Print

Die Sabbat volgens die Maan

Die Saterdag Sabbat? Of die Sabbat volgens die Maan?

Mense wat verlief is doen alles in hulle vermoë om die een waarvoor hulle lief is tevrede te stel. Dit is ʼn natuurlike reaksie van die hart wat verlief is. Die word nie gesien as ʼn plig, maar as ʼn vreugde en voorreg! Dit is wat die ware Sabbat beteken vir almal wat lief is vir hulle Maker, en wie se wens dit is om Hom te eer. Met die heel besonderse begin van die wêreld, was die sewende - dag apart gestel as ʼn dag van rus, en van die aanbidding van die Skepper. Diegene wat die sorg waardeer wat oor hulle uitgestort word deur ʼn liefdevolle hemelse Vader, wil aan Hom gehoorsaam wees, en Hom aanbid op die ware Sabbatdag.

Die vraag wat nou opduik: “ Watter dag is die Bybelse Sabbat? Watter dag is die ware sewende – dag Sabbat volgens die Skrif?” Daar is baie, en wyd verspreide geloof Beskouinge wanneer om te aanbid. Drie van hierdie beskouinge is as volg:

  1. Baie mense glo dat daar geen behoefte is vir ʼn bepaalde dag van rus aangesien Yahuwah elke dag aanbid moet word.

  2. Saterdag sabbatariërs glo omdat Saterdag die laaste dag is van die hedendaagse sewe – dae week, moet dit die ware sewende – dag Sabbat wees. Omdat die hedendaagse weeklikse siklus aaneenlopend is, glo hulle dat Saterdag gekom het ononderbroke vanaf die Skepping as die ware sewende – dag Sabbat.

  3. Daar is steeds ander wat glo dat die versameling van Bybelse en historiese bewyse openbaar dat die ware Sabbat net gevind kan word deur die gebruik van die maan – son kalender wat ingebruik was gedurende die Bybelse tyd.

Terwyl dit waar is dat daar aanbid moet word elke dag, die Heerser van die Heelal Self dit uitsluitlik beveel het dat op die sewende – dag, arbeid ter syde gestel word, en dat dit spesiale tyd is wat aan Hom bestee moet word. Die Sabbat is nie sommer ʼn dag van aanbidding. Dit is ook ʼn bepaalde dag van geen arbeid. Yahuwah het verklaar dat die Sabbat ʼn teken is tussen Hom en Sy kinders verewig is. Hierdie artikel sal die feite oorweeg of die ware Sabbat ʼn “Saterdag Sabbat” of wat genoem word die “Sabbat volgens die Maan.”

“Daar is geen verskoning vir enige een in die opneem van ʼn standpunt dat daar nie meer waarheid is wat openbaar gemaak sal word, en dat al ons Skriftuurlike uiteensettings sonder fout is. Dit ʼn feit is dat sekere leerstellings as die waarheid voorgehou is vir baie jare.... en is dit nie die bewys dat ons denke onfeilbaar is.. Ouderdom sal nie die verkeerdheid in die waarheid verander, en die waarheid kan nie bekostig om redelikheid te wees. Geen ware leerstellings sal enige iets verloor deur naderende ondersoek.” Counsels to Writers and Editors, p. 35

Aan almal wat die waarheid wil weet, kom daar ʼn tyd wanneer die weë skei. Persoonlike vooroordele, tradisie en vooropgesette menings moet geen vastrapplek kry in die verstand van diegene wat wag om dit te weet. “die Waarheid, en die hele Waarheid, en niks anders as die Waarheid.” As die soeker na waarheid studeer met ʼn geopende verstand, en gewillig om te gehoorsaam wat openbaar word, en dat hy oortuig is dit is die waarheid, dan sal die waarheid openbaar aan sy verstand openbaar word, en sal dit nie meer nodig wees om in verkeerdheid te bly. Dit is wat vereis vir almal wat die onderwerp van die ware Bybelse Sabbat studeer.

Die Skrif openbaar dat die algehele stryd tussen die Skepper en Satan is saamgevat in die stryd oor aanbidding. Dit is ʼn oorlog oor die verstand van elke man, vrou en kind wat vandag lewe. Daarom is dit wys vir elkeen op die aarde om hierdie onderwerp vir hulle self te ondersoek. Almal moet dit studeer en verseker weet of dit die ware dag van aanbidding is, ʼn Saterdag Sabbat of die Sabbat volgens die maan.

Son? Maan? of Maan – Son?

As dit belagrik is om op die bepaalde dag te aanbid (die Sabbat) dan is dit van kardinale belang dat die korrekte metode van die berekening gebruik word om die dag te vind. Met ander woorde, die regte kalender moet gebruik word. Tyd kan alleenlik gemeet word deur beweging. Daar is drie hoof tipes van kalenders.

    Die geskiedenis en die agrologie openbaar dat alle antieke beskawings die maan – son kalender gebruik het. Terwyl die Egiptenare die eerste was om die alleenlik son kalender aan te neem, hulle oorspronklike kalender was ook ʼn maan – son kalender. Hierdie antieke en baie akkurate metode vir die berekening van tyd verbind die maan maande tot die son jaar deur ʼn soort van waarneembare baken in die natuur.

    Die beweging van die son, maan en sterre is die enigste akkurate meting van tyd. Selfs die hedendaagse atoom horlosies, word alle tyd gemeet volgens die siklusse van die hemelse liggame. Dae en jare word beide gemeet deur die beweging van lig soos gesien vanaf die aarde.

    Die jaar volgens die son is 365 dae lank. Die jaar volgens die maan is 11 dae korter as die son jaar. Sodoende, is die datums van ʼn alleenlik maan kalender wat deur die seisoene beweeg van die son jaar. Verskeie kulture wat die maan – son kalender gebruik, is geanker in die maan maande tot verskillende punte in die son jaar. Sommige soos die antieke Egiptenare, het die verskyning van die ster Sirius gebruik, volgens die tyd van somer eweninge. Ander, soos die Asteke en die Maia, het die winter eweninge gebruik vir hulle nuwe jaar. Meer onlangs, toe die Franse ʼn verskillende kalender gebruik het gedurende die Franse revolusie, het hulle jaar gedurende die herfsewening begin. Vir verdere inligting oor die Franse en die Söviet kalender hervorminge, gaan na verandering van die Weke: Die Sabbat Versteek.)

    Historiese bewyse wys daarop dat by verre die meerderheid van die antieke kalenders het hulle jaar in die lente begin of naby aan die tyd van die lente, lente – ewening. Die Israeliete het ook ʼn maan – son kalender gebruik, en hulle jaar het begin met die lente. Hulle jaarlikse feeste en die sewende – dag Sabbat was beide bereken deur die maan – son kalender wat bevestig was deur die Skepper met die besonderse begin van die wêreld.

    Die Maan – Sabbat volgens die Skrif

    Die Skepper se kalender is ʼn baie belangrike werktuig vir die vind van die ware sewende – dag Sabbat wat die “seël van Yahuwah” bevat: diegene wie se belofte van lojaliteit tot die Skepper is. Die Skrif openbaar met die Skepping, was beide die son en maan gegee om te voorsien aan lig, en sowel as ʼn hulp vir die meting van tyd. Die hedendaagse son kalender gebruik nie die maan vir tydhouding. Ook gebruik die Hindoe of die Moslem maan kalender, nie die son. Alleenlik die antieke maan – son kalender bevat die norm vir die gebruik van die son en die maan in sy sisteem van die meting van tyd.

    Baie mense wat die fees dae onderhou wat in Levitikus 23 is, onderhou steeds die Saterdag sabbat. Hulle glo dat die maan – son kalender net gebruik was vir die jaarlikse feeste, maar dat Saterdag volgens die hedendaagse son kalender, met sy aaneenlopende weeklikse siklus sedert die Skepping so was. Maar dit is twee verskillende metodes van tydhouding! Nêrens in die Skrif word daarop gewys vandat daar is twee onderskeidende en verskillende sisteme van tydhouding. Met die Skepping, was daar een kalender bevestig, en dit het vereis dat die beide die son en maan moes gebruik word.

    En....[ Yahuwah} het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare. Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde. En dit was so...[Yahuwa] het toe die twee groot ligte gemaak.. [En Hy] het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig te gee op die aarde, en om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. (Genesis 1 verse 14 tot 18.)

    moon phases
    Die Skepper het sisteme aangewys vir tydhouding en gebruik beide die son en maan vir die aanwys van tyd.

    So in hierdie gedeelte, in die eerste hoofstuk van die eerste boek van die Bybel, is die beginsel vasgestel dat die twee groot ligte moet gebruik word vir aanwys van die tyd van aanbidding en as ʼn teken of aanwysing van lojaliteit tot die Skepper. Die woord wat gebruik om “teken” te vertaal word, is vanaf die Hebreeuse woord ôwth afgelei, wat beteken, teken of merkteken. “Dit verteenwoordig iets waarmee ʼn persoon of groep se karaktereienskappe gekenmerk is... Die woord se betekenis is “teken” en is as ʼn herinnering aan jou plig.” (Kyk na, #226, The New Strongs Expanded Dictionary of Bible Words.)

    Die Sabbat is die teken waardeur die Skepper se volgelinge gekenmerk is en as ʼn teken apart gestel is, en verskillend van ander en almal op die aarde. Die Hebreeuse woord “seisoene” wat vertaal openbaar self meer. Dit is die woord mo’ed. Dit is deur die gebruik van hierdie woord wat die ware Sabbat van die Skepping openbaar, en word dit saam met die maan gereken. Mo’ed is die woord wat in die besonders gebruik word om na die jaarlikse feeste te verwys.

    Sedert die Joodse feestye voorkom op gereelde tussenposes, is hierdie woord aan hulle gekoppel... Mo’ed word in ʼn breë verband gebruik vir alle godsdienstige byeenkomste. Dit was ook verbind met die tabernakel....[ Yahuwah] het Israel daar op bepaalde tye ontmoet om Sy wil aan hulle bekend te maak. Dit is ʼn algemene benaming vir die vergadering van aanbidding van .... [Yahuwah] se volgelinge. (Kyk na. #4150, “Lexical Aids to the Old testament,” Hebrew –Greek Key Word Study Bible, KJV.)

    Vêr vanaf die aanbieding van twee verskillende sisteme van tydhouding, voorsien die Skrif net aan een alleenlik: die maan – son kalender, waarby die jaarlikse feeste sowel as die sewende – dag Sabbat, bereken is. Levitikus 23 voorsien van ʼn lys van al die heilige feeste van Yahuwah. Vanaf die Jaarlikse Lente feesvieringe tot die Herfs feeste, Levitikus 23 gee ʼn volledige beskrywing van almal. Maar die heel eerste “fees” wat gelys is, die weeklikse fees: die sewende – dag Sabbat.

    Verder het die... [Yahuwah] met Moses gespreek en gesê: “ Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van... [Yahuwah] wat julle moet uitroep as heilige samekomste dit is my feestye. Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit ‘n dag van volkome rus, ‘n heilige vierdag; géén werk mag julle doen nie dit is ‘n sabbat van...[Yahuwah] in al julle woonplekke.” (Levitikus 23 verse 1 tot 3.)

    Vanaf hier, het Yahuwah gegaan na die lys van die jaarlikse feeste ( of mo’edim) maar die eerste besonderse fees wat Hy gegee het was die sewende – dag Sabbat.

    Die Maan – Sabbat: ʼn Heilige dag van rus, en is dit die sewende – dag en die laaste dag van elke week van ʼn maansomloop. Die weeklikse siklus begin met elke Nuwemaan. Vier voltooide weke volg tot op die dag van die Nuwemaan.

    Psalm 104 vers 19, is daar tog nog ʼn ander bewys van die Skrif dat die sewende – dag Sabbat moet bereken volgens die maan:

    “Hy het die maan gemaak vir vaste tye; die son ken sy tyd om onder tegaan.” (Psalm 104 vers 19.)

    Die woord wat hier vertaal is “seisoene,”en weer mo’edim. Die Bybelse aantekeninge bly kostant: daar is slegs een metode van tydhouding wat deur die Skif voorgehou word. Dit is die maan – son kalender wat deur Yahuwah bevestig is tydens die Skepping. Die kalender bevestig al die tye wat aangewys vir aanbidding, die mo’edim.

    Die Maan - Son Kalender van die Skrif

    Die eerste dag van die maand volgens die maan – son kalender is die dag van die Nuwemaan. ( Vir die gebruik van die term “Nuwemaan” volens die Skrif, lees: 1 Samuel 20 verse 5, 18 en 24, 2 Konings 4 vers 23, Psalm 81 vers 3, Jesaja 66 vers 23, Esegiël 46 vers 1, en Amos 8 vers 5.)



    Volgens hierdie antieke kalender, kom die sewende – dag Sabbat altyd voor op dieselfde datums van elke maand.

    Volgens die Bybelse maan – son kalender, is elke maansomloop ( of maan maand) begin dit altyd met die dag van die Nuwemaan, wat in die groep van aanbidding dae opsigself op hul eie is. Ses werkdae volg op die tweede tot op die sewende van die maand. Die sewende – dag Sabbat kom altyd voor op die 8ste, die 15de, die 22ste, en die 29ste van elke maan maand.

    Die Skrif self ondersteun hierdie vorm van kalender. Elke keer as die sewende – dag Sabbat in die Bybel vermeld word, daar ʼn getal aangewys is vir die datum, en is dit altyd op die 8ste, die 15de, die 22ste, of die 29ste van die maand! Een van die twee, word die werklike datums toegewys of in konteksgebonde, en in ander besonderhede wat gereeld vir hierdie ekstrapolasie toelaat. As voorbeeld, die verhaal van die uittog uit Egipte bevat bepaalde datums en besonderhede vir drie maande in ʼn ry, almal waarvan die sewende – dag Sabbat voorkom op die 8ste, 15de, 22ste, en die 29ste van elke maand! Hierdie kalender besonderhede was bevestig 40 jaar later tydens die tyd van Joshua en weer met die kruisiging van die verlosser met Pasga.

    Soos voorheen genoem, is die jaar volgens die maan korter as die jaar volgens die son en sonder enige manier om die maan maande te anker aan die jaar volgens die son, sou die seisoene swewe deur die kalender. Die ware Nuwe Jaar is geanker in die lentenagewening. Dus is daar vir elke twee tot drie jaar, ʼn bykomende dertiende maand wat by die jaar by getel word. Dit was genoem ʼn “ embolismic” jaar met dertien maande, omdat ʼn algehele maand bygevoeg was om die maansomloop terug te bring in ooreenstemming met die seisoene. Esegiël voorsien Skrituurlike bewys van die dertiende maand wat gebruik in die jare met dertien maande. (Lees oor: Esegiël se 13de maand.)

    Die maan – son kalender vanaf die Skepping is die mees akkurate metode van tydhouding. Dit is verfynd, en presies. Dit is ʼn goddelike ontwerpte sisteem van tydhouding, Jeremiah 31 vers 35 verwys na Yahuwah wat die “ordeninge” (of die wette) van die maan gee. Die ordeninge van goddelike tydhouding is so eenvoudig dat die skaapwagter op die heuwel dit akkuraat kam waarneem, en net soos die sterrekundige in sy sterrewag deur berekeninge. Self die telling tot Pinkster, wat lank die mense verwar het, omdat die twee besonder manier van telling mekaar weerspreek, en kan dit akkuraat bereken word deur alleenlik die maan – son kalender te gebruik.

    rabbi
    Joodse geleerdes erken dat die kalender wat hulle nou gebruik, nie die kalender van die Skrif is.

    Jews and the Sabbath

    Terwyl dit waar is dat die Jode van vandag aanbid op die Saterdag sabbat, en dat dit nie die bewys is vir die ware Sabbat. Hulle het nie altyd aanbid op die Saterdag sabbat. Joodse geleerdes is baie duidelik, daaroor dat die oorspronklike metode van kalandering verskillend was van die hedendaagse kalender, en onder geweldige vervolging gedurende die vierde eeu n.C., het die Jode afstand gedoen van hulle oorspronklike maan – son kalender.

    Die verklaring van die nuwe maand deur waarneming van die nuwe maan, en die nuwe jaar met die koms van die lente kon alleenlik gedoen word deur die Sanhedrin. Gedurende die tyd van Hillel II (4de eeu n.C.), die laaste President van die Sanhedrin, het die Romeine hiedie gebruik verbied. Hillel II was daarom verplig gewees om die vaste kalender in te stel, en sodoende, is daar hierdie handeling goedkeuring verleen vir al die kalenders van die toekomstige jare. ("The Jewish Calendar and Holidays (incl. Sabbath)": The Jewish Calendar; Changing the Calendar, www.torah.org, emphasis supplied.)

    Die Nuwe maan is steeds daar, asook die oorspronklike Sabbat, wat afhanklik is van die maan siklus. (Universal Jewish Encyclopedia, p. 410)

    Eertyds toe die antieke maan – son kalender tersyde gestel is, was die kennis van die ware Sabbat verlore met die aanvaarding van die heidense Juliaanse kalender.

    pre-julian calendar
    Hierdie steen gedeeltes van die vroë Juliaanse kalender wys duidelik na die week van agt dae. Die Israeliete het nie die juliaanse kalender gebruik vir die bepaling van die sewende – dag Sabbat. Hulle het die oorspronklike maan – son kalender gebruik vanaf die Skepping.

    Die Sabbat volgens die maan Verlore

    Die kalender van die Romeinse Republiek, soos die een van die Hebreeuse kalender, was ook ʼn maan – son kalender. Gedurende 45 tot 46 v.C., het Julius Ceaser die oorspronklike Romeinse kalender hervorm, en met die hulp van sterrekundige van Alexandrië, Sosigenes, ʼn nuwe son kalender geskep met aaneenlopende weeklikse siklus: die Juliaanse kalender was in gebruik gewees tydens die tyd van die Messias, en het die Israeliete nie die vroë juliaanse kalender gebruik van agt dae! Die Israeliete het steeds die oorspronklike son – kalender gebruik, en aanbid op die sewende – dag Sabbat.

    Vanaf daardie tyd, tot en met die vierde eeu, het die Israeliete en Apostoliese Christene aangehou om die Bybelse kalender te gebruik vir hulle godienstige onderhoudings. Met die opkoms van die verheidense Christen magte in Rome, het dit gelei tot ʼn eeue lange stryd, oor wanneer die dood en opstanding gedenk moet word.Die Christene van Rome se wens om die Messias se opstanding volgens die heidense Pase te vier. Apostoliese Christene, op die ander kant, het weer gewens om Yahuashua se dood te gedenk volgens die oorspronklike Pasga.

    Die saak van twis het geblyk om misleidend en eenvoudig te wees: Pasga teenoor Paasfees. Die saak wat hier ter sake was, en alhoewel dit ontsaglik is. Was die enigste manier vir die bepaling wanneer die Pasga plaasvind is om die Bybelse maan – son kalender te gebruik.

    Kalenders wat tyd bereken het, en is daaroor besluit tydens die Konsillie van Nicea, en is daar besluit om die Joodse berekeninge ter syde te stel, en die heidense Juliaanse kalender aan te neem. Dit het doeltreffend die kennis van die ware Sabbat vernietig, en die heidense Saterdag Sabbat as plaasvervanger in sy plek. Joodse geleerdes erken ook hierdie feit.

    Met ʼn kleurvolle beskrywing van die Konsillie van Nicea, skryf die Joodse geleerde Heirich Greatz:

    Tydens die Konsillie van Nice [Nicea] was die die naelstring afgesny wat die Christendom verbind het met sy voorvaardelike verbintenisse. Die feesvieringe van Paasfees was tot nou gevier vir die grootste gedeelte op dieselfde tyd as die Joodse Pasga, en inderdaad op die dae wat bereken is en vasgestel is deur die Sanhedrin van Judea, maar die toekoms onderhouding daarvan sal die uitvoering daarvan heeltemal onafhanklik wees van die Joodse kalender... (History of the Jews, published by the Jewish Publication Society of America, 1893, Vol. II, see pp. 563-564.)

    Die Konsilie van Nicea het die mees diepgaande en vêrreikende gevolge gehad op die ware Sabbat. Tot op hierdie dag grond die Katolieke geleerdes hulle gesag van die Katolieke Kerk op hierdie handeling van die verandering van die Sabbat, vanaf die ware Sabbat volgens die maan – son kalender na die aaneenlopende week siklus van die Juliaanse kalender. Die heidense Juliaanse kalender, wat deur wetgewing daar geplaas is, en is dit ʼn algehele valse sisteem van godsdiens. Sodoende is die ware Sabbat begrawe onder eeue van tradisie en die veronderstelling dat die hedendaagse week gesirkuleer aaneenlopend sedert die Skepping.

    Herstel die Verbreking: Herstel die Maan Sabbat

    Jesaja bevat ʼn pragtige profesie oor die werk wat moet gedoen word deur die laaste geslag.” En die wat uit jou voortkom, sal die ou puinhope bou; die fondamente van vorige geslagte sal jy oprig, en jy sal genoem word: Herbouer van gebreekte mure, hersteller van paaie, om bewoonbaar te maak.” (Jesaja 58 vers 12.) 

    Die drie engele boodskap van Openbaring 14 bevat ʼn oproep om te aanbid op die ware sabbat volgens die Skrif.

    Dit is die werk van diegene wat hulle belofte van trou aan die Skepper gegee het deur Hom te aanbid op Sy ware heilige dag, die ware Bybelse Sabbat. Om die die gat te hestel wat in die Yahuwah se wet gemaak is, en om die weg te open van die gemors van foute en tradisie, wat opgehoop het deur die eeue, en is dit die groot werk wat aangewys is vir die mense van die laaste geslag. Openbaring bevat ʼn drievoudige waarskuwing wat almal oproep om :”Vrees.... [Yahuwah] en gee Hom heerlikheid.... en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.” (Lees Openbaring 14 verse 6 tot 10.)

    Hierdie onderwerp is van kardinale belang vir almal wat nou leef. Die ware sabbat is die merk van lojaliteit wat diegene onderskei wat gewilliglik gehoorsaam is, van diegene wat vaskleef aan tradisie en veronderstelling. Almal moet die onderwerp bestudeer oor die maan Sabbat, en die verwante feite van die kalender geskiedenis, en die gepaste gedeeltes van die Bybel. Die Stryd van Armgeddon, soos alles in die langdurige oorlog tussen Yahuwah en Satan, word gestry op die slagvled oor aanbidding.

    Allmal wat begeer om hulle Skepper te eer sal kies om Hom te aanbid op die dag wat Hy geseën het en apart gestel het: die sewende – dag van die week volgens die maan – son kalender, die ware maan Sabbat.


    Kliek hier om te kyk na die Reeks oor die Verdediging van die Maan Sabbat

    Hy wat antwoord gee voordat hy gehoor het, vir hom sal dit ‘n sotheid en ‘n skande wees.” – Spreuke 18 vers 13.