Print

Gehoorsaamheid wat voortspruit deur geloof

Soos verlossing, is gehoorsaamheid opsigself ook ʼn gawe. Gehoorsaamheid wat voortspruit vanuit ons eie krag dit niks anders as werke is, en is dit onaanvaarbaar vir Yah.

Martin Luther het nie gehou van die boek van Jakobus. Die feit is; in sy voorwoord tot die Nuwe Testament, het hy so vêr gegaan as om die boek van Jakobus; “ ʼn sendbrief van strooi” te noem, en as dit vergelyk word met die Evangelie van Johannes en die skrywes van Paulus.

Miskien was Luther se reaksie oor die boek van Jakobus verwag. Na alles, het Yahuwah Luther kragdadig gebruik om die waarheid van regverdigmaking deur geloof te herstel, en nie deur werke. Alhoewel die boek van Jakobus ʼn belangrike deel het in die heilige kanon. Dit voorsien aan ʼn duidelike onderlinge verband tussen geloof en werke.

Geloof teenoor werke

Dietrich Bonhoeffer

Dietrich Bonhoeffer (1906-1945)

Sonder enige twyfel, is verlossing alleenlik deur geloof. Paulus verklaar onmiskenbaar: “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van Yah; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.” (Lees Efesiërs 2 verse 8 en 9)

Selfs is hierdie pragtige waarheid bedorwe is deur Satan. Omdat daar volstrek niks is wat enigiemand kan doen om verlossing te “verdien,” die duiwel het hierdie begrip oor geloof binnedring, en waarna Dietrich Bonhoeffer verwys het as “goedkoop genade.” Deur Bonhoeffer se goedkoop genade aan te haal, “dit die verkondiging is van vergiffenis sonder die vereiste van berou … Goedkoop genade is genade sonder dissipelskap, genade sonder die kruis, is genade sonder [Yahushua] Christus.” 1

Deur goedkoop genade, word daar klem gelê van die voordele van Christenskap, sonder om enige erkenning te verleen aan die prys wat betrokke is. Dit diegene is wat wetend en onwetend, goedkoop genade omhels, hierdie ʼn beskuldiging van “wettiesisme” is, en teenoor almal wat die bindende natuur van Yah se wet onderhou.

Jakobus voorsien aan die oplossing tussen hierdie twee opponerende groepe.

Geloof en werke

Wanneer geloof teenoor werke gedebatteer word, daar een belangrike punt is van geneigdheid om te vergeet, dat alles wat nodig is vir verlossing ʼn gawe is – insluitend geloof! “ Na die maat van geloof soos Yahuwah dit aan elkeen toebedeel het.” (Romeine 12 vers 3). Hierdie “maat” van geloof is voldoende om die woord van Yah te begryp wat verlossing belowe.

Gehoorsaamheid opsigself is ʼn gawe! Wat die meeste mense nie verstaan nie. Wat Jakobus gedoen het. Hy open sy sendbrief met ʼn vriendelike waarskuwing: ” Moenie dwaal nie, my geliefde broeders. Elke goeie geskenk en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie. Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees.” (Jakobus 1 verse 16 tot 18)

Dit sluit gehoorsaamheid in! Net soos geloof ʼn gawe is so is gehoorsaamheid ook.

Werke wat voortspruit uit geloof

Die Christendom van vandag ʼn tweeledigheid voorhou, baie van die meerderheid van wêreldse Christene dikwels voorkom as om baie deur vreugde gevul te wees. Terwyl, dit die teendeel is dat die meerderheid van wettiese Christene, meer opreg is – selfs as hulle swaarkry onder die sware las van skuld!

wêreldse christen

Die Christene wat met blydskap vervul is, het die waarheid omhels van geregverdig deur geloof alleen, maar hulle trap dikwels in die strik van die verwerping van gehoorsaamheid as niks anders as wettiesisme. Die wettiese, swaar belaste Christene wat die ewigdurendheid van die goddelike wet verstaan, en in die tussentyd worstel, omdat deur die gawe van verlossing te aanvaar het, voel hulle dat hulle moet meedoen saam met Yah deur Satan se versoekings te weerstaan in hulle eie krag. Beide groepe nie daarin slaag om dit te verstaan, dat gehoorsaamheid opsigself ʼn gawe is.

Jakobus het dit verstaan. Hy sê:

Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red.

En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.

Want as iemand 'n hoorder van die woord is en nie 'n dader nie, dié is soos 'n man wat sy natuurlike gesig in 'n spieël sien; want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie 'n vergeetagtige hoorder is nie, maar 'n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen. (Lees Jakobus 1 verse 21 tot 25).

Neem kennis dat dit die “ingeplante woord” is, wat sy ontvangers in staat stel om daders daarvan te word. Alleenlik wanneer ons die gawe van geloof tesame met die gawe van Yah se eie geregtigheid ontvang.

Geloof wat werk

Yahushua het hierdie gehoorsaamheid verstaan wat die enigste werklikheid is wat deur Yah aanvaarbaar is wanneer dit natuurlik van die gesuiwerde hart vloei, waarop die wet van Yah geskrywe staan. Met die verduideliking aan die Fariseërs, se Hy:

JULLE moet òf die boom goed maak en sy vrugte goed, òf julle moet die boom sleg maak en sy vrugte sleg; want aan die vrugte word die boom geken. Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? Want uit die oorvloed van die hart praat die mond. Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn. (Mattheus 12 verse 33 tot 35).

Dit was nie ʼn les om hulle werke te vermeerder nie. Eerder, was dit ʼn oproep om die Vader toe te laat om hulle harte te reinig. Dan sal die werke wat hulle poog om te doen deur hulle eie handelinge, maklik en natuurlik voortvloei, as die resultaat van ʼn veranderde hart wat as ʼn gawe aan hulle gegee is deur die goddelike skeppende mag.

berou

Gehoorsaamheid voortspruit vanuit geloof. Geloof word nie geskep nadat iemand gehoorsaam is. Die feit is, dat dit onmoontlik is om gehoorsaam te wees sonder om eers die gawe van geloof te besit.

WAT baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie? As daar nou 'n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het, en een uit julle sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie — wat baat dit? Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.

Maar iemand sal sê: “Jy het die geloof en ek die werke.” Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon. Jy glo dat Yahuwah één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder. Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is?

Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie? Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof [volkome] geword het uit die werke? En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het Yahuwah geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is 'n vriend van Yah genoem.

Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie? En is Ragab, die hoer, nie ook net so geregverdig uit die werke toe sy die boodskappers ontvang en met 'n ander pad weggestuur het nie?

Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood. (Lees Jakobus 2 verse 14 tot 26)

Die gawe van gehoorsaamheid is die resultaat van die gee van ‘n veranderde hart.

Die gawe van gehoorsaamheid

Jy het nie nodig om die ewigdurendheid van die wet van Yah te ontken omdat jy bang is dat jy dit nie kan onderhou. Die waarheid is : jy kan nie! Nie in jou eie krag, en enige prys. Gehoorsaamheid is ‘n stryd en las wanneer jy poog om dit te onderhou in jou uit eie krag. Yahuwah verwag dit van niemand! Hy bied aan jou die gawe van ʼn gesuiwerde nuwe hart, en waarop Sy wet geskrywe staan.

“En Ek sal julle 'n nuwe hart gee en 'n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle 'n hart van vlees gee. En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.” (Esegiël 36 verse 26 en 27)

Paulus stem saam en verklaar: “Want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.” (Lees Filippense 2 vers 13).

Dit is ʼn gawe. Dit is ʼn handeling van die goddelike, skeppende mag. Wanneer Yahuwah dit doen sonder enige hulp deur ons, sal ons reaksie aanvaarbaar wees vir Yah. Saam met die psalmis sal ek my verbly: “ Ek het lus, o Yahuwah, om u welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande.” (Lees Psalm 40 vers 8)

Aanvaar vandag die gawe van gehoorsaamheid, en gehoorsaamheid sal nie meer langer ‘n las wees, maar die natuurlike uitvloeisel van ‘n nuwe hart.

lofprysing
 

Die skatte van die Hemel is beskikbaar aan almal wat dit in geloof vra. Om kennis te verkry oor ʼn sterk geloof, geloof wat die wêreld oorwin, kyk na WLC se video op YouTube: “Eenvoudige Stappe om jou geloof te vermeerder!"


1 Dietrich Bonhoeffer, The Cost of Discipleship.