Dit is van lewensbelang om kommunikasie tussen jou eie soldate geheim te hou. Net so belangrik is die vermoë om geheimekodes van die vyand te ontsyfer en hulle geheime te leer. Gedurende die Tweede Wêreld oorlog, was daar twee geheime kodes wat so goed ontwikkel is dat hulle nooit ontsyfer kon word. Die Duitse Enigma masjien was ʼn meganiese toestel wat so kompleks was, dat die Geallieerdes nie in staat was om sy boodskappe te ontsyfer.1 Alleenlik na ʼn reeks van gebeurtenisse het die Geallieerdes, en nadat die beide die masjien en die bestaande ontsyferingskode voorsien is, kon die Geallieerdes die Duitse geheime militêre kommunikasie boodskappe lees.2
Die ander nie ontsyferbare kode was ontwikkel deur die Navajo kode sprekers. Hierdie jong Amerikaanse Indiaanse seesoldate het in pare gewerk, en gekommunikeer deur ʼn gekompliseerde kode binne ʼn kode. As gevolg dat die moderne weermag nie beskik het oor enige uitdrukkings en ooreenstemmende woorde in Navajo, het die jong manne ʼn geheime kode uitgewerk om te verwys na verskillende range van offisiere, en verskillende vliegtuie, en plekke ens. Die tweede kode was Navajo self, wat ʼn taal is wat uit klanke bestaan, en wat nie Duits, Italiaans of Japannees bevat.
Die Japannese, was kundige kode ontsyferaars, maar hulle was dronkgeslaan deur die Navajo taal.... Die Navajo kode gebruikers het self ʼn Navajo soldaat laat vaskeer en as ʼn gevangene laat neem by Bataan..... Die Navajo soldaat was gedwing om te luister na die warboel van die woorde van uitsendings, en vertel toe aan een van die kode gebruikers na die afloop van die oorlog,” Ek kon nooit uitmaak wat julle kêrels sê, wat my in al daardie moeilikheid laat beland het.”3
Die hemel het ook ʼn kode. Baie Bybel studente, regoor die tyd heen kopgekrap oor die goddelike geheime wat in die boeke van Daniel en Openbaring is. Net soos die geheime kodes van regerings wat gebruik word om sensitiewe inligting te beskerm van die vyand, is dit ontmoontlik om die Hemel se geheime kode ten volle te verstaan. Een belangrike stukkie van inligting is weg: die Skepper se Kalender. Die profesieë is een van die maniere om te kommunikeer, en om die belangrike inligting te voorsien aan die getroue soldate van Yahushua. Alhoewel, nou dat alleenlik die kennis bekom is om die ware kalender te verstaan, is dit moontlik om die boodskappe ten volle te verstaan wat sorgvuldig gebêre is vir die laaste geslag.
Daniel se profesieë voorsien aan duidelike gesigte van die kalender stryd regdeur die geskiedenis. Die verskeie beginsels van die kalandering wat die kalender van vandag vorm, is sowel ʼn voorafskadu wanneer die Skepper se kalender sal oorwin aan die einde. Daniel voorspel ook die wetgewing oor die kalender veranderings wat ʼn invloed sal uitoefen op Yahuwah se getroue volgelinge.4 Net soos die Enigma masjien, is die boek van Daniel ontmoontlik om te ontsyfer, sonder die syferingskode van die kalender.
Openbaring brei uit oor Daniel. Die profesieë van Openbaring is ‘n ‘kode binne ʼn kode soos die van die Navajo kode sprekers. Deur die gebruik van die simbole wat deur Daniel voorgestel is, neem openbaring dit een stap verder, en voorsien aan besonderhede oor die finale stryd: ʼn stryd wat so verskriklik sal wees dat self Yahushua oor dit gewaarsku het, en as dit moontlik is, dat self die uitverkorenes sal mislei word.5
Die voorwaardes vir die ewige lewe is dieselfde vir vandag as wat dit altyd gewees het: gehoorsaam en lewe, en wees ongehoorsaam en sterwe. Die genade van Yahuwah deur die verdienste van Sy Seun voorsien aan almal wat gehoorsaam wil wees, en om dit moontlik te maak en om gehoorsaam te wees. Alhoewel, in die orde om te gehoorsaam, vereis geregtigheid dat elkeen ʼn kans gegee word om die vereistes te verstaan. Die Skepper, Hy Wie verklaar het: “Ek is Yahuwah, en Ek verander nie,6 en het nooit Sy dag van aanbidding verander, en het nooit toestemming verleen aan enige iemand wat eis, dat hy Sy verteenwoordigers is, om dit te wees. Deur die onderhouding van Sy goedhartige en genadige persoonlikheid, het die enigste lewende Eloah, in die Boek van Openbaring noukeurig besonderhede gegee van ʼn genadige waarskuwing. Dit is nou moontlik om hierdie boodskap ten volle te verstaan, en deur die gebruik van die kalender as die sleutel vir die ontsyfering van hierdie kode. Hierdie waarskuwing verduidelik alles wat iemand moet weet om gereed te wees vir die finale stryd oor aanbidding.7
Hierdie waarskuwing is saamgevat in drie dele.
Die Eerste Engel se Boodskap
“En ek het ʼn ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ʼn ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke. En hy het met ʼn groot stem gesê: Vrees Yahuwah en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.”8 (Openbaring 14 verse 6 en 7)
Hierdie is ʼn uitnodiging aan elkeen op die aarde om hulle skepper te vereer, en deur om Hom te aanbid op die dag wat Sy kalender dikteer en vasgestel is by die Skepping, Die besondere bewoording van hierdie engel se boodskap is baie dieselfde as die vierde gebod: “ Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die sabbat van die Yahuwa jou Eloah; dan mag jy géén werk doen nie..... Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is.....”9(Eksodus 20 verse 8 tot 11) van al die Tien Gebooie, is dit die enigste een wat die Naam en die gesag van die Wetgewer bevat: Hy is Yahuwah die Eloah, die Skepper wat alles georden het volgens reëls. Dit bevestig Sy gesag, en Sy reg om die vereistes te dikteer.
Wanneer iemand gehoorsaam is om die gebod, en om die Sabbat te vereer, is hy in belofte, en in sy trou verbind aan die goddelike Regering van die Hemel. Die Sabbat is dan die teken van lojaliteit teenoor die Skepper. Die aaneenlopende weeklikse siklus is nie geanker aan enige iets in die skepping. Dit kan nie ʼn aandenking wees aan die Skepping. Alleenlik as die Sabbat verbind is tot die Skepper deur die maan kan dit waarlik ʼn aandenking wees aan die Skepper.
Die woorde van hierdie engel se boodskap is gevul met belangrikhede.
Vrees Yahuwah – Die woord “vrees” word afgelei vanaf die Grieks se woord “phobeo” wat beteken om ontsag te hê vir die Hemelse Vader en aan Hom eerbied te betoon. Hierdie begrip is van volle lojaliteit en volle oorgawe aan Sy wil. Soos voorheen daarop gewys is, wanneer aanbidding gegee word op die dae soos bereken volgens die dae wat bereken is volgens die heidense kalender, en word die aanbidding gewy aan ʼn heidense godheid, en eindelik, Satan. Volledige oorgawe van die wil is nodig voor daar gewilligheid is, om uit te stap en verskillend te wees van die res van die wêreld, en om te aanbid volgens die ware kalender wat gevestig is vir daardie doel.
Betoon Eer aan Yahuwah – Alleenlik diegene wat ten volle hulle wil oorgee sal in staat wees om eer te bewys: met verering en lofprysinge en eerbetoning, aan hulle Skepper omdat Hy waarlik verheerlik word wanneer Sy volgelinge in gehoorsaamheid lewe tot sy wil. Wanneer ʼn persoon in opregtheid van hart, en sy liefde en sy aanbidding as offer bied aan die Skepper, en op Sondag of Saterdag in onkunde, en daardeur te glo dat dit die ware dag van aanbidding is, aanvaar die liefdevolle Ewige Eloah dit, as hulle beste poging. Alhoewel met groter lig voorsien dit aan groter voordele en verantwoordelikheid. Wanneer ʼn persoon bewus dat die maan – son kalender is die enigste ware tydmeting vir gebruik, van al die ander valse kalenders wat aanbidding tot ʼn verborge god toewys, is daardie persoon verantwoordelik om te handel volgens daardie kennis. Sy gehoorsaamheid (of die versuim daarvan) gee dan (of weerhou) eerbied aan Skepper.
Die Uur van Sy oordeel het Gekom- Een van Satan se aanklagte teen die regering van Yahuwah is dat die wet, wat heilig is en goed is nie onderhou kan word. Voor die groot stryd tussen Yahuwah en Satan beëindig sal word moet hierdie aanklag beantwoord word. Sodoende is die ewige Yahuwah Homself geoordeel in die lewens van die heiliges. As ʼn persoon probeer om om sy verpligtinge teenoor die goddelike wet te vermy, dan verleen hy ondersteuning vir Satan se aanklagte. Die laaste geslag sal erkenning verleen aan oppergesag van die heilige wet van Yahuwah, en sal deur geloof, en die verdienste van hulle Verlosser, in staat wees om die wet te onderhou, al is dit ten koste van hulle eie lewe. Die Vader is op die manier verdedig wanneer diegene wat eis dat hulle Sy volgelinge is alle aardse belange tersyde stel, en hulle wil oorgee en Sy wet gehoorsaam.
Aanbid die Skepper – Dit word gedemonstreer, deur die dag waarop ʼn persoon aanbid, en word daardie aanbidding gerig tot die God/god, wie daardie dag as aanbidding eis. Deur die skepping van Saterdag teenoor Sondag as aanbiddingsdag is daar teenstrydigheid, want Saturnus/ Sheitan/ Satan bly verborge, en ontvang hy aanbidding op beide dae. Om opregte aanbidding te gee aan die Skepper, moet alle valse heidense kalenders ter syde gestel word. Die sewende-dag Sabbat, wat bereken word volgens die ware maan – son kalender soos by die Skepping, is die enigste ware dag van dag van aanbidding, en wat deur die Skepper geëis word as aanbiddingsdag. Alle ander dae is valse dae van aanbidding, en dit verleen, eer en heerlikheid aan Satan, wie se doel was om op die Berg te sit van die Vergadering en die aanbidding te ontvang wat alleenlik verskuldig is aan die Skepper.
Dus, is die eerste engel se boodskap is ʼn algehele oproep om alle valse kalanderings ter syde te stel, en om eer te gee aan die Skepper deur Hom te aanbid op die dag wat Hy vasgestel het, en deur Sy kalender gedikteer is. Dit word aangekondig met ʼn luide stem, wat aandui dat dit belangrik is sodat almal sal hoor.
Die Tweede Engel se Boodskap
“En ‘n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon, die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery.”10 (Openbaring 14 vers 8)
Dit moet opgemerk word dat hierdie boodskap nie met ʼn luide stem aangekondig word. Die rede hiervoor is eenvoudig: alleenlik diegene wat die eerste boodskap aanvaar het, sal die tweede boodskap aanvaar en daardeur bevoordeel word.
Geval, geval het Babilon- wanneer Babilon val is haar fondasies vernietig. Die veronderstelling dat Christus opgewek is op Sondag het die basis gevorm vir aanbidding op daardie dag. Wanneer dit bewys word dat Christus opgewek op die eerste dag van die Bybelse week, en nie op Sondag, dan val Babilon. Vanaf die begin, het Satan gespog dat hy tyd en wette sal verander. Babilon val steeds vir die tweede keer, en verder wanneer sy identiteit geopenbaar word as die verborge god, wat Saturnus/Satan onregmatig al die aanbidding eis volgens die heidense dae van aanbidding van enige valse kalender.
Daardie Groot Stad – So vroeg as in die tyd van Irenaeus (130 tot 202 n.C.) het Bybel studente die Romeinse Ryk verbind tot die profetiese simbole wat voorsien word in die Boeke van Daniel en Openbaring.11 Michael van Cesena en Johannes De Rupescissa,12 albei monnike gedurende die 14de eeu, was tussen die eerste uitgesprokenes wat heidenisme gesien het as ʼn uitvloeiing van die Kerk van Rome as die “hoer van Babilon” wat dronk is van die bloed van die heiliges13John Milicz (1374 n.C.), ʼn hooggeplaaste en invloedryke priester, in die politiek en die Kerk, het ʼn plakkaat op die deure van die oorspronklike kerk, St. Peters in Rome aangebring wat verklaar, “Die Antichris het gekom, hy het sy setel in die kerk.14 Eers in die onlangse jare het dit polities inkorrek geword om die Roomse Katolieke Kerk met heidenisme en met die Apokaliptiese simbole van Openbaring te verbind. Hierdie simbool moet nie beperk wees tot die Pousdom alleenlik. Alhoewel almal wat die Babiloniese Christendom omhels of aanbid volgens die Babiloniese kalenders is onder dieselfde sambreel van heidenisme.
Omdat sy al die nasies laat Drink het van die Wyn van die Grimmigheid van Haar Hoerery – Hoerery is ʼn samevoeging wat onwettig is. Deur die gebruik van burgerlike wetgewing vir die instelling van ʼn heidense kalender vir godsdienstige onderhouding, aan ʼn verborge god wat al die aanbidding op homself rig, en dit van die Skepper steel. Christen sendelinge het in onkunde eers die Juliaanse kalender en later die Gregoriaanse na al die wêrelddele geneem. Hulle het hierdie valse sisteem van tydmeting aan die mense geleer, en wat in ander dele dikwels nader was aan die ware kalender as die sendelinge, maar afgedaal het in heidenisme.
Wyn veroorsaak bedwelmdheid. Dit maak die verstand beneweld en moeilik om te beredeneer. Die wyn van Babilon is ʼn heidense sisteem van kalandering, wat dit so moeilik maak vir mense om ʼn kalender te verstaan wat nie ʼn aaneenlopende siklus het. Sedertdien 1949 toe die wêreld verenig was in die gebruik van die Gregoriaanse kalender16 en daardeur het die hele wêreld gedrink van hierde wyn met bedwelling en misleiding. Die Sewendedag – Aventiste Kerk het vir lank geleer dat “die wyn van Babilon die verheerliking is van valse en onegte sabbat is, en vehewe is bo die Sabbat wat die (Sovereine Yahuwah) geseën en gehelig het....”17
[Yahuwah] het ʼn afkeur in Babilon, “omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery.” Dit beteken dat sy die enigste gebod verontagsaam het wat wys na die ware [Eloah], en die Sabbat verlaag het, [Yahuwah] se gedenteken vanaf die Skepping.18
Die Roomse Katolieke en Sondag onderhoudende Protestante is gewoond daaraan om te hoor van die Jode en Protestante wat Saterdag as aanbidding onderhou, en hulle vertel dat dit die verkeerde dag is vir aanbidding. Die waarheid is egter, almal wat op die heidense dag van aanbidding en kalender aanbid, aanbid heidense gode (duiwels) en op heidense vakansie dae. Dit is die wyn waarvan die hele wêreld drink. Die tweede engel se boodskap word nie aangekondig met ʼn luide stem, omdat alleenlik is vir diegene wat die eerste engel se boodskap aanvaar en gehoorsaam, sal hulle die waarheid erken van die tweede engel se boodskap.
Die Derde Engel se Boodskap
“En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.” (Openbaring 14 verse 9 tot 11)
Die mees gevreesde waarskuwing is in hierdie boodskap bevat. Deur so ʼn oordeel aan te kondig moes daar iets gruweloos gepleeg gewees het. Om in die aard van die saak hierdie boodskap te verstaan, is dit eers nodig om die simbole te ontsyfer wat gebruik word. In die profesieë, en is dit diere wat die simbool wat politieke magte aandui en oorlog voer teen Yahuwah se volgelinge.20 Die dier en sy beeld waarna na verwys word in die derde engel se boodskap word eerste beskryf in Openbaring 13.
Die vanuit die see
“En ek het op die sand van die see gaan staan. En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering. En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag. En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan. En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer? En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek..... En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen Yahuwah, om sy Naam..... te laster.”21 (Openbaring 13 verse 1 tot 6)
Die herhaling en gebruik van die woord laster openbaar dit dat dit ʼn saak is, en soos elke ander saak in hierdie stryd, en gaan dit oor aanbidding. Soos die beeld in Daniel 2, is daar van hierdie verskeie skepsele wat saamgevoeg is in hierdie dier uit die see, en verteenwoordig dit die verskillende beginsels van kalandering van vandag. Die sewe koppe verteenwoordig die sewe gode van die planete, en die wat drie dubbele horings het. Horings is die ou simbool van mag, en is dit afkomstig van Nimrod.22 Die koppe met dubbele horings verteenwoordig Vrydag, Saterdag en Sondag. Dit is die dae van die wêreld se drie vernaamste godsdienste nl. Islam, Judaïsme en die Christendom. Elke kop wat ʼn horing het kan sy valse sisteem opspoor, as oorspronklik vanaf: Nimrod.
Die Babiloniese Christendom het twee dae van aanbidding: Sondag vir die oningewyde menigtes, en Saterdag, vir die onkundige ingewydes en eenderse. Dit is aanbidding op Sondag wat gegrond is op die veronderstelling dat Christus op die dag opgestaan het, en ondersteun dit Babilon. Sondag word voorgehou as die “front” om die verborge god versteek te hou. Daarom is dit redelik dat die hoof/dag Sondag die dodelike wond ontvang. Dit gebeur in ʼn reeks van gebeure, wat die hoogtepunt was van die wette van 1798 wat afgedwing is deur ʼn kalender wat ʼn tien dae ʼn week bevat het.23 Babilon se ondersteuning vir Sondag aanbidding het opgehou toe die weeklise saamestelling van die week verander is en Sondag verwyder is van die week.
Die dier uit die aarde
Die dier van die see word opgevolg deur ʼn ander dier wat uit die aarde uitkom.
“En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak. En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is. Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense. En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het. En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie. En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het. Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig [666].”24 (Openbaring 13 verse 11 tot 18)
Baie geld is deur Hollywood verdien en ook deur boeke wat gis oor die “merkteken van die dier.” Sedert die mense voorgestel het dat die merkteken van die dier is enigiets van die algemene ID. Kaart, tot die Sosiale Sekerheid nommersvan die Verenigde State,25 tot nanotegnologie wat ʼn mikro skyfie onder die vel kan inplant. Al hiedie veronderstellings is verkeerd omdat hulle tekortskiet aan die eenvoudige verstaan waaroor die finale oorlog gaan, soos dit maar altyd was, en gaan dit oor aanbidding.
Die beeld van die dier van (Openbaring 13 vers 14) is ook die beeld van die dier in (vers 15). Daarom, om hierdie beeld se betekenis te verstaan, moet ons eers die betekenis verstaan van die oorspronklike dier wat uit die see verrys. Die dier waarna verwys word in hierdie artikel, is ʼn wêreldse mag wat ʼn heidense kalender ingestel het vir godsdienstige doeleindes in die wêreld. Hierdie dier van mag is, (die samevoeging van heidenisme/poudom van Rome) wat plaasgevind het gedurende die Konsillie van Nicea onder Konstantyn, toe die Bybelse kalandering ter syde gestel is..
Dit is redelik om saam te vat dat die handeling van die eerste dier was, om die namaaksel van ʼn kalender in te stel, en wat deur hierdie dier weer herhaal gaan word. Tans is daar ʼn herlewings beweging besig vir die verandering van die Gregoriaanse kalender.26 Daar was eerste ʼn beroering en wye ondersteuning daarvoor gewees gedurende 1930 tot 1940 27 voor dit dood geloop het gedurende die jare van die 1950.28 Gedurende die 31ste Desember van 2009, het die Wall Street Journal ʼn deeglike nagevorsde artikel gepubliseer oor kalender veranderings, en ʼn voorstel aangebied van verskeie moontlike keuses.29 Die Organisasie vir Wêreld Kalandering30 en die Benediktynse Vaste Kalender31 is alleenlik twee van verskeie voorgestelde kalender veranderings, en waarvan die jaar op ʼn Sondag begin. Die doel was om ʼn nuwe kalender gedurende 2012 in te stel, omdat daardie jaar op ʼn Sondag begin het. Die kalender verandering sou ook die datum van die Pase “vaspen” – ʼn lange begeerte van die Pousdom.32
Die derde engel se boodskap is ʼn ontesettende waarskuwing oor die aanbidding van die dier en deur die gebruik van sy kalender. “ As iemand die dier en sy beeld aanbid en ʼn merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van Yahuwah wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn.”33 (Openbaring 14 verse 9 en 10) Die feit is daar moet ʼn onderskeiding gemaak word tussen die “dier” en sy “beeld” wat aandui dat daar twee onderskeidende entiteite is wat ʼn voorkoms en wat dieselfde is. Die seël van die ware Eloah, en die merkteken in verbondskap met Hom, is om Sy Sabbat heilig te hou, en wat bereken is volgens Sy kalender. Die merkteken van die dier is dieselfde: en dit is ʼn belofte van verbonskap tot die verborge god, en die onderhouding van sy aanbidding dae, en wat bereken is volgens sy kalender. ʼn Bleed, dui aan ewen wel ʼn ander kalender
Die derde engel waarsku almal teen een of ander kalender: die Gregoriaanse of sy opvolger. Die feit dat die merkteken van die dier gegee kan word in een van die twee, op die voorkop of in die hand openbaar weer ʼn ander onderskeidings. Diegene wat die merk op hulle voorhoof ontvang, is soos diegene wat die seël van Yahuwah op hulle voorhoofde ontvang, en ten volle oortuig daarvan is van die wettigheid van die kalender. Diegene wat die merk op die hand ontvang is mense wat saamgaan met die kalender vir tydelike gewin. ʼn Voorbeeld van die laasgenoemde groep is soos die Sewendedag- Adventiste leraar wat verklaar het, “Jy is reg.” Wanneer die Sabbat volgens die Bybelse kalender bereken word, sal dit verskillend wees. Alhoewel, al wat God verlang is dat ons aanbid op die sewende dag van wat ook al die gemeenskap gebruik.”34
Dit is ʼn verskriklike misleiding van geloof. Die derde engel verklaar dit duidelik wat die straf sal wees wanneer die merkteken van die dier ontvang word wanneer hy aanbid word:
“As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang,
10 sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid,35 en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.”36 (Openbaring 14 verse 9 tot 11)
Die volgende hoofstuk, Openbaring 15, vertel duidelik wat die “toorn van Yahuwah” is, en is dit die verskriklikste en vreesvolle bedreiging wat ooit aan die mens voorgehou is. Die verskil, tussen diegene wat die Skepper aanbid volgens Sy kalender word beskryf: “Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van Yahuwah en die geloof in Yahushua bewaar.”37 Almal wie begeer om hulle skepper te vereer, in die vermyding van die straf van die goddelose, sal kies om Hom te aanbid op die dag wat Hy nooit verander het: die sewendedag Sabbat, wat bereken is volgens Sy kalender, en vasgestel is vanaf die begin.
Die profesieë word
altyd verstaan as die tyd van vervulling. Die oorspronklike
kalender soos by die Skepping voorsien aan die sleutel vir die oopsluit
van die profesieë van Daniel en Openbaring.
Elke student van die Skrif moet weer hierdie profetiese boeke
herondersoek, omdat daar groot lig nou beskikbaar is. Die feit is dat hiedie profesieë is nou
finaal ontsyfer en geopen om dit te verstaan, en openbaar dit, dat die tyd
gekom het vir die voledige vervulling daarvan.
(1) David Kahn, Seizing the Enigma, (Barnes & Noble, 2009).
(2) Lees Charles Cooper, “The Enigma Machine,” U.S. Naval Academy, April 16, 2002, for a brief overview.
(3) “Navajo Code Talkers,” United States Navy, www.history.navy.mil.
(4) Lees “The Prophet Warns of the Counterfeit Calendar.”
(5) Mattheus 24:24
(6) Maleagi 3 vers 6
(7) Ruimte noodsaak die aanvraag vir ʼn beperte ooreedbaarheid van hierdie diepgaande onderwerpe. Die WLC. span spoor die lesers aan om ʼn deeglike studie vir hulle self te doen oor hierdie profesieë.
(8) Openbaring 14 verse 6 tot 7
(9) Eksodus 20 verse 8 tot 11
(10) Openbaring 14 vers 8
(11) L. E. Froom, Prophetic Faith of Our Fathers, (Washington, D.C.: Review & Herald Publ. Assoc., 1950), Vol. I, pp. 243-245.
(12) He is sometimes called Jean Roquetaillardes.
(13) John Foxe, Acts and Monuments, (1684 ed.), Vol. 1, p. 445.
(14) Ezra H. Gillett, The Life and Times of John Huss, (Boston: Gould and Lincoln, 1863), Vol. 1, p. 23.
(15) Dit was nie ʼn verrassing dat, Milicz gearresteer was.” Voor ʼn groot vergadering van biskoppe en geleerde manne in die die kerk van St. Peter, hy het ʼn verandering in Latyn gelewer, wat ʼn groot indruk gemaak het.” (Augustus Neander, General History of the Christian Religion and Church, trans. Joseph Torrey, [Boston: Crocker & Brewster, 1856] Vol. 5, p. 181.) He was finally released from prison by Cardinal Albano, but his works continued after him, influencing Matthias of Janow (d. 1394) and through him, John Huss, John Wycliff and later Martin Luther.
(16) Griekeland was die laaste Europese land wat die Gregoriaanse kalender in 1923 aangeneem het. Alhoewl Sjina dit in 1912 aangeneem het, en die oorloë wat gevolg het en die land ontwrigg het, en was dit nie tot die kommuniste Sjina verenig het, en die gebruik van die Gregoriaanse kalender afgedwing is, en Sjina aangesluit het by die res van die wêreld in dieselfde metode van tydmeting.
(17) E. G. White, Selected Messages, (Washington D.C.: Review and Herald Publ. Assoc.), Vol. 2, p. 68.
(18) E. G. White, Letter 98, 1900; Seventh-day Adventist Bible Commentary, Vol. 7, p. 979.
(19) Openbaring 14 verse 9 tot11
(20) Lees Daniel 7 verse 17, 19, 23 en hoofstuk 8 verse 20 tot 22.
(21) Openbaring 13 verse 1tot 6
(22) “ Kronos beklemtoon die belangrikheid van die “The Horned One.” Die horing is die wel bekende Oosterse embleem van krag of mag, Kronos, “The Honerd One” was volgens die geheimsinnige sisteem, ʼn sinoniem vir Nimrod.... Die naam Kronos, soos dit aan die klassieke leser welbekend is, dat dit toegepas vir Saturnus as die “Vader van die gode.”...... Die betekenis van die naan Kronos, “The Horned One” wat toegepas is as die naam vir Nimrod, verduidelik ten volle die oorsprong van hierdie merkwaardige simbool.” (Alexander Hislop, The Two Babylons, (New Jersey: Loizeaux Brothers, Inc., 1959), pp. 32-33.)
(23)Kyk na “French Republican Calendar.”
(24) Openbaring 13 verse 11 tot 18
(25) Daar was gegis sedert die Sosiale Sekuriteits kaarte die eerste keer ingestel is in 1936
(26) See “One World, One Calendar.”
(26) Kyk na die “One World Calender.”
(27) Gedurende die 26ste Augustus, 1929 en die 26ste Junie, 1940, het die Soviet Unie egter die Gregoriaanse kalender verander, en die lengte van die weke verander in ʼn blatante aanval op Moslem/ Judese – Christen godsdienste. Sien Aanhangsel F.
(28) Kyk na die “The World Calender.”
(29) Charles Forelle, “Time and Again, the Calendar Comes Up Short,” Wall Street Journal, December 31, 2009.
(30) Terwyl nie alle voorgestelde kalender veranderinge die aaneenlopende weeklikse siklus onderbreek doen die “World Calender” dit. Gaan na die webtuiste www.theworldcalendar.org.
(31) Kyk na: www.ipswich.qld.gov.au/about_council/mayor_and_councillors/division_2/perpetual_calendar/.
(32) Gedurende 1937, Het Dr. Jean Nussbaum ʼn reeks van onderhoude gevoer met leier biskoppe van die Katolieke Kerk en geleerdes in Parys en Rome. Agterna in sy onderhoud met die Rektor van die “Bible Institute van Rome,” het Nussbaum onthou dat hy “geen probleem sien in die aanvaarding van die kalender verandering ..... En voel hy dat die [Roomse Katolieke Kerk], oor die nodige mag beskik om die verandering te maak.” Om Nussbaum se onerhoude en notas te lees, besoek:www.4angelspublications.com/mcrm.php
(33) Openbaring 14 verse 9 en 10
(34) Personal interview, August 16, 2007, Spokane, Washington.
(35) Dit is nie die leerstellings van die onsterflikheid van velore siele, en wat in ʼn ewigdurende hel brand. Dit Skrif maak dit duidelik dat die loon van die sonde is nie die ewigelewe van pyniging . Eerder is dit “Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van Yahuwah is die ewige lewe in die Gesalfde, Yahushua.” (Romeine 6 vers 23) Die derde engel maak dit duidelik dat die lengte van die dood vonnis is verewig, deurdat niemand eindelik tot in ewigheid brand. Lees ook Prediker 9 vers 5: “Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet.”
(36) Openbaring 14 verse 9 tot 11.
(37) Openbaring 14 vers 12