History of the Jews, The jewish Publication Society of America, vol.II, pp. 563 – 564, emphasis suplied.)

Paasfees is ʼn verdoeselling. Die waarheid is, Paasfees is bedrog. Dit is nie die dag waarop die Verlosser herrys het uit die graf en ook nie is Saterdag  die sewende – dag Sabbat van die Bybel. Paasfees is en was nog altyd ʼn heidense vakansiedag ter viering van vrugbaarheid. Dit is die plaas vervanger vir Yahuwah se Pasga deur die Konsilie van Nicea gedurende die vierde eeu, toe die Kerk van Rome besluit het om die tydsberekeninge volgens die Hebreeuse berekeninge van tyd ter syde te stel.

Nou, gedurende laaste geslag, word die waarheid herstel. Almal wat wens om hulle dankbaarheid te bewys vir die dood van hulle Verlosser sal dit gedenk op die dag toe Hy gesterwe het: Pasga. Dit kan alleenlik net bereken word deur die oorspronklike kalender soos by die Skepping. Enige ander onderhouding verleen eer aan Satan, die een wat homself verhef het in die stryd tot die Hemel.

Vandag kan jy besluit wie verteenwoordig jou geloof: Pasga of Paasfees

Jy kan kies tot watter mag jy wens om te eer en te aanbid: die  Verlosser of Sy vyand satan.

Jy kan kies op watter dag om te aanbid, bereken volgens die kalender van jou keuse om te aanbid. 

Die keuse is joune.


Kliek hier om na die video te kyk!