Lys van Bybel verse wat `n plat Aarde met `n uitspansel wys
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite-outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester die waarheid meer as die lewe, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
Bybel verse wys dat die Aarde plat en onbeweeglik is.
“Is dit ook so dat Elohim gesê het -?” (kommentaar van Satan in Gen. 3:1)
Indien ons eerlik met onsself is, stel die Bybel `n geosentriese plat-Aarde siening voor, en daar is geen vraag daaromtrent nie. Die kwessie word geheel en al bevestig as ons ook die Boek van Henog in ag neem. Dit bewys nie `n plat Aarde nie, maar dit voorsien bewyse dat die Bybel hierdie perspektief leer. Daarom, is dit geen sonde om te glo dat die Aarde die middelpunt van Yahuwah se skepping is, dat dit onbeweeglik is, dat dit op vier pilare steun, vier hoeke het, nes `n voetbank lyk, en `n hemelgewelf daarbowe het wat die sterre, die son, en die maan, onder andere insluit.
`n Voetbank onder Yahuwah se voete of `n voortdurende bewegende BAL?
Sommige verse hieronder is poëties, maar dit beteken nie dat ons kan voorgee hulle betekenisloos is nie en geen boodskap vir ons bevat nie. Hulle mag realiteit in `n figuurlike sin oordra. In die Bybel, kom ons te staan voor poësie, visioene, drome, gelykenisse, analogieë, figuurlike taal, profesies, psalms, hiperbole, en veel meer; ons moet die teks lees met hierdie insig. Skrywers mag wens om `n siening te gee omtrent die gebruik van die teks, wat dikwels werklikheid weerkaats. Dit is ook belangrik dat ons nie sekere verse uit konteks moet uitkies en hulle letterlik lees nie (soos byvoorbeeld, “in sonde het my moeder my ontvang,” Ps. 51:7) terwyl ander verse in dieselfde boek verwerp word deur te sê, “dit is maar net poësie en dit beteken nie enigiets nie!” wanneer die boodskap nie met `n spesifieke agenda in lyn is nie.
Byvoorbeeld, sê die Bybel dat die Aarde is nes `n voetbank van Yahuwah, wat as `n analogie dien wat ons in ag moet neem. Sien ons Yahuwah sit met `n voortdurend bewegende en roterende sfeer onder sy voete, of sien ons Hom rustend op iets wat lyk soos `n voetbank, nes die een in die prent hierbo? `n Voetbank blyk om `n presiese verteenwoodiging te wees van `n plat Aarde model. Addisioneel is `n voetbank intrigies, omdat dit nie essensieël is nie. `n Stoel, (of `n troon, in Yahuwah se geval) is meer krities as `n voetbank, en dit is onseker of die persoon in die stoel sy voete op die voetbank sal sit. Deur `n voetbank as `n metafoor vir die Aarde te gebruik, stel Yahuwah nie voor as `n arrogante Majesteit wie op ons afkyk in afsku nie; instede daarvan, voorsien dit ons met `n perspektief in die verwantskap tussen Yahuwah en sy skepping. Vergelyk dit met die toespraak van Job, waar Yahuwah se ontsaglike mag beklemtoon word, wat verduidelik dat Job en sy vriende nie eens bevoeg is om advies of kritiek aan die Skepper te bied nie.
Behalwe die lys hieronder, argumenteer Christen plat Aarders dat een van die magtigste punte vir `n geosentriese wêreldsiening is die algehele afwesigheid van Bybel verse wat aandui dat die Aarde nes `n sfeer gevorm is, voortdurend bewegend en roterend, spoedend rondom die son, en geleë in `n ontsaglike heelal van sterre en galaksies triljoene myle ver, ens.
Vele skeppingskundiges argumenteer dat dit eenvoudig vir Yahuwah sou gewees het om aan te dui dat `n “dag” (Hebreeus yom) in skeppings verslag iets anders is van wat ons verstaan as `n dag (wat voorstel dat `n dag miljoene jare kan duur); maar, Yahuwah het dit nooit gesê nie. Dit is skynbaar omdat `n dag was en sal steeds `n normale 24-uur dag wees, of Yahuwah sou dit aan ons verklaar het. Net so, voer plat Aarders aan dat as Yahuwah se intensies was om `n heliosentriese model te openbaar, sou Hy dit maklik verduidelik het om misverstande uit te skakel, nogtans doen Hy dit nie. Ons word die presiese teenoorgestelde vertel. Sodoende, moet ons daardie Christene respekteer wie glo in die geosentriese model, omdat hulle oortuig is dat hulle hierdie model direk uit die Bybel kry.
BYBEL VERSE (OV) in kronologiese volgorde (d.i. Bybel volgorde)
- Gen. 1:2 En die Aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van Elohim het gesweef op die waters. — 5. En Elohim het die lig Dag genoem, en die duisternis het Hy Nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag. 6 En Elohim het gesê: Laat daar `n uitspansel wees tussen die waters, en laat dit skeiding maak tussen waters en waters. 7 Elohim het toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die uitspansel is, geskei van die waters wat bo die uitspansel is. En dit was so. 8 En Elohim het die uitspansel hemel genoem. En dit was aand en dit was môre, die tweede dag. 9 En Elohim het gesê: Laat die waters onder die hemel hulle op een plek versamel, sodat die droë grond sigbaar word. En dit was so. 10 En Elohim het die droë grond aarde genoem, en die versameling van die waters het Hy see genoem. Toe sien Elohim dat dit goed was. — 14 En Elohim het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare. 15 En laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die Aarde. En dit was so. 16 Elohim het toe die twee groot ligte gemaak: die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook die sterre. 17 En Elohim het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig te gee op die Aarde, 18 en om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. Toe sien Elohim dat dit goed was.
Kommentaar: Gebaseer op die Bybelse skeppings verslag, leer ons dat die Aarde geskep was voor die son. Daar was `n uitspansel met water daarbowe en onder dit, en die son, maan en sterre was in die uitspansel geplaas (nie bo dit nie), wat lig voorsien van die aarde se perspektief. Hulle was ook geskep om seisoene, dae, en jare aan te dui (wat solar en lunar eklipse kan illustreer). Interessantheidshalwe, lyk dit asof sterre wat deur `n teleskoop op ingefokus word, agter `n watersluier is. Die son en die maan word uitgebeeld asof hulle albei lig verskaf, sonder aanduiding dat die een slegs die lig van die ander weerkaats. Die groter lig was bedoel om in die dag te heers, terwyl die kleiner lig heers in die nag.
- Gen. 7:11 In die seshonderdste jaar van die lewe van Noag, in die tweede maand, op die sewentiende dag van die maand, op dieselfde dag, is al die fonteine van die groot watervloed oopgebreek, en die sluise van die hemel is geopen. 12 En die stortreën was op die Aarde veertig dae en veertig nagte lank.
Gen. 8:2 Ook die fonteine van die watervloed en die sluise van die hemel het toegegaan, en die stortreëns uit die hemel het opgehou.
Kommentaar: Natuurlik moet ons nie veronderstel dat regte vensters in die hemel geleë is nie, maar iets was in die hemel oopgemaak, en `n enorme hoeveelheid reën het op die Aarde geval het. Gewoonlik, reën dit nie vir so lank nie, so, waar het al die water van daarbowe vandaan gekom? Openinge in die uitspansel kan dit verduidelik.
- Gen. 11:4 En hulle sê: “Kom, laat ons vir ons `n stad bou en `n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons `n naam maak, sodat ons nie oor die hele Aarde verstrooid raak nie.” 5 Toe daal die Here neer om die stad en die toring te besien waaraan die mensekinders gebou het. 6 En die Here sê: “Daar is hulle nou een volk en het hulle nou een taal! En dit is net die begin van hul onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie. 7 Kom, laat ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie.” 8 So het die Here hulle dan daarvandaan oor die hele Aarde verstrooi; en hulle het opgehou om die stad te bou.
Kommentaar: `n Verhaal wat onmoontlik sou wees op `n aardbol maar meer vatbaar op `n plat Aarde model met `n uitspansel as `n maksimum perk, veral as reuse soos Goliat betrokke was in die konstruksie. Maar, om `n toring te bou met `n hoogte wat reik tot naby die uitspansel (hulle het nie heeltemal tot daar gebou nie) sou impliseer dat die toring `n hoogte bereik het waar beweging en asemhaling moeilik sou wees. Yahuwah het hulle verhoed om verder te bou, maar Hy het geglo dat hulle `n uitnemende hoogte sou bereik indien hulle voortgegaan het: “Niks wat hulle besluit het om te doen sou vir hulle onmoontlik wees nie.”
- Josua 10:11 En toe hulle voor Israel uitvlug terwyl hulle op die afdraand van Bet – Horon was, het die Here groot haelstene op hulle gewerp tot by Aséka, sodat hulle gesterf het; daar het meer gesterf deur die haelstene as wat die kinders van Israel met die swaard doodgeslaan het. 12 Toe het Josua met die Here gespreek, op die dag dat die Here die Amoriete aan die kinders van Israel oorgegee het, en voor die oë van Israel gesê: Son staan stil in Gibeon, en maan, in die vallei van Ájalon! 13 Toe staan die son stil en bly die maan staan totdat die volk hulle gewreek het op hul vyande. Staan dit nie geskrywe in die boek van die Opregte [Jaser] nie? En DIE SON HET BLY STAAN in die middel van die hemel en het nie gehaas om onder te gaan nie, omtrent `n volle dag. 14 En daar was geen dag soos hierdie een, voor hom en ná hom, dat die Here na die stem van `n man geluister het nie; want die Here het vir Israel gestry.
Hierdie weë veroorsaak seisoene deur nader na die senter te beweeg en weer terug.
Kommentaar: Die skrywer kon maklik gestaaf het dat die aarde stil staan indien dit die geval was, maar dit noem dat beide die son en die maan stilgestaan het, met die son wat sy afwaartse baan verder uitstel (die son sak in beide die bol model en die plat Aarde model). Indien die Aarde haar rotasies en wenteling rondom die son moes stop, sou mense op Aarde gesterf het. Joshua het geblyk die son en maan te sien as `n paar wat behoefte het om tesame stadiger moes beweeg vir die opdrag om suksesvol te wees. Volgens die Boek van Henog, beweeg die maan bietjie stadiger as die son, en merkbaar, ondersteun die teks in Josua dit met twee afsonderlike werkwoorde: “die son het stilgestaan, en die maan stadiger beweeg,” wat aandui dat die son tot `n algehele stilstand gekom het. Daarteenoor het die maan byna dieselfde bereik deur sigbaar stadiger te beweeg. Die rotse wat deur Yahuwah gegooi was blyk om te bevestig dat sy troon gesetel is naby die bokant van die hemelgewelf, omdat die rotse met merkwaardige presiesheid gewerp was.
As Yahuwah se troon biljoene lig-jare ver was, sou die rotse orals oor die plek gestrooi wees instede van `n spesifieke vallei op Aarde. Yahuwah is almagtig en kan enige wonderwerk uitvoer nes hy verlang. Inderwaarheid, uit hierdie oogpunt, het Yahuwah nie behoefte aan rotse nie; hy kan lewens neem wanneer ookal hy so voel. (Die Boek van Jasher word tweekeer in die Bybel genoem, so dis nie maklik om dit te verwerp nie.) Sommige mag argumenteer dat Yahuwah (deur Moses) sy boodskap op `n manier oorgedra het dat die mense kon verstaan omdat die Bybel uit hulle oogpunt geskryf is. Maar, hoe moeilik sou dit wees om te sê, “die Aarde staan stil”? Hulle het verstaan wat “Aarde” en “staan stil” beteken, en hierdie verslag is `n historiese gebeurtenis, nie poëties nie. Kan ons Yahuwah se bewerings vertrou, of moet ons sekere veranderinge maak? Volgens hierdie vertelling (bevestig in die Boek van Jasher en Hab. 3:11), het die son en maan beweeg. Indien ons nie kan glo dat Yahuwah Homself nie effektief kon uitgedruk het in hierdie geval nie (maar iets heeltemal anders bedoel het), watter ander verhale kan ons verwerp weens hul ongeloofwaardigheid? Die verhaal van die kruis? Is Yahuwah die oorsprong van verwarring? Was Hy onbevoeg om toe te sien dat eerlike Christen Bybel lesers hom vir sy woord vat en glo dit wat Hy verklaar het?
- Rigters 5:20 Uit die hemel het die sterre geveg, uit hul bane het hulle teen Sisera geveg.
Kommentaar: Die sterre word gesien as lewende wesens.
- 1 Sam. 2:8 Hy rig die regerings op uit die stof, uit die ashoop verhef Hy die behoeftiges, om hulle te laat sit by die vorste en hulle `n erestoel te laat beërwe. Want aan die Here behoort die pilare van die Aarde, en HY HET DIE WÊRELD DAAROP GEVESTIG.
Kommentaar: Die dikwels-genoemde pilare ondersteun die wêreld, namate die wêreld op hierdie pilare geplaas is. Gegee dat die Aarde ook beskryf word dat dit vierhoeke het, is dit logies om een pilaar in een hoek te sit. Saammet `n koepel, lyk die resultaat soos `n voetbank.
- 2 Sam. 22:8 Toe het die Aarde geskud en gebewe die fondamente van die hemel het gesidder en geskud, omdat Hy toornig was. — 16 En die beddings van die see het sigbaar geword, die fondamente van die wêreld is blootgelê, deur die dreiging van die Here, vanweë die geblaas van die wind van sy neus.
Kommentaar: Die aarde word dikwels beskryf as stilstaande, wat die normaliteit is, maar Koning Dawid het Yahuwah se toorn beskryf dat die fondamente van die hemel sal beweeg en skud. Dit klink soos iets uit die gewone, maar as die normaliteit was dat die aarde altyd beweeg en skud weens die Aarde se rotasie en hoë spoed, wat sou die verskil wees?
- 1 Kron. 16:30 Beef voor Sy aangesig, o ganse Aarde! Ook staan die wêreld vas sodat dit nie wankel nie.
Kommentaar: Die ideale situasie blyk `n stabiele wêreld te wees wat nie beweeg nie. In die heliosentriese model, beweeg die wêreld (en/of die Aarde) voortdurend sonder om te stop.
- Job 9:6 Wat die Aarde laat sidder uit sy plek, sodat sy pilare dril; 7 wat bevel gee aan die son, en hy gaan nie op nie, en die sterre agter `n seël wegsluit. 8 wat alleen die hemel uitspan en stap op die golwe van die see.
Kommentaar: Die gewone scenario vir die Aarde is om stil te staan (in die plat Aarde model), maar hier, kan ons die beskrywing van Yahuwah se mag lees wat die Aarde kan skud “uit haar plek,” en die pilare daaronder mag sidder. Indien die aarde gewoonlik roteer en vinniger as `n koeël rondom die son beweeg, sou dit nie logies wees om voor te stel dat die pilare onder haar sou sidder en die Aarde uit haar plek geskud mag word nie. Ons kan ook lees oor die son wat beveel word om nie op te kom nie, wat aandui dat die son beweeg om te groei (in stede van die Aarde se beweging). Om die sterre agter `n seël weg te sluit beskryf hoe hulle verseël is binne-in die uitspansel.
- Job 22:14 Wolke is `n bedekking vir Hom, sodat Hy nie sien nie; en oor die hemelgewelf wandel Hy. (“die koepel van die hemel” -- ASV)
Kommentaar: Yahuwah se posisie is net bokant die koepel; omdat die wolke regonder dit is, mag dit hom ook “bedek”.
- Job 26:7 Voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die Aarde ophang oor niks. 8 wat die waters saambind in sy wolke sonder dat die wolkgevaarte daaronder skeur; 9 wat die gesig van die troon toehou deurdat Hy sy wolk daaroor uitsprei. 10 Hy het die kring afgetrek oor die watervlakte tot waar lig en duisternis eindig. 11 Die pilare van die hemel wankel en staan verstom weens sy dreiging. 12 Deur sy krag bring Hy die see in beroering, en deur sy verstand verpletter Hy Rahab.
Kommentaar: “Wat die noorde uitspan” mag verwys na die hele struktuur van die pool in die noorde en die onsaglike uitspansel wat dit omring. “Die Aarde ophang oor niks”? Is dit `n passende beskrywing van die Aarde wat op pilare staan? Wel, dit verskaf tenminste `n hegter uitbeelding van `n plat Aarde model eerder as `n aardbol model waarin die Aarde voortdurend roteer en beweeg teen `n hoë spoed rondom die son. Wanneer jy iets ophang, soos `n prent teen `n muur, verwag jy dit moet stil staan in sy plek. Jy verwag nie dat dit teen die muur rondbeweeg nie. `n Plat Aarde model gevorm soos `n voetbank, kon steeds beskryf word as “hangend op niks.” “Grenslyne omsluit die water (soos die oseane) wat hulle nie kan oorkruis nie, wat mag verwys na Antarktika as die buitenste kring in `n plat Aarde model. Die pilare van die hemel wankel, wat skynbaar sinspeel op die pilare in elke hoek van die Aarde wat ook verbind is met die uitspansel.
- Job 28:24 Want Hý sien tot by die eindes van die Aarde, alles wat onder die hemel is, aanskou Hy.
Kommentaar: Die Aarde het eindes, wat werk op `n plat Aarde model maar nie op die bolvormige een nie. Yahuwah kan onder die hele hemel sien, en Hy kan ook die hele Aarde sien (alles) onder hom, wat baie goed die punt wat hier gemaak word, is – om Yahuwah se majesteit te beskryf.
- Job 37:3 Onder die ganse hemel laat Hy dit los, en sy lig oor die eindes van die Aarde. — 18 Kan u saammet Hom die hemel uitbrei wat vas is soos `n gegote spieël?
Kommentaar: Die Aarde het “eindes,” en in die Bybel, kan die hemel ook vertaal word as “uitspansel,” soos in YLT, waar ons kan lees van “`n harde spieël” instede van `n “gegote spieël” Dit word vertaal as `n “stewig soos `n spieël wat gegiet is” in die NKJV. Dit kan na verwys word as die uitspansel in die hemel, wat sterk en min of meer solied is.
- Job 38:4 Waar was jy toe Ek die Aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het. 5 Wie het sy afmetinge bepaal? — jy weet dit mos! Of wie het daaroor die meetsnoer gespan? 6 Waar is sy fondamentklippe op ingesink? Of wie het sy hoeksteen gelê? 7 Toe die môresterre saam gejubel en die seuns van Elohim gejuig het? 8 En wie het die see met deure afgesluit toe dit uitgebreek, uit die moederskoot voortgekom het? 9 Toe Ek die wolk tot sy kleding gemaak het en die donkerheid tot sy windsel. 10 Toe Ek my grens daarvoor uitgebreek en grendel en deure gemaak het; 11 en gesê het: Tot hiertoe mag jy kom en nie verder nie; en hier word `n grens gestel vir jou trotse golwe?
Kommentaar: `n Vaste fondasie en `n hoeksteen dien beter as beskrywing vir `n plat Aarde model, veral as dit moontlik is om `n lyn daaroor te span. Dit is meer uitdagend om `n stywe lyn oor `n sfeer te trek, veral as die Everest Gebergte en ander berge onder hierdie lyn moet wees. Indien die lyn verbeel word om oor die Everest Gebergte en die sfeer`n kurwe te maak (onderwyl dieselfde afstand tussen die lyn en die oppervlakte gehandhaaf word), sou die afmetings van die sfeer nie akkuraat wees nie. Maar, indien `n lyn oor `n plat oppervlak gestrek word, sal die afmeting van die area korrek wees selfs as die lyn net bokant die oppervlak geplaas word.
Weereens word die sterre as lewende wesens beskryf, nes die seuns van Yahuwah (engele), omdat hulle kan sing. Die see (die oseane) word beskryf as ingehok met deure (slot en grendel). Natuurlik is dit nie werklike deure nie, maar dit kan `n beskrywing wees van Antarktika. Veral omdat ons kan lees: “Tot hiertoe mag jy kom en nie verder nie; en hier word `n grens gestel vir jou trotse golwe.” `n Vergelyking word gemaak met die ingewande (ook vergelyk met Jona in die ingewande van die vis in Jona 2:6), wat ook sy buitenste grense het. Dit is nie ongewoon dat bote en golwe beperk word deur groot en klein land massas (kontinente en klein eilande) nie, maar ons lees van `n buitenste grens wat die maksimum buitenste limiet verteenwoordig.
Bogenoemde gedeelte en ander gedeeltes in die Bybel verduidelik dat die Aarde perke het, deure, skanse, ens. In NASA se heliosentriese aardbol model, het die Aarde geen absolute perke nie omdat jy dit in alle rigtings kan omseil op water en oor land sonder perke waarheen jy ookal gaan (mits jy met die behoorlike tegnieke reis). Dis nie so in die plat Aarde geosentriese model nie, waar Antarktika reise horisontaal beperk, en die koepel reise vertikaal inperk. Volgens die plat Aarde model, is daar geen manier vir die mens om enige skuiwer gate te vind deur hierdie grense/beperkinge nie. Volgens NASA, kan nie eens die Aarde beskryf word dat dit grense het nie omdat dit voortdurend om die son wentel in die heelal. Nog is mense beperk om buite die Aardbol te reis omdat die mens na die Maan kan reis en gebaseer op die woordvoerders van NASA, sal dit moontlik wees om na Mars en ander plekke te reis.
- Job 38:12 Het jy, solank as jy lewe, die môre ontbied, die dageraad sy plek aangewys, 13 om die some van die AARDE aan te gryp, sodat die goddelose daarvan afgeskud word? 14 Dit neem nuwe vorme SOOS DIE KLEI ONDER DIE SEËL; en die dinge kry gestalte soos `n kleed. — 18 Omvat jou begrip die breedtes van die Aarde? Gee te kenne as jy dit alles weet. 19 Waar is tog die weg na die woning van lig? En die duisternis — waar is tog sy plek, 20 dat jy dit kan bring, elkeen na sy gebied en kan verstaan die paaie na hulle huis?
Kommentaar: Weereens lees ons van die einde van die Aarde. Ons kry ook die idee van Yahuwah wat by magte is om die einde van die wêreld vas te hou en die goddelose daarvan uit te skud. Dit is maklik om voor te stel indien `n kombers of laken gebruik word, en hulle vier hoeke het. Soos in hierdie vers: Handelinge 10:11 “Hy sien die hemel geopend en `n voorwerp soos `n groot laken na hom afdaal, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde neergelaat word.” + Handelinge 11:5. Deur die aarde te omvorm “soos die klei onder `n seël” is moeilik om in te dink op `n bol, maar werk goed op `n plat Aarde model met `n buitenste grens.
16) Psalm 18:15 En die beddings van die waters het sigbaar geword, en die fondamente van die wêreld is blootgelê vanweë u dreiging, O Here, vanweë die geblaas van die wind van u neus.
17) Psalm 19:2 Die hemele vertel die eer van El, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande. 3 Die een dag stort vir die ander `n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan: 4 daar is geen spraak en daar is geen woorde nie – onhoorbaar is hulle stem.
5 Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele Aarde, en hulle woorde tot die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin `n tent gemaak; 6 en die is soos `n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is bly soos `n held OM DIE PAD TE LOOP.
Kommentaar: As die uitspansel niks meer is as lug of ruimte nie, is dit moeilik om te sien waarom hierdie lug `n heerlike voorbeeld van Yahuwah se handewerk is. Veronderstel die uitspansel is solied, helder, en uitgestrek oor die Aarde. In daardie geval, is dit maklik om te verstaan waarom hierdie voorwerp gebruik word as `n voorbeeld van Yahuwah se uitnemende skepping. Ons kan oor die einde van die wêreld lees, en (nes die Boek van Henog) kan ons sien dat die son `n tabernakel het en vergelyk word met `n bruidegom. Die son hardloop in `n wedren deur voort te gaan van die eindes van die hemel in sy wentelbaan (`n sirkel) na die einde daarvan. Dit beteken dat die son werk rondom die Aarde, nie die Aarde wat reis rondom die son nie.
18) Psalm 47:17 U het al die grense van die Aarde bepaal; somer en winter, U het hulle geformeer.
Kommentaar: Watter soort grense is Yahuwah verantwoordelik om op die Aarde te sit? Volgens die Bybel, word “grense” gewoonlik beskryf as die fisiese buitenste grense van nasies (of die buitenste grense van fisiese voorwerpe), en dit is dikwels deur mense gemaak en kan met tyd verander. (Voorbeelde van waarde: Jes 60:18, Jer 15:13, Eseg. 27:4, Eseg 45:1, Miga 5:6, Matt. 4:13). Toe Yahuwah die volk wydweg “verstrooi” het na die voorval van Babel, het Hy nie enige nuwe grense vir hulle voorafopgestel waarin hulle mag woon nie. Hulle het dit vir hulleself uitgewerk afhangende van waar hulle gevestig het. `n Aardbol het geen ander tipe grense (behalwe die mens-gemaakte grense pas beskryf) omdat die mens op beide land en see kan reis, en selfs tot bo Everest, deur die Sahara Woestyn, en na die maan en verder. Gebaseer op Job 38, werk hierdie grense as skanse en poorte en sal die mens verhoed om enigsins verder te gaan. Natuurlik, steek mense grense van nasies daagliks oor, so na watter verbode grense kan in die psalm verwys word? In die plat Aarde model, sou die Antarktika rondom die Aarde werk as `n buitenste grens wat die mens nie kan oorsteek nie, en die uitspansel sal die mens verbied om opwaarts en daar verby te reis. Die psalm praat van somer en winter, wat deur Yahuwah gemaak is, wat die skrywer se siening ondersteun oor die grense as iets anders wat Yahuwah gemaak het en nie oorgesteek kan word nie (Job 38).
19) Psalm 75:4 Al wankel die Aarde en al sy bewoners – Ék het sy pilare vasgestel. Sela
Kommentaar: Die bewoners van die Aarde is `n werklikheid, dus is die pilare ook werklikheid.
20) Psalm 78:23 En Hy het al die wolke daarbo bevel gegee en die deure van die hemel oopgemaak.
Kommentaar: Venster en deure word beskou as iets wat oopgemaak kan word – dalk is die uitspansel ook solied en moontlik om opening te hê waaroor Yahuwah kan besluit om oop te maak.
21) Psalm 93:1 Die HERE is Koning; Hy is met hoogheid bekleed, Hy het Hom met sterkte gegord. Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.
Kommentaar: Die dikwels-gebruikte frase “staan die wêreld vas” werk nie goed op `n heliosentriese model waar die aardbol rondom sy eie as wentel teen `n spoed van omtrent 1675 km/h (byna 1,000 myl/h) met `n baansnelheid van omtrent 28,000 km/uur rondom die son nie. `n Paslike aanhaling: “Vir elke sekonde, beweeg jy byna `n hawe kilometer deur die ruimte, maar jy voel dit nie eens nie.” Met ander woorde, is die Aarde in die heliosentriese model voortdurend in beweging en is die teenoorgestelde van onbeweeglik.
22) Psalm 96:10 Sê onder die volke: Die HERE is Koning! Ook staan die wêreld vas, sodat dit NIE WANKEL NIE. Hy sal die volke regverdig oordeel.
Kommentaar: Dit sal nie wankel nie. Dit word dikwels herhaal, asof dit belangrike inligting is.
23) Psalm 102:26 In die voortyd het U die Aarde gegrondves, en die hemele is die werk van u hande.
Kommentaar: Indien “hemel” niks meer is as dun lug of ruimte nie, is dit nie `n goeie voorbeeld van bewonderenswaardige dinge wat Yahuwah met sy hande kan skep nie.
Waar is die son?
24) Psalm 104:1 Loof Yahuwah, o my siel! HERE my God, is baie groot! Met majesteit en heerlikheid is U bekleed – 2 wat Uself omhul met die lig soos met `n kleed, wat die hemel uitspan soos `n tentdoek; 3 wat sy SOLDERS bou in die WATERS, wat van die wolke sy wa maak, wat op die vleuels van die wind wandel, 5 Hy het die Aarde gegrond op sy grondveste, sodat dit vir ewig en altyd nie wankel nie. 6 U het dit met die wêreldvloed soos met `n kleed oordek; die waters het bo-oor die berge gestaan. 7 Vir U dreiging het hulle gevlug, vir die stem van u donder het hulle weggeskrik – 8 berge het opgerys, laagtes het weggesak – na die plek wat U vir hulle reggemaak het. 9 `n Grens het U gestel waar hulle nie mag oorgaan nie; hulle het die Aarde nie meer oordek nie. (NASB: 2: — Wat die hemel uitstrek soos `n tent gordyn.)
Kommentaar: `n Gordyn wat rondom `n bal uitgestrek word lyk nie soos `n gordyn nie. Maar op `n plat Aarde model, werk hierdie anologie perfek. Ons kan van die solders lees in die waters. (Indien u die skets hierbo sien, waar is die son veronderstel om te wees? Net agter daardie wolk, wat `n straal voorsien in die water aan die kyker, of biljoene lig jare weg?). Yahuwah het die fondasie van die Aarde gelê sodat dit vir ewig nie verwyder sou word nie. V. 5-9 beskryf die skepping en die verdeling tussen land en water. Ons kan weer lees omtrent `n grens vir die oseane wat `n verwysing is na Antarktika. “`n Grens het U gestel waar hulle nie mag oorgaan nie; hulle het die Aarde nie meer oordek nie.” Dit klink asof die waters eens bokant die Aarde was, die berge inkluis, omdat ons lees dat die band daar is om nie weer die Aarde te oordek nie.
25 Psalm 136:6 Wat die Aarde op die waters uitgespan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. 7 Wat die groot ligte gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. 8 Die son om te heers oor die dag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. 9 Die maan en sterre om te heers oor die nag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Kommentaar: Waters vind sy gelykte en kan nie rondom `n bal buig nie. In die begin, het Yahuwah die Aarde uitgestrek (die landmassas) bokant die waters. Die son heers bedags, en die maan en die sterre snags. Dit bevestig die beskrywing in Gen.1 dat hierdie hemelse voorwerpe geskep was vir die Aarde se onthalwe en om hul pligte uit te voer uit die perspektief van die Aarde. In die heliosentriese model, is die Aarde vér van die senter af, en speel dit geen rol in die objekte van die heelal nie.
26) Psalm 147:4 Hy bepaal die getal van die sterre; Hy gee hulle almal name.
Kommentaar: Sterre is nie dooie voorwerpe nie, maar is lewend en het name.
27) Psalm 148:3 Loof Hom, son en maan, loof Hom, al sy leërskare! 4 Loof Hom, hoogste hemele en waters wat bo die hemele is!
Kommentaar: Toe hierdie psalm geskryf was (lank na die vloed), het dit gelyk asof waters steeds bo die hemele was.
28) Spreuke 8:27 Toe Hy die hemele berei het, was ek daar; toe Hy `n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed. (ESV —Toe Hy `n sirkel op die wêreldvloed geteken het.)
Kommentaar: As die hemel niks is as net lug en ruimte nie, sou dit nie veel werk wees om “voorberei” te word nie. Om `n kring op `n bol te trek, klink snaaks en nie-logies, maar om `n sirkel op `n plat oppervlak te trek is makliker om in te sien.
29) Prediker 1:5 En die son gaan op, en die son gaan onder, en hy hyg na DIE PLEK waar HY OPGAAN.
Kommentaar: Die son is die een wat die werk verrig om “onder te gaan” en “op te kom” eerder as die Aarde. Die son (HY genoem) keer terug waarvandaan hy kom. Hierdie beskrywing pas nie by `n aardbol model nie.
- Jesaja 11:12 en Hy sal `n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom die seuns van Israel wat verdryf is en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is, uit die vier hoeke van die Aarde.
Kommentaar: Indien die Aarde vier hoeke het en ook eindes het, is dit nie`n goeie raaiskoot dat die pilare daaronder vier in getal is nie?
31) Jesaja 13:10 Want die sterre van die hemel en sy Oríons sal hulle lig nie laat skyn nie; die son is duister by sy opgang, en die maan laat sy lig nie skyn nie. — 13 Daarom sal ek die hemel laat sidder, en die aarde sal wyk uit sy plek met gebeef, vanweë die grimmigheid van die HERE van die leërskare en vanweë die dag van sy toorngloed.
Kommentaar: Aan die einde van die dag, sal dinge dramaties verander. Onder andere sal die maan nie langer haar lig roep om te skyn nie. Die maan het sy lig. Die hemele sal beef en die Aarde sal uit haar plek wyk met gebeef. In `n heliosentriese model, gebeur dit elke dag.
32 Jesaja 38:8 Kyk, Ek sal die skaduwee op die grade wat dit gedaal het deur die son op die grade van Agas se sonnewyser laat teruggaan, tien grade agteruit. En die son het tien grade TERUGGEGAAN op die grade wat dit gedaal het.
Kommentaar: Dit werk nie op `n bolvormige aarde-model nie. Ons kan lees dat die son tien grade teruggegaan het. Indien die Aarde stilgestaan het om terug te gaan, sou mense op Aarde gesterf het. `n Son wat stilstaan en `n paar grade teruggaan sou nie skadelik wees op `n plat Aarde model nie.
33) Jesaja 40:22 Hy sit bo die kring van die Aarde, en die bewoners daarvan is soos sprinkane; Hy span die hemele uit soos `n dundoek en sprei dit uit soos `n tent om in te woon.
Kommentaar: “Kring” in bogenoemde vers is `n vertaling uit die Hebreeuse naamwoord chug (Strong`s 2329), wat kring, uitspansel, of horison beteken. (Neem notisie dat dit nie vertaal is as bol of sfeer nie.) Behalwe bogenoemde vers, word dit twee keer in die Bybel gevind. In Job 22:14, lees ons omtrent Yahuwah wat wandel op die kring/hemelgewelf (wat wandel op die uitspansel van die hemel), en in Spreuke 8:27, lees ons dat hierdie kring afgetrek was op die oppervlakte van die wêreldvloed. NKJV fraseer dit as “Toe Hy die horison oor die see afgemerk het”. Dit is moeilik, (of eerder onmoontlik) om `n sfeer of bol te trek op iets, maar dit is moontlik om `n sirkel te trek/te teken. Alhoewel chug nie `n vertaling is vir bol nie, is daar, wel, `n woord vir “bal” wat Jesaja kon gebruik het indien dit was wat hy wou sê, maar hy het dit nie in bogenoemde vers gebruik nie. Hy, het dit wel in Jes. 22:18 gebruik, waar die bol vertaal is van dur (Strong’s 1754). `n Analogie word gebruik van die hemele uitgestrek soos `n gordyn en uitgesprei soos `n TENT om in te woon – vir die bewoners wat soos sprinkane lyk. Dit is byna onmoontlik om `n prent van `n tent op `n aardbol gesit in te sien, waar al die bewoners in leef. Dit is `n volmaakte analogie as ons, ons `n plat Aarde voorstel met `n uitspansel oor dit, en veral indien ons, ons ook die Tabernakel verbeel tydens die Eksodus.
34) Jesaja 43:6 Ek sê aan die noorde: Gee! En aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die Aarde af —
35) Jesaja 44:24 So sê die Here, jou Verlosser, en Hy wat jou geformeer het van die moederskoot af: Ek is die HERE wat alles volbring, wat die hemel uitspan, Ek alleen, en wat die Aarde uitsprei —
Kommentaar: As die hemel niks meer is as lug en ruimte nie, is daar niks indrukwekkends omtrent die uitstrek van hierdie lug nie, alleen of met hulp.
36) Jesaja 45:12 Ek het die Aarde gemaak en die mens daarop geskape; Ek — my hande het die hemel uitgespan, en Ek het aan sy ganse leërskare bevel gegee.
37) Jesaja 48:13 Ook het my hand die Aarde gegrond, en my regterhand die hemele uitgesprei; as Ek hulle roep, staan hulle daar almal saam.
Kommentaar: Weereens, is daar baie ophef daaroor om die hemel met een hand uit te sprei. Indien die hemel net lug en ruimte is, is dit nie indrukwekkend nie. Maar wanneer ons die hele uitspansel/gewelf insluit, is dit ongelooflik en asemrowend.
38) Jesaja 60:19 Die son sal bedags jou lig nie meer wees nie, en as glans sal die maan vir jou geen skynsel gee nie; maar die HERE sal vir jou wees`n ewige lig, en jou God sal jou sieraad wees. 20 Jou son sal nie meer ondergaan nie, en jou maan nie kleiner word nie; want die HERE sal vir jou wees `n ewige lig, en die dae van jou treurigheid is verby.
Kommentaar: Weereens word die maan voorgestel as `n liggewer, en weereens, word van die son gesê dat dit beweging op Aarde veroorsaak – hier onder gaan.
39) Jesaja 66:1 So sê die Here: Die hemel is my troon en DIE AARDE DIE VOETBANK van my voete. Waar is dan die huis wat julle vir my sal bou? En waar die plek waar my rusplek sal wees?
Kommentaar: Die Aarde is Yahuwah se voetbank. Lyk dit na `n voetbank wat ferm staan op vier pote, of lyk dit soos `n voortdurende bewegende bal?
40) Eseg. 1:22 En oor die hoofde van die wesens was iets in die vorm van `n uitspansel wat blink soos die wonderbare kristal, bo-oor hulle hoofde uitgesprei. 23 En onder die uitspansel heen was hulle vlerke reguit na mekaar uitgestrek; en elkeen het twee gehad wat duskant en anderkant hul liggame bedek het. 24 En as hulle gaan, het ek die geruis van hul vlerke gehoor soos die geruis van baie waters, soos die stem van die Almagtige - `n gedruis soos die gedruis van `n leer. As hulle staan, het hulle hul vlerke laat sak. 25 En daar het `n stem gekom bo van die uitspansel af wat oor hulle hoof was; as hulle staan, het hulle hul vlerke laat sak. 26 En bokant die uitspansel wat oor hulle hoof was, was iets wat soos saffiersteen gelyk het, in die gestalte van `n troon; en op die troongestalte `n gestalte wat soos `n mens gelyk het. 27 En ek sien toe iets soos blinkende metaal; van wat van sy lendene gelyk het boontoe soos vuur, rondom in `n omhulsel gevat; en wat van sy lendene gelyk het ondertoe, het ek iets gesien soos vuur met `n glans daaromheen. 28 Soos die gedaante van die boog wat in die wolk is op `n reëndag, en so het die glans rondom gelyk. So het die verskynsel van die heerlikheid van die HERE gelyk. En toe ek dit sien, het ek op my aangesig geval en die stem gehoor van Een wat spreek.
Kommentaar: Die uitspansel het soos kristal gelyk, en die vreemde wesens deur die teks beskryf was net daaronder. Eségiël kon hulle beide hoor en sien in sy visioen. Net bokant die uitspansel, kon Eségiël die troon sien en iemand wat soos `n mens lyk daarop.
41) Eség. 32:7 En as Ek jou uitblus, sal Ek die hemel oordek en sy sterre verdonker; Ek sal die son met wolke oordek, en die maan sal sy lig nie laat skyn nie. 8 Al die skynende ligte aan die hemel, dié sal Ek om jou ontwil duister maak, en Ek sal duisternis gee oor jou land, spreek die Heer Yahuwah.
Kommentaar: Weereens lees ons dat die maan sy lig het.
42) Dan. 4:10 Wat nou die gesigte van my hoof op my bed betref – ek het gesien, en kyk, daar was `n boom in die middel van die Aarde, en sy hoogte was groot. 11 Die boom het groot geword en sterk, en sy hoogte het tot aan die hemel gereik, sodat hy tot aan die einde van die hele Aarde sigbaar was. —20 Die boom wat u gesien het – wat groot en sterk geword het, en waarvan die hoogte tot aan die hemel gereik het en wat vir die hele Aarde sigbaar was, 21 en waarvan die blare mooi was en die vrugte baie gewees het, en waar voedsel vir alles aan was, waaronder die diere van die veld gehou en in die takke waarvan die voëls van die hemel gewoon het – 22 dit is u – o koning, wat groot en sterk geword het, wie se grootheid toegeneem het en reik aan die hemel en u heerskappy tot aan die einde van die Aarde.
Kommentaar: `n Boom op die Aarde, hoog genoeg om die hemel te bereik en sigbaar op die ganse Aarde? Sommige mag voorstel dat dit slegs `n droom is, en ons kan selfs in v. 22 lees dat die boom Koning Belsassar was, maar drome het nie nodig om onlogies te wees nie net omdat dit drome is nie. Dit sou meer sin maak vir `n goddelike droom om ietwat logies te wees en werk as `n redelike vergelyking met die koning. Daniël het verskeie ander drome en visioene gehad, en terwyl nie een van hulle daarom “werklikheid” was nie, het dit steeds volmaakte sin gemaak.
45) Joël 3:15 Die son en die maan word duister en die sterre trek hul glans in.
Kommentaar: Weereens word die maan beskryf as om haar eie lig te hê [selfs as dit net profetiese simboliek is].
46) Amos 5:26 en ook gedra Sakkut, julle koning, en Kewan, julle stergod wat julle vir julle gemaak het?
Kommentaar: Sterre kan afgode wees asof hulle mense is.
Gesig na bo?
47) Amos 9:6 Dit is Hy wat sy solders in die hemele bou en sy hemelgewelf bo die Aarde vestig, wat die waters van die see roep en dit uitgiet oor die Aardbodem, HERE is sy naam.
Amos 9:6 (NASB) Die Een wie Sy solders in die hemele gebou het En Sy gewelfde koepel oor die Aarde gevestig het —
Kommentaar: “Die Aardbodem/Gesig van die Aarde” kan `n sekere sy na bo aandui, en daar is verskeie verse wat praat omtrent die Aardbodem/Gesig van die Aarde. `n Troep of gewelfde koepel is oor die Aarde.
Van Moses was gesê dat hy van aangesig tot aangesig met Yahuwah gepraat het. (Ex. 33:11) Die woord panty (Strong`s 6440), wat hier as “gesig/aardbodem,” vertaal word kan ook vertaal word as “teenwoordigheid” of “om voor iemand te wees,” ens. En in v. 11, beklemtoon Moses dat hy “van aangesig tot aangesig met Yahuwah gespreek het soos met sy vriend”. Vriende wat met mekaar in gesprek is (moderne tegnieke uitgesluit) is in die dieselfde plek en gesels nie met mekaar rug teen rug nie. Wie langs mekaar sit, sou hulle hul gesigte na mekaar draai tydens die gesprek, wat probeer om “voor” die ander persoon te wees. Self hoewel Yahuwah en Moses van aangesig tot aangesig gepraat het in v. 20 was dit nie moontlik om Yahuwah se gesig te sien en steeds lewend te bly nie. “Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie.” Yahuwah kontrasteer homself nie, maar dit is moontlik dat Yahuwah se gesig ietwat verberg was vir Moses in hul gesprek teenoor mekaar tensy dit die manifestering van die Engel van die Here was. Hul posisie was steeds “voor mekaar” omdat hulle van aangesig tot aangesig gespreek het (wat voorkant na voorkant kan wees). In vers 23 is die probleem opgelos deur Yahuwah wat Moses toelaat om deel van sy (Yahuwah se) rug, eerder as sy gesig te sien. “En as Ek my hand wegneem, sal jy my van agter sien; maar my aangesig kan nie gesien word nie.” Dit is duidelik dat Yahuwah homself beskryf (ten minste in hierdie spesifieke verskyning) met `n rugkant en voorkant met `n gesig.
As ons dan praat van die “Aardbodem/aangesig van die Aarde,” blyk dit asof een spesifieke gedeelte van die Aarde beskryf word. Watter een kan dit op `n bal wees? Daar is geen kante op `n bol nie. Weereens het die plat Aarders nie nodig om te verandar wat die Bybel sê nie.
48) Jona 2:6 Ek het afgedaal tot by die grondslae van die berge, die grendels van die Aarde het my vir altyd ingesluit; maar U het my lewe uit die kuil opgetrek, Yahuwah my God.
Kommentaar: Jona vergelyk sy situasie binne die grense van die groot vis (die ingewande), met die grense van die Aarde – wat`n verwysing is na die grendels van die hemelgewelf van die Aarde en die buitenste kring.
49) Hab. 3:11 Die son, die maan bly in hulle woonplek by die lig van u pyle wat verbyskiet, by die glans van flikkerende spies
Kommentaar: Die son en die maan het stilgestaan. Kan ons verkies om dit nie te glo nie omdat dit nie `n sekere model pas nie?
50) Matt. 4:8 Weer neem die duiwel Hom saam na `n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid, 9 en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid
Kommentaar: Waarom is daar die behoefte om Yahushua na `n hoë berg op te neem as hy in elk geval nie meer as `n net klein area kan sien nie? In die plat Aarde model, indien Hy tot naby die uitspansel geneem was, sou Hy by magte wees om die hele Aarde te sien.
51) 1 Kor.15:41 Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster.
Kommentaar: Weer word gesinspeel dat die maan sy eie lig het.
52) Judas 13 Woeste golwe van die see wat hulle eie skandes laat opskuim, DWAALSTERRE vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word.
Kommentaar: Planete word nie in die Bybel genoem nie, maar sterre wel – insluitende dwaalsterre soos Venus.
58) Openbaring 20:8 En hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vierhoeke van die Aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog, en die getal is soos die sand van die see. 9 En hulle het opgekom oor die BREEDTE van die Aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van Yahuwah uit die hemel neergedaal en hulle verslind.
Kommentaar: “Die nasies wat in die vierhoeke van die Aarde is” kan `n manier wees om van “alle nasies” te praat, maar dit sluit nie die moontlikheid uit dat dit ook letterlik waar kan wees dat die nasies binne-in die vierhoeke van die Aarde is nie – veral as ons ook die inligting byvoeg dat daar vier engele sal wees wie staan op hierdie hoeke en die winde van die Aarde vashou. Die woord “breedte” hierbo, beskryf die oppervlak van die Aarde en nie net gedeeltes van die Aarde nie. Die woord is `n vertaling van die werkwoord πλάτος/platos (Strong’s 4114) en kan vertaal word as breedte of breë plat vlak. Die ooreenstemmende byvoeglike naamwoorde is πλατύς/platus (Strong’s 4116), wat gebruik kan word as `n beskrywing van `n straat, soos in Matt. 7:13 (plat en uitgestrek). Die korresponderende werkwoord is πλάσσω/plassó (Strong’s 4111), wat as vorm/gietstuk vertaal kan word. Die Franse woord “plateau” dui op `n gelyke deel (of byna gelyk) van die Aardoppervlak. Die Franse woord kom van platel, `n beskrywing van `n plat voorwerp, soos `n plaat. In Sweeds, is die woord vir “flat” “platt” (soortgelyk aan ander Germaanse tale).
Vergelyk met Efés. 3:18, “Wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is.” wat alle moontlike afmetinge insluit, waar “breedte” onmiddeik gevolg word deur “lengte,” wat `n natuurlike kontras tussen die woorde en afmetinge aandui
Vergelyk ook met Open. 21:16, wat te doene het met die afmetinge van die stad Jerusalem. Weereens word die breedte gekontrasteer met die lengte, en dit sou onmoontlik wees om poorte te meet en die mure op hierdie wyse tensy hulle plat was. Neem notisie “sy lengte was net so groot as sy breedte” en “sy lengte en breedte en hoogte was gelyk.”
Open. 21:15 En hy wat met my gespreek het, het `n goue meetroede gehad, om die stad en sy poorte en sy muur te meet. 16 En die stad het vierkantig gelê, en sy lengte was net so groot soos sy breedte. En hy het die stad met `n meetroede gemeet op duisend-vyfhonderd myl; sy lengte en breedte en hoogte was gelyk. 17 En hy het sy muur gemeet op honderd-vier-en-veertig el, volgens `n mens se maat, wat die maat van `n engel is.
***
Boonop, noem omtrent 35 verse elkeen die einde/eindes van die Aarde. Natuurlik is dit onmoontlik om enige “eindes” op `n bal te vind, en dit is net so onmoontlik om uit te redeneer watter kant van `n bal is “die gesig” (die voorkant of iets). Die bestaan van eindes en die gesig van die Aarde werk volmaak op `n plat Aarde model.
Satan se plan is om die skepping van Yahuwah te verduister van ons (om Yahuwah weg te steek), en hy is tevrede met die leerstellings van Ewolusie vermeng met biljoene jare binne-in `n heliosentriese model - wat Yahuwah verdwerg en ons belangrikheid in Sy skepping:
Johannes 3:12 As Ek julle van Aardse dinge vertel, en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?
Rom. 1:19 Omdat wat van Yahuwah geken kan word, in hulle geopenbaar is, want Yahuwah het dit aan hulle geopenbaar. 20 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie.
Hierdie is `n nie-WLC artikel deur Annika Björk. Hierdie artikel is verkort uit die volgende bron: https://bjorkbloggen.com/2018/10/20/list-of-bible-verses-that-show-a-flat-Earth-with-a-firmament/
Ons het uit die oorsronklike artikel alle paganistiese name van die Vader en Seun verwyder en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Boonop het ons in die Skrifte aangehaal die name van die Vader en Seun, soos hulle oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf was, herstel – WLC Span