Ons het in die Name in die Skrif herstel van die Vader en Seun soos dit aangehaal word, en soos hulle oorspronklik geskrywe is deur geïnspireerde Bybel skrywers. Kliek hier vir die aflaai vir die Herstelde Weergawe van die Name in die Skrif. (RNV) – Die WLC Span. |
Reaksie op die ongelooflike gebruik van die letterlike koop van vergiffenis van sonde deur die Roomse Katolieke Kerk met die draai van die sestiende eeu, was dit een van die faktore wat die vonk was vir die Protestantse Hervorming. Gedurende daardie tydperk, het die Katolieke Kerk sentraal Europa droog getap van fondse vir die bou van St. Peters in Rome. Die verhaal van ʼn man wat hom so oorgegee het aan sonde en vir die afkoop daarvan dat hy van dieselfde man dit terug gesteel het, aan wie hy dit verkoop het, en was baie gewild om so te maak.
Martin Luther |
Die bewuswording van regverdigheid van geloof het begin met Luther met sy besoek aan Rome. Luther was geskok oor die ydelheid en die korrupte priesterdom op alle vlakke. Terwyl hy besig was om die trappe van Pilatus op sy knieë te bestyg en hom oorgegee het om vergiffenis te ontvang, was hy skielik oorweldig deur die Bybel vers, “Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.” Het hy opgestaan van sy knieë en die Hervorming volgens daardie beginsel in Duitsland begin..
“Want die geregtigheid van Yahuwah word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.” (Romeine 1 vers 17, Die Herstelde Name van die Skrif)
Daar moet altyd onthou word dat dit die ondervinding was van die aanskouing van sonde, die oortreding van die tien gebooie, deur die kerk wat die bewusmaking geïnspireer van geregtigheid deur geloof. Die begrip dat geloof in Yahushua sonder gehoorsaamheid aan die wet kan verlossing verskaf, word lynreg teengestaan deur die Lutherse ondervindings en leerstellings, en om die minste te sê van Paulus
Maar regverdigheid deur geloof het nie begin met Luther en deur sy bewusmaking deur die aanbidding vanheiliges, en beelde, en aandenkings, en deur die handelinge van die neerknieling in kerke, en vas en in die glo van die vaevuur en nog dosyne ander vorme, van heiligheid wat iemand kan red. Ook het die begrip van regverdigheid deur geloof, en dit het nie begin by Paulus van die Nuwe Testament. Die boek van Genesis is gestruktureer rondom hierdie groot waarheid vanaf die besonderde dag van Adam en Eva se uitsetting uit Eden en deur Abraham se groot verklaring van geloof, en tot Josef se erkenning van die goddelike voorsienigheid. Was verlossing nog altyd ʼn gawe van goddelike genade, en nie iets is wat deur die handelinge van die mens verdien kan word.
Die hoofopskrif in die “Review and Herald” ʼn tydskrif oor baie jare het in ʼn opsomming van leerstellings en verklarings berig:
• Die Bybel, en die Bybel alleen, is die reël van geloof en plig.
• Die Wet van Yahuwah, soos ons geleer is, in die Ou en Nuwe Testament, is onveranderd.
• Die Persoonlike Adventstyd van Yahushua, en die Opstanding van die Regverdiges, voor die Duisendjarige Koninkryk.
• Die Aarde se herstel tot sy perfektheid, en van Eden en sy glorie, en die finale vererwing van die Heiliges.
• Onsterflikheid alleenlik deur Yahushua, sal aan die heiliges gegee word by die Opstanding.
Die doop, lewe, dood en die dood, en die opstanding en die hemelvaart van Yahushua na die hemelse heiligdom as tussenganger vir die getroues en as boetedoening vir sondes word nie hier behandel. Desnieteenstaande, dat hulle in hierdie dinge glo. Maar die feit dat hulle weggelaat is uit hierdie opsomming laat dit ʼn gaping tussen die Wet van Yahuwah en die wederkoms van Yahushua, Dit dra by tot preke wat nalaat om hierdie waarhede te verkondig. Hierdie tekortkoming was onder die aandag van gelowiges gebring gedurende 1888 se Algemene Konferensie te Minneapolis, waar ouderlinge Waggoner en Jones hierdie boodskap gepreek het van Regverdigheid deur Geloof.
Hulle verbintenis aan die fout, en om te probeer om presies die fynere punte te definieer van die onderskeiding tussen regverdigmaking en heiligmaking. Wat deur die definisie van hierdie twee terme veroorsaak is, en dat dit dikwels deur ons eie gevolgtrekkings en gissings weergee word. Waarom word daar probeer om presies te wees, as eerder die inspirasie van hierdie belangrike saak van regverdigheid deur geloof?
Soos die berouvolle sondaar, en verslae voor Yahuwah, gewaar word van Yahushua se boetedoening vir sy onthalwe, en dat dit aanvaar moet word dat hierdie boetedoening, dit sy die enigste hoop is vir die toekomstige lewe, want sy sondes is vergewe. Dit is regverdigheid deur geloof.
Heiligmaking is nie die werk van ʼn oomblik, ʼn uur, ʼn dag, maar die werk van ʼn leeftyd. Dit word nie verkry deur ʼn gelukkige ervarings van gevoel, maar die resultaat om aanhoudelik sonde af te sterf, en aanhoudend te lewe vir Yahushua. Verkeerdheid kan nie reg wees, en ook nie deur hervormings wat gesmee is deur die swakke en wisselvallige pogings. Dit is alleenlik deur lange volhoubare pogings, en harde dissipline, en ernstige stryd, dat ons sal oorwin.
Dat (heiligmaking) is nie maar net ʼn teorie, of ʼn emosie, of maar net ʼn klomp woorde, maar ʼn lewendige aktiewe beginsel, wat deel is van die daaglikse lewe. Dit vereis dat ons gewoontes van eet, drink, en kleredrag so moet wees vir die bewaring van fisiese, geestelike, en morele gesondheid, dat ons aan Yahuwah ons liggame wy – nie as ʼn korrupte en deur verkeerde gewoontes, maar as ʼn lewendige offerhande heilig, en aanvaarbaar vir Yahuwah.
Die Skrif is die groot bron in die verandering van jou persoonlikheid....... as dit studeer word en daar gehoorsaamheid is aan die Woord van Yahuwah werk dit in die hart, en onderwerp dit elke onheilige eienskap.
Daar is nie so iets as oombliklike heiligmaking. Ware heiligmaking is ʼn daaglikse taak, wat aanhou solank as die lewe daar is.” (Ellen G. White, The Faith I Live By, page 116.)
Hierdie bogenoemde gedeelte voorsien aan waardevolle advies en inligting, en is dit inderdaad ʼn opsomming van die algehele aangeleentheid in ʼn neutedop. Eerste van alles, verwys dit na wat die Bybel sê oor die onderwerp, en is dit voldoende, en moet ons tevrede daarmee wees, en nie betrokke raak in verdere gissings. Op die selfde tyd wys die gedeelte ook op dat geregtigheid deur geloof bevat ook regverdiging en heiligmaking.
Regverdiging word gedefinieer as die ondervinding van berou. Dit is, en kan alleenlik bestaan onder die omstandighede van die oorweging van die wet, die Tien Gebooie, wat definieer wat sonde is. Vergewing van sondes vind plaas wanneer die berouvolle en verslae sondaar die boetedoening van Yahushua aanvaar. Heiligmaking is ietwat van ‘n meer gekompliseerde iets, en kan minder presies gedefinieer word. Dit behels ʼn lewenslange transformasie van jou persoonlikheid wat plaasvind wanneer die Woord van Yahuwah studeer, en gehoorsaam word. Dit is die Woord wat in die hart werk, en elke onheilige eienskap daaraan onderwerp. Beide is goddelike handelings, maar dit verlang die mens se samewerking van afwagting en van boetedoening in geloof, en die daaglikse omgang met die woord van Yahuwah.
Die woorde geloof en geregtigheid word tesame gebruik in ʼn paar verse, maar hulle verwys na die einste begin van die Bybel. Die eerste persoon wat gesê word wat geregtigheid deur geloof bekom het is Abel”
“Deur die geloof het Abel ‘n beter offer aan Yahuwah gebring as Kain, waardeur hy getuienis ontvang het dat hy regverdig was, omdat Yahuwah oor sy gawes getuienis gegee het; en deur dieselfde geloof spreek hy nog nadat hy dood is.” (Hebreërs 11 vers 4.)
Byna almal hierdie verse word in die sendbriewe van Paulus gevind. Maar Petrus sluit ook aan wat die voorwaardes van geloof en geregtigheid is.
“Simeon Petrus, ‘n dienskneg en apostel van Yahushua die Messias, aan die wat net so ‘n kosbare geloof as ons verkry het deur die geregtigheid van onse Yahuwah en Saligmaker, Yahushua die Gesalfde.” (2 Petrus 1 vers 1)
Dit is niks werd dat ons geloof op afwagting bly, en nie op sommige veronderstelde geregtigheid van ons eie, maar op die geregtigheid van Yahuwah self. Paulus het ook sy besprekinge van geregtigheid deur geloof voorgelê met dieselfde uitgangspunt:
“Want die geregtigheid van Yahuwa word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.” (Romeine 1 vers 17)
Paulus gaan voort om die punt te maak, dat die geregtigheid van Yahuwah, is die enigste geregtigheid wat verkry moet word, en is dit nie beperk tot ʼn sekere groepe van mense. Dit is ʼn voor die hand liggende gevolgtrekking, as die geregtigheid nie menslik is, dan is dit goddelike geregtigheid.
“die geregtigheid naamlik van Yahuwah deur die geloof in Yahushua die Messias vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie.” (Romeine 3 vers 22)
Dit is vasgestel dat dit alleenlik Yahuwah se geregtigheid wat effektief is, en dit is toeganklik vir alle mense sonder onderskeiding. Maar dit is nog nie beleef hoe daardie geregtigheid oorgedra word aan die mensdom. Hierdie proses word volgende beskrywe:
“en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Yahushua die Messias is. Hom het Yahuwah voorgestel in sy bloed as ʼn versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van Yahuwah.” (Romeine 3 verse 24 en 25.)
Die menslike verstand is so geskape dat dit natuurlik bedink wat die mens moet doen. Die bedoeling van die sogenaamde werke kom te voorskyn in Paulus de skrywes:
“aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken.” (Romeine 4 vers 5)
Maar wat presies is die werke is wat te vergeefs is, en is dit ʼn die saak vir bespreking. Gedurende Luther se tyd, was dit ʼn onskriftuurlike ritueel, vir die meeste gedeelte daarvan. Gedurende Paulus se tyd was die brandende vraag, volgens Judaïsme, of ʼn volwassene hom kan bekeer of besny moet word al dan nie met bekering. Gevolglik het hierde twispunt ook na die vroeë kerk oorgespoel:
“Hierdie saligspreking dan, sien dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Want ons sê: Aan Abraham is die geloof tot geregtigheid gereken.” (Romeine 4 vers 9)
Paulus neem die voorbeeld van Abraham:
“En hy het die teken van die besnydenis ontvang as ʼn seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word.” (Romeine 4 vers 11)
Interessant genoeg, Paulus vermy die kwessie van goeie werke geheel en al, en fokus op die verduideliking van geregtigheid deur geloof vir die ganse mensdom. Weereens, is die fokus op die belofte nie tot die mensdom as sodanig, as wat dit werke bedoel, maar tot die saad van Abraham, en so ook tot Yahushua as die erfgenaam van die wêreld. Die bedoeling van verlossing vir alle mense is nie die werk van alle mense, maar in die hoedanigheid van die erfenis wat Yahushua oorwin het. Die logiese rede agter ondoeltreffendheid van werke:
“Want die belofte dat hy erfgenaam van die wêreld sou wees, het Abraham of sy nageslag nie deur die wet verkry nie, maar deur die geregtigheid van die geloof.” (Romeine 4 vers 13)
“Wat sal ons dan sê? Dat die heidene, wat die geregtigheid nie nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, naamlik die geregtigheid wat uit die geloof is.” (Romeine 4 vers 13)
Werke word in werklikheid deur die besnydenis gedefinieer, en as deel van ʼn bepaalde volks groep en in plaas van net vir die gelowiges van alle volke wat Yahushua geërf het. Die kenmerk van goddelike aangewese koningskap ten opsigte van geregtigheid deur geloof is grotendeels verwaarloos, en dit verduidelik die verkeerde begrip, wat gis oor die verhouding van werke tot geloof, en wat Ellen White betreur het in die vorige gedeeltes.
Gegee dat regverdigheid deur geloof is die wettige nalatingskap van Yahushua, wat die wêreld beërwe , en die dood oorwin het, en die fontein van die lewe word, is dit direk afhanklik van die menslike verhouding tot Yahushua se opstanding:
“Maar die geregtigheid wat uit die geloof is... Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig: As jy met jou mond die Yahushua bely en met jou hart glo dat Yahuwah Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.” (Romeine 10 vers 6 en 8 tot 10)
Paulus gee 'n korter uiteensetting van die saak aan die Galasiërs:
“Want óns verwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop.” (Galasiërs 5 vers 5)
In beide hoofstukke van Romeine en Galasiërs, bepaal Paulus ook die mens se eie ondoeltreffende geregtigheid tot dié wet. Die verband het natuurlik ontstaan gedurende die eerste eeu met Joodse tegemoetkoming tot Rome, waarby die wet benadruk is, en sodoende verdraai en misbruik is. Die twee strominge van die Israelitiese geloof was die wet en die goddelik aangewese, die Messias figuur. Die Romeine was baie sensitief vir enige teenstander van die Keiser. Vir oorlewing het Jode gekonsentreer op die wet, en het hulle die Messias ter syde gestel. Die Fariseërs het dit gedoen volgens die rabbynse metode en die vakkundigheid, en die toepassing van die wet op alle aspekte van die lewe. Die Sadduseërs het dit gedoen wat hulle gedink het, wat die letterlike toepassing van die wet is, maar dit beperk het tot die verklaarde gebiede, en die res van die lewe oop gelaat het in kompromie met Rome. Dus, het beide gepleit vir die regverdigheid van die wet, wat Yahushua ontken. Op dieselfde tyd, is die koninklike rol van die Messias sentraal tot alles. Paulus is werklik hier die oorwinnaar, maar nie van ʼn nuwe geloof, maar van die konserwatiewe Israelitiese geloof, ʼn geloof wat absoluut lojaal is aan die aangewese Heerser, die goddelike gevestigde Koning. Dit word opgesom in Filippense 3 vers 9.
“en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Yahushua is, die geregtigheid wat uit Yahuwah is deur die geloof.” (Filippense 3 vers 9)
Maar dit verlos nie die mense van hulle morele verpligtinge enigsins meer na die koms van Yahushua as wat dit was voor Hy gekom het, of vroeër onder die verlossers van die koninkryk van Israel of self vroeër onder die verlossers van die rigters en die voorvaderlike tydperk. Al die ander verlossers of gesalfdes kon net alleenlik voorsien aan die aardse en fisiese bevrediging. Die letterlike onderhouding van die tien Gebooie was beide die middel en die einde, maar deur die onderhouding van die gebooie het dit nie weerhou dat mense sterf. Yahushua kan en sal voorsien aan die ewige lewe. Hy voorsien nie minder as die Ou Testament verlossers, wat net voorsien aan die middele vir die onderhouding van die Tien Gebooie, maar Hy voorsien aan veel meer. Hy voorsien aan die ewige lewe aan diegene, wie Sy erflating verkry deur Sy oorwinning van die dood. Sodoende, in sy skrywes aan Timoteus, voeg Paulus die voorwaardes bymekaar van geregtigheid en geloof met diegene in sagmoedigheid, liefde, geduld en sagmoedigheid:
“Maar jy, man van Yahuwah, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.” (1 Timoteus 6 vers 11)
Die positiewe deugde word toegevoeg om van sonde te vlug:
“Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Yahuwah uit ‘n rein hart aanroep.” (2 Timoteus 2 vers 22)
Die volle betekenis van die teologie van regverdigheid deur geloof word op die manier gevind deur die ondersoeking van ʼn aantal verse wat direk verwys na “ regverdigheidheid deur geloof”.
Noag se ark: Is ʼn ware voorbeeld van regverdigheid deur geloof. Miskien is daar geen ander persoon wat so oortuigend is oor regverdigheid deur geloof as die van die ark. Diegene in hulle strewes om die wet te onderhou, maar gefaal het om die ark binne te gaan, het verdrink saam met die openlike sondaars. Niks kan meer helder en veelseggend wees, as om aan regverdigheid ‘n uitdrukking gee waarom en hoekom regverdigheid deur geloof, en nie deur die werke van die wet.
“Deur die geloof het Noag, toe hy ‘n goddelike waarskuwing ontvang het aangaande wat nog nie gesien was nie, met eerbiedige vrees die ark gereed gemaak tot redding van sy huisgesin, waardeur hy die wêreld veroordeel het en ‘n erfgenaam geword het van die geregtigheid wat volgens die geloof is.” (Hebreërs 11 vers 7)