Die ganse groot stryd tussen Yahushua en Satan, op sy eenvoudigste vlak, is oor die aanbiddings kwessie. Die dag waarop jy verkies om te aanbid, openbaar watter Godheid/godheid jy aanbid.
Vanaf Genesis tot Openbaring, is dit `n herhalende tema. In die veertiende hoofstuk van Jesaja, is daar `n baie interessante gedeelte wat aandui wat die rede van Satan se val is:
Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies. En jý het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van El en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. Ek wil klim op die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste! (verse 12-14)
Dit was in sy aspirasie om “soos die Allerhoogste te wees” dat Satan die eerste en grootste gebod oortree het: Jy sal Yahuwah jou Elohim liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod.” (Matthéüs 22:37 & 38) Satan wou nie net eenvoudig soos Yahuwah in wese wees nie; sou dit sy verlange gewees het, sou hy nooit gerebeleer het nie. Instede daarvan, het hy die eer en aanbidding wat die Skepper alleen toekom, begeer.
Die stelling: “Ek wil sit op die berg van samekoms” is baie openbarend. Die woord wat hier as “samekoms” vertaal word is mo’ed.
Mo’ed beteken “vasgestelde vergader plek.” . . . .Die woord mo’ed behou sy basiese betekenis van “vasgestelde,” maar verskil omtrent waarop ooreengestem is of vasgestel is volgens die konteks: die tyd, die plek of die vergadering self ... Die betekenis van mo’ed is binne die konteks van Israel se godsdiens vasgestel. (The Strong`s Expanded Dictionary of Bible Words.)
Mo’ed is dikwels `n aanwysing van `n bepaalde tyd en plek sonder inagneming van die doel.Synde dat die Joodse feesvieringe op gereelde tussenposes val, het hierdie woord nou daarmee verbind geraak . . . Mo’ed word in `n breë sin vir alle godsdienstige byeenkomste gebruik. Dit was nou geassosieër met die tabernakel self. Yahuwah het Israel op spesifieke tye daar ontmoet om Sy wil bekend te maak. Dit is `n algemene term vir die aanbiddings byeenkomste vir die volk van Yahuwah. (Hebrew-Greek Key Word Study Bible, “Lexical Aids to the Old Testament,” 1626, klem voorsien.)
Satan sê in Jesaja 14, dat hy soos die Allerhoogste sal wees omdat hy sal sit op die berg van samekoms – die berg van mo’ed. Hy sal besluit wanneer om te aanbid, en deur die deug om hierdie mag uit te oefen, die reg om te aanbid wederregtelik toe-eien.
Die eerste keer dat mo’ed in die Bybel verskyn is in Genesis 1:14: “En Elohim het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.”
Die woord as “vaste tye” vertaal is mo’ed. Reg in die middel van die Skeppings week, gee die Heilige Skrifte verslag dat een van die doelwitte van die ligte in die hemele was vir die vasstelling van mo’ed – wanneer die vasgestelde tye van aanbidding moes wees. Dit word bevestig in Psalm 104:19 – “Hy het die maan gemaak vir vaste tye.”
Weereens is die woord “vaste tye” mo’ed, terwyl die woord “gemaak” beteken om te doen, te ontwerp, of te skep. Yahuwah het die maan vir die uitsluitlike doel ontwerp om die tye van aanbidding vas te stel.
Watter tye van aanbidding? Hulle word in Levítikus 23 aangedui. Die leeue aandeel van hierdie hoofstuk word opgeneem deur die lys van die jaarlikse feeste: Pasga, Fees van Ongesuurde Brode, Pinkster, Fees van Basuine, Versoendag, en die Fees van Tabernakels. Maar die heel eerste fees wat genoem word, is die sewende-dag Sabbat:
Verder het Yahuwah met Moses gespreek en gesê: Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van Yahuwah wat julle moet uitroep as heilige samekomste – dit is my feestye. Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is `n dag van volkome rus, `n heilige vierdag; géén werk mag julle doen nie – dit is `n sabbat van Yahuwah in al julle woonplekke. (Levítikus 23:1-3)
Weereens is die woord as “feestye” vertaal word, mo’ed.
Satan het in sy pogings om Yahuwah se gesag wederregtelik toe te eien, nie net gedink om die tye en wette te verander nie – hy het dit ook gedoen. Op meesterlike wyse het hy die aandag van almal diegene wie met opregtheid verlang om die ware Sabbat te vier, verskuif. Die fokus was teenoor `n Saterdag versus Sondag konfrontasie. Niemand het gesien dat dit veel groter as dit was nie.
Hierdie stryd oor aanbidding sal voortdurend toeneem en versprei. Elke persoon op aarde moet `n besluit maak om Yahuwah op Sy ware Sabbat te aanbid, as `n teken van lojaliteit aan Hom, of anders net die verpligting opsy skuif as nie relevant in die behoeftes van vandag nie. Baie sal besluit dat solank as wat jy op enige dag van die week aanbid, dit net so goed soos die sewende-dag Sabbat is. Om materiële sekerheid te verkry, sal hulle `n valse sabbat aanvaar.
Maar baie sal verkies om standvastig en lojaal te wees aan hulle Skepper, deur Hom te aanbid op die dag wat Sy kalender in die hemel dikteer. Die stryd sal sneeubal totdat dit die punt van waarskuwing in Openbaring 16:13, 14 & 16 bereik:
En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom. Want dit is die geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die Almagtige Yahuwah . . .En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon.
`n Groot mate van spekulasie het voorgespruit uit die woord “Armagéddon” wat net eenkeer in die ganse Bybel gebruik word. Hollywood filmregisseurs het dit in hul vele apokaliptiese, einde-van-die-wêreld scenarios ingeweef. Die woord self is `n rariteit, alhoewel Openbaring in Grieks geskryf was, is “Armagéddon” eintlik `n kombinasie van twee Hebreeuse woorde. Die eerste is har (#2022) wat eenvoudig net “berg” beteken.
Geleerdes is verdeeld omtrent die tweede woord in hierdie samestelling. Sommige glo dit moet #4023: Megiddo wees, `n plek in Palestina. Die probleem met hierdie interpretasie is dat wanneer ons gaan waar Megiddo was sien ons geen berg daar nie! Inderwaarheid is dit net `n vallei, “die Vallei van Megiddo” (Sien 2 Kronieke 35:22.)
Die ander opsie is #4150: mo‘ed. Waarna Openbaring 16:16 verwys is die Berg van die Mo’eds. In die Skrifte is berge die simbole van regerings. (Sien Daniël 2, veral verse 34-35 en 44.) Dit was dieselfde berg waarna verwys word in Jesaja 14 waarvan Satan sy intensies noem dat hy sal sit op die Berg van Samekoms: hy het sy doelstelling bekend gemaak om heerskapy oor die regering van die Hemel en die reg om aanbid te word, te eien.
Die langdurige stryd tussen goed en kwaad was `n stryd tussen twee verskillende regerings: `n Heerskappy van Liefde versus `n Heerskappy van Boosheid; `n Regering wat aan sy inwoners algehele Vryheid van keuse gee versus `n regering wat die wil van sy burgers in slawerny dompel. Jou dag van aanbidding openbaar aan watter regering jy jou getrouheid met `n eed beloof.
Die oorlog van Armageddón is die finale stryd in die oorlog. Dit is `n oorlog tussen twee verskillende regerings en hulle verskillende tye van aanbidding. Armagéddon is die beslissende oorlog omdat Yahuwah uiteindelik `n groep sal hê wie gewillig is om Sy gebooie te gehoorsaam ten alle koste van hulleself. Hierdie geveg sal uitgewoed word in die oorlogsvelde van die mo’eds.
Satan het die laaste 6,000 jaar spandeer om sy berg te vestig – sy regering, sy stelsel van valse aanbidding. Ook Yahuwah het `n aanbiddingstelsel: opregte, heilige aanbidding. Elke stelsel het sy eie fees dae. Die teken van lojaliteit is die dag waarop jy verkies om te aanbid want dit is regeer deur of die ware kalender ingestel deur Yahuwah tydens die Skepping, of `n valse kalender, afgeskei van die maan wat ontwerp was vir die einste doel van bekendmaking van die tye vir aanbidding.
Tydens die skeppingsweek toe die maan vir kalender berekening ontwerp was (sien Psalm 104:19), was nog `n rol aan haar toegesê: “En Elohim het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel as vir vaste tye, asook vir dae sowel as vir jare.”
Die woord as “tekens” vertaal is #226:
Owth beteken “teken; merk.” Hierdie woord verteenwoordig iets waaruit `n persoon of groep persone karakteriserend gemerk is . . . [dit word gebruik] om `n militêre banier voor te stel . . . Die woord beteken “teken” as `n herinnering van mens se plig . . .
(The New Strong's Expanded Dictionary of Bible Words, Thomas Nelson Publishers.)
Die ware Sabbat is dit alles en nog meer. Die Sabbat, soos deur die maan bereken, is `n herinnering van ons plig, onse voorreg van aanbidding aan onse Skepper op Sy mo’ed. Dit is `n merk wat hulle wie Yahuwah volgens Sy luni-solar kalender aanbid uitsonder. In die finale skermutseling tussen goed en kwaad, is die mo’ed wat jy hou die militêre banier wat aandui aan wie se kant jy staan.
Die praktiese gevolge van aanbidding aan Yahuwah op die ware Sabbat is om uit te tree en om afgeskei te wees van die res van die wêreld. Dit is nie maklik, gerieflik of populêr nie. Die natuurlike mense hart kom in opstand teen enigiets so “eienaardigs.”
Die finale generasie word in Openbaring 14:4 as `n spesiale groep beskryf: Dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan.” Om die Lam te volg orals waar Hy ookal mag lei, vereis `n totale oorgawe van die wil. Slegs hulle wie eerstens hulle wil in so `n mate oorgegee het om gewillig te wees in gehoorsaamheid as dit waar is, sal die waarheid in `n onpopulêre leerstelling herken.
Mag Yahuwah aan elkeen `n gewilligheid skenk om gewillig gemaak te word om te gehoorsaam.
Verwante Inhoud: