Print

Nephilim (Reuse) in die Bybel: Is Yahuwah `n Volksmoord Maniak of `n Liefdevolle Skepper?

Keer op keer het ateïste en agnostici die verdoemende beskuldiging teen Yahuwah en teen Sy woord gemaak,

Die God van die Ou Testament is `n volksmoord maniak! Hy het baie nasies in die Ou Testament vir geen skynbare rede wat ookal vernietig nie! Hy is sekerlik nie `n God van liefde nie!

Die volgende gedeelte word dikwels aangehaal om hierdie buitensporige beskuldiging te ondersteun. Hier, het Yahuwah die Israeliete beveel om sewe nasies heeltemal uit te wis:

As Yahuwah jou Elohim jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, en Hy baie nasies voor jou uit verjaag: die Hetiete, Girgasiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, sewe nasies meer en magtiger as jy; en Yahuwah jou Elohim hulle aan jou oorgee, dat jy hulle verslaan, dan moet jy hulle geheel en al met die banvloek tref; Jy jy mag geen verbond met hulle maak en hulle nie genadig wees nie. Jy mag jou ook nie met hulle verswaer nie, en – jy mag jou dogter nie gee aan sy seun, en sy dogter nie neem vir jou seun nie; want hy sal jou seun van My afvallig maak, sodat hulle ander gode dien en die toorn van Yahuwah teen julle ontvlam en Hy jou gou verdelg. Maar julle moet met hulle so doen: hulle altare moet julle omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme omkap en hulle gesnede beelde met vuur verbrand. (Deuteronómium 7:1-5)

Kanaänitiese nasies (Reuse/Nephilim) Voor die Israelitiese inval

Kanaänitiese Nasies Voor die Israelitiese Inval
http://www.bible-history.com

Die sewe nasies wie vernietig moes word:

  1. Hetiete
  2. Girgasiete
  3. Amoriete
  4. Kanaäniete
  5. Peresiete
  6. Hewiete
  7. Jebusiete

In die volgende gedeelte maak Yahuwah `n duidelike onderskeid tussen die nasies (die Kanaänitiese nasies) wat vernietig moes word, en die wie genade betoon moet word.

Wees Genadig:

As jy naby `n stad kom om te veg, moet jy dit vrede aanbied. En as dit jou `n antwoord van vrede gee en vir jou oopmaak, moet die hele volk wat daarin gevind word, aan jou dienspligtig word en jou dien. Maar as hy geen vrede met jou sluit nie, maar oorlog teen jou wil voer, moet jy dit beleër. En Yahuwah jou Elohim sal dit in jou hand gee, en jy moet al die manne daarin met die skerpte van die swaard verslaan; en net die vroue en die kinders en die vee en alles wat in die stad is – die hele buit moet jy vir jou roof; en jy moet die buit van jou vyande eet wat Yahuwah jou Elohim jou gegee het. So moet jy met al die stede maak wat baie ver van jou af is, wat nie by die stede van hierdie nasies behoort nie. (Deuteronómium 20:10-15) 

Wis Heeltemal Uit:

Maar van die stede van hierdie volke wat Yahuwah jou Elohim jou as erfdeel sal gee, moet jy niks wat asem het, laat lewe nie. Maar jy moet hulle heeltemal met die banvloek tref: die Hetiete, en Amoriete, die Kanaäniete en Feresiete, die Hewiete en Jebusiete, soos Yahuwah jou Elohim jou bevel het: sodat hulle julle nie leer om te handel volgens al hulle gruwels wat hulle vir hulle gode gedoen het, en julle teen Yahuwah julle Elohim sondig nie. (Deuteronómium 7:16-18)1

Waarom het Yahuwah `n onderskeid tussen die Kanaänitiese nasies en die ander nasies gemaak? Waarom het Hy hulle algehele uitwissing aanbeveel? Skrifte stel dit duidelik dat die Kanaänitiese aansteeklike afgodery (Deut. 7:4) die onderliggende rede was, maar daar is meer as dit wat met die eerste oogopslag te siene is. Om die breër prentjie hier te verstaan, moet ons terug keer na die dae van Noag. Genesis 6 is die sleutel vers.

Toe die mense op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is, sien die seuns van Elohim dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het. . . . In die dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van Yahuwah by die dogters van die mense ingegaan het en dié vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam. (Genesis 6:1-2, 4)

verwarde man wat bybel leesDie ware betekenis van hierdie gedeelte was lank reeds verberg, en word dikwels oorgesien deur Bybel geleerdes en studente. Om die betekenis van hierdie gedeelte te ontsluit, moet ons eers vasstel wie die “seuns van Elohim” is. “Seuns van Elohim” in die Hebreeus is B`nai HaElohim. Hierdie frase word in net drie ander tekste in die boek van Job gevind.2

En op `n dag, toe die seuns van Elohim kom om hulle voor Yahuwah te stel, het die Satan ook onder hulle gekom. (Job 1:6)

En op `n dag toe die seuns van Elohim kom om hulle voor Yahuwah te stel, het die Satan ook onder hulle gekom om hom voor Yahuwah te stel. (Job 2:1)

Daarna het Yahuwah Job uit die storm geantwoord en gesê: Wie maak die raadsbesluit daar uit die duisternis met woorde sonder kennis? Gord dan nou soos `n man jou heupe – dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My. Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het. Wie het sy afmetinge bepaal? – jy weet mos! Of wie het daaroor die meetsnoer gespan? Waar is sy fondament klippe op ingesink? Of wie het die hoeksteen gelê? Toe die môresterre saam gejubel en al die seuns van Elohim gejuig het? (Job 38:1-7)

In al die bogenoemde gedeeltes, maak die skrywer3 dit baie duidelik dat die “seuns van Elohim” engeleis. Wat vertel Moses ons dan in Genesis 6? Eenvoudig gestel, vertel Moses ons dat engele met vroue omgang gehad het en dat hulle nageslag reuse (Hebreeus Nephilim) was. So vreemd as wat dit aan sommige mag klink, is dit wat die teks sê. 

Die vreemde gebeure wat in Genesis 6 aangeteken is was deur die antieke rabbynse bronne, sowel as deur die Septuagint vertalers verstaan, as verwysend na gevalle engele wat snaakse hybriede afstammelinge met vrou mense  – bekend as die “Nephilim – verwek het.” So was dit ook vestaan deur die vroeë kerk vaders. Hierdie bizarre gebeure word ook oorvertel in die legendes en mites van antieke kulture hier op aarde: die antieke Grieke, die Egiptenare, die Hindoes, die Suid See Eiland bewoners, die Amerikaanse Indiane, en waarskynlik al die ander.4


Voordat ons enigsins voortgaan, laat ons bondig sekere van die probleme met die gewilde “Setiet” vertolking van Genesis 6 aanspreek.

Die teorie van Set verklaar dat die “seuns van Elohim” die afstammelinge van Set  en die “dogters van die mens” die nageslag van Kaïn was. Hierdie teorie stel voor dat deur die ondertrouery van Set se regverdige afstammelinge en Kaïn se onregverdige geslag, het die wêreld onomkeerbaar vervalle geraak. Gevolglik was Yahuwah geforseer om die wêreld te oorstroom en weer met die regverdige Noag en sy gesin te begin.

Probleem #1: Nêrens in die Skrifte word na die afstammelinge van Set verwys as die “seuns van Elohim” nie. (B’ nai Ha Elohim). B’nai Ha Elohim word uitsluitlik gebruik om na engele in die Ou Testament te verwys. Job 38 is veral duidelik dat die B’nai Ha Elohim engele is, want watter mens was teenwoordig toe Yahuwah die grondslag van die aarde gelê het?

Daarna het Yahuwah Job uit die storm geantwoord en gesê: ... Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het. Wie het die afmetings bepaal? – jy weet dit mos! Of wie het daaroor die meetsnoer gespan? Waar is sy fondament klippe op ingesink? Toe die môresterre saam gejubel en al die “seuns van Elohim” [B’nai Ha Elohim] gejuig het. (Job 38:1-7)

Daar is geen Skriftelike voorrang vir die afleiding dat die “seuns van Elohim” in Genesis 6 die afstammelinge van Set is nie.

Daar is geen Skriftuurlike voorrang vir die afleiding dat die “seuns van Elohim” in Genesis 6 die afstammelinge van Set is nie. 

Die “Seuns van Set en die dogters van Kaïn” vertolking verhinder en verberg die bedoelde grammatikale antitesis tussen die Seuns van God en die dogters van Adam. Pogings om enige ander siening aan die teks te heg kontrasteer die insig van die Hebreuse teks onder beide die rabbynse en die vroeë geleerdes. Die leksikografiese antitesis het ten doel om `n duidelike kontras tussen die “engele” en die vroue van die aarde te maak. 

Indien die teks bedoel was om die “seuns van Set en die dogers van Kaïn” te kontrasteer, waarom het dit nie so gesê nie? Set was nie God nie, en Kaïn was nie Adam nie. (Waarom nie die “seuns van Kaïn” en die “dogters van Set” nie? Daar is geen grond om die teks te beperk om op die lyn van Adam te dui nie. Verder is daar geen sprake van dogters van Elohim nie.)

En hoe dra die “geslag van Set” se interpretasie by tot die vertolking van die onafwendbare gevolge van die Vloed wat die primêre punt van die teks is? Die hele siening is afgelei van `n reeks veronderstellings sonder Skriftuurlike ondersteuning....

Die poging om die term “Seuns van Elohim” in `n breër sin toe te pas, het geen tekstuele grondslag en verberg die presiesheid van sy aangewese gebruik. Dit bewys om `n veronderstelling te wees wat teenstrydig is met die eenvormige gebruik van die Bybel se term.5

Nog `n punt om hier te oorpeins is dat Skrifte nie eens sê dat Set se lyn regverdig was nie.

En ook vir Set is `n seun gebore, wat hy Enos genoem het. Toe het hulle die Naam van Yahuwah begin aanroep. (Genesis 4:26)

Alhoewel bogenoemde gedeelte dikwels aangehaal word om die geregtigheid van Set se lyn te bevestig, is daar twee duidelike probleme met hierdie veronderstelling: (1) Die teks sê: “toe begin die mens om die Naam van Yahuwah aan te roep.” (2) Daarmee saam, het vele geleerdes voorgestel dat hierdie vers nie akkuraat vertaal is nie. `n Akkurater vertaling sal so lees: “En aan hom, ook aan hom was `n seun gebore; en hy het hom Enos genoem: toe het die mens begin om die Naam van Yahuwah te ontheilig.”

Daar moet nie geveins word dat baie uitstekende manne tevrede was dat הוחל  huchal, wat ons as begin, vertaal, as begin ontheilig, weergee moet word, of dan het ontheiliging begin, en vanaf hierdie tyd dateer hulle die oorsprong van afgodery. Die meerderheid Joodse doktore het hierdie standpunt  ingeneem, en Maimonides het `n lang bespreking daaroor in sy Treatise on Idolatry gehad; omdat hierdie deel merkwaardig is, en die waarskynlikste verslag van die oorsprong en ontwikkeling van afgodery voorsien . . . (Adam Clarke's Commentary on the Bible).

Die Boek van Jasher, was deur die Skrifte self aanbeveel (Josua 10:13; 2 Samuel 1:18), bevestig hierdie begrip.

En Set het een honderd en vyf jaar oud geword, en hy het `n seun gehad; en Set het die naam van sy seun Enos genoem, en gesê, Want in daardie tyd het die seuns van die mens begin vermeerder, en om hulle siele en harte deur oortreding en rebellie teen [Elohim] te bedroef. En in die dae van Enos het die seuns van die mens voortdurend gerebelleer teen [Elohim], om die toorn van [Yahuwah] teen die seuns van die mens te vermeerder. En die seuns van die mens het uitgegaan en ander gode gedien, en hulle het van [Yahuwah] vergeet wie hulle in die aarde geskape het: en in die dae het die seuns van die mens beelde van koper en yster, hout en klip gemaak, en voor dit neergebuig en dit aanbid. En elke mens het sy god gemaak en voor hulle neergebuig, sodat die seuns van die mens [Yahuwah] versoek het al die dae van Enos en sy kinders; en die toorn van [Yahuwah] het ontvlam weens hulle werke en gruwels wat hulle in die aarde gedoen het. (Jaser 2:2-5)

Probleem #2: Daar is absoluut geen rede om te glo dat die “dogters van die mens” `n spesifieke verwysing na die afstammelinge van Kaïn was nie. In konteks, is die “dogters van die mens” eenvoudig net aardse vroue, bv, die dogters wat gebore is aan die mens namate hulle oor die aarde vermeerder het.

Toe die mense op die aarde begin vermeerder het, en daar vir hulle dogters gebore is, sien die seuns van Elohim dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het. (Genesis 6:1-2)

Probleem #3: Daar is absoluut geen rede om te glo dat die samesmelting van Set se geslag en Kaïn s`n in reuse [Nephilim] sal ontaard nie.

Voortplanting deur ouers van verskillende godsdienstige sieninge lewer nie bonatuurlike spruite op nie....Dit was hierdie bonatuurlike voortplanting en die gevolglike abnormale wesens wat as `n hoof rede vir die oordeel van die Vloed beoog was.

Die einste teenwoordigheid van sulke owerspel van die menslike geslagslyn in Noag se geval is ook gedokumenteer in Genesis 6:9: Noag se familie stamboom was beslis rein.6

Engele uit die hemel gewerpProbleem #4: Die Nuwe Testament ondersteun die begrip dat engele op een of ander wyse met vroue in die dae van Noag voortgeplant het, en lewer selfs kommentaar oor die oordeel van hierdie groot sonde. In die volgende gedeelte, vertel Petrus ons dat engele voor die vloed gesondig het, en gevolglik in die hel gewerp is [Grieks Tartarus] en verhoor afwagtend is.  

Want as Yahuwah die engele wat gesondig het nie gespaar het nie,  maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word; en die ou wêreld nie gespaar het nie, maar Noag, die prediker van geregtigheid, met sewe ander bewaar het toe Hy die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring het; (2 Petrus 2:4-5)

In die volgende deel herhaal Judas, Petrus se getuienis aangaande die engele wat gesondig het. Judas vergelyk uitdruklik die sonde van hierdie engele met Sodom en Gomorra, wat hulleself aan “hoerery” oorgegee, en “agter vreemde vlees aangeloop het.” 

En die engele wat hulle eie beginsels nie bewaar het nie, maar hulle eie woning verlaat het, het Hy vir die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar; soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hulle mense gehoereer het en agter vreemde vlees aan geloop het, as `n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan. (Judas 1:6-7)

Veel meer kon hieromtrent gesê word, maar om verder uit te brei sou oorbodig wees. Die punt hier is eenvoudig net dat die “seuns van Elohim” in Genesis 6 gevalle engele is, nie mense (bv. die afstammelinge van Set nie). Om vol te hou dat die “seuns van Elohim” eintlik die “seuns van Set” is, sal eenvoudig net nie waar aan die teks wees nie. As ons eerlike Bybel student moet wees, moet ons die Skrifte vir haarself laat praat. Hierin, nes in alle ander studies, moet ons sonder voorbehoud die waarheid volg waar dit ookal heen mag lei.    

Vir hulle wie die Bybel ernstig opneem skyn die argument van die “Engel Siening” oorweldigend te wees. Vir hulle wie toegee aan `n gewilligheid om vryhede te veroorloof met die reguit voorstelling van die teks, kan geen houding ingeneem, finaal wees nie.

Vir hulle wie die Bybel ernstig opneem skyn die argument van die “Engel Siening” oorweldigend te wees. Vir hulle  met die reguit voorstelling van die teks, kan geen houding ingeneem, finaal wees nie.7

Nota: Sommige maak kapsie teen die engelagtige inval interpretasie van Genesis 6 op grond daarvan dat “engele nie kan trou nie.” Maar die verse ingedien om hierdie teenstrydigheid te staaf, hoort spesifiek aan engele van die hemel en huwelike. (Matthéüs 22:30; Markus 12:25; Lukas 20:34-36). Daar is niks in die Skrifte wat sê dat rebelse “engele wat hulle eie beginsels nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het” (Judas 1:6)  onbevoeg vir voortplanting is nie. 


Laat ons nou die breër implikasie van hierdie insig navors en hoe dit in verband staan met Yahuwah se bevel om die Kanaänitiese nasies uit te wis.

Eenvoudig gestel, Yahuwah het die vernietiging van die Kanaänitiese nasies aanbeveel want hulle was ten volle bederf met die Nephilim (engel/menslike hybriede) genetika. Dit was teenstrydig met Sy plan vir die mensdom, wat in die begin volgens Sy beeld geskape is. Indien dit nie onderdruk was nie, sou hierdie genetiese onsuiwerheid alomteenwoordig wees sodat dit feitlik onmoontlik sou word dat die Messias rein en sonder gebrek gebore word.8 Sou Yahuwah nie met die swaard van Israel tussenbeide getree het nie, sou alle bloedlyne uiteindelik besoedeld wees met die Nephilim gene. En alle hoop op verlossing deur die beloofde Messias sou verlore wees.

Omdat Skrifte nie `n tweede engele inval noem nie9, kan afgelei word dat die Nephilim genetika die vloed deur Noag se skoondogters wie in die Ark was, oorleef het. Na afloop van die vloed, het die Nephilim gene weer opgeduik soos Noag se geslag uitgespruit het en begin vermeerder op die aarde. Dit is bewys deur die Nephilim nasies wat floreer het in die land van Kanaän in die dae van Moses en Joshua. Terwyl hierdie voorstelling as `n skok aan baie kom, is dit die redelikste afleiding op Skriftuurlike bewyse gebaseer.   

Die Genesis 6 en Post-Vloed Orde van Gebeure:


(1) Gevalle Engele trou met mense (aardse vroue).

“In dié dae was die reuse [Nephilim] op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van Elohim [Engele] by die dogters van die mense ingegaan het en dié vir hulle seuns gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam.” (Genesis 6:4)

Toe die mense op die aarde vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is, sien die seuns van Elohim [Engele] dat die dogters van die mens mooi was, en hulle het vir hulle vroue geneem almal wat hulle verkies het. Toe sê Yahuwah: My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie, omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees honderd en twintig jaar. In dié dae was daar reuse [Nephilim] op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van Elohim [Engele] by die dogters van die mense ingegaan het en dié vir hulle seuns gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam. (Genesis 6:1-4)

Want baie engele van [Elohim] het by vroue ingegaan, en seuns gebaar wie as onregverdig bewys is, en veragters van alles wat goed is, weens die vertroue wat hulle in hul eie krag het; want die oorlewering is, dat hierdie manne die handelinge van diegene wie die Grieke as reuse aangesien het, nageboots het. (Flavius Josephus, Antiquities of the Jews, Boek 1, Hoofstuk 3, 1.3.1, http://www.biblestudytools.com/history/flavius-josephus/antiquities-jews/book-1/chapter-3.html)

Die begrip dat  rebelse engele voor die vloed met vroue gemeenskap gehad het (Genesis 6) was oorheersend in die eerste eeu, soos gesien kan word in bogenoemde aanhaling deur Flavius Josephus. Dit was slegs in die 5de eeu dat die “Setiese” interpretasie van Genesis 6 begin vlam vat het.

Dit was in die 5de eeu a.d. dat die “engele” interpretasie van Genesis 6 toenemend as `n verleentheid beskou is wanneer deur kritici aangeval was. . . .

Celsus en Juliaan die Afvallige het die tradisionele “engel” oortuiging gebruik om Christelikheid aan te val. Julius Africanus het geneig na die Setiese interpretasie as `n gemakliker grondslag. Cyril van Alexandrië het ook die orthodokse “engel” interpretasie opgegee vir die “lyn van Set” se interpretasie. Augustine het ook die Setiese teorie aanvaar en so het dit tot in die Middel Eeue oorleef.10

(2) As gevolg van die engele inval vermeld in Genesis 6:1-4, het die mense hart onverbiddelik verskans geraak in bose gedagtes.

Toe Elohim sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die beginsels wat hy in sy hart bedink, altyd deur net sleg was, het dit Yahuwah berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart. (Genesis 6:5-6)

(3) Yahuwah het gesê dat Hy die mens van die aarde af moes vernietig.

En Yahuwah sê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel, want dit berou My dat Ek hulle gemaak het. (Genesis 6:7)

Neem notisie dat Yahuwah sê Hy moet ook die “vee, en die kruipende diere, en die voëls van die hemel.” uitwis. Waarom moes so baie van die diere ook uitgewis word? Die Boek van Jaser vertel ons dat na die “rigters en heersers” (`n tipe van verwysing na engele) die dogters van die mens van hulle manne gesteel het, die mens begin om verskillende soorte diere met mekaar te kruis. Gevolglik was selfs die diere korrup.

En die rigters en die heersers het na die dogters van die mens gegaan en vir hulle vroue deur dwang van hulle mans geneem, volgens hulle keuse, en die seuns van die mens het in dié dae vee van die aarde geneem, die diere van die veld en die voëls van die hemel, en het die vermenging  van diere11 een spesie met die ander geleer, om daardeur [Yahuwah] uit te tart; en [Elohim] het die hele aarde in sy korruptheid aanskou, want alle vlees het sy weë op die aarde bederf, alle mense en alle diere. (Jaser 4:18)

historical depictions of chimeras, giants, and nephilim 

Kliek die beeld12om te vergroot
Mens, diere hybriede, en Kimeras in die Bybel?(nie-WLK video)

Dit verduidelik Moses se herhaaldelike gebruik van die frase “na sy soort/hulle soort” wanneer hy na die diere wat aan boord die Ark gegaan het. Hierdie diere was geneties rein, elkeen volgens sy eie soort nes Yahuwah bedoel het (Genesis 1: 20-25).

Maar met jou sal Ek my verbond oprig; jy moet in die ark gaan, jy en jou seuns en jou vrou en die vroue van jou seuns saam met jou. En van al wat lewe, van alle vlees, moet jy twee van elke soort in die ark laat ingaan om dit saam met jou in die lewe te hou: mannetjie en wyfie moet hulle wees. Van die voëls volgens hulle soorte en van die vee volgens hulle soorte, van al die kruipende diere van die aarde volgens hulle soorte, twee van elke soort, moet na jou kom om in die lewe te bly. (Genesis 6:18-20)

Op dieselfde dag het Noag en Sem en Gam en Jafet, die seuns van Noag, sowel as die vrou van Noag en die drie vroue van sy seuns saam met hulle in die ark gegaan. Hulle en al die wilde diere volgens hulle soorte en al die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die aarde kruip, volgens hulle soorte, voëls van allerhande vere – (Genesis 7:13-14)

Nie net was die diere wat die ark binnegegaan het geneties rein nie, maar die Skrifte vertel ons ook dat Noag geneties rein was.

(4) Van Noag was gesê dat hy geneties rein was.

Maar Noag het genade gevind in die oë van Yahuwah. Dit is die geskiedenis van Noag. Noag was `n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag het met Elohim gewandel. (Genesis 6:8-9)

Die woord as “volmaak” vertaal in die bovermelde deel is, is tamiym [Strong`s H8549]. In konteks, blyk dit dat hierdie woord `n verwysing kan wees nie net aan Noag se optrede nie, maar ook tot sy genetiese reinheid. Die pasga lam en die rooivers kalf, as voorbeeld, moes tamiym wees (sonder liggaamlike gebreke), nes dit was met alle soenoffers. (Sien Exodus 12:5, Numéri 19:2, en Levitikus 4:3.)

Die einste afwesigheid van enige sulke verderwing van die menslike stamboom in Noag se geval is ook gedokumenteer in Genesis 6:9: Noag se familie stamboom was besonders sonder gebreke. Die term, tamiym, word vir liggaams gebreke gebruik.13

Die Hebreeuse woord vir tamiym beteken sonder gebreke, en is die tegniese woord vir liggaamlike en fisiese volmaaktheid, en nie moreel nie. Daarom word dit gebruik vir diere met liggaamlike reinheid. Dit word as sonder gebrek beskou in Exodus 12:5; 29:1. Levitikus 1:3, 10; 3:1,6; 4:3,23,28,32; 5:15,18; 6:6; 9:2,3; 14:10; 22:19; 23:12,18. Numéri 6:14; 28:19,31; 29:2,8,13,20,23,29,32,36. Esegiël 43: 22,23,25; 45:18,23; 46:4,6,13. Sonder gebrek. Numéri 19:2; 28:3,9,11; 29:17,26. Opregtes Psalm 119:1. Dít wys dat Genesis 6:9 nie praat van die Noag se morele volmaaktheid nie, maar vertel ons dat hy en sy gesin alleen hul stamboom bewaar en dit rein gehou het, tenspyte van die heersende korrupsie wat deur die gevalle engele te weeg gebring is. [klem oorspronklik] 14

(5) Noag het drie geneties rein seuns gehad.

En Noag het drie seuns gehad, Sem Gam en Jafet. (Genesis 6:10)

Volgens die Boek van Jaser het Noag een van Henog se dogters as vrou geneem.

. . .  Noag het gegaan en `n vrou geneem, en hy het Naäman die dogter van Henog gekies, en sy was vyf honderd en tagtig jaar oud. En Noag was vierhonderd en agt en negentig jaar oud, toe hy Naäman as `n vrou neem. (Jaser 5:15-16)

Uit Henog se onverbetterlike opregte lewenshandel (Genesis 5:18-24), is dit redelik om te sê dat Noag se vrou (Henog se dogter) geneties opreg was en, gevolglik, net so met Noag se seuns.

dna-reinheid 

(6) Daar word gesê dat die aarde en alle vlees korrup was.

Maar die aarde was verdorwe voor die aangesig van Elohim, en die aarde was vol geweld. Toe sien Elohim die aarde aan, en – dit was verdorwe, want alle vlees het sy wandel op aarde bederwe. (Genesis 6:11-12)

(7) Yahuwah sê dat Hy alle vlees sal vernietig.

En Elohim sê vir Noag: Die einde van alle vlees het volgens My besluit gekom, want die aarde is deur hulle vervul met geweld. En kyk, Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg. (Genesis 6:13)

(8) Noag word beveel om `n Ark te bou.

Maak vir jou `n ark van goferhout. Met afdelings moet jy die ark maak en dit binne en buite met pik bestryk. So moet jy dit maak: drie honderd el die lengte van die ark, vyftig el sy breedte en dertig el sy hoogte. `n Opening moet jy aan die ark maak; en op die maat van `n el moet jy van die bokant afwerk en die deur van die ark aan die sykant insit. Jy moet dit met `n onderste, tweede en derde verdieping maak. Want kyk, Ék bring `n watervloed oor die aarde, en van onder die hemel te verdelg alle vlees waar `n lewensgees in is. Alles wat op die aarde is, sal wegsterwe. (Genesis 6:14-17)

(9) Die Skrifte maak vir die eerste keer van Noag se skoondogters melding.

Maar met jou sal Ek my verbond oprig; jy moet in die ark gaan, jy en jou seuns en jou vrou en die vroue van jou seuns saam met jou. (Genesis 6:18)

Dit is krities belangrik om op te let dat Moses nie melding maak van Noag se skoondogters tot :

Dit is `n sterk aanduiding dat Noag se skoondogters nie geneties rein was nie. Hulle sou tenminste `n spoor van die Nephilim gene gehad het. Dit is duidelik aan drie feite. (1) Die reuse het na die vloed weer verskyn, sonder `n tweede engel inval. (2) Noag was geneties opreg en die bewyse in konteks stel sy seuns ook so voor. (3) Daar was geen melding van die vroue gemaak nadat dit bevestig is dat alle vlees verdorwe geraak het nie. Die Boek van Jaser bevestig die interpretasie deur ons mee te deel dat die vroue nie gekies was tot na die Ark gebou was nie. (Sien Jaser 5:33-35.) 

Weereens, hoewel hierdie stelling as `n skok vir baie mag wees, is dit die redelikste afleiding op die Skriftuurlike bewyse gebaseer.

[Nota: Om die Nephilim geen te dra (nes enige ander geen) waarborg nie dat dit na die nageslag oorgedra sal word nie. In die geval van Gam se seuns, veral Kanaän, was dit duidelik. Die historiese verslag stel voor dat Jafet se seun Magog, ook die gene kon gehad het. Daar is egter geen bewys dat die gene in Sem se geslag gemanifesteer het nie. Dit is ook belangrik om op te let dat mens nie kan bekeer van wie jou ouers is nie. Noag se skoondogters sou nie outomaties verdoem wees indien hulle met `n spoor van die Nephilim DNA gebore was nie.]

(10) Yahuwah oorstroom die aarde. (Sien Genesis 7-8.)


Noag se Ark


(11) Nephilim (reuse) verskyn weereens na die vloed.

Die Amalekiete woon in die Suidland, maar die Hetiete, en die Jebusiete, en die Amoriete woon in die gebergte: en die Kanaäniete by die see en aan die kant van die Jordaan.

Toe het Kaleb die volk stilgemaak teenoor Moses en gesê: Laat ons gerus optrek en dit in besit neem; want ons kan dit sekerlik oorweldig.

Maar die manne wat saammet hom opgetrek het, het gesê: Ons kan nie teen die volk optrek nie, want hulle is sterker as ons.

So het hulle dan slegte gerugte onder die kinders van Israel versprei oor die land wat hulle verken het, deur te sê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is `n land wat sy inwoners verteer; en aldie mense wat ons daarin gesien het, is groot manne.

Ons het daar ook die reuse [Hebreeus Nephilim: dieselfde woord deur Moses in Genesis 6:4 gebruik] gesien, die kinders van Enak, van die reuse afkomstig; en ons was soos sprinkane in ons oë; so was ons ook in hulle oë. (Numéri 13:29-33)

Neem notisie dat die nasies van “reuse” (Nephilim) wat hier genoem word, almal Kanaänitiese volke was (wat beteken dat hulle almal nasate van Noag se kleinkind, Kanaän was) diegene vir wie Yahuwah opdrag gegee het om heeltemal te vernietig. Alhoewel slegs vier van die sewe Kanaänitiese nasies hier deur die verspieders genoem word, sou dit verstaan word dat die oorblewende drie (die Girgasiete, die Peresiete, en die Hewiete) ingesluit was, omdat hulle deel van Kanaän was. Dit is waarskynlik dat die verspieders nie die Girgasiete, die Peresiete en die Hewiete op die naam genoem het nie weens die roete wat hulle geneem het tydens die  verkenning van die land. Die verspieders het deur die woestyn van Sin, die land binnegekom en het noordwaarts so ver as Rehob gevorder.   

En hulle het opgetrek en die land verken van die woestyn Sin af tot by Rehob, na die ingang van Hammat – hulle het in die Suidland opgetrek en tot by Hebron gekom; en daar was Ahíman, Sesai en Talmai, die kinders van die Enakiete. En Hebron is sewe jaar voor Soan in Egipte gebou. Daarop het hulle tot by die dal Eskol gekom en daar `n rank met een tros druiwe afgesny, en twee het dit aan `n draagstok gedra; ook van die granate en van die vye. Dié plek het hulle die dal van Eskol genoem vanweë die tros wat die kinders van Israel daar afgesny het. En ná verloop van veertig dae het hulle teruggekom van die land te verken. (Numéri 13:21-25)

Path of the spies when investigating Canaan (land of the Nephilim) in Numbers 13 

Kliek die beeld om te vergroot.

Alhoewel die Kanaänitiese nasies nie die enigste reuse (Nephilim) nasies was nie, was hulle by verre die grootste en het gesamentlik meer land beset as enige van die kleiner stamme.

Hieronder is sommige van die stamme van reuse soos in die Skrifte opgeteken:

Gefossiliseerde Ierse Reus

Gefossiliseerde Ierse reus tydens myn operasies in die Streek Antrim, Ierland gevind(circa 1876): Hy was 12’2” lank met ses tone aan sy regtervoet. Skrifte maak melding van reuse (Refaïete) met ses tone. “En daar was weer oorlog in Gat; en daar was `n baie lang man, met ses vingers aan lke hand en ses tone aan elke voet, vier-en-twintig in getal, en hy was ook `n afstammeling van die Refaïete [H7498: râphâ’].” (2Samuel 21:20; Sien ook 1 Kron. 20:6.)

Volgens die International Standard Bible Encyclopedia, “Dit is waarskynlik dat hulle [die Refaïete, die Enakiete, die Susims, en die Emiete] almal van dieselfde stamboom is, wie deur die verskillende stamme wie met hulle in kontak gekom het, verskillende name gegee is.” Die Skriftelike en geografiese aansluiting van die Horiete met die ander stamme stel voor dat hulle deel van `n groter familie was.

Nota: Almal die bogenoemde stamme was betrokke in die Genesis 14 oorlog. Dit was geen gewone konflik nie; dit was `n stryd van mense en reuse (Nephilim)! Hierdie insig word ondersteun deur die geskrifte van die eerste eeuse historikus, Flavius Josephus, wie aanvoer dat die “kinders van die reuse” in hierdie oorlog oorwin was.17

(12) Yahuwah sê aan die Israeliete om die Nephilim nasies uit te wis, terwyl genade aan die ander betoon word.

Wees Genadig:

As jy naby `n stad kom om daarteen te veg, moet jy dit vrede aanbied. En as dit jou `n antwoord van vrede gee en vir jou oopmaak, moet die hele volk wat daarin gevind word, aan jou dienspligtig wees en jou dien. Maar as dit geen vrede met jou sluit nie, maar oorlog teen jou wil voer, moet jy dit beleër. En Yahuwah jou Elohim sal dit in jou hand gee, en jy moet al die manne daarin met die skerpte van die swaard verslaan; net die vroue en die kinders en die vee en alles wat in die stad is – die hele buit moet jy vir jou roof; en jy moet die buit van jou vyande eet wat Yahuwah jou Elohim jou gegee het. So moet jy met al die stede maak wat baie ver van jou af is, wat nie by die stede van hierdie nasies behoort nie. (Deuteronómium 20:10-15)  

Verdelg die Nephilim nasies:

Maar van die stede van hierdie volke wat Yahuwah jou Elohim jou as erfdeel sal gee, moet jy niks wat asem het, laat lewe nie. Maar jy moet hulle heeltemal met die banvloek tref: die Hetiete en Amoriete, die Kanaäniete en Feresiete, die Hewiete en Jebusiete, soos Yahuwah jou Elohim jou bevel het; sodat hulle julle nie leer om te handel volgens al hulle gruwels wat hulle vir hul gode gedoen het, en julle teen Yahuwah julle Elohim sondig nie. (Deuteronómium 20:16-18)

As Yahuwah jou Elohim jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, en Hy baie nasies voor jou uitverjaag: die Hetiete, Girgasiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete, en Jebusiete, sewe nasies, meer en magtiger as jy; en Yahuwah jou Elohim hulle aan jou oorgee, dat jy hulle verslaan, dan moet jy hulle geheel en al met die banvloek tref; jy mag geen verbond met hulle maak en hulle nie genadig wees nie. Jy mag jou ook nie met hulle verswaer nie – jy mag jou dogter nie gee aan sy seun, en sy dogter nie vir jou seun neem nie; want hy sal jou seun van My afvallig maak, sodat hulle ander gode dien en die toorn van Yahuwah teen julle ontvlam en Hy jou gou verdelg. Maar julle moet met hulle so doen: hulle altare moet julle omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme omkap en hulle gesnede beelde met vuur verbrand. (Deuteronómium 7:1-5)

Genesis 6 Reuse boek voorblad

An Encyclopedia of Giants, deur Stephen Quayle

Bewaar die saad...

Neem notisie van Yahuwah se duidelike bevel om nie met die Nephilim nasies te ondertrou nie.

Jy mag jou ook nie met hulle verswaer nie – jy mag jou dogter nie gee aan sy seun, en sy dogter nie neem vir jou seun nie. (Deuteronómium 7:3)

Dit sê duidelik dat Vader Yahuwah die saad waar deur die Messias sou kom, bewaar het. Hy het Israel absoluut verbied om met die Kanaänitiese nasies saam te woon. Nog `n afdoende bewys van hierdie gevolgtrekking is te vinde in die feit dat Yahushua se lyn deur Juda se ingaan met sy skoondogter, Tamar, eerder as deur die kinders wat hy van sy Kanaänitiese vrou gehad het!

En Juda het daar die dogter van `n Kanaänitiese man gesien met die naam van Sua; en hy het met haar getrou en by haar ingegaan . . . En na verloop van geruime tyd, het die dogter van Sua, die vrou van Juda gesterwe. En toe Juda klaar getreur het, het hy opgegaan na die skeerders van sy kleinvee, na Timnat toe, hy en sy vriend Hira, die Adullamiet. En hulle het Tamar [Juda se skoondogter] te kenne gegee en gesê: Kyk, jou skoonvader gaan op na Timna, om sy kleinvee te skeer. Toe trek sy die klere van haar weduweeskap uit en bedek haar met `n sluier en draai haar toe; en sy het gaan sit by die ingang van Enaim wat op die pad na Timna lê. . . . Toe Juda haar sien, het hy haar vir `n hoer gehou, omdat sy haar gesig toegebind het; en hy het na haar uitgedraai by die pad . . . . en gaan by haar in, en sy het by hom swanger geword. . . . En toe sy sou baar, was daar `n tweeling in haar skoot. En terwyl sy baar, het een die hand uitgesteek; en die vroedvrou het dit gegryp en `n rooi draad om sy hand gebind en gesê: Hierdie een is eerste gebore. Maar toe hy sy hand teruggetrek het, word sy broer gebore! En sy sê: Hoe kragtig het jy deurgebreek! En hulle het hom Peres genoem. En daarna is sy broer gebore aan wiese hand die rooi draad was. En hulle het hom Serag genoem. (Sien Genesis 38.) 

Die geslagsregister van Yahushua die Gesalfde, die seun van Dawid, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak, en Isak was die vader van Jakob, en Jakob was die vader van Juda en sy broers; en Juda [Judas] was die vader van Peres [Perez] en Serag by Tamar; en Peres was die vader van Hesron, en Hesron was die vader van Ram, . . . (Matthéüs 1:1-3; Sien ook Lukas 3:33.) 

Een laaste bewys van Yahuwah se intensie om te verhoed dat die Israelitiese saad besoedel raak met die Kanaänitiese Nephilim genetika is te vinde in Sy voorsiende beskutting van Israel in Egipteland, waar, geïsoleerd, hulle tot mag en in getalle kon groei. Meer as 400 jaar voor die Exodus, het Yahuwah aan Abraham gesê dat sy afstammelinge vreemdelinge in `n ander land (Egipte) sal wees, maar daarheen terug sal keer (Kanaän), as “die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nou nog toe nie vol nie.”     

Daarop sê Hy vir Abraham: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in `n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vierhonderd jaar lank. Maar jý sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word. En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nou nog toe nie vol nie. (Genesis 15: 13-16, klem verskaf)

Onmiddelik hierna, lees ons dat Yahuwah `n gelofte met Abraham gemaak het waarin Hy belowe het om die land wat deur die Amoriete en ander Nephilim bewoon word aan sy nageslag sou gee.   

En ná sononder toe dit heeltemal donker was, gaan daar `n rokende oond en `n vurige fakkel tussen die stukke vleis deur. Op dié dag het Yahuwah met Abraham `n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier: die Keniete en Kenissiete en Kadmoniete en Hetiete en Feresiete en Refaïete en Amoriete en Kanaäniete en Girgasiete en Jebusiete. (Genesis 15:17)

Dit wil hier voorkom asof Vader Yahuwah Die Kanaänitiese nasies (Nephilim) in sterkte sowel as getalle laat toeneem het, sodat in Sy volmaakte tydsberekening, Hy die saad van rebellie kon vernietig en Homself as magtig bewys deur die hand van die  Israeliete wie getrou gebly het.

Die Vader se bevel om die Kanaänitiese nasies uit te wis was alles behalwe willekeurig. Ver daarvan om `n toevallig handeling van volksmoord te wees, was die verdelging van die Kanaäniete `n handeling van ongeëwenaarde voorsienigheid en onselfsugtige liefde.

Gevolgtrekking:

Die Vader se bevel om die Kanaänitiese nasies te vernietig was alles behalwe willekeurig. Ver daarvan om `n toevallige handeling van volksmoord te wees, was die uitwissing van die Kanaäniete `n merkwaardige optrede van ongeëwenaarde voorsienigheid en onselfsugtige liefde. Sou Vader Yahuwah toegelaat het dat die Nephilim nasies onverstoord voortgegaan het, sou die ganse aarde korrup wees, en die bloedlyn van die beloofde Messias besoedeld geraak het, wat ons redding onmoontlk sou maak. 

 [D]it maak veel sin waarom [Yahuwah] mag toegelaat het dat `n mikroskopies genetiese kode (bv. `n oorblyfsel genetiese inligting) oorleef het – net lank genoeg vir Sy volk om hulle uit te wis. Waarom? Want  . . . dit was deur hierdie heldedade van die Hebreeuse volk dat die hele post-Vloed wêreld hulle en YHWH, hulle [Elohim] – die enigste ware [Elohim] van Abraham, Isaak en Jakob, gevrees het. [Yahuwah] was deur Sy uitverkore volk en hierdie nuwe nasie van “vernietigers van reuse” ere bewys wat as `n getuienis dien aan alle nasies van die ontsaglike mag en waarheid van die lewende Skepper  van die hemel en aarde. 

En voordat hulle gaan slaap het, het sy op die dak geklim na hulle toe en aan die manne gesê: Ek weet dat [Yahuwah] die land aan julle gegee het en dat die skrik van julle op ons geval het en dat al die inwoners van die land vir julle bewe; want ons het gehoor dat [Yahuwah] die water van die Skelfsee voor julle by jul uittog uit Egipte laat opdroog het en wat julle die twee konings van die Amoriete, Sihon en Og, oorkant die Jordaan aangedoen het, dat julle hulle met die banvloek getref het. Toe ons dit hoor, het ons hart gesmelt, sodat daar by niemand enige moed meer oorgebly het teenoor julle nie; want [Yahuwah julle Elohim], Hy is [Elohim] in die hemel daarbo en op die aarde hieronder. (Josua 2:8-11)

Wanneer u in ag neem wat hierdie nietige nasie aan die hele kulture van die massiewe post-Vloed reuse gedoen het, is dit baie maklik om te sien waarom [Yahuwah] “toegelaat” het dat Nephilim genetika moet oorleef – lank genoeg om deur Sy volk uitgewis te word. Deur so te doen, het [Yahuwah] aan die wêreld gedemonstreer wat die mense in harmonie met Hom kan vermag.18

Loof Yahuwah vir Sy Naam sonder gelyke nou en tot in alle ewigheid. Hy ken die einde van die begin is regverdig en geregtig in al Sy weë!


Baie meer kon aangaande die besonderhede van die engele inval van Genesis 6 gesê word, maar dit is nie in die omvang van hierdie spesifieke studie om verder as dit waarop alreeds uitgebrei is te gaan nie. Die feit hier word  bondig in bogenoemde gevolgtrekking uiteengesit.


Die Boek van Henog

Baie beweer dat Henog se Boek van Bewakers `n vertrouenswaardige bron van kennis omtrent die engele inval is. WLK erken nóg ontken hulle hierdie moontlikheid, maar het gepoog om uit die Skrifte alleen die ware karakter van die Genesis 6 kwessie, bloot te lê. Terwyl die Boek van Jaser  periodiek gebruik was om op sommige van die feite uit te brei, is dit nie eens nodig om die werklikheid van die engele inval en sy gevolge te bewys nie. Die Bybel alleen, is onweerlegbaar voldoende.

Die Dae van Noag

En soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. (Matthéüs 24:37)

Wanneer dit in hierdie nuwe lig beskou word, neem die betekenis van hierdie profetiese waarskuwing selfs `n groter mening aan.

In die dae van Noag, was alle vlees bederf deur die gruwels en verbode gewoontes van die vermenging van ongelyksoortiges. Nephilireuse (Genesis 6:4) en kimeras (Jaser 4:18) het hul oorsprong uit onheilige koppelinge en hoë rebellie. Deesdae sien ons weereens hierdie veragtelike dade! “Wetenskaplikes” is besig om uit vermetelheid die mense en diere genetika te besoedel; hulle is, sonder verskoning, besig om dit wat Yahuwah as “baie goed” in die begin gesien het (Genesis 1:31) te bederf. Waarlik, ons leef in die “dae van Noag.”

Hier is net `n paar afskuwelike ondernemings van die moderne wetenskap.

Nie net het die vermenging van mens en dier algemene praktyk geword nie, maar GVO (Geneties Verbeterde Organismes)word vinnig die standaard vir voedsel produksie en verbruik. GVOS is in werklikheid `n belediging aan Yahuwah! Manne wie beoefen wat valslik as “wetenskap” beskou word, roem daarin dat hulle dit wat Yahuwah as “baie goed” gesien het, kan verbeter, is sonder rede en dit is `n duidelike teken van die tye waarin ons lewe.

Baie Bybel studente en hedendaagse Nephilim navorsers is oortuig dat ons weer `n terugkeer van die Nepilim in hierdie laaste dae gaan sien. Dit is sekerlik waar, en met inagname van alle dinge, selfs waarskynlik. “En soos dit gebeur het in die dae van Noag, so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die mens.” (Lukas 17:26) Mag Yahuwah ons harte versterk en ons wysheid skenk vir die dae wat voorlê.  


*Alle aangehaalde Skrifte is die OV met die heilige Name voorsien

1 Die Girgasiete is uitgelaat uit die Deuteronómium 20 lys van Kanaänitiese nasies, maar is by die volgende ingesluit: Deuteronómium 7, Josua 3:10, en Josua 24:11.

2 "Seuns of Elohim" (B'nai HaElohim) is in 5 Ou Testamentiese gedeeltes te vinde: Genesis 6:2; Genesis 6:4; Job 1:6; Job 2:1; Job 38:7

3 Die outeurskap van Job word oor die algemeen aan Moses toegeskryf.

4 Chuck Missler, Textual Controversy: Mischievous Angels or Sethites?, http://www.khouse.org/articles/1997/110/.

5 Ibidem

6 Ibidem

7 Ibidem

8As die teenbeeldige “Lam van Yahuwah,” moes Yahushua sonder gebrek wees. “Julle moet `n [Pasgalam] hê sonder gebrek, `n jaaroud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle dit neem.” (Genesis 12:5) “Omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van `n lam sonder gebrek en vlekkeloos.” (1 Petrus 1:18-19)

9 Sommige het stelling ingeneem dat `n tweede engele inval plaas gevind het, wat beteken dat engele met vroue voor en na die vloed gemeenskap gehad het. Maar die bewyse stel voor dat dit net eenkeer gebeur het. Vir meer hieroor verwys ons u na Archon Invasion: The Rise and Return of the Nephilim deur Rob Skiba, bls. 31-64.

10 Chuck Missler, Textual Controversy: Mischievous Angels or Sethites?, http://www.khouse.org/articles/1997/110/.

11 Legendes van kimeras (organismes met `n mengsel van geneties verskillende vessel, bv. mens met dier gemeng, verskillende soorte diere met mekaar gekruis, ens.) is opvallend regdeur die aangetekende geskiedenis. Alhoewel baie hierdie verhale as fiksie afgemaak het, is die waarheid dat kimeras was (en dalk is) `n realiteit. (Jaser 4:18; 36:32;61:25) “Mens,dier hibriede en Kimeras in die Bybel?”

12 (1) The bronze "Chimera of Arezzo" is one of the best known examples of the art of the Etruscans. (400  BC)Die brons “Kimera van Arezzo” is een van die bes bekende voorbeelde van die kuns van die Etruskane. (400 v.C.)
(2) "Sentaurus..." deur Laurent Marqueste (Frankryk, 1850–1920). Marmer, 1892. In die Tuileries Tuine, Parys.
(3) Groot Sfinks van Gisa
(4) Kimera standbeeld by Fontaine Saint Michel, Parys, Frankryk.
(5) Egyptiese Griffioen
(6) Griffioen faas, trefoil-mond oinokoe, 420BC-400v.C, Geskep in: Attika (Europa, Griekeland, Attika (Griekeland))
(7) Theseus fighting the Minotaur by Étienne-Jules Ramey (French, 1796–1852). Marmer, 1826. In die Tuileries Tuine, Parys.
(8) The Black Obelisk of Shalmaneser III is `n swart kalksteen Neo-Assyrian bas-reliëf beeld van Nimrod (antieke Kalhu), in noord Irak, herdenkingv van die dade van Koning Shalmaneser III (heerser vanaf 858-824 v.C). Gedetileerde aansig van twee verskillende pleister gietstukke.
(9) Assyriese  Sedu

13 Chuck Missler, Textual Controversy: Mischievous Angels or Sethites?, http://www.khouse.org/articles/1997/110/.

14 Dr. E. W. Bullinger, Appendixes To The Companion Bible, Appendix 26, http://www.markfoster.net/rn/companion_bible_appendices.pdf.

15 "Dit was moontlik dat “Raphah die stam-vader van die Refaïete was, `n antieke stam van reuse statuur, waarvan slegs `n paar families in die tyd van Moses oorgebly het.” Keil & Delitzsch, Commentary on the Old Testament, Volume 2, Joshua, Judges, Ruth, 1 en 2 Samuel, 2006, bl. 680.

16 Og se bed was omtrent 13.5 voet lank en omtrent 6 voet wyd. Dit is `n konserwatiewe skatting wat op 18” voorarmslengte gebaseer is.

17 Flavius Josephus, Antiquities of the Jews, Boek 1, Hoofstuk 9, 1.9.1, http://www.biblestudytools.com/history/flavius-josephus/antiquities-jews/book-1/chapter-9.html

18 Rob Skiba, Archon Invasion: The Rise, Fall and Return of the Nephilim, 2012, bls. 157-158.