Print

Wisselkind: Christene wat Paganisties Raak

Die name van die planetêre week was in die kalender in gebruik onder die sogenaamde Christene verewig. Elke keer wanneer ons na `n kalender kyk wat voor ons is, het ons voor ons `n voortdurende herinnering van die amalgamasie van paganisme en Christelikheid wat as gevolg van die groot godsdienstige afvalligheid plaasgevind het - daardie “groot afval” deur Paulus voorspel, wat in die vroeë eeue van die Christen kerk plaasgevind het en die moderne Babilonië van teenstrydige sektes en geloofbelydenisse gevorm het wat die naam van Christus bely.(1)

Dit  is verstaanbaar, maar ongelukkig, dat moderne Christene veronderstel dat die week aaneenlopend gesirkuleer en sonder onderbreking sedert die Skepping gekom het soos ons dit vir vandag ken: die ganse wêreld is eenvormig in die gebruik van die Gregoriaanse kalender vir 6,000 jaar terwyl verskillende dele van die westerse wêreld die Juliaanse kalender byna 2,000 jaar gelede aanvaar het! Maar, onkunde in waarheid verander nie wat waarheid is nie; nes Yahuwah hartseer oplet in Hosea 4:6: “My volk gaan ten gronde weens `n gebrek aan kennis.” Dit is die verantwoordelikheid van elke indiwidu om vir homself te ondersoek wat waarheid is en hulle lewens volgens daardie kennis uit te leef.

Die amalgamasie van Christenheid met paganisme in die vorm van Mithraïsme was `n proses wat verskeie honderde jare geneem het. Toe die proses eers volmaak was, was die ware Sabbat van die vierde gebod verlore onder die veronderstelling dat die moderne vorm van die planetêre week onveranderd sedert die Skepping gekom het. Hoewel verwysinge van nuwe Christene wie steeds kleef aan paganistiese gebruike in die Nuwe Testament gevind word, het die grootste verandering ingesluip onder kalender metodes. Die Juliaanse son kalender met sy aaneenlopende weeklikse siklus was baie anders as die luni-solar kalender deur die Jode en Apostoliese Christene gebruik. Deur besigheid te doen met `n gemeenskap wie `n anderste metode van tyd houding gebruik het, was moeilik. So vroeg as die laaste gedeelte van die eerste eeu, het Ignatius die “beweging begin vir die vervanging van Sondag heiliging vir die Sabbat aanbidding.(2)

Die Christene in Rome was onder die eerstes om aanbidding op die Juliaanse kalender eerder as die Bybel se kalender te begin. Dit het verwarring onder die paganiste geskep. Rondom A.D. 175-178, het Celsus, `n Romeinse filosoof en Stoik, On the True Doctrine: A Discourse Against Christians, geskryf.(3) Dit was `n magtige veroordeling van die Christendom. Alhoewel sy geskrifte “maar min van die bitterheid waarmee ander [meeste paganiste] gekenmerk word, openbaar”(4) het hy nogtans die Chistene bespot deurdat hulle die heidene na aap. “Die gevolge van sy werk was om die Christene in `n baie onvriendelike lig in die oë van die wêreld van die Romeine en hulle heersers te sit.”(5)

Hoewel geen afskrifte van Celsus se werk steeds bestaan nie, was die meeste in `n massiewe werk deur Origen, Contra Celsum, aangehaal. Een aanhaling wat baie fassinerend is omdat dit verwys na Mithraisme en die planetêre gode.(6) Dit is interessant om ook op te let, dat Origen nie probeer het om enige parralelle wat Celsus tussen die Christendom en Mithraïsme gemaak het, te weerlê nie, maar het eenvoudig net probeer om die aanklagte te vermy.(7)

Die omvang waarmee sommige Christene die paganistiese gewoontes omhels het, het baie paganistiese Romeine verbaas. Tertuliaan (c. 160-225), `n vroeë Christen, het ter verdediging van Christene die proses wat toe plaasgevind het openbaar gemaak met sommige Christene wie op Sondag, ander op Saterdag, en steeds ander wie aanhangers is van die Bybelse (maan berekende) Sabbat. Sy stellings het dit duidelik geopenbaar dat Christene verkeerdelik vir Mithraiste aangesien was:

Andere, versekerd meer opgevoed, het gedink dat die Son die god van die Christene was, omdat dit bekend was dat hulle na die ooste bid en `n fees op die dag van die Son vier. Doen jy minder? Is die meerderheid van julle, in aanwendsel van aanbidding van die hemelliggame, by tye julle lippe beweeg in die rigting van die opkomende son nie. Julle is vir seker diegene wie ook die Son ontvang het in die register van die sewe dae, en onder die dae uitverkies . . . . (8)

Dit is maklik om te sien hoe Christene wie op Sondag aanbid verwar word met paganiste. Die ooreenkomste waarop Christus en Mithra aanspraak maak sluit die volgende in: 

Toe die Christene ook die Juliaanse kalender vir aanbidding aanvaar het, het die paganiste minder verskille gesien tussen die Christendom en hulle eie Mithraisme, anders as die Christene se weiering om reukwerk aan die keiser te brand, wat as verraad beskou was. Nog `n aanhaling deur Tertuliaan is baie besonders, wat weereens die teenstrydige gewoontes onder Christene openbaar, met sommige wie op Sondag aanbid andere op Saterdag wat hy aandui `n afwyking van Joodse gewoontes (die apostoliese Christene in hierdie tyd het steeds die Sabbat van die Bybel se kalender onderhou):

Ons sal dalk vir Perse [Mithraïste] aangesien word, . . . Die rede hiervoor, veronderstel ek, is dat dit bekend is dat ons bid in die rigting van die ooste. . . Net soos wanneer ons die dag van die Son wy aan feestelikhede (van `n ver anderste rede van Son aanbidding), is ons in `n tweede plek van diegene wie die dag van Saturnus wy, wie self ook afwyk van `n Joodse gewoonte waarvan hulle onbewus van is.(10)

Hierdie aanhaling bevestig dat die aanbidding van Saterdag self `n afwyking van die Joodse gewoonte van aanbidding op die sewende-dag van die oorspronklike kalender was.

Moenie veronderstel omdat sommige Christene paganistiese kalenderberekening en gewoontes aanvaar het, die verandering sonder protes van ander Christene plaasgevind het nie. Apostoliese Christene, wie streng gekleef het aan die leerstellings van die apostels en hulle onmiddelike geestelike afstammelinge, was baie verontwaardig vir wat hulle as paganistiese afvallighede aangesien het wat die ekklesia ingesluip het. Die vooroordeel teenoor Christene was in die hoogste graad. Inderwaarheid was die hoofklem van Tertuliaan se werk, die Apologeticum, om die Christendom teen die onredelike behandeling van Christene deur die paganiste te beskerm.

Die rede waarom ons Ekklesia en nie kerk in verwysing na Yahushua se getroues in WLC inhoud gebruik nie, is omdat die woord “kerk” nie met akkuraatheid die betekenis van die oorspronklike Griekse, “Ekklesia” oordra nie. Regdeur die Nuwe Testament, verwys Ekklesia na die Uit Geroeptes. Die woord “kerk” wat op `n groep klem lê, is dus dan `n verkeerdelike vertaling en moes nooit gebruik word nie. Christene is letterlik die Uit Geroeptes.Die ware volgelinge van Yahushua is inderdaad die Uit Geroeptes  vanuit die georganiseerde denominasies  en gevalle Babiloniese godsdienste.Wanneer die boodskap om uit Babilon te vlug gehoorsaam is, moet niemand weer terugkeer na Babiloniese kerke en godsdiensvorme nie.

Tertuliaan, met die gawe van `n snydende vernuf en met veel smaak vir ironie, het die inkonsekwente mishandeling van Christene versus gewoonte misdadigers deur magistrate uitgewys.(11) Waarvolgens `n gewoonte misdadiger gemartel was totdat hy sy misdaad erken het, was Christene wie bely het dat hulle “Christene” was, gemartel totdat hulle dit ontken het. Terwyl Christene van rituele bloedskande en eet van babas beskuldig was, was sulke klagtes nooit bewys nie. Verder het Tertuliaan skewebek bemerk dat die paganiste (wie onbeplande kinders in die steek gelaat het) so losbandig was sodat bloedskande vir hulle `n onafwendbare indien moontlik, `n onbekende gebeurtenis was.    

Dit is nie vir hedendaagse Christene om diegene te veroordeel wie in die verlede onder uiterste vervolging gelewe het nie. Maar dit moet verstaan word dat paganisme slegs deur uiterste protes en deur die bloed van martelarepersecuted for being faithful to the bible sabbath `n voet in die deur van Christendom gekry het. Diegene wie weier om `n knypie wierook ter ere van die “geestelike” keiser te offer sal geforseer word om `n handvol wierook met brandende kole gemeng, vas te hou. As die brandende mengsel laat val was uit refleks of as dit geval het nadat die vingers afgebrand was, sou die paganiste hulle daarin verbly dat behoorlike eer aan die keiser betoon is.(12) 

Van die Christene was ook verwag om `n knypie wierook aan die Romeinse gode te offer. “Gebede aan die planete op hulle onderskeie dae was deel van die aanbidding van die hemelse liggame.”(13) Sommige moderne teoloë het erken, “Ja, wanneer die sewende-dag Sabbat volgens die Bybelse kalender bereken word, sal dit anders val; maar al wat God verwag is om `n sewende-dag Sabbat te vier deur watter kalender ookal die gemeenskap gebruik.” So `n geloofsoortuiging openbaar `n tragiese tekort aan kennis van die kwessie op die spel. Die planetêre week met die sewe astrologiese gode was duidelik deur die apostoliese Christene verbind aan demone aanbidding. Die Skrifte is gesetel dat die rites van die paganiste niks meer is as duiwel aanbidding is nie.(14)

Bogenoemde illustrasie(15) wat in Tortures and Torments of Christian Martyrs gevind is, Skets A, wie forseer word om `n handvol brandende kole te hou.(16) Die titel lees: “Martelaar se hand is gevul met wierook gemeng met lewende kole, en wie deur die pyn genoop is om die wierook te strooi, is van hom gesê dat hy `n offer aan die afgod gemaak het.” Die groep weerligstrale in die gewone vorm van `n X met `n dik gehalveerde weerligstraal, wys dat die afgod die planetêre god Jupiter is.(17) Geen ware Christen, nie eens om sy lewe te red nie, sou `n knypie wierook offer aan daardie dag se planetêre god nie, nie eens Saturnus nie – selfs as die sewende-dag Sabbat van daardie maan maand met die dag van Saturnus saamval. Om dit te doen sou Saturnus as die “god” van daardie dag erken word.   

Kalender berekening omsluit veel groter kwessies as wat besef word. Die dag waarop mens aanbid openbaar watter Godheid/godheid aanbid word. Die vroeë Christene het goed geweet dat om op `n paganistiese kalender te aanbid was om eer te gee aan `n paganistiese god. Deur aanbidding op die Skepper se luni-solar kalender, het hulle hul getrouheid aan die Eloah van die Hemel verklaar.

Die Christendom se aanvaarding van die paganistiese kalender berekening het nie oornag geskied nie. Sommige Christene het op een punt gekompromiteer, andere weer op `n ander. Sommige het streng vasgehou aan die luni-solar kalender, terwyl andere die lunar Sabbat onderhou het, maar ook Sondag erken het. Dan het andere beide Saterdag en Sondag onderhou, terwyl sommige net op Sondag aanbid het. Die kompromië van een generasie was net `n stappie verder gevat deur die volgende een.

Elke tree in die koers van die afvalligheid, in elke stap wat geneem is in die aanneming van die vorme van sonsaanbidding en die viering van Sondag self, was daar konstante protes deur alle opregte Christene. Diegene wie getrou aan Christus en die waarheid van die  reine woord van [Yahuwah] gebly het, het die Sabbat van die [Meester] volgens die gebooie, en volgens die woord  van [Yahuwah], wie die Sabbat ingestel het as die teken waardeur [Yahuwah], die Skepper van die hemele en die aarde, van alle gode onderskei word, gevier. Hulle het vervolgens teen elke fase en vorm van sonsaanbidding geprotesteer. Andere, veral in die Ooste het gekonformeer deur beide die Sabbat en Sondag te onderhou. Maar in die Weste onder Romeinse invloed en onder die leierskap van die kerk en die bisdom van Rome, was Sondag alleen aanvaar en onderhou.(18)

Omdat die kalenders so verskillend was, was elke area in die lewe noodwendig geaffekteer. Diegene wie nie `n hartsbegeerte vir ware leerstelling gehad het nie het dit maklik gevind om hulle kompromie te regverdig. Geleerdes het geglo dat Eusebius van Caesarea die eerste ekklesiastiese skrywer was wie die paganistiese name van “Sondag” weg gespiritualiseer het om dit aanvaarbaarder vir Christene te maak. Van dies Solis, Sondag het hy gesê: op dié dag kom die Son van Geregtigheid vir ons siele op.” Verder het hy geskryf van die waarneming van “die aangesig van die heerlikheid van Christus, en om die dag van Sy lig te aanskou.”(20)

`n Verslag van die Christen verskywing van die paganistiese kalender was in verskeie grafskrifte bewaar. Een Christen inskripsie verwys na dies Mercurii (dag van Mercurius) in die teks. Die grafskrif datum soos geglo is of A.D. 291 of 302.(21) Nog `n Christen inskripsie, een van die oudste gedateerdes in Rome ontdek, verwys na dies Veneris (dag van Venus). Wat hierdie spesifieke inskripsie besonders maak is dat dit beide die Juliaanse datum en die luni-solar datum aandui! Gedateer A.D. 269, wat sê:   

In die konsulaat van Claudius en Paternus, op Nones van November, op die dag van Venus, en op die 24ste dag van die lunar maand, het Leuces [hierdie gedenksteen] opgerig vir haar liewe dogter Severa, en vir Sy Heilige Gees. Sy het op [die ouderdom] van 55 jaar, en 11 maande [en] 10 dae gesterf.(22)

Die Nones van November is November 5 wat op die dag van Venus, Vrydag geval het. Op daardie maan maand korrespondeer dit met die 24ste dag van die maan maand, of die “Tweede Dag” op die Bybelse week.

Hierdie stadige metamorfose van reine, apostoliese Christelikheid, na `n Christelikheid verweef met paganistiese kalender berekenings beginsels is grootliks verantwoordelik vir die tekort aan kennis wat deesdae aangaande die ware kalender van die Skepper bestaan. Die paganistiese aaneenlopende weeklikse siklus reik so ver terug in die geskiedenis, dat veronderstel word dat `n aaneenlopende weeklikse siklus altyd bestaan het. Die historiese feite van die Juliaanse kalender is vergeet en sirkelvormige redenasie was gebruik om te “bewys” dat Saterdag die Bybelse Sabbat is: bv., die moderne Gregoriaanse week het voortdurend gesirkuleer. Dan moet Saterdag die “sewende-dag Sabbat” van die vierde gebod wees.

Katolieke en Protestante aanbid op Sondag, die eerste dag van die Gregoriaanse week, was as verdere “bewys” geneem dat Saterdag die sewende-dag Sabbat van die Bybel is. In elk geval, “As Saterdag nie die ware Sabbat is nie, waarom sal Satan bodder deur mense te hê wat op Sondag aanbid?” Hierdie dubbele misleiding het Saterdag sabbatariërs in hulle veronderstelling versterk dat Saterdag die Bybelse Sabbat is. Maar die historiese feite skyn lig deur die duisternis van dwaalleer en tradisie om die paganistiese oorspronge van beide moderne aanbiddingsdae, Sondag en Saterdag, openbaar te maak.

_______________________________________________________________________________

Verwante Inhoud:

_______________________________________________________________________________

(1) R. L. Odom, Sunday in Roman Paganism, (New York: TEACH Services, Inc., 2003), bl. 202.

(2) Eviatar Zerubavel, The Seven Day Circle, (Chicago: University of Chicago Press, 1985), bl. 22; Ignatius, Epistle to the Magnesians, (The Ante-Nicene Fathers, Grand Rapids, Michigan: W. B. Eerdmans, 1956, James Donaldson and Alexander Roberts, eds.), Deel. 1, bls. 59-65.

(3) Sien On the True Doctrine, vertaal deur R. Joseph Hoffmann, (New York: Oxford University Press, 1987).

(4) “Celsus the Platonist,”Catholic Encyclopedia, NewAdvent.org.

(5) Odom, op. cit., bl. 54.

(6) Origen, Against Celsus, boek 6, hoofstuk 22 in The Ante-Nicene Fathers, (New York: Charles Scribner’s Sons, 1913), Deel. 4, bl. 583.

(7) Ibidem

(8) Tertullian, Ad Nationes, Boek 1, Hoofstuk 13 in J. P. Migne, Patrologiæ Latinæ Cursus Completus, (Parys, 1844-1855), Volume 1, kolomme 369-372.

(9) Alhoewel Christus nie op 25 Des. gebore was nie, bly dit die Christene se “amptelike” verjaarsdag vir die Messias.

(10) Tertullian, Apologia, hfstk. 16, in J. P. Migne, Patrologiæ Latinæ, Deel 1, kolomme. 369-372; standard English translation in Ante-Nicene Fathers, (New York: Charles Scribner’s Sons, 1913),Deel. 3, bl.31.

(11) Vir verdere navorsing, sien www.tertullian.org.

(12) Antonio Gallonio, De SS. Martyrum Cruciatibus, 1591.  Gepubliseer in Engels: Tortures and Torments of the Christian Martyrs, A. R. Allinson, vert., (London: Fortune Press, 1903), bl. 143.  Die doel van die boek as vir die “opbouing van die gelowiges” en gepubliseer met die goedkeuring van die Rooms Katolieke Kerk.

(13) Odom, op.cit., bl. 158.

(14) I Korinthiërs 10:20

(15) Hierdie illustrasie was `n koperplaat gravure deur Antonio Tempesta van Firenza (Florence) gedoen volgens die ontwerpe van Giovanni de Guerra van Modena, skilder vir Pous Sixtus V.

(16) Gallonio, Tortures and Torments of the Christian Martyrs, op.cit., bl. 138.

(17) Jupiter’s Day, dies Jovis, in ooreenstemming met die moderne Donderdag.

(18) A. T. Jones, The Two Republics, (Ithaca, Michigan: A. B. Publishing, Inc., n.d.), bls. 320-321.

(19) Eusebius, Commentary on the Psalms, Psalm 91 (Psalm 92 in A.V.), in J. P. Migne, Patrologiæ Græccæ Cursus Completus, (Parys, 1856-1866), Deel 23, kolom 1169.

(20) Eusebius, Proof of the Gospel, Boek 4, hoofstuk 16, vertaal deur W. J. Ferrar, Deel 1, bl. 207 soos aangehaal uit dieselfde.

(21) E.Diehl, Inscriptiones Latinæ Christianæ Veteres, (Berolini, 1925), Deel 2, bl. 118, #3033.

(22) Ibid., bl. 193, #3391.  Sien ook, G. B. de Rossi, Inscriptiones Christianæ Urbis Romæ, Vol.1, deel 1, bl. 18, #11.