Print

Die Laatreëns Val Al! (Ontvang jy dit?)

Opregte Christene het met verlange uitgesien na die “Laatreëns,” of die beloofde “verkwikking” van die Heilige Gees wat hulle verwag om hulle gereed te kry om die Luide Geroep voor die Wederkoms te gee. `n Misgekykte vers in Deuteronómium openbaar dat die “Laat Reëns” heeltemal anders is as wat verwag is en dat dit alreeds besig is om uitgestort te word!

Die Iroquois Teater, Chicago Illinois, in Desember 1903.

Die Iroquois Teater, Chicago Illinois, in Desember 1903.

Met die opening van die Iroquois Teater op November 23, 1903, was dit wyd opgehemel as `n voorbeeld van wat teaters moet wees. Die ligging, naby die polisie-gepatroleerde Loop inkopie distrik, was redelik veilig. Die Chicago Daily News het dit uitbasuin:  “Nêrens is daar `n teater mooier as die Iroquois nie. Behalwe L’Opera in Parys, geen teater wat ek ooit gesien het is so skitterend besield in argitektuur nie.”1 Die Chicago Tribune was selfs meer rojaal in sy lof, deur te sê:

`n Toneelhuis so pragtig in sy eie hoedanigheid, so beeldskoon in al sy dele, so manjifiek en tog so gerieflik, het Chicago tot op hede nog nie haar eie genoem nie. Die Iroquois is sekerlik sonder gelyke in perfeksie onder die gewone vermaaklikheids plekke van die weste, en dit is te betwyfel of die ooste kan roem oor meer as een of twee huise van sy gelyke.2

Advertensies en aanplakbiljette het die gebou as “Absoluut Brandbestand” besing.3

Ag en dertig dae later, op Desember 30, was die teater tot op kapasiteit gevul. `n Beraamde 2,100-2,200 mense het mekaar verdring vir `n middag vertoning. Ten minste 200 mense--meestal vrouens en kinders—het nie sitplekke gehad nie maar was toegelaat om in die agterkant te staan en in die gange te sit. 

Vroeg in die tweede opvoering, het `n neteldoek vlam gevat. Binne twee minute, was die hele vlug gallery bokant die verhoog in vlamme gehul. Eddie Foy, `n akteur in die toneelstuk, het probeer om `n gevaarlike stormloop deur die gehoor te voorkom deur die gerustelling, “Bly in jul sitplekke. Dis niks nie. Dit sal binne `n paar minute uitgesit word. Speel, Dilea, speel!4 Direkteur van musiek, Joseph Dillea, het Foy se raad gevolg en voortgespeel.

Die Iroquois Teater vuur nadraai (Chicago Illinois)

Liggamme was tien voet hoog opgestapel agter geslote deurgange, of onvoldoende vir die massa mense wat daarteen druk.

Oor die 600 mense het weens die brand gesterf, die meeste binne minute.

Hierdie een tragedie in `n “Absolute Vuurvaste” gebou -- `n vuur wat as “`n Nietigheid aanskou was, Dit sal binne minute geblus wees” – het die dodelikste enkele-brand in `n gebou sowel as die gevaarlikste teater vuur in die VSA geskiedenis gebly.

Die teatergangers, wie vertel was dat die vuur as net `n nietige lastigheid beskou was, het geen idee gehad dat, terwyl hulle so sit en luister na die spelende orkes, vlamme steeds nader gestorm het nie, wat alles in hul weg hongerig verteer. Hulle het `n gelukkige einde aan `n genotvolle uitstappieverwag. Hulle het verwag om binne `n paar ure huis-toe te keer.

Die realiteit was dat gebeure alreeds plaasgevind het wat honderde sou verhoed om nooit hul verwagtinge te besef nie.

Hierdie treurige waarheid is dat dieselfde scenario deesdae herhaal word, maar hierdie keer, is baie meer in gedrang, die ewige verlossing van menigtes.

Die Vroeë Reëns

Die uitstorting van die Heilige Gees op Pinkster was `n geestelike gebeurtenis van ontsaglike belang.

“En toe die dag van die pinkster aangebreek het, was hulle eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel `n geluid soos van `n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulle self verdeel en op elkeen van hulle gaan sit het. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek. (Handelinge 2: 1-4, OV)

“Die geweldige geskenk van die Heilige Gees wat sonder maat uitgestort was, het die dryfkrag voorsien, die mag, om die vroeë gelowiges te bemagtig om die hele evangelie boodskap in `n enkele generasie na die hele bekende wêreld te neem. Dit was die koms van die beloofde “Trooster” en was as die “vroeë reëns” uitgestort. 

Wat selfs kosbaarder vir gelowiges deesdae is, is die ontdekking van `n teks in die Ou Testament wat `n herhaling van hierdie gawe beloof, net in dié tyd, in “laat reëns” kragtigheid. “En julle, kinders van Sion, juig en wees bly in Yahuwah julle Eloah, want Hy gee julle die leraar tot geregtigheid en laat op julle neerdaal die reëns, die vroeë reëns en die laat reëns, soos voorheen.

Kosbare belofte! `n Uitstorting van die Heilige Gees  wat die siel en lewe reinig, om `n volk voor te berei om Yahushua in die hemele te ontmoet en aan hulle mag gee om die laaste waarskuwings boodskap aan die wêreld te gee. Baie gelowiges sien verlangend uit na hierdie gebeurtenis. Hulle hunker na reiniging. Hulle wil met die Hemel saamwerk om die Luide Geroep (laaste waarskuwing) aan die wêreld te gee, en bid tot Yahuwah om hulle die laat reëns te stuur om hulle voor te berei vir die aarde se slottonele. 

Tragies, baie maak die presiese einste fout wat baie mense in die Iroquois Teater gemaak het, namate hulle in hul sitplekke gesit het en kalm na die musiek geluister het, wie ten volle verwag het om na die vertoning huiswaarts te keer. Hulle stel die verwagte uitstorting van die laat reëns êrens in die toekoms uit hoewel, in die einste oomblik, gebeure plaasvind wat hulle baie goed kan verhoed om daardie verwagte reis terug na die Hemel te neem.   

Om te verstaan waarom hierdie verwarring plaasgevind het, is dit nodig om te weet wat die vroeë en laat reëns in Palestina was, en wat dit is as hulle as simbole gebruik word.

Reënstorm

Ek het opgegroei in die rollende heuwels van die koring lande. Dit was baie droog en woestynagtig. Jaarlikse reënval was omtrent 20 duime (50 cm.), meestal van herfs en lente reëns en winter sneeu. Die landbouers het die kuns van droë land boerdery bemeester. Hulle sou winter graan in die herfs plant. Dit sal dan ontkiem en begin groei. Wanneer die winter aanbreek, sou die jong koring wag, beskerm van die ysige koue onder die beskermende sneeu kombers. Wanneer die lente reëns val, het die koring vinnig tot wasdom gegroei. Dit het dan uitgedroog onder die warm somer son voordat dit in Julie geoes is.

Droë land graan boerdery (Fotobeeld gebruik met vergunning van Michael Brand Fotografie)

Droë land koring boedery is baie dieselfde soos die besproeiings boerdery bedrywighede van Israeli landbouers in antieke Palestina.

(Fotobeeld gebruik met toestemming van Michael Brandt Photography.)

Hierdie jaarlikse siklus was dieselfde, in baie gevalle, soos hoe graan in die ariede klimaat van Palestina verbou was. Landbouers het in die herfs hul oeste gesaai. Het in die lente hul gars geoes en in die somer die koring. Israelitiese boere was afhanklik van twee reën seisoene om hul gewasse te laat groei. Die “vroeë reëns” het kort na planttyd in die herf geval. Dit het die graan laat ontkiem en was die begin van die groei tydperk.

Die “laat reëns” het aan die einde van die groei siklus geval, in die lente, wat die graan tot wasdom gebring het. Die “laat reëns” het `n oorvloedige oes inlewering verseker. 

Is dit is nie verrasend dat die Gees van Inspirasie die vroeë en die laat reëns uitkies as simbole van die geestelike groei en rypwording van gelowiges met Pinkster en, weereens, net voor die Wederkoms nie. 

Ja, maar ...wat is dit?                                                                                 

Goed. . . die laat reëns is die Heilige Gees. Maar wat, spesifiek, is die betekenis daarvan? Hoe maak dit die gelowige vir die Hemel gereed?

Die antwoord op hierdie vraag openbaar `n opwindende waarheid: die laatreëns het alreeds begin! Dit word nou uitgestort!

Yahushua het hierdie spesiale werk van die Heilige Gees verduidelik, met die stelling:

Die Laatreëns Val Al! (Ontvang jy dit?)

Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur.

En as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel.

Van sonde, omdat hulle in My nie glo nie;

En van geregtigheid, omdat Ek na My Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie;

En van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.

Nog baie dinge het Ek om julle te sê, maar julle kan dit nie nou dra nie.

Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, en die toekomstige dinge aan julle verkondig.

Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. (Johannes 16: 7-15, OV) 

Die Heilige Gees word gegee om te onderrig! Om die nederige leerder in die Hemel se waarheid op te voed. Die “laat reëns,” is dus, toenemende waarheid! 

Hierdie feit word bevestig deur twee belangrike verse, verberg in die boek van Deuteronómium: “Luister, o hemele, dat ek kan spreek, en laat die aarde hoor die woorde van my mond. Laat my leer drup soos die reën, my woorde vloei soos die dou, soos reëndruppels op die grasspruitjies en soos reënbuie op die plante.” (Deuteronómium 32:1-2, OV)

Die laat reëns is leerstellings. Dit is nuwe lig! Om in die aangesig van `n heilige Yah sonder `n middelaar te staan vereis die herstelling van lang-verborge waarhede. Waarhede verberg onder lae van onkunde, bygelowe en mens-gemaakte tradisies word herstel onder die lewegewende uitstorting van die laat reëns.

En dit gebeur alreeds!

Toenemende Lig

Diegene wie vashou aan ou gewoontes en gryse dwaalleringe het die feit dat lig altyd toenemend is op die weg van almal wie  [Yahushua] volg waarheen Hy ookal mag lei, uit die oog verloor; die waarheid is altyd ontvouend aan die volk van [Yah]. Ons moet voortdurend voorwaarts as ons ons Leier volg. Dit is wanneer ons die lig volg wat oor ons skyn, die waarheid gehoorsaam wat aan ons verstande blootgelê is, dat ons meer lig ontvang. Ons kan nie verskoon word in die aanvaarding van slegs die lig wat ons vaders een honderd jaar gelede gehad het nie. Indien ons God-vresende vaders die lig gesien het wat ons sien, en dit gehoor het wat ons hoor, sou hulle die lig aanvaar het, en daarin gewandel het. As ons verlang om hulle getrouheid na te boots, moet ons die waarhede wat vir ons geopenbaar is, nes hulle dít wat aan hulle voorgelê was aanvaar het; ons moet doen nes hulle gedoen het, as hulle in ons tyd geleef het.5

Toenemende lig is `n yslike geskenk.  Yahuwah bemagtig Sy kinders deur hulle ewige toenemende kennis, wysheid en insig omtrent die diepe dinge van Yah te skenk. Oneindige liefde is gedemonstreer deur niks van die waarheid te weerhou, wat wanneer dit aanvaar word, die siel sal versterk en toerus op sy aardse pelgrimstog. Wanneer Sy volk honger en dors na Sy ligstrale, sal die Vader hulle nooit teleurstel nie.

“Slegs hulle wie die lig uitlewe wat hulle ontvang het, sal meer lig ontvang. Tensy ons daagliks vorder in die opheldering van die aktiewe Christen deugde, sal ons nie die manifestasie van die Heilige Gees herken nie. Dit mag op harte rondom ons val, maar ons sal dit nie bemerk of ontvang nie.” (Testimonies to Ministers, bl. 507.)

Yahushua het gesê, “Salig is die wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word.” (Matthéüs 5:6, OV) Yahuwah beloon diegene wie ywerig soek na meer lig. Diegene wie die waarheid waardeer, ongeag van die koste daarvan, sal ryke geestelike belonings in hierdie lewe ontvang, en steeds groter vergoedings in die ewige lewe. Yahuwah verdiep hulle liefde vir die waarheid met nuwe ligstrale van Sy genade troon.

Maar sulke vreeslike geestelike gawes, bring aan hulle uitermate geestelike verantwoordelikheid. Ja,om wat hulle geleer het met ander te deel, maar ook om voort te gaan in die weg om altyd-vermeerderende lig te soek. Vir te lank nou al was die Christen kerke tevrede met die lig wat hulle alreeds het. Die Rooms Katolieke Kerk, die oudste onder die georganiseerde denominasies, roem in haar oue tradisies en baseer baie van haar leerstellings op niks anders as die “leerstellings van die kerk vaders nie.” Hoe verskil dit van die “rabbynse tradisies van die oudstes” wat so duidelik deur Yahushua veroordeel is?    

Die denominasies wat uit die Protestantse Reformasie verrys het, het die kosbare strale van die Hemel se lig omhels in die priesterskap van alle gelowiges, regverdigheid deur geloof, volwasse doop deur onderdompeling en andere, maar daar het hulle stagneer. Die tweede en derde Protestantse generasies was tevrede met die lig van hul ouers en grootouers. Hulle het nie voortgegaan om vir meer waarheid te soek nie.  

“Baie van die belydende onderwysers van die volk is heeltemal tevrede om hul kleim in te slaan en hoegenaamd self geen vordering te maak nie, en hulle is baie verontwaardig wanneer andere aangedryf word om vir nuwe waarhede te soek. Wanneer nuwe lig voorgestel word, voel hulle nes die Fariseërs gevoel het, maar hulle doen alles in hulle mag om andere te verhoed  in die soeke na waarheid.” (Review & Herald, Junie 29, 1886.)

Net so het die verskeie post-Protestantse Hervorming denominasies wat in die laat 19de eeu verrys het, verby wat die Protestantse Hervormers as lig aanvaar het, gevorder. Die Sewende Dag Baptiste het die sewende-dag Sabbat aanvaar en dit met die Sewende-dag Adventiste gedeel. Die Mormone het `n gesonde lewensstyl omhels. Die Jehowa se Getuies het vir die ware naam van Yahuwah gesoek en het al die paganistiese heilige dae verwerp. Bykomend tot die aanvaarding van die sewende-dag Sabbat en die gesondheidsboodskap, het die Sewende-dag Adventiste die ontsaglike waarheid van die heiligdom en die lesse wat dit leer omtrent die verlossings plan bestudeer.    

Maar...

Maar elke enkele een van daardie denominasies het die foute van die verlede herhaal, en ook hulle, het gestagneer. Hulle het nie voortgegaan om met die lig te vorder nie. 

Om nuwe en dieper lig te ontvang, moet elke soeker na waarheid vry wegstap van elke mens-gemaakte tradisie. Hy of sy mag alle voorafopgestelde veronderstellings opsy sit en gewillig wees om te gehoorsaam wat die Heilige Gees ookal as waarheid blootlê.

Lê jou voorafopgestelde opinies en jou oorgeërfde en gekweekte idees voor die deur van ondersoek neer. Julle sal nooit die waarheid bereik as jy die Skrifte ondersoek om jou eie idees te verdedig nie. Los dit by die deur, en met `n ootmoedige hart gaan in en luister wat [Yahuwah] te sê het . . .

Moenie jou geloofsbelydenis na die Bybel neem en die Woord in die lig van jou vorige opinies lees nie. Moenie probeer om alles met jou geloofsoortuiging te laat saamstem nie. Ondersoek die Woord deeglik en gebedvol met `n verstand vry van vooroordeel. Soos jy lees sal oortuiginge kom, en jy sien dat jou mees gekoesterde opinies nie in harmonie met die Woord is nie, moenie probeer om die Woord met hierdie opinies te klee nie. Jou opinies die Woord laat pas nie. Moenie toelaat dat wat jy in die verlede geglo en beoefen het jou insig beheer nie. Maak jou geestes oog oop om wonderlike dinge uit die wet te sien. Vind uit wat geskrywe is, en plant jou voete op die ewige Rots.6   

Deur slegs dit te doen, is dit moontlik om bokant ingewortelde vooroordele uit te styg en die waarheid te volg waar dit ookal mag lei.

Om die behoefte te vervul wat deur die mislukking van die kerke om toenemende lig te aanvaar, verwerp is, het verskeie onafhanklike bedienings verskyn om die Hemel se waarhede te versprei. Hierdie bedienings het die lig aan hulle gegee, getrou gedeel, maar byna sonder uitsondering, het hulle verkies om vas te klou aan hulle een ligstraal, wie weier om op te volg en steeds meer waarhede te bestudeer. Slegter nog, nes die verskeie denominasies voor hulle, het die onafhanklike bedieninge hulle volgelinge geleer om enige lig  meer as wat hulle alreeds het, te verwerp.  

Dit is `n groot tragedie. Ook is dit `n groot gevaar vir die siele van diegene wie daardie vorderende lig verwerp. Hemel se waarhede moet ywerig uit studeer word! Dit moet versigtig ondersoek word en met ywer aanvaar word. Nie `n enkele juwele waarheid, ongeag van hoe nietig dit ookal mag voorkom, moet sorgeloos eenkant gesit word of weggegooi word nie. Alles moet bymekaar gemaak, gekoester, en gehoorsaam word.

Dit is die verantwoordelikheid van elke opregte gelowige om: 1) te soek vir waarheid; 2) die waarheid geskenk te aanvaar; en, 3) `n lewe ooreenkomstig tot geopenbaarde lig te lewe.


Geheilig Deur Gehoorsaamheid

“Lig” is waarheid. Maar meer as dit, dit is die bewyse van waarheid, wat aan die intellek tuis gebring word, en uitgeleef word in `n lewe van gehoorsaamheid. `n Loutere intellektuele inwilliging sal niemand red nie. Die duiwels het die mag van Yahuwah erken en gesidder, maar het in rebellie voortgegaan, die waarheid het hulle nie gered nie. Om ten volle aanvaar te wees, moet die waarheid gehoorsaam wees en dit is wanneer die hart vasbeslote is om te gehoorsaam dat die Gees van Waarheid die siel heilig.

Paulus het Yahuwah vir hierdie waarheid geloof: “Maar ons moet [Yahuwah] altyd oor julle dank, broeders wat deur [Yahuwah] bemin word, dat [Yahuwah] julle van die begin af verkies het tot saligheid in heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid.” (2 Thessalonicense 2:13, OV)

Die woord wat hier as “geloof” in Engels vertaal word, is heeltemal passief. In Arabies, is dit die aktiewer woord gelowige. Dit is die aksie om te glo (met die samehangende gehoorsaamheid) wat heilig. Nie `n passiewe verstandelike inwilliging nie. Die woord kom van die Hebreeuse pis`tis (#4102) wat oortuiging, oorreding en versekering beteken.

Die siel word deur gehoorsaamheid geheilig. Dit is `n uitermate belangrike punt. Nuwe konsepte, waarop gereageer word, word fundamentele beginsels. Hierdie fundamentele beginsels, op hul beurt, raak deel van die houdings en oortuigings van die indiwidu. Die houdings en die oortuiginge vorm die gedagtes en gevoelens. En dit is die denke en die gevoelens wat die karakter vorm.

Die karakter is die enigste iets wat ons na die Hemel neem. Niemand kan dit waag om die kleinste ligstraal te vermy nie, omdat elkeen die fondasie vir steeds meer lig lê, wat sou lei na gehoorsaamheid en die siel heilig. Selfs die eerste tree weg van volle aanvaarding van waarheid stel die siel in gevaar.

Verhard Deur Ongehoorsaamheid

Die geskiedenis van die Israeliete nasie is `n ernstige waarskuwing aan gelowiges van vandag. Dit verklaar die verskriklike gevolge van wanneer die hart teen vorderende lig gesluit word. Die heel eerste tree wat die Israeliete in die verwerping van die Verlosser geneem het was `n gevaarlike een omdat dit `n voorbeeld geskep het om waarheid te verwerp. Later, namate verslae oor Sy groot wysheid, Sy verhewe karakter, die wonderwerke wat Hy vermag het verklaar is, het die oortuiging harte beetgeneem dat Hy inderdaad die langverwagte Messias was. Maar die gevalle menslike karakter wat dit was, se hoogmoed wou nie die leiers toelaat om te erken dat hulle `n fout gemaak het nie. Die leiers het toe die res van die nasie beïnvloed om die Verlosser te verwerp en die volk was te trots om te erken dat hulle hul geloof in hul leiers geplaas het wie verkeerd was.  

Graan land (Fotobeeld gebruik met vergunning van James Richman)

Die laatreëns was geskenk om harte gereed te kry vir die oes. Slegs diegene wie hierdie toenemende lig aanvaar sal die vlak bereik van volle rypheid in Yahushua.

(Beeldmateriaal gebruik deur toestemming van James Richman.)

Elke opregte soeker na waarheid moet bewus wees dat hierdie selfde scenario homself deesdae weer afspeel. Kerk leiers word voorsien van nuwe lig, en meer as dikwels, is hulle eerste reaksie om na hulle pastoor, priester of rabbi te hardloop, met die vraag, “Is hierdie dinge waar?”

Godsdiens leiers is wel bewus dat die nuwe lig sommige van hul vasgestelde leerstellings van die organisasie wie hul salarisse betaal,  kontrasteer. Dit is in hul beste belang om alle nuwe lig te verwerp, wat hulle ook doen. Die skrywer is persoonlik bekend met `n handvol Sewende-dag Adventiste pastore wie daarvan oortuig is dat die lunar Sabbat die waarheid is, maar hulle leer dit nie aan hulle gemeentes nie. Hulle bly stil daaroor. Hulle gaan voort om `n salaris tjek van `n organisasie te trek wat standpunt ingeneem het teen hierdie toenemende lig. Dit word elke keer herhaal wanneer iemand `n ander persoon die finale outoriteit maak omtrent wat waarheid is.   

Waarom vra hierdie mense nie vir Yahuwah nie? Die Vader het genadiglik almal uitgenooi om vir wysheid na Hom te kom: “En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van Yahuwah bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. ” (Jakobus 1:5, OV)

Nes die Fariseërs in Yahushua se dae, heg die godsdiens leiers groot waarde aan hul geleerdheid. Hulle was by seminare! Hulle het Hebreeus en Bybelse Grieks gestudeer. Hulle het skolastiese werke gelees wat die gemiddelde persoon nooit van gehoor het nie! Hulle neem sommer so aan omdat hulle beter kennis het en voel seergemaak in die moontlikheid dat sommige van hulle oortuiginge foutief mag wees.   

Sodoende tree hoogmoed in en hulle voel minagting vir enigiemand wie voorstel dat hulle `n meer gevorderde greep op die waarheid het as wat hulle leiers self het. Hulle verwerp die bewyse aangebied as, by tye vals, by tye verwarrende, argumente. Die leiers self studeer nie met `n openhartigheid nie, omdat hulle die status quo moet handhaaf. Deur hulle voorbeeld, lei hulle die menigtes om die nuwe lig te betwyfel en bemoedig suspisie op enigeen wie waag om vrae vra.  

Wanneer addisionele bewyse die verstande van die godsdiens leiers bereik en hulle van die waarheid oortuig is, erken hulle dit steeds nie aan hulle volgelinge nie. Al die bewyse in die wêreld is nie genoegsaam om deur die verharde hoogmoed te breek nie. Hulle hou hul koers standvastig, en weier om te erken dat hulle verkeerd is.

Daar is gevaar dat wanneer [Yahuwah] spesiale lig aan sy volk sal stuur, hulle ook hulleself in dieselfde kant as die Fariseërs plaas. Maar laat nie een van die mense wie gevorderde lig het, die posisie inneem dat hulle al die lig het wat daar is om vir alle tye openbaar gemaak te wees, en dat daar geen verdere ligstrale skyn op hul weg uit die woord van [Yah] nie. Hoe meer ons mense die Skrifte ondersoek, hoe meer sal die ryk juwele van waarheid bekend gestel word. Sal diegene wie die gees van onderdrukking van hul broeders in die kerke gevoel het, doen wat hulle in ander veroordeel het? Sal hulle doen soos die eie-geregtige Fariseërs? Sal hulle argumente met bespotting, skertsery, en sarkasme tegemoet gaan? Sal hulle van die ligdraers sê soos wat hulle van die wêreld se Verlosser gesê het, ‘Hy het `n duiwel”? Sal hulle gereed wees om sy boodskap te verbied, “omdat hy nie soos ons dink nie”? Sal die boodskapper wie [Yahuwah] met spesiale lig sal stuur met bespotting en veragting behandel word, nes Paulus deur die heidene behandel is, wie gesê het, “Laat ons hoor wat hierdie babbelaar te sê het”?    

Vind Vreugde In Die Lig

Wanneer jy vir jouself na Yahuwah gaan, sal Hy jou as indiwidu leer. Dit is nie nodig om die opinie van godsdiensleiers te vra nie. Waarhede wat op hierdie manier geleer word, word baie kosbaar. Wanneer Yahuwah jou onderwyser is, sal Hy jou in die waarheid setel sodat niks jou geloof kan skud nie.

Dit is baie inspirerend vir geloof om terug te kyk oor die ondervindinge wat Yahuwah gelei het, deur die waarheid te leer.  

graan land teen sonsondergangDie WLK span is nie anders as jy nie. Ons is eenvoudig net `n groep van nederige gelowiges, oor die wêreld heen versprei wie lief is vir Yahuwah en wie `n brandende begeerte het om die waarhede wat aan ons bekend gemaak is met te deel. Dit het somtyds `n publieke erkenning  van dwalinge vereis oor foute uit die verlede

Met elke aanvaarding van vorderende lig, word meer waarhede gegee namate die verkwikkende buie van die laatreëns steeds meer waarheid bring. Dit is hierdie einste waarhede wat die siel voorberei vir die oes aan die einde van die wêreld.  

Die reis vir die WLK span het in 2002 begin toe ons oortuig was met die behoefte om uit alle gevalle en afvallige denominasies te vlug. Nadat ons tot die slotsom gekom het om Yahuwah en Yahushua alleen te volg, het die Vader Sy hemelse stort reëns mildelik en voortdurend in die volgende kronologiese orde uitgegiet:  

Jaar 2002:

Jaar 2005:

Jaar 2006:

Jaar 2009:

Jaar 2010:

Jaar 2011:

Jaar 2012:

Jaar 2013:

Jaar 2015:

Jaar 2016:

Aanvaarding van Lig, Verwerping van Dwaalleer

Deur gehoorsaamheid, berei dit die hart voor vir die Hemel.

Nuwe lig is nie iets om te vrees en voor te beef nie. Dit is `n voortreflike geskenk! Elke straaltjie lig lê ook dwaling bloot. Deur dankbare aanvaarding en in die lewe ingeweef deur gehoorsaamheid, berei dit die hart vir die Hemel voor.

Bid vir nuwe lig. Doen deeglike navorsing daarvoor, nes vir verborge juwele. Daar is geen beter bewys dat Yahuwah jou leiding gee as wat Hy steeds aan jou Sy leerstelling leer.

Ondersoek jou eie hart. Watter nuwe lig het jy ontvang? Is daar lig wat jy verwerp het? Is jy seker dat dit dwaalleer was wat jy verwerp het en nie lig nie? Gaan terug en studeer weer van oor af. Om met `n ope gemoed te ondersoek beteken dat jy al die bewyse bepeins met `n gewillige hart wat wil gehoorsaam as die Heilige Gees jou oortuig dat dit waarheid is. Maak seker dat jy al die lig beskikbaar aanvaar het en pleit vir meer.

Die laat reëns word uitgestort. Die weelde van inligting en waarheid tans beskikbaar is ongeëwenaar in die lang geskiedenis van geestelike duisternis wat die wêreld omgewe. Hierdie nuwe lig is van die uiterste belang vir jou siel omdat dit die lig is wat jou voorberei om Yahushua in vrede te ontmoet wanneer Hy kom.

En Hy is byna hier!

sonsondergang oor `n beeldskone berg horison. (Fotobeeld met vergunning van James Richman) 

Die strale van ewige dagbreek is selfs nou besig om op die horizon te gloei. Aanvaar met vreugde en dankbaarheid die nuwe leerstellings wat Yahuwah uitstort en maak klaar vir die Hemel.

(Beeldmateriaal gebruik met toestemming van James Richman.)


1 Amy Leslie, aangehaal in Chicago Death Trap: The Iroquois Theater Fire van 1903, deur Nat Brand, bl.25.

2 W. H. Hubbard, ibidem.

3 Brand, bl.5.

4 Christopher Cerf, The Experts Speak, bl. 247.

5 Ellen G. White, Historical Sketches, bl. 197.

6 Ellen G. White, Manuscript Releases, No. 209, bls. 431-432.

7 The Home Missionary, September 1, 1894.