Print

Paulus, Romeine & Die Sabbat

Sekere gedeeltes van die Skrifte mag voorkom asof hulle die ander gedeeltes kontrasteer. Wanneer Bybel studente dit ontdek, neem hulle dikwels die Bybel as onbetroubaar aan. Hulle verwerp die Bybel eerder as om die konflik op te los.

Elke student van die Skrifte moet onthou:

Die waarheid is harmonieus.

Die waarheid kontrasteer haarself nooit nie.

Wanneer `n dit lyk of een Bybel teks in konflik is met `n ander Bybel vers, is dit die Hemel se uitnodiging om meer te studeer.  Alle feite en beginsels wat betrekking het op die onderwerp wat studeer word, moet vir ondersoek voorgelê word. Die slotsom wat nie met die gewig van bewyse in konflik is of kontrasteer twee mense wie die Bybel studeer nie, is die korrekte een. Verdere ondersoek sal altyd die skynbare kontrastering oplos omdat Waarheid haarself nooit kontrasteer nie.   

Een gedeelte wat baie mense verwar het word gevind in Romeine 14: 5, 6:

Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees. Hy wat die dag waarneem, neem dit waar tot eer van Yahuwah; en wie eet, eet tot eer van Yahuwah; want hy dank Yahuwah; en wie nie eet nie, eet nie tot eer van Yahuwah, en hy dank Yahuwah. (Sien Romeine 14:5-6.)

Die frase, “Laat elkeen in sy eie gemoed oortuig wees” word dikwels gebruik as “bewys” dat almal vry is om te kies op watter dag, indien daar enige is, om die Skepper te aanbid. Mense wie aanvoer om “elke” dag te aanbid gebruik ook Romeine 14 as hulle Bybelse ondersteuning om nie `n spesifieke Sabbat dag vir aanbidding te gebruik nie. So `n oortuiging is gebaseer op die veronderstelling dat Paulus van Sabbatte en feesdae in die aangehaalde gedeelte praat. Maar `n noukerige ondersoek van die konteks, en die res van Paulus se geskrifte, maak die dwaling van hierdie idee bekend. Paulus het altyd die feeste  en die sewende-dag Sabbat onderhou en het sy bekeerlinge geleer om dieselfde te doen. Nooit het Paulus geleer dat die goddelike wet nie meer bindend was nie. Vroeër in Romeine het Paulus erken: “Dus is die wet heilig en die gebod is heilig en regverdig en goed.” (Romeine 7:12, OV)  Paulus het altyd regverdigmaking deur geloof gebalanseer met die erkenning dat die goddelike wet steeds bindend is en gehou moet word.  

Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder genade? Nee stellig nie! (Sien Romeine 6:15.)

Die konteks van Romeine 14:5 & 6 verduidelik wat Paulus bedoel omtrent die agting van een dag soos die ander. Hy het na paganistiese gewoontes verwys. Romeine 14 begin met Paulus wie instruksies gee aan die Romeinse gelowiges om die nuweling bekeerlinge wie “swak is in die geloof” te ondersteun en nie om in gesprekke betrokke te raak wat hulle nuutgevonde geloof sou laat wankel nie.   

 En neem hom aan wat swak is in die geloof, nie om oor sy gevoelens te oordeel nie. Die een glo dat `n mens alles mag eet, maar hy wat swak is eet groente. Hy wat eet, moet hom wat nie eet nie, nie verag nie; en hy wat nie eet nie, moet hom wat eet, nie oordeel nie, want Yahuwah het hom aangeneem. Wie is jy wat die huiskneg van `n ander oordeel?. . .  

Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees. Hy wat die dag waarneem, neem dit waar tot eer van Yahuwah; en hy wat die dag nie waarneem nie, neem dit nie waar nie, tot eer van Yahuwah; en wie eet, eet tot eer van Yahuwah, want hy dank Yahuwah; en wie nie eet nie, eet nie tot eer van Yahuwah, en hy dank Yahuwah. (Sien Romeine 14:1-7.)

Die nuweling bekeerlinge het uit paganisme gekom. Daar was `n neiging onder sulke persone om steeds die mag van hulle ou afgode te vrees. Baie was steeds beïnvloed deur ou bygelowe. Omdat meeste van die vleis in die stad aan afgode geoffer was, het baie van die nuwe bekeerlinge hulle onthou van vleis, wie verkies het om instede daarvan slegs vrugte, graan en groente te eet. Paulus was bewus dat die afgodsmag van demone gekom het, en dat die mag van Yahuwah sterker was. Paulus het geen probleem met die eet van vleis wat aan afgode geoffer was, gehad nie, omdat hy geweet het dat die afgode hoegenaamd nie gode was nie. Afgode en die voedsel aan hulle geoffer was nie `n kwessie vir Paulus nie omdat hy nie `n deelnemer was aan die inwydings seremonie nie. Paulus was `n geloofs soldaat sowel as `n saggeaarde herder van die kudde. Alhoewel sy geloof nie gewankel het deur vleis te eet wat aan afgode gewy is nie, was hy bewus dat ander nie sy siening gehad het nie. 

Hooflose afgode in die museum van antieke Korinthe

Koplose afgode in die museum van antieke Korinthe

Die kennis is egter nie in almal nie; maar sommige, nog altyd bewus van die afgod, eet dit as `n afgodsoffer, en hulle gewete, wat swak is, word besoedel. Maar die voedsel bring ons nie nader by Yahuwah nie; want as ons eet, het ons geen oorvloed nie, en as ons nie eet nie, ly ons geen gebrek nie.  (Sien 1 Korinthiërs 8:7, 8.)

Paulus was vasbeslote om nooit iets te doen wat die geloof van `n ander sou verswak nie. Hy het sy instruksies so voortgesit:

Maar pasop dat hierdie vryheid van julle nie miskien `n struikelblok word vir die wat swak is nie. Want as iemand jou wat kennis het, aan tafel sien in `n afgodstempel, sal sy gewete, as hy `n swak man is, nie aangemoedig word om van die offervleis aan die afgode te eet nie? En moet die swakke broeder vir wie Yahushua gesterf het, verlore gaan deur jou kennis? Maar deur so teen die broeder te sondig, en hulle gewete, wat swak is seer te maak, sondig julle teen Yahushua. Daarom, as voedsel my broeder laat struikel, sal ek in der ewigheid geen vleis eet nie, om my broeder nie te laat struikel nie. (Sien 1 Korinthiërs 8:9-13.)

Sommige van die nuwe bekeerlinge in Rome het een dag bo die ander “geag” as `n voortsetting van die ou paganistiese geloofsoortuigings. Dikwels het die paganiste op gedeeltelike vas dae gegaan, deur sekere voedselsoorte op spesifieke dae te vermy. Dit is soortgelyk aan die Rooms Katolieke se vis etes, maar geen ander vleis op Vrydae nie. Nie net was sommige bekeerlinge bevrees om voedsel wat aan afgode gewy was te eet nie, maar andere was steeds besig om die gode se verskeie vasdae te onderhou. Andere het weer alle dae gelyk geag, wie geen besondere respek aan een of ander dag te gee deur te vas nie. Dit was die kwessie wat deur Paulus aangespreek was in Romeine 14. Hy het hoegenaamd nie na Sewende-dag Sabbatte of jaarlikse feeste verwys nie!  

Die frase “Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees.” (Romeine 14:5) was deur vele mense misverstaan. Dit gee aan niemand die reg om die goddelike wet te oortree en hulle eie dag van aanbidding te kies nie. Instede daarvan, sê Paulus in konteks dat elkeen het nodig om indiwidueel oortuig te wees van wat reg is sodat hulle die wet kan gehoorsaam!  

Die frase “ten volle oortuig” of “ten volle oorreed” kom van plerophoreo. Hierdie Griekse woord beteken:

Om ten volle uit te dra (in bewyse), bv. heeltemal versekerd, (of oortuig), ten volle bereik . . . Die woord beteken ‘om voltallig te maak, te vervul.’ . . . in Romeine 14:5 word geheg aan die begrip [insig] van die wil van . . . [Yahuwah].” (#4135, Strong’s Expanded Dictionary of Bible Words, p. 1318.)

Paulus het nooit daarop aanspraak gemaak dat die wet nie onderhou moet word nie. Maar hy vertel die Romeine dat elkeen ywerig moet soek na `n volle insig van die wil van Yahuwah.   As die Romeine werklik “ten volle oortuig was” elkeen in sy eie verstand, sou daar geen probleme met sommige van die nuwe bekeerlinge wie steeds bevrees was vir bygelowe of die viering van paganistiese vas dae, wees nie. Paulus se vermaning was dat die “babas in die geloof” moes beskerm word, en dat daar nie struikelblokke vir hulle gestel word nie. Dan ook, moes hulle wie jonk in die geloof was, op hul beurt weer die verantwoordelikheid opneem om die wet en die wil van Yahuwah te studeer sodat elkeen van hulle die goddelike wet kan verstaan en in harmonie daarmee lewe.

Yahuwah is besorgd oor die kleinste besonderhede van ons lewens. Maar Hy verwag dat ons moet verstaan dat ons nie gered word deur werke, of ons eet of vas, nie. Sy belang is die hartsmotief wat die aksie teweegbring. Paulus het verstaan dat slegs diens wat uit liefde gedoen is, deur Yahuwah aanvaar sal word. Hy het die Romeinse gelowiges vermaan om nie ander te oordeel volgens hul werke nie: vas of om nie te vas nie. 

Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Want ons sal almal voor die regterstoel van die Gesalfde gestel word. Want daar is geskrywe:

‘So waaragtig as Ek lewe, sê Yahuwah, Voor My sal elke knie buig.

En elke tong sal Yahuwah bely.’

So sal elkeen van ons dan vir homself aan Yahuwah rekenskap gee.

(Sien Romeine 14:10-12).

Die volle stukrag van Paulus se boodskap was gehoorsaamheid aan die wet deur die geloof weens die liefde van die Vader. Paulus het die Romeine vermaan teen veroordeling van andere, want onsself sal ook deur Yahuwah geoordeel word.

“Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet.” (Romeine 13:10, NV)

Paulus se boodskap aan die Romeine is deesdae net so van toepassing as toe dit geskryf was. Laat elkeen die jonges in die geloof beskerm, om nie andere te veroordeel of `n struikelblok vir hulle te wees nie. Laat elkeen toegewy wees, om te studeer en Yahuwah se wil te verstaan en sy lewe in harmonie daarmee in te rig. Laat elkeen die goddelike wet onderhou, omdat hulle die Wet Gewer liefhet. 


Verwante Inhoud: