Print

Die Skeiding van die Weë

covered wagon

Dit was `n vreemde trek. Goud was ontdek in die westelike deel van die Verenigde State, en binne dae het manne uit die ooste te perd daarheen gereis, met wa vragte met hulle gesinne wat volg in die daaropvolgende maande; almal was agter die ontwykende droom van rykdom. Duisende het al hul besittings verkoop om die ongekaarteerde roete na die weste te volg. Duisende het alles, insluitende hulle lewens verloor. Die gevare van die reis, siekte, ongelukke, weer en vyande het die wa treine verminder totdat slegs `n oorblyfsel by die bestemming uitgekom het. Dan, het nóg minder ooit die goud en rykdomme gevind, waarvoor hulle alles opgeoffer het om te hê.

Sommige van die wa treine het gidse en verkenners gehuur om hulle te lei. Andere het weer iemand onder hulle groep om die verantwoordelikheid as leier op hom te neem, gekies. Die verantwoordelikheid was groot. Lewens kon in die slag bly deur die verkeerde roete te neem. Ontberinge kon vermeerder word deur die gemis van waterfonteine of om nie by die regte plek uit te span nie. Aanvalle deur die vyand kon hulle uitwis as die mense nie vinnige verdedigings metodes aangeleer het nie. Die bestaan van die groep het gerus op die skouers van die leier.

Sou `n wa leier per ongeluk die verkeerde roete gevolg het, as hy die verkeerde weg gekies het, was dit sy plig om die mense in te lig en te vra om om te draai, terug te gaan, en dan die regte roete te volg. Dit kon addisionele reis, verlore tyd en baie murmereringe veroorsaak. By tye, het sommige van die waens selfs weggebreek en in die verkeerde rigting voortgereis,  liewers as om terug te keer op die weg waarmee hulle gekom het. Toelating van `n fout deur die leier het die gevaar betrek van die verlies van geloof in sy leierskap. Muitery was `n werklike moontlikheid. `n Waaksame leier sou altyd uitkyk vir addisionele inligting, bykomende kennis in die gebruik van besluite wat die groep mag lei.

Wêreld se Laaste Kans is `n leier in die veld van godsdienstige webtuistes. As die uitnemendste leerkrag aangaande die sewende-dag Sabbat aanbidding, het dit `n gewigtige verantwoordelikheid om waarheid en slegs waarheid te leer. Omdat waarheid voortdurend ontvou, moet ondersoek daarna voortdurend plaasvind om te ontdek watter geloofsoortuiging moet aangeleer word en watter afgeleer moet word. Yahuwah het belowe om `n gids te wees vir die ywerige soekers na alle waarhede. Die laaste generasie wat sal leef deur die komende tyd van benoudheid moet slegs waarheid hê, geen dwaalleer moet in hulle geloof te vinde wees nie. Hulle moet in die waarheid gegrondves wees sodat hulle onwankelbaar staan teen die aanvalle van die mens of misleidings van demone.

Wêreld se Laaste Kans was altyd vas oortuig dat die mens `n verpligting teenoor hulle Skepper het om Hom op die sewende dag, Sy vasgestelde Sabbat volgens die vierde gebod te aanbid. Maar, hoe word die Sabbat gevind? Is dit moontlik om reg te wees met die aftelling van die dae en om verkeerd te wees met watter kalender gebruik word om daardie dag te vind? In die afgelope maande, was deeglike ondersoek deur toegewyde Sabbatariërs gedoen om uit te vind of die Gregoriaanse kalender wat algemeen gebruik word deur gemeenskappe regoor die wêreld, die ware Bybelse kalender is of nie. Waar kan die oorsprong van die Juliaanse/Gregoriaanse kalender gevind word? Watter kalender was deur Moses gebruik in die tyd van die Exodus? Watter kalender was in Babilon gebruik? Watter kalender was gebruik deur die Jode in die tyd van Yahushua, Christus?

Ernstige navorsing in hierdie vraagstukke het die navorsers tot die finale besluit gelei dat die korrek genommerde dag vir aanbid gevind is. Die sewende dag van die week is die Sabbat. Maar, die oorspronklike Bybelse luni-solar kalender moet gebruik word om Yahuwah se ware sewende-dag te vind. Deur die tyd was daar baie kalenders, baie wyses om tyd te bepaal en om die dae van aanbidding in te stel. Die Bybel moet ons gids wees; skrifte moet vasstel wanneer om te aanbid en watter kalender gebruik moet word. Historiese feite kan saam met die Bybel gebruik word om waarheid te bevestig, maar die Bybel is die finale outoriteit.

Wêreld se Laaste Kans webtuiste het nou artikels, e-kursusse, en video`s gepos om die inligting versamel deur die navorsers, te deel. Dit was `n skok om te leer dat die idee van `n “voortdurende weeklikse siklus sedert die skepping” `n verkeerdelike veronderstelling was. Die Gregoriaanse Paganistiese/Pouslike kalender is die verkeerde maatstaf om te gebruik vir die vasstelling van die ware sewende-dag vir aanbidding. Dit is vreemd vir die verstand om insig te hê in `n anderste sisteem van tyd afmeting. Maar dit is só kosbaar, dit is `n vreugde om met sekerheid te weet dat die korrekte Sabbat gevind kan word as die korrekte luni-solar kalender gebruik word. Ondersoek asseblief hierdie lewensbelangrike, lewensveranderende kwessie vir jouself uit. Vergelyk asseblief die skrifte en die historiese feite om insig te kry dat Satan in werklikheid daarop uit is “om tye en wet te verander”. Gee asseblief Yahuwah se Gees `n geleentheid om jou verstand te beïndruk deur te beloof om Hom te gehoorsaam as Hy aan jou openbaar dat dit die waarheid is.

Sluit by gelowiges regoor die wêreld aan soos ons treë teruggee, kennis van ou weë herstel en konsepte wat nuut is aan ons verstaanbaar word. Gebede vir jou geestelike veiligheid styg gedurig op van die personeel en navorsers van Wêreld se Laaste Kans webtuiste. Yahushua Messias sal spoedig kom. Laat ons in hart en stem, gees en waarheid verenig op die ware sewende-dag lunar Sabbat om ons Skepper te gehoorsaam.