Print

Die Berekening van die Verbinding: Geen Rekenaar? Geen Probleem!

Pilare

“Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid.” Romeine 1 vers 20.

Wat ʼn geseënde tyd om in te lewe in hierdie kosbare maar gevalle wêreld! Kennis neem toe met ongekende spoed en  die leiding van Yahushua se Heilige Gees veredel en berei al Sy Vader se kinders voor wat met opgewondeheid wag op Sy wederkoms! Elke bastion van Waarheid sal herstel word.

WLC het vir nou reeds vir ʼn geruime tyd Sy Maan – Son Kalender bevorder; alhoewel, ons die feit  betreur, en bely dat ons aanvanklik verblind was oor die regte metode vir die berekening vir die  begin van die maand, wat die mees belangrikste deel is! Glo ons nie dat die dag na die eerste sigbare  sekelmaan dat dit die dag van die Nuwemaan is. Na vele gebed en studie, het WLC tot die gevolgtrekking gekom dat die enigste maan fase wat dit kan wees, is die dag van die Nuwemaan, en is dit die onmiddellike  oomblik wat volg op die Donkermaan, en ook anders genoem die Astronomiese Nuwemaan of Verbinding.

Hierdie gevolgtrekking is hoofsaaklik gegrond op twee feite:

    (1) Die maan word onmiddellik  verlig na die opvolging van die verbinding met die son. Die feit dat dit nie gesien kan word dit nie die werklikheid weerspreek dat die maan besig is om te groei.

    (2) Die verbinding vind plaas op ʼn bepaalde plek vir elkeen op Aarde.

    Hierdie twee feite veroorsaak dat met die oomblik wat onmiddellik volg op die Verbinding dit die mees geskikste tyd is vir die Bybelse Nuwemaan. Deur die gebruik van die sonsopkoms na die Verbinding, vir jou bepaalde omgewing, is dit die enigste metode waarvan WLC bewus is wat die wêreld in ʼn tydperk van 24 uur kan verenig. (Met ander woorde, al die lande van die wêreld sal die  Dag van die Nuwemaan binne dieselfde tydperk van 24 uur ondervind.)

    ʼn Algehele son verduistering

    ‘ʼn Algehele sonsverduistering gesien vanaf die Ellis Strand noord van Cairns in die verre noorde van Queensland gedurende die 4de November 2012. (AAP Image/ Brain Cassey)

    WLC glo dat die sonsopkoms vir jou omgewing na die UT Verbinding is, dit is wanneer die Dag van die Nuwemaan vir jou begin.  Weer, as die Verbinding plaasvind op ʼn bepaalde tyd en op dieselfde oomblik vir elkeen op Aarde. Dit in die algemeen opgeteken word, as Universele Tyd (UT) of Middelbare Greenwichtyd (MGT). Jy moet net eenvoudig die tyd wat aan jou verskaf is omreken na UT na jou plaaslike tyd.

    Voorbeeld: Die Verbinding het plaasgevind gedurende die 11de Januarie, 2013 om 19h44 UT.  Vir Kaïro, Egipte )UT + 2), het die Verbinding plaasgevind gedurende die 11de Januarie, om 21h44 plaaslike tyd. Dit het beteken dat die Dag van die Nuwemaan begin het gedurende die 12de Januarie om 05h27 ( Astronomiese Sonsopkoms).

    Vir u gerief het, WLC al die toekomstige Verbindingstye tot en met 2023 in die artikel, “Toekomstige Maan – Son Verbindings Datums (2013 – 2023)” gepubliseer.

    Nou weet u die tyd van die Verbinding vir jou omgewing, maar wanneer is die afsluitingspunt? Die Skrif is baie duidelik dat  ʼn dag begin met Sonsopkoms, en in die hou van hierdie Bybelse bepaling, gebruik WLC die Astronomiese Sonsopkoms ( hierna verwys as die “Sonsopkoms”) vir die einde van een datum, en die begin van ʼn ander dag. Wat gesê word op hierdie punt van tyd, dien dit ook as die draaipunt wanneer die Dag van die Nuwemaan begin. As die Verbinding plaasvind voor Sonsopkoms, dan begin die Dag van die Nuwemaan met sonsopkoms. Hierdie metodologie laat waarlik Yahuwah toe om deur die sisteem van hemelliggame wat hy in plek gestel het om die beslisser te wees van tyd, en Hom toegelaat het om die datumlyn te skep.

    Voorbeeld: Meteens as jy die UT van die Verbinding verander het na jou plaaslike tyd, en as die Verbinding plaasvind voor Sonsondergang gedurende die 10de Februarie vir jou omgewing, en self net ʼn paar minute voor dit, dan begin die Dag van die Nuwemaan op die 10de Februarie vir jou. As die Verbinding na Sonsondergang op die 10de Februarie plaasvind, en selfs net ʼn paar minute daarna, dan begin die Dag van die Nuwemaan op die 11de Februarie vir jou. Sodoende, sal die ganse wêreld die Dag van die Nuwemaan kan begin in dieselfde periode van 24 uur.

    Geen rekenaar geen probleem! Die gelukkige uitkoms.

    Sommige besware was geopper teen die gedagte van die gebruik van die Verbinding as die verwysingspunt vir die begin van die maand. Baie Maan Sabbatariërs dring daarop aan om te vertrou op visuele waarnemings van die Maan vir die bepaling van wanneer die maand begin, en al wys die geskiedenis daarop dat berekening ʼn integrale deel was  vir die berekening. Miskien is die mees algemene argument, en ook die beswaar dat WLC dit eers omhels het ʼn rukkie gelede, en dat iemand in werklikheid nie die gebeurlikheid kan sien wanneer die Verbinding plaasvind, en daarom moet dit verwerp word.  Alhoewel, soos ons nou net verduidelik het, is sonsverduisterings sigbare Verbindings, en in werklikheid kan hulle nou en dan gesien word, en is hulle baie voorspelbaar. Deur die ondersoeking van kunsvoorwerpe en die metodologie wat deur die Antieke mense gebruik is openbaar dit dat die begin van die maande en hulle tydsduur lank voor die tyd bekend was. Die formule wat nodig was om die bewegings van die Maan en die Son te voorspel verskil baie min van die antieke metodes. Die wiskundige formule is dieselfde.

    So, mag jy wel sê, “Aangesien ons hedendaagse tegnologie uitstekend is vir die voorspellings van die Maan, maar hoe het die Antieke Hebreërs die maan – son Verbinding akkuraat voorspel?

    Ja, ons verskeidenheid van ons hedendaagse tegnologie voorsien aan baie effektiewe hulpmiddels vir die waarneming van die Verbinding, en tog selfs die eenvoudigste huishoudelike gereedskap kan ingespan word in die voorafbepaling van die tyd wanneer die Verbinding plaasvind. Yahuwah het aan Sy getroues wat vandag leef ʼn oorvloed van gestoffeerde hulpmiddels, en getoetste kennis vir die studering, en die verstaan van die samewerkinge van die hemele gegee. Ons kan en moet alles beskikbaar as hulp gebruik vir die verstaan van die bewegings van die son en maan en die sterre. Deurdat dat die bewegings en die fases van die maan baie akkuraat en betroubaar is, veroorsaak dit dat hulle soos ʼn reuse horlosie in die hemelruim funksioneer. Ons kan die fases van die maan soos hulle deur die afgaande fases van die maan vanaf die laaste kwartier tot die immer krimpende sekelmaan en die verkleinde afstande tussen hulle en die sonsopkoms aan die ooste waarneem. In plaas daarvan as ʼn enkele geleentheid vir die waarneming van die eerste sigbare sekelmaan (ESS), het ons die vermoë om verskeie waarnemings gedurende die dae na die Sabbat waar te neem, die 22ste van die Maanmaand. Hierdie metings kan gemaak word die beste gedurende of net voor die son verskyn. Hier volg die metode:

    1(a). Terwyl ʼn maatband of liniaal wat afgemerk is in sentimeters en ʼn arm lengte weghou word, meet die hoek wat die son skei tussen die horison en die afgaande maan. Neem verskeie lesings en skryf dit neer. Maak seker dat daar vanaf die middel van die son tot die middel van die maan gemeet word.

    Die meting van die afstand van die hoekigheid van die son en maan met ʼn maatband.

    1(b). In die afwesigheid van huislike gereedskap, en omdat ons “vreesbevange en wonderlik gemaak is,” dit al wat iemand waarlik benodig is hulle hande. Wanneer daar vanaf  ʼn armlengte gekyk word, maak jou hande en vingers die perfekte gereedskap vir die meting van afstand van die hoekvorming! Omdat ons liggaam se verhouding so  afgeteken is, deur die ordening van die ganse Skepping, en deur die Goue reël van Gemiddeldes te gebruik (1:1.6), maak dit geen verskil wat jou fisiese grootte is. Deur jou hand ʼn armlengte weg vanaf jou liggaam te hou voorsien dit aan ʼn verassende akkurate gereedskapstuk vir die meting van die afstand van die hoekvorming, of die afstand in grade, tussen die son en maan.

    Die meting van die afstand van die hoekigheid van die son en maan met jou hande

    ʼn Persoon se pinkie wat na gekyk word vanaf ʼn armlengte is dit ʼn baie nabye verwydering van ʼn hoekvorming van 1o. Die middelvinger en die ring vinger verteenwoordig ʼn verwydering van 5o, terwyl ʼn gebalde vuis na ʼn 10o, 15o en 25o hoekvorming wys, en kan dit gemeet word deur die gebruik van die afstand tussen die pinkie en middelvinger, en die pinkie en duim onderskeidelik. Vir meer akkuraatheid, en om seker te wees moet daar tussen die twee binneste kante deur die son en maan gemeet word.

    Die meting van grade met jou hande

    A - Die pinkie vorm ʼn hoekvormig verwydering van byna 1o.

    B - Die voorvinder, middel en ring vingers verteenwoordig  tesame ʼn hoekvormig verwydering van  5o.

    C - ʼn Gebalde vuis wys op ʼn hoekvormig verwydering van 10o

    D - Met die vier vingers wat oopgesprei is, is die afstand is die afstand tussen die pinkie en die voorvinger wys dit na ʼn hoekvormig verwydering  van 15o.

    E - Die pinkie en duim wat oopgesprei is so vêr as moontlik verteenwoordig ʼn hoekvormig verwydering van 25o.

    2. Die volgende stap is eenvoudige wiskunde. Hier is ʼn kort verduideliking van die formule.

    Dit neem die son 24 uur om ʼn volledige omwenteling van (360o) om die aarde te voltooi. Dit is gelyk aan 15o per uur (360o/24 = 150) Alhoewel, die maan, ongeveer 24 uur en 50 minute neem om ʼn volledige omwenteling te voltooi. Dit is gelyk aan 14,5o per uur (360o/24,83333333333 = 14,5o) [Let Wel 24,83333333333 is 24 uur, 50 minute in desimale vorm.]   

    Dit beteken dat maan verloor 0,5o teenoor son elke uur. Op ʼn ander manier gestel, die son wen 0,5 grade oor die maan elke uur. Gevolglik, verloor die maan ongeveer 12oelke dag (0,5o x 24 uur). Dit is waarom ʼn maan – maand, se tydsduur van een verbinding tot die volgende is, en is dit ongeveer 29,5 dae as ʼn  gemiddeld van (360o/12oper dag = dit ongeveer 30 dae om een siklus te voltooi). Hou dit in gedagte, ons rond die syfers hier af. 

    Vir ʼn visuele verduideliking: Die Plat Aarde se bronne van lig – Word die Son, Maan en Sterre Verduidelik.

    Nou, laat ons terugkeer na ons afmetings. Neem die gemiddelde lesing en deel daardie getal deur 0,5 ( die aantal grade wat die son wen teenoor die maan elke uur); die resultaat van die getal maak bekend hoeveel tyd dit is vanaf die meting tot die Verbinding.  

    3. Dan, as dit nodig is, deel daardie getal deur 24 om te sien hoeveel dae daar is tot die Verbinding.

    Voorbeeld: U het akkuraat gemeet dat die Son en die Maan ʼn hoekvormig verwydering het van 25o.

    Deel eenvoudig 25o deur 0,50 ( die aantal van grade wat die son wen teenoor elke uur), wat gelyk is aan 50. Dit is hoeveel ure dit is voor die Verbinding! MAKLIK! 

    Dan , as dit nodig is, kan u ook 50 deur 24 deel ( die getal van ure in ʼn dag om te sien hoeveel dae dit sal wees tot die verbinding. 50 ure ÷ 24 ure = 2,1 dae voor die Verbinding op die tyd van die meting.

    Ons kan daarvan verseker wees dat die antieke mense van elke kultuur het ʼn baie groter begrip van die hemelse lig verskaffers gehad  as wat die gemiddelde persoon vandag weet. Yahushua se Heilige Gees herstel in ons harte elke goddelike instelling. Yahuwah het voorsien aan elkeen van ons wat  geskape is met die hulpmiddele en die verstand wat nodig is vir die berekening van die Verbinding met gemak en akkuraatheid.. Alle eer aan Yahuwah en Sy Geseënde Seun!

    Want Ú het my niere gevorm,
    my in my moeder se skoot geweef
    Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is;
     wonderbaar is u werke!
    En my siel weet dit alte goed.
    (Psalm 139 verse 13 en 14)