Print

Seël van Yahuwah


Seël van Yahuwah = Goddelike Beskerming

Die seël van Yahuwah omsluit ver meer as wat voorheen besef is. Dit bied beskerming aan almal wie volgens die goddelike wet leef. Dit sluit aanbidding op die sewende-dag Sabbat, Nuwe Mane, en jaarlikse Feeste in.


Wat gee jy die persoon wat alles het?

Ernstig, Wat gee jy die persoon wat niks benodig nie?

Jy sal nie eens jou beste poging van `n skildery of beeldhouwerk aan Michelangelo gee nie. Jy sal nie `n bordjie sjokolade brokkies koek aan Julia Child gee of `n nuwe hemp vir Christian Dior maak nie.

Wanneer woorde nie genoeg is nie, verlang `n hart wat met liefde gevul is, om daardie liefdesgevoel met `n aksie te wys. Nou, Wat sal jy dan die persoon wat alles het, gee? 

Die probleem is selfs groter wanneer jy die Hemelse Vader `n geskenk wil gee. Wat kan jy dalk vir die Skepper gee wat Hy nie alreeds het nie, nie alreeds daaraan gedink het of nie vir Homself kan maak deur net die woorde te spreek nie?  

Wanneer woorde nie genoeg is nie, wanneer geen geskenk voldoende is nie, wanneer `n hart tot oorlopens toe vol neig na een of ander manier om daardie liefde te demonstreer, is daar slegs een ding oor. Gewillige gehoorsaamheid.

Wanneer al die mens-gemaakte tradisies tersyde gestel is, is daar nie veel meer dinge wat die Skepper eintlik vereis van Sy skepsels nie. “Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra Yahuwah van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou Eloah?” (Miga 6:8) Die enigste ding waarvoor die groot hart van oneindige liefde verlang is gewillige gehoorsaamheid van `n hart wat met liefde gevul is?

Net dit. Gewillige gehoorsaamheid van `n hart met hope liefde gevul.

Die Geskenk van Gehoorsaamheid

Jammer, dat te veel mense liewers iets sal gee, enigiets anders. Hulle sal eerder aan mens-gemaakte tradisies en vereistes kleef. Die dikwelse moeilik om te vervul verpligtinge van farisese reëls voed menslike hoogmoed en maak dat hulle beter oor hulleself voel. Hulle is soos `n bose Naäman toe Profeet Elisa hom vertel om van sy melaats gereinig te word was al wat hy moes doen om in die  Jordaan Rivier te was.

Maar Naäman het baie kwaad geword en weggegaan en gesê: Kyk, ek het gedink: Hy sal sekerlik na my uitkom en staan en die Naam van Yahuwah sy Eloah aanroep en sy hand oor die plek heen en weer beweeg en die melaatsheid wegneem.

Is Abána en Farpar, die riviere van Damaskus nie beter as al die waters van Israel nie? Kon ek my nie daarin was en rein word nie? En hy het omgedraai en vererg weggery. (2 Konings 5: 11-12)

Wanneer die Skepper se eenvoudige vereistes van aanbidding aan baie voorgestel word, is hulle te dikwels vinnig om terug te deins, en van groot moeilikheid en ongemak te murmereer. Die woorde van Naäman se dienskneg, wie hom pleit om te hersien, is net so van toepassing aan mense deesdae as wat dit destyds was: “As die profeet u `n groot saak beveel het, sou u dit nie doen nie? Hoeveel te meer nou dat hy u gesê het: Was jou en jy sal rein word?” (2 Konings 5:13)

Aanbidding van die Skepper is van vér meer belang as wat die meerderheid mense besef. Die Skrifte gee verslag van `n ingewikkelde gebeurtenis wat in die nabye toekoms sal plaasvind:  

En ná hierdie dinge het ek vier engele op die vier hoeke van die aarde sien staan, en hulle het die vier winde van die aarde vasgehou, sodat geen wind sou waai op die aarde of op die see of teen enige boom nie.

En ek het `n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende Yahuwah; en hy het met `n goot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig.

en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse Yahuwah op hulle voorhoofde verseël het nie.

En ek het die getal van die verseëldes gehoor: honderd-vier-en-veertigduisend verseëldes uit al die stamme van die kinders van Israel. (Openbaring 7:1-4 OV)     

Die seël van Yahuwah is die kosbaarste geestelike gawe beskikbaar aan elke lewende siel wat deesdae op aarde leef. Slegs die seël van Yahuwah kan die ewige lewe en die geestelike beskerming wat nodig is voorsien om die dae wat voorlê tegemoet te gaan wanneer die wraak van Yah onvermeng met genade op die onbekeerde wêreld uitgestort sal word.

[Yahuwah] se oordele sal besoekinge doen aan hulle wie daarop uit is om sy volk te onderdruk en te vernietig. Sy lankmoedigheid met die bose verstout die mens in oortreding, maar hulle straf is nie minder verseker en verskriklik omdat dit so lank uitgestel word nie. . . . Aan ons genadevolle Yahuwah is die handeling van straf `n vreemde optrede. ... “[Yahuwah] is lankmoedig, maar groot van krag; en nooit laat Yahuwah ongestraf bly nie.” [Nahum 1:3] Deur verskriklike dinge in geregtigheid sal Hy die gesag van Sy vertrapte wet vergeld. Die felheid van die vergelding wat wag op die oortreder mag geoordeel word volgens [Yahuwah] se onwilligheid om geregtigheid uit te voer. Die volk waarmee Hy lankmoedig is, vir wie Hy nie slaan totdat haar ongeregtigheid die maatemmer gevul het volgens [Yahuwah] se berekening, sal uiteindelik die beker van wraak onvermeng met genade ingeskink, drink.”1 

Oor die merk van die dier was gewonder, gepreek en oor geredeneer van generasie tot generasie. Maar die een ding wat jou sal beskerm van die merk van die dier word net vlugtig deurgelees en deur min verstaan. Soos verduidelik in ander WLK artikels, word die seël van Yahuwah ontvang wanneer die boetvaardige bekeerling die Skepper op Sy heilige sewende-dag Sabbat, bereken volgens Sy luni-solar kalender aanbid. Maar ywerige ondersoek van die Skrifte, het die verstande van die WLK span oortuig dat die seël van Yahuwah meer as net die weeklikse Sabbat (lunar-Sabbat) insluit. Dit sluit alle helige dae van Yahuwah in, omdat dit net aan die gehoorsame hart gegee is.  

Daar is drie kategorieë heilige dae waarop almal uitgenooi was om hulle Maker te aanbid:

  1. Weeklikse Sabbatte
  2. Maandelikse Nuwe Mane
  3. Jaarlikse Feeste

Weeklise Sabbatte

Die Skrifte gelas aanbidding op die sewende dag van elke week:

Gedenk die Sabbat dag dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die Sabbat van Yahuwah jou Eloah, dan mag jy géén werk doen nie – jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. Want in ses dae het Yahuwah die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het Yahuwah die sewende dag geseën en dit geheilig. (Exodus 20:8-11)

Daar is vier weeklikse Sabbatte in elke maansomwenteling (maand op die luni-solar kalender).   

Die Skepper Kalender

Maandelikse Nuwe Mane

Nuwe Mane is heilige dae wat elke nuwe maand begin en die punt waarby elke weeklikse siklus weer vir die nuwe maand begin. Die akkuraatheid van Yahuwah se metode van tydsberekening, die maan, is waarom hulle `n getroue getuie genoem word. “Soos die maan sal hy vir ewig vasstaan, en die getuie in die hemel is getrou.” (Psalm 89:37) Daar is 12 of 13 maansomwentelinge in elke son jaar, elkeen daarvan wat begin met `n Nuwe Maan aanbiddings dag.

Jaarlikse Feeste

Yahuwah se jaarlikse feeste word almal in Levítikus 23 aangedui waar die aanbidding daarvan herhaaldelik aanbeveel word as `n ewigdurende verbond. Hierdie feeste is:

  1. Pasga
  2. Fees van Ongesuurde Brode
  3. Beweegoffer
  4. Pinkster 
  5. Fees van Basuine
  6. Versoendag
  7. Tabernakelfees

Mense hou nie daarvan om hierdie eenvoudige vereistes te gehoorsaam nie. Hulle vind dit ongemaklik, selfs `n verleentheid, om aan vriende en medewerkers te erken dat hy die Joodse feeste vier! Niemand hou daarvan om anders te wees en om die Skepper van Alles op `n anderste kalender te aanbid, maak mens anders. Baie anders.

Die wêreld raak ryp vir haar vernietiging. [Yahuwah] kan nog net `n kort tydjie sondaars se dinge duld. Hulle moet die droesem van die beker van Sy toorn wat onvermeng met genade ingeskink is drink. Diegene wie erfgename van [Yah] en mede-erfgename met [Yahushua, die Gesalfde] van die ewige erfdeel wil wees, sal voortreflik wees. Ja, so voortreflik dat [Yahuwah] `n merk op hulle plaas as syne ten volle. Dink u dat [Yahuwah] `n volk sal aanvaar, verheerlik en erken wie so met die wêreld vermeng is dat hulle net in naam daarvan verskil? ...Dit sal binnekort bekend wees wie aan die kant van [Yahuwah] is, wie skaam is vir [Yahushua]. Diegene wie geen morele waagmoed het om hulle posisie doelbewus in die aangesig van ongelowiges te vul, en wie nie die modes van die wêreld versaak, en die self-verloënende lewe van [die Heiland] nadoen nie, is vir Hom skaam, en het nie Sy voorbeeld lief nie.2         

So. Wat skenk jy aan die Wese wie, letterlik, alles het? Gewillige gehoorsaamheid uit `n hart met liefde gevul. Wyse ouers leer hul kinders om dank te betuig vir die geskenke aan hulle gegee want dankbaarheid vir geskenke gegee wek liefde en vertroue op. Yahuwah weet dat Sy skepsels behoefte daaraan het om `n manier te hê hoe om hul liefde aan Hom te demonstreer. Uit liefde het Hy `n wyse geskep waarin dit gedoen kan word: deur Sy heilige dae vir aanbidding uiteen te sit.  

aanbiddende vrou

Satan versoek baie om aanbidding as die stempel te beskou wat hulle kaartjie na die Hemel waarborg. Niks kan verder van die waarheid wees nie! “Yahuwah is Gees; en die wie Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” (Johannes 4: 24) Aanbidding wat as `n verpligting aanskou word, is nie ware aanbidding nie.

Die hoogste vorm van gehoorsaamheid is gewillige      gehoorsaamheid.

Die woordeboek omskryf aanbidding as `n handeling: Om te vereer, om goddelike hulde te bring. Om te vereer met uitermate respek en ontsag ... Om eer te toon met die hoogste vorm van liefde en uiterste onderwerping . . .”3

Ware aanbidding kan slegs uit `n hart van liefde kom. Gewillige gehoorsaamheid, dan, is die hoogste vorm van aanbidding. Dit is nie, nóg kan dit `n handeling wees wat ontwerp is om guns te verwerf. Sou dit wees, dan sou dit volgens definisie, nie aanbidding wees nie. 

Die Verlostes Ontvang die Seël van Yahuwah

In Sy bergpredikasie het die Heiland die verskil tussen diegene wie verlore is en diegene wie, aan die einde, gered sal word, verduidelik. 

Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van My Vader wat in die hemele is.

Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?

En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! (Matthéüs 7:21-23).

Die verlorenes sal nie net hulle wees wie in open blote rebellie lewe nie. Baie wie aanspraak maak op Christenskap, wie aan hulle godsdiens gewerk het, wie “aanbid het” as `n middel tot `n doel (waarborg vir hul toetrede tot die Hemel) sal, uiteindelik verlore wees. Diegene wie die seël van Yahuwah ontvang is diegene wie  `n hegte verhouding, `n intieme vriendskap met die Verlosser en die Vader het. Hulle het die wil van die Skepper gedoen omdat hulle Hom liefhet. Punt. Om Yah te ken is om Hom lief te hê. As jy Hom ken,sal jy Hom liefhê en as jy Hom liefhet, sal jy Hom in alle dinge wil gehoorsaam, insluitende wanneer om te aanbid. 

 Die Geliefde Johannes het dit verstaan:

En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons Sy gebooie bewaar.

Hy wat sê: Ek ken Hom – en Sy gebooie nie bewaar nie – is `n leuenaar en in hom is die waarheid nie.

Maar elkeen wat Sy woord bewaar, in hom het die liefde van Yahuwah waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is.

Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het. (1 Johannes 2:3-6)

Aanbiddings dae: Geleenthede vir dankbaarheid

`n Hegte en liefdevolle verhouding is eenvoudig maar net nie moontlik wanneer dankbaarheid en liefde weerhou of wanneer pogings nie aangewend word om die ander persoon gelukkig te maak nie. Yahuwah as die Skepper van Alles, verstaan dit. Hy het nie behoefte vir jou aanbidding nie. Hy het jou dankbaarheid nie nodig nie. Maar jy het `n behoefte om dit te gee.

seun wie aan ma `n roos geeDit was om die behoefte in die mensehart tegemoet te kom dat die Skepper, reg aan die skepping van die wêreld, die sewende dag en Nuwe Mane4 as dae van rus en stilte uiteengesit het. “En Elohim het op die sewende dag Sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al Sy werk wat Hy gemaak het.” (Genesis 2:2 en 3)

Met die toetrede van sonde, is `n breë bres tussen die afvallige sondaar en die heilige, goddelike Vader geslaan. Dit was om hierdie kloof te oorbrug, om die gevalle mens in `n hegter kameraadskap met Hom te bring, dat die Vader die jaarlikse feeste ingestel het. Dit was Sy intensie dat, namate die volk op die vasgestelde tye regdeur die jaar byeengekom het, hulle met dankbaarheid en liefde, Sy seëninge en beskerming moes herdenk.

`n Goeie ouer sal omstandighede so reël om die kind met geleenthede  te voorsien om aan die ouer terug te gee. Pappie het regtig nie nog `n das nodig nie. Mammie het nie nog `n speldekussing of `n windskeef koekie nodig nie. Maar omdat dit vir die kind nodig is om die behoefte van vreugde om te gee te ervaar, sal wyse ouers hulle kinders met geleenthede voorsien om so te doen. Deur van die kinders te verwag om “dankie”  te sê vir alles wat aan hom gegee is, of dit nou `n eenvoudige glas water is, of `n maaltyd of geskenk, ontwikkel die kind liefde en erkenning dat die ouer `n liefdevolle gewer is. Die kind, as die ontvanger, ontwikkel dus dankbaarheid en dit, op sy beurt, ontwikkel liefde. Dit is die opregte waarde van aanbidding en die doel vir die getroue opsy sit van weeklikse, maandelikse en jaarlikse tye van aanbidding: dankbaarheid wat liefde baar.

Die Hemelse Vader vereis die onderhouding van die heilige dae as `n proses om dankbaarheid in ons harte te skep vir alles wat Hy vir ons doen. Dit is baie duidelik in `n landbou gemeenskap. Gewasse groei “want Hy laat sy son opgaan oor die slegtes en die goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.” (Matthéüs 5:45) Deesdae wanneer die meeste mense hul voedsel uit voedsel markte of winkels aankoop, is dit selfs belangriker om die tyd af te knyp vir die besef waar ons seëninge van daan kom, en om die goedertierenheid en die vrygewigheid van die Voorsiener te erken.

Wanneer dankbaarheid in die hart van die gelowige ontwaak, word liefde wakker gemaak en vertroue sterker. Dit is hoe die indiwidu in `n hegte en intieme vriendskap met die Verlosser gaan, sodat Hy hulle einde ten laaste sal aanvaar omdat Hy hulle ken. In die Skrifte het die woord “ken” `n besonderse betekenis. Dit dra `n veel dieper kennis as net `n oppervlakkige kennis. “En die mens [Adam] het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en ...gebaar...” (Genesis 4:1) Hulle wie uitroep Here! Here! ken Hom net oppervlakkig. Slegs hulle wie intiem met Hom verkeer is hulle wie Hy werklik ken, omdat hulle Hom ken.  .

Is dit moontlik om ooit gered te word deur nooit op Yah se heilige dae te aanbid nie? Sekerlik. Die Skrifte verseker ons dat Yahuwah veroordeel nie sonde in onkunde gedoen nie. “Yahuwah het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer.” (Handelinge 17:30) Sonde uit onkunde gedoen word teen niemand gehou wat in opregtheid verlang om te doen wat reg is nie. Maar, niemand wat Yahuwah se vereistes ken, kan ongestraf voortgaan om dit te verontagsaam nie. Dit sal wees om in openlike rebellie te leef.

Yahuwah se intieme vriende, diegene wie Hom liefhet en aanbid, sal op vasgestelde tye aanbid, volgens Sy vasgestelde kalender, regdeur die ganse ewigheid heen. “En elke maand op die nuwemaan en elke week op die Sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor My aangesig, sê Yahuwah.” (Jesaja 66:23) Dit is nou jou geleentheid om die Een te leer ken wie jou liefhet soos geen ander nie. Wees toegewyd om Hom op Sy heilige dae te aanbid, soos bereken deur Sy oorspronklike kalender. Die belonings om `n intieme vriendskap met jou Maker te hê is so oneindig soos die ewigheid self. 


1 Ellen G. White, Die Groot Stryd, bl. 627.

2 Ellen G. White, Spiritual Gifts, Deel 4b, bl. 77.

3 Noah Webster, American Dictionary of the English Language, 1828 uitg.

4 Die feit dat Nuwe Mane `n instelling van die Skepping is, word deur die feit bevestig dat die luni-solar kalender haarself deur Yahuwah vasgestel is as die metode van tydsberekening vanaf die Skepping van die wêreld. Genesis 1: 14 -15 sê: “En Elohim het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel as vir vaste tye, asook vir dae sowel as vir jare. En laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee aan die aarde. En dit was so.” Die woord as “tekens” vertaal, kom van die woord ôwth, #226. Dit beteken `n baken, monument of teken. Die woord wat as “vaste tye” vertaal word kom van mô`êd, #4150. Dit verwys na die aanbiddings byeenkomste van Yah se volk en word regdeur Levítikus 23 gebruik, verwysend na die jaarlikse feeste.