Print

Armageddon: Die Veldslag Oor Aanbidding

Die Veldslag van Armageddon, soos die merkteken van die dier, word daar voortdurend oor gespekuleer. Die woord self roep op beelde van vernietiging, vrees en algehele verwoesting. Vanaf die beste novelle verkopers soos Die Agtergeblewenes, en die eindelose string van Hollywood flieks, het mense gegis en geraai oor hierdie kosmiese stryd van alle tye. Soos met die werklike “merkteken van die dier” en al sulke teorieë is daar gefouteer, en word daar nie verstaan dat die ware kosmiese stryd wat die millennia oorspan gaan oor aanbidding.  Die Veldslag van Armageddon is niks anders as die finale veldtog in die lange stryd van oorlog wat begin is toe Lucifer gespog het dat hy sal sit op die Berg van Samekoms,  Berg Mo’edim.

Die besonderse woord Armageddon openbaar die karakter van hierdie veldslag. Dit is ongewone woord, wat net eenkeer in die Skrif vermeld word. Terwyl die boek van Openbaring nie in Hebreeus geskryf was,(1) is die woord eintlik ʼn samestelling van twee Hebreeuse woorde.  Die eerste is har (#2022) wat eenvoudig “berg” beteken. Geleerdes is verdeeld ten opsigte van die tweede woord in die samestelling. Sommiges glo dat #4023 is: Megiddo, wat ʼn plek in Palestina is. Die probleem met hierdie vertolking is as daar na Megiddo gegaan word daar geen berg gevind! Die feit is daar is slegs ʼn vallei: “die Vallei van Megiddo.”(2)  

Ander geleerdes glo die tweede woord is, #4150: mo’ed. Dit is ʼn meer ooreenstemmende keuse. Armageddon, har mo’edim, is dieselfde as die Berg Mo’edim waarop Lucifer aanspraak maak dat hy dit besit, en op die Berg van Samekoms sit, en al die aanbidding ontvang.(3) Dit is die klimaks van geheel en al oor die konflik, en word dit geveg soos altyd, op die slagveld oor aanbidding.   

Onmiddellik nadat die hoer wat op die dier sit geïdentifiseer word as die “ Geheimenis, Babilon die Grote,” verskyn die vierde engel, en herhaal die waarskuwing van die tweede engel. Hierdie keer word die waarskuwing kragtig aangekondig met ʼn harde stem:

EN ná hierdie dinge het ek ’n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid. En hy het met ’n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ’n woonplek van duiwels en ’n versamelplek van allerhande onreine geeste en ’n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls, omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar gehoereer het, en die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid. En ek het ’n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie. Want haar sondes reik tot aan die hemel, en Yahuwah het haar ongeregtighede onthou.(4)

Deur die gebruik van die namaaksel kalender van die verborge god, “het al die nasies van die wyn van Babilon gedrink.” Geeneen is uitgelaat van hierdie ernstige beskuldiging.  Alhoewel, die aanbod vir genade steeds talm en die uitnodiging gegee word aan diegene wat Yahuwah “Sy volgelinge” noem. Die hart van die oneindige liefde begeer dat Sy volgelinge ʼn duidelike begrip van die aangeleenthede het, sodat almal wat wil, kan kies om Hom te volg. Die kalender hervorming wat vandag nodig is, is die terugkeer na die ware Bybelse tydhouding. Die hervorming van die Sabbat vereis kalender hervorming.(5)

Dit is baie maklik vir diegene wat geseën is met groot geestelike lig om verwaand te wees, en te dink dat hulle al die waarheid besit wat nodig is vir redding. Alhoewel, Jesaja 58  nadruklik wys dat: Yahuwah se volgelinge in verkeerdheid verkeer: ”ROEP uit die keel, hou nie terug nie, verhef jou stem soos ’n basuin! En verkondig aan My volk hulle oortreding en aan die huis van Jakob hulle sondes.”(6)

Die Heerser van die Heelal doen ʼn beroep op iemand om aan Sy volgelinge hulle sondes te wys! Dit is duidelik dat diegene wat so liefdevol genoem word,  ”My volgelinge” nie dink dat hulle enigiets verkeerd doen, soos die volgende vers verduidelik: ”Wel soek hulle My dag vir dag en het ’n behae in die kennis van my weë! Soos ’n nasie wat geregtigheid doen en die reg van sy Eloah nie verlaat nie, vra hulle My na die regverdige verordeninge; hulle het ’n behae in die toenadering tot Elohim.”(7) Alhoewel, ten spyte van buitewaartse vertoon van godsdienstige onderhouding, is daar iets ernstig verkeerd: het hulle die verordeninge van hulle Maker verlaat 

Die verordening wat verlaat is, is om te aanbid op die ware Sabbat. Dit is die teken van lojaliteit wat verlaat is. Baie Sondag – onderhoudende Christene glo opreg dat die Sabbat alleenlik vir die Israeliete gegee was.  Ten spyte van die feit dat die Sabbat gegee was tydens die Skepping voor die bestaan van Israel as ʼn volk, vertel Paulus, die apostel aan die Heidene,(8) en verklaar hy dat  almal wat Christus aanvaar, is erfgename van die belofte, en is hulle afstammelinge Abraham.(9) Dus, is die vereistes om te erf, is dit om gehoorsaam te wees aan die goddelike verordeninge, en is dit dieselfde vir die Heidene, asook vir die Israeliete, deur die bloed van Christus.

Soos aan ons gewys word, is Israel se afvalligheid herhaaldelik gesentreer rondom die aanbidding van Saturnus, die verborge god. Die hedendaagse Israel, beide die letterlike en die geestelike, gaan voort in daardie afvalligheid, ” want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreek.”(10) Die Sabbat was bevestig deur die Skepper as ʼn teken van lojaliteit tot Sy Koninkryk:

Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is ’n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek Yahuwah is wat julle heilig. Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, dié siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit.(11) Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees ’n dag van volkome rus, heilig aan die Yahuwah. Elkeen wat op die sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood word. En die kinders van Israel moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte as ’n ewige verbond. Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig ’n teken; want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik.(12)

Wanneer die goddelike verordeninge verlaat word, is die godsdienstige ritus meer en deels vorme wat ontbreek aan geestelike seëninge. In Jesaja 58 vereis die mense, “Waarom vas ons, en U sien dit nie? Waarom kwel ons ons siel, en U weet dit nie?(13) Wanneer hulle godsdienstige ondervindinge dood is blameer hulle Yahuwah, en vra beskuldigend, “Wat is verkeerd Yahuwah? Hoe is dit dat U nie aandag gee aan ons aanbidding?  Het U nie ag geslaan oor alles wat ons doen om U te aanbid? Waar is die seëninge volgens U beloftes?”

Die Vader reageer oor na wat  Hy sien as ʼn godsdiensbeoefening vanuit die hart wat weer die belonings sal gee waarna die mense soek.(14) Alhoewel kern van dit alles, is om terug te keer na die ware aanbidding deur die herstel van die verordeninge wat verlaat is; en die herstel van die ware sewende – dag Sabbat volgens die ware Bybelse kalender. Dit is aan die laaste geslag wat hierdie hoë roeping gegee is, vir die herstel van die Sabbat op sy regmatige plek, en deur te staan en hierdie wonderlike waarheid met hulle te deel. “En die wat uit jou voortkom, sal die ou puinhope bou; die fondamente van vorige geslagte sal jy oprig, en jy sal genoem word: Herbouer van gebreekte mure, hersteller van paaie, om bewoonbaar te maak.” (15)

Dit is die voorreg wat gegee is aan die laaste geslag: die geleentheid om hulle Skepper te vereer deur die herstel van die kennis aan die wêreld van die enigste kalender waarby die ware Sabbat gevind kan word. Wat onmiddellik volg is een van die mooiste beloftes van ganse Skrif, wat gegrond is op die voorwaarde van gehoorsaamheid:

As jy jou voet terughou van die sabbat — om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat ’n verlustiging noem en die heilige dag van die Here hooghou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie; dan sal jy jou verlustig in die Here, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob; want die mond van die Here het dit gespreek.(16)

As ʼn persoon sy wil oorgee, om die ware Sabbat te heilig, en om daardeur sy Maker vereer sal hy gevoed word deur die beloftes van Jakob, sy geestelike vader. Niks anders kan meer hoop geïnspireerd wees as die toepaslike belofte wat aan diegene gegee is wat hulle lewe in onkunde geleef het, en hulle aanbidding aan die verborge god gewy het. Die naam Jakob beteken “onderkruiper,” die geskikte naam vir ʼn man wat die eerste geboorte reg ontvang het, en hom voorgedoen het as sy ouer broer, aan sy blinde vader.(17) Die woord “onderkruiper” beteken: “Om op oneerlike wyse te probeer verdring, uitwerk of afbreuk doen om dit te vervang met iets anders.”(18)

Dit is die “huis van Jakob” wat die oproep ontvang om hulle oortredinge te erken. Die ware Sabbat is ʼn teken dat die Almagtige Skepper, Yahuwah heilig Sy mense. Dit is nie moontlik om geheilig te word op ʼn valse vakansiedag. So, het die verborge god verraderlik sy eie aanbiddingsdae geposisioneer, deur die onderkruiping van die ware sewende – dag Sabbat. Almal wat aanbid volgens die valse kalender het onkundig of wetende, meegewerk met die verborge god, en is hulle self onderkruipers. Hierdie profesie van Jesaja was gegee eeue nadat Jakob sy goddelike erfenis ontvang het: deur ʼn nuwe naam aan hom te gee, dit die simbool van vergiffenis is, asook ʼn gesuiwerde karakter. Dat die ou naam in verband gebruik is, dit merkwaardig is omdat dit ʼn belofte is aan die hedendaagse onderkruipers.

Toe Jakob na Kanaän teruggekeer het, nadat hy twee dekades by sy oom deurgebring het, het hy verneem dat Esau hom nader met ʼn klein leër, en ongetwyfeld deur weerwraak aangespoor oor  Jakob se diefstal van die seëninge van sy geboortereg jare tevore. Dit was die klimaks van Jakob se lewe. Nadat hy sy familie en die diere oor die spruit van Jabbok gestuur het, “Maar Jakob het alleen agtergebly, en ’n Man het met hom geworstel tot dagbreek.”(19) En toe Hy sien dat Hy hom nie kon oorwin nie, want die dag het gebreek want jy het geworstel met Yahuwah en met die mense en het oorwin.(20)

Toe hy besef met Wie hy gestoei het, het hy gesmeek om geseën te word. “En Hy vra hom: Hoe is jou naam? En hy antwoord: Jakob. Toe sê Hy: Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel; want jy het geworstel met Elohim en met die mense en het oorwin.”(21) Die onderkruiper se naam was verander van die een wat hom sou herinner aan sy sonde, na die nuwe naam, wat aanduidend is van sy nuwe karakter. “Die naam “Israel” beteken ʼn prins van Eloah.”

Dit is die eer wat aangebied word aan almal wat die aanbidding van die verborge god verlaat wat die aanbidding van die Skepper onderkruip het. Die woord “engel,” beteken eenvoudig “boodskapper.”(22) Almal wat die waarskuwende boodskap hoor oor die Bybelse kalender, stoei met Yahuwah: “Is dit waar? Hoe kan dit wees? Ek wil nie op ʼn dwaalspoor gelei word!  Wat as ...?” Laastens, deur  die oorgawe van die wil, “nie myne, maar laat U wil geskied,” hulle oorwin soos Jakob. Soos Jakob, word hulle vergewe, en as verantwoordelike vorste, prinsesse, seuns en dogters van die Koning van die konings.

Die oproep om uit Babilon te kom word aan die wêreld van vandag gedoen. Elke gebied van die lewe word geraak: werk, skool, kerk en familie verband ens. Omdat die ganse wêreld ingesluk is deur die Babiloniese stelsel van tydmeting, en aanbidding, en almal moet gewillig wees om alleen te staan. Daar is geen organisasie waaruit die uitgeroepenis nie moet uitkom. Soos Elia op die Berg Karamel, moet daar alleen gestaan word, met hierdie wonderbare waarheid, en gewillig wees om die teenstaanders in die krag van die Een wat magtig is om te red te ontmoet.

Christus sê aan ons dat: “ My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.”(23) Soos die waarheid oor die sewende – dag Sabbat en die ware Bybelse kalender toeneem, sal almal wat waarlik begeer om hulle Skepper te eer ag slaan op hierdie oproep. “ Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder.”(24) Roomse Katolieke, Moslems, Jode, Sondag en Saterdag  onderhouende Protestante, Hindoes Boeddhiste en baie ander: die Goeie Herder het skape wat versprei oor die hele wêreld. Almal wat waarlik Sy skape is hoor en reageer op die oproep om uit Babilon te kom.(25)

Hierdie uitnodiging word nou aan u gerig. Hoe sal u reageer? Sal u ag slaan op hierdie oproep vir genade en kies, “ter wille van wie ek alles prysgegee het, en wat ek  as drek beskou, om die Gesalfde Yahushua as wins te verkry,”(26) ons Meester en Verlosser? Daar is tyd vir studie, en om gevestig te word hierdie in die waarheid, maar geen tyd vir aarseling en twyfel; besluiteloosheid.  Onmiddellik na die oproep gegee is vir die laaste keer deur die engel van Openbaring 18, word die oordeel uitgegiet oor almal wat in Babilon is. “en dit sal ’n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ’n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.”(27)

Nadat ons gewys is oor die oorwinning van die Koninkryk van die Hemel oor die koninkryk van die verborge god, Satan, word ʼn laaste boodskap gelaat deur Yahushua aan Sy volgelinge. Die versekerde maar dringende woorde word aan u gerig:

Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar......En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees. Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste.  Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad .... Ja, Ek kom gou.(28)

15Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen

 “Amen, ja kom, Yahushua!(29)


Vir Meer Inligting oor hierdie kosmiese konflik:


 (1) Openbaring 16 vers 16 noem dit by name: “En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon.” As Openbaring in Hebreeus geskrywe was, sal so ʼn verklaring oorbodig gewees het.

(2) Lees 2 Kronieke 35 vers 22

(3) “Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van El en sit op die berg [mo’edim[ van samekoms in die uithoeke van die Noorde.Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste”! (Jesaja 14 vers 13 en 14.)

(4) Openbaring 18 verse 1 tot 5.

(5) Lees Aanhangsel H.

(6) Jesaja 58 vers 1

(7) Jesaja 58 vers 2

(8) Romeine 11 vers 13.

(9) “En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.” (Galasiërs 3 vers 29)

 (10) Jesaja 24 vers 5.

(11) Dit is nie ʼn goddelike opdrag vir die hedendaagse Sabbat onderhouers om die Sabbat verbrekers te stenig. Eerder is dit ʼn bevestiging dat Sabbat onderhouding steeds vereis word. “3Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van Yahuwah is die ewige lewe in Yahushua die Gesalfde, onse Meester.” (Romeine 6 vers 23.)

 (12) Eksodus 31 verse 13 tot 17

(13) Jesaja 58 vers 3

(14) Jesaja 58 verse 4 tot 11.

(15) Jesaja 58 vers 12

(16) Jesaja 58 verse 13 tot 14

(17) Lees Genesis 27

(18) Webster’s New Universal Unabridged Dictionary, Second ed., (New York: New World Dictionaries/Simon and Schuster, 1983).

(19) Genesis 32 vers 24

(20) Genesis 32 verse 26 en 29 tot 30

(21) Genesis 32 verse 27 en 28

(22) The New Strong’s Expanded Dictionary of Bible Words, (Nashville: Thomas Nelson Publ., 2001) #4397 and #4398.

(23) Johannes 10 vers 27.

(24) Johannes 10 vers 16.

(25) Daar is ʼn groeiende beweging binne Islam om die tradisies van hulle geestelikes tersyde te stel, en net alleen terug na die Koran te keer, deur die gebruik van die maan – son  kalender. Ramadan beteken: “die warm maand; verskroei; droë.” Alhoewel die hedendaagse Moslem kalender streng volgens die maan is, met Ramadan wat 11 dae vroeër elke jaar gevier word, en oorspronklik was Ramadan gevier volgens die maan – son kalender wat saamgegaan het met die warm seisoen. 

(26) Fillipense 3 vers 8

(27) Daniel 12 verse 1 en 2.

(28) Openbaring 22 verse 7, 12 tot 14 en 20a

(29) Openbaring 22 verse 20b en 21