Print

Wanneer was die Maan Gemaak? Maak die Dag Werklik Saak?

Die Skepper se Kalender is gebaseer op die Maan en die Son, soos aangedui in die Skrifte. Namate die ondersteuning vir die ware Kalender toeneem, so ook die onsinnge argumente daarteen. Wanneer was die maan eintlik gemaak en hoe affekteer dit sy bevoegdheid om `n akkurate Hemelse horlosie te wees? Kan ons met alle eerlikheid die wysheid en patroon wat in Genesis uiteengesit is vertrou? Laat ons uitvind.

boy playing with cars

In hulle behoefte vir `n genotvolle reënerige dag aktiwiteit om die woelwater kinders uit die huis te kry, was Alex en Sophia in hulle ou stasiewa geboender en het met hulle ouers na `n groot motor fabriek gegaan om na die monteer lyn te kyk om te sien hoe karre aanmekaar gesit word. Die gesin moes verby groot pakhuise gegaan waar voor-afvervaardigde onderdele en wiele geberg was. Toe hulle die enorme en heelwat tegniese motorfabriek binnegaan, het hulle in verwondering gesien hoe groot robotte en nougesette werkers  met `n paar snaaks gevormde dele en stadig maar sistematies elke deel gemonteer het om `n kar te vorm. Na elke nuwe deeltjie in plek geplaas was, het Alex al hoe meer opgewonde geraak. Sy gunsteling deel van sy speelgoedkarretjies en trokke was die rubber wiele waarmee hy maak dat hulle oor die kombuis vloer kon jaag. “Maar waar is die wiele? Hoe sal hierdie karre ooit iewers kan gaan?”  het Alex sy pa gevra. “Wees net geduldig.” Was sy pa se antwoord. Die ontwerpers het `n plan en tyd vir elke deel. Ek is seker hulle sal aangesit word as die tyd reg is.” Steeds was Alex nie so seker nie. In sy oë was die wiele die mees belangrikste deel. Met ywer het hy sy gesin na die einde van die monterings lyn aangepor. Sophia en Alex het gevra dat hulle altwee opgetel moes word om `n beter sig te hê oor die stewige veiligheids-skans aan die einde. Daar is hulle! Mooi, blinkende karre het letterlik van die monteringslyn afgerol ... met wiele! “Wiele!” het Alex uitgeroep. Hy was regtig verlig om dit eindelik te sien. “En raai wat?” het hulle ouers glimlaggend gevra. “Daardie een is ons s`n!” Alex en Sophia het gejil van vreugde! Wat `n opwinding om te sien hoe hulle nuwe kar eintlik gemaak word! Hulle sal hierdie dag vir ewig onthou.

In hierdie verhaal sien ons hoedat Alex skepties was om die ontwerpers te vertrou. Vir hom was dit nodig dat die wiele eerste aangesit moes word; maar, die ontwerpers het `n duidelike plan en orde gehad in die ontwerp van die kar. As aardse ingenieurs `n kar doeltreffend kan ontwerp en monteer, hoeveel te meer kan ons, ons Hemelse Vader vertou in Sy plan en ontwerp wat uitgelê is in die Skeppings week?

Daar is `n gewilde argument teenoor die Skepper se Lunar-Solar Kalender wat voorstel dat sedert die Maan nie ontwerp, of ten minste ingestel 1 was op die 4 de dag van die Skepping nie, kan dit nie `n belangrike rol in die Skepper se Kalender speel nie, veral nie in verband met die weeklikse siklus nie. Hoewel skeptici vinnig is om hierdie veronderstelling as “bewys” teen die Lunar-Solar Kalender te plaas, sal `n noukeriger ondersoek die valsheid van hierdie redenasie toon.

Onse Hemelse Vader is die Skepper van orde, rede, en die heersende wette van ons ongelooflike Heelal. Ons sien die wysheid wat in die patroon uitgesit is in die Skeppings week van Genesis. Hy het met niks begin en alles geskep in die regte tyd en in die regte volgorde. Hy sou nie vir Adam en Eva op die eerste dag geskape het nie, omdat hulle moes: “Wees vrugbaar, vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat oor die aarde kruip.” Daar was niks vir hulle om oor te heers op die eerste dag nie, die Aarde was woes en leeg. Daarom was hulle natuurlik na hul woonplek vir hulle ontwerp was, geskape, so ook met die plante en diere wat ook moes groei en vermeerder. Laat ons die orde deur Yahuwah geskep, ondersoek soos in Dae 1, 2, en 3 om te sien hoe hulle verwant is aan Dae 4, 5, en 6.

Dit is baie duidelik dat Yahuwah die Aardse woning geskape en verfyn het, en daarna het Hy dit laat bewoon. Yahuwah ...

Dag 1: Het Lig Gemaak-duisternis geskei. Eerste Dag en Nag.

Dag 2: Het die waters geskei wat die Aarde bedek (het die uitspansel gemaak)

Dag 3: Het die waters van die Aarde in een plek versamel, deur droë land te skep; het die land van gras en vrug-draende plante en bome voorsien.

In hierdie tydstip van die Skepping, het dit voorgekom dat die Aarde gereed was om diere lewe te kan onderhou. In Sy oneindige wysheid, het Yahuwah voortgegaan om ons wonderlike planeet verder te verfyn.

Dag 4: Die twee groot Ligte, die Son en die Maan, was ingestel en die Sterre in hul perfekte lokaliteite geplaas. Hul vasgestelde doel as tydhouers en vasstelling van aanbiddingstye word so verduidelik:

“ ... en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye [H4150], asook vir dae sowel as jare.” (Genesis 1:14)

H4150: “Mo’ed word in `n breë sin gebruik vir alle godsdienstige byeenkomste. Dit was nou geassosieer met die tabernakel feeste self. . .  [Yahuwah] het Israel op spesifieke tye daar ontmoet vir die doel om Sy wil te openbaar. Dit is `n algemene term vir die aanbiddings byeenkomste vir [Yahuwah] se volk.”  (Lexical Aids to the Old Testament,” Hebrew-Greek Word Study Bible, bl. 1626.)

Dit was hier waar die Skepper die fyner instellinge van die vasgestelde tyd-houers in die hemele, gedoen het. Met die vasstelling van aanbiddingtye saam, moet notisie geneem word dat Moses verslag gedoen het dat die hemelse liggame was :

“om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis.”  (Genesis 1:18)

Dit is `n duidelike herverklaring en fynere instelling van wat oorspronklik op Dag 1 gedoen was - `n skeiding van Lig en Duisternis. Dít is `n tamaaie stelling. Dit is waar Hy die “wiele aan die kar” van Sy Kalender aansit, as jy dit so wil stel. Dit is bewys dat die Son en die Maan, inderwaarheid reeds al ontwerp was en die Meester se doel gedien het, deur lig en duisternis te skei, die dag van die nag (in wat reeds die drie letterlike 24-uur dae was wat Dag 4 voorafgegaan het); maar, hulle goddelik vasgestelde doel, was verder verduidelik en fyner ingestel saammet die Sterre op Dag 4. Dit word selfs meer opvallend wanneer mens die Hebreeuse woorde en sinsnedes in oënskyn neem wat deur Moses gebruik was met die aantekening van hierdie gedeeltes. (H6213). (Meer oor hierdie baie belangrike stelling in `n oomblik.)

Dag 5: Hy het die seë in oorvloed van lewe voorsien, en die hemele met elke gevleuelde voël gevul. Neem notisie hoe Hy in Dag 5 laat bewoon dit wat Hy in Dag 2 van die Skepping van mekaar geskei het.

Dag 6: Op die finale dag van die Skepping, het Yahuwah die droë land met lewende wesens gevul en toe het Hy die Man en die Vrou geskape. Hulle moes vrugbaar wees en vermeerder en sorg neem vir Sy Skepping. Neem notisie hoe Hy op Dag 6 die uitspansel wat Hy op Dag 3 geskep het, bewoonbaar gemaak het.

Ter opsomming. . .

 Dag 1

Dag 4

 Day 1 and Day 4 of Creation

Dag 2

Dag 5

Day 2 and Day 5 of Creation

Dag 3

Dag 6

Day 3 and Day 6 of Creation

Is dit nie interessant dat die enigste iets wat op Dag 4 geskape is, tyd was? Op Dag 4, volgens Genesis 1:14, was die Hemel liggame ingestel vir die doel van tyd en kalenderberekening. Daarby, kan ons notisie neem dat niks, (as dit reg verstaan word) geskape was eerdat die kalenderberekenings beginsels vasgestel was nie. Moses het nie die week van die maand in Genesis 1 aangeteken nie, maar ons kan voorstel dat dit so moes gelyk het:

Lunar Solar Calendar

Om die patroon verder uit te lê wat in die Skeppings Week uiteengesit is, soos voorheen vermeld, (alles in die hemele was) eintlik in Genesis 1:1 gemaak. Hierdie geloofsoortuiging was onlangs verder versterk met die ondersoek van die Skeppings verslag. Hier is dit waarin WLK glo die Skrifte sê:

“In die begin het Elohim die hemel en die aarde geskape.” (Genesis 1:1) (die son en die maan en die sterre, wat in die hemele voorkom).

Die woord wat hier vir “gemaak” gebruik word is bara (H1254). Die gebruik daarvan in Genesis 1 blyk om aan te dui dat om iets te maak in `n algehele sin, asof uit niks. Hierdie woord is slegs 5 keer in Genesis 1: (1) gebruik   “ . . .die hemel en die aarde geskape.” 2 “. . .die groot seediere geskape.” 3 “. . . die mens geskape na Sy beeld.”  4 “. . . het Hy hom geskape.  5 “ . . .man en vrou het Hy hulle geskape.”

Die ander woord vertaal as “gemaak” regdeur Genesis is asah (H6213). Hierdie woord beteken om te doen of te maak, in die breedste sin en die wydste toepassing: - bereik, verbeter, vasstel, . . .”2 Volgens die eerste vers in Genesis, lyk dit asof hierdie woord dui op die verbetering van iets wat alreeds geskape, of om op die vasstelling van iets. Soos byvoorbeeld: Yahuwah het die uitspansel “gemaak” (H6213) deur die waters te verdeel wat alreeds daar was; Hy het die twee groot ligte “gemaak” (H62143).” Psalm 104, wat weereens staaf wat `n kronologiese verslag is van die Skeppings week, gebruik presies dieselfde woorde deur Moses in Genesis 1:16; maar hier word dit gebruik as “ingestel”

U het die maan gemaak (H6123) om vaste tye [mo`ed] mee aan te gee.” Psalm 104:19, NV

Insig hierin werp lig op Genesis 1:1 en die eerste dag van die Skepping (woordspeling bedoel) “Laat daar lig wees” op “Dag 1” was die lig verskaffing aan die son, wat verklaar waarom daar letterlike dae was (lig/duisternis siklus) voor “Dag 4” Die son aan wie lig verskaf was op “Dag 1” verduidelik hoe daar dag (H3117-vorm: om warm te wees: `n warm dag”) en nag reeds voor “Dag 4” kan wees. Die son, maan en sterre was eenvoudig net “gemaak om hul goddelik kalendasie rol op “Dag 4” “aan te gee”. Maar,  was in die begin  “gemaak” (bara – H1254) waar dit aangedui word: “In die begin het Elohim die hemel en aarde geskape.” (Genesis 1:1)

Om te dink dat Yahuwah nog nie die Son en die Maan op die eerste dag reeds al verorden het nie dat hulle nie gebruik kan word vir Sy Kalender nie, maak  totaal en al nie sin nie. Hy het duidelik gemaak dat die Son en die Maan, dien as tekens sowel as vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.” (Genesis 1:14) en selfs nog sterker bewyse vir die Maan in Psalm 104:19, “Hy het die maan gemaak vir die vaste tye [mo`ed]; die son ken sy tyd om onder te gaan.” Nuwe Maan Dag is sonder weerga `n Skriftelike aanbiddingsdag. Sien Númeri 29:6, 2 Konings 4:23, Psalm 81:4, Jesaja 66:23, Esegiël 46:1-6, en Amos 8:5.3

Ironies dat mense geen probleem het deur `n son kalender te gebruik om selfs as die son nie voor die 4de dag verorden was nie. Waarom moes die maan enigsins minder funksioneel wees as `n kalender, veral in die lig van Psalm 104:19?

Hy het die maan gemaak vir vaste tye; die son ken sy tyd om onder te gaan.

Hierdie argument is niks meer as net skynheiligheid nie, die pot wat die kettel swart noem, as jy dit so wil beskou. Die hele dispuut verloor selfs meer geloofwaardigheid soos dit in die Skrifte aangedui word dat beide die Son en die Maan reeds in Genesis 1:1 al gemaak is.

In die eerste oogopslag sal sommige verdienste sien in die argument dat die Maan nie verorden was op die eerste dag nie en kan dus nie vir Sy Kalender gebruik word nie. Maar die Skrifte illustreer iets heeltemal anders. Die Maan was en is steeds duidelik vasgestel vir die gebruik in Sy Gewyde Byeenkomste, aanbiddings tye, en is dus `n essensiële deel in Sy Kalender. Die Maan, met sy presiese uurwerk fases, staan uit as `n onbeweeglike kalender in die hemel. Loof Yahuwah, nou en vir alle ewigheid, vir Sy perfekte plan, Sy wysheid, Sy Voorsiengheid, en vir Sy beeldskone ewige Kalender in die hemel!


1 Ons het die invoeging “of ingestel het” bygevoeg, omdat daar ruimte in die Hebreeuse teks beide kontekstueel en taalkundig is om vasbeslote aan te neem dat die Son en Maan ingesluit was in die uitspraak om Lig op dag 1 van  die Skepping te verskaf en dat hulle eerder op dag 4 van die Skeppings week ingestel was in hul spesifieke rol.

2 Strong`s Dictionary

3 Núm. 29:6 Behalwe die brandoffer van die Nuwe Maan en die spysoffer wat daarby behoort, en die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort, en hulle drankoffers volgens die daarvoor geldende voorskrif – tot die lieflike geur, `n vuuroffer aan Yahuwah.

2 Konings 4:23 En hy sê: Waarom gaan jy vandag na hom? Dit is geen Nuwe Maan of Sabbat nie. En sy antwoord: Wees maar gerus!

Psalm 81:4 Blaas die basuin op Nuwe Maan; op Volmaan vir ons feesdag.

Jesaja 66:23 En elke maand op die Nuwe Maan en elke week op die Sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê Yahuwah.

 Esegiël 46:1 ‘So sê Yahuwah Elohim: Die poort van die binneste voorhof wat na die ooste kyk, moet gedurende die ses werksdae gesluit wees; maar op die Sabbatdag moet dit oopgemaak word; ook moet dit op die dag van die Nuwe Maan oopgemaak word.

Esegiël 46:6 Maar op die dag van die Nuwe Maan: `n jong bul sonder gebrek en ses lammers en `n ram – sonder gebrek moet hulle wees.

Hoséa 5:7 Hulle het troueloos gehandel teen Yahuwah, want hulle het onegte kinders verwek; nou sal die Nuwe Maan hulle met hul velde verteer.

Amos 8:5 Deur te sê: “Wanneer is die Nuwe Maan verby, sodat ons kan koring verkoop, en die Sabbat, sodat ons die graanskuur kan oopsluit – om die efa te verklein en die sikkel te vergroot en bedrieglik te handel met `n valse weegskaal.