Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutoos is, As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 in gedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester die waarheid meer as die lewe, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
In angs, het Yahushua vurig by Yahuwah gepleit soveel so dat sy sweet nes groot druppels bloed geword het. Nogtans het hy `n gebed van onderwerping geuiter:
Yahushua wou nie sterwe nie. Sy wil was om te lewe. Maar Yahuwah se wil het geseëvier.
|
Lukas 22:41-42 “En Hy het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver mens met `n klip kan gooi, en neergekniel en gebid en gesê: Vader, as U tog maar hierdie beker van my wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar U wil geskied!”
Yahushua wou nie sterf nie. Sy wil was om te lewe. Maar Yahuwah se wil het geseëvier.
Nie my wil nie, maar U wil geskied
Die tuin van Getsémané-verhaal is so bekend dat ons nie die gewig van Yahushua se stelling besef nie. “Nie my wil nie, maar U wil geskied” beteken dat Yahushua en Yahuwah die Vader twee verskillende wille het. Laat dit insink. Wat Yahuwah begeer het, het Yahushua nie. Hierdie teenstrydige wille verteenwoordig die probleem goed vir die leerstelling van die Drie-eenheid. As Yahushua Yahuwah is, hoe kan hy `n wil hê wat teenstrydig met Yahuwah s`n is? Met ander woorde, as God die Seun en God die Vader een wese is, nes ortodoksie dit stel, hoe kan hulle verskillende begeertes hê. Indien hulle waarlik “een” is soos Drie-eniges voorgee, hoe kan hulle verdeelde wille hê?
Die tuin van Getsémané is nie die enigste tyd dat Yahushua afgewyk het na die wil van die Vader nie. Hulle verhouding is gekenmerk deur Yahushua se voortdurende onderwerping:
Johannes 5:30 “Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat my gestuur het.”
Indien Yahushua God is kan ons verwag dat sy wil dieselfde sou wees as die wil van God wie hom gestuur het. Maar in hierdie gedeelte is `n duidelike onderskeid tussen die twee.
Yahushua se einste doel in die lewe was om, nie sy eie wil nie, maar die wil van Yahuwah te doen.
|
Yahushua se einste lewens doel was nie om sy wil, maar die wil van Yahuwah te doen.
Johannes 6:37-38 “Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom, en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie. 38 Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om My eie wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.
Die skrywer van Hebreërs maak dieselfde stelling: die Messias het gekom om Yahuwah se wil te doen.1
Hebreërs 10:7 “Toe het Ek gesê: Kyk Ek kom – in die boekrol is dit van My geskrywe – om U wil te doen, o God.’”
Yahushua uiter hierdie waarheid in nog `n ander wyse. As die agent van Yahuwah, was Yahushua se onderhoud om sy Vader se wil te doen en om Sy werk te volbring.
Johannes 4:31-34 En intussen het sy dissipels by hom aangedring en gesê: “Rabbi, eet.” 32Maar Hy sê vir hulle: “Ek het voedsel om te eet waar julle nie van weet nie. 33 Die dissipels sê toe vir mekaar: Het iemand dan vir Hom ete gebring? 34 Yahushua sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om Sy werk te volbring.
Neem notisie dat Yahushua nie sê “onse wil” of “onse werk,” nie, as ons verwag het hy sou sê indien hy lid van `n drie-enige God was. Let ook op dat Yahushua nie homself gestuur het nie maar gestuur was deur iemand anders. Indien Yahushua Yahuwah is, sou hy uit sy eie aandrang gekom het?
Aangaande verlossing, praat Yahushua in terme van die Vader se wil:
Johannes 6: “En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê, en Ek sal hom opwek in die laaste dag.”2
Boonop, gehoorsaamheid aan die Vader se wil verskaf toegang om in die koninkryk in te gaan. Geen sprake van Yahushua se wil of van die Heilige Gees s`n nie.
Mattheüs 7: “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
Ons word beskou as Yahushua se “familie” as ons die wil doen, nie die wil van die Drie-eenheid nie, maar van die Vader.
|
Boonop, word ons beskou as van Yahushua se “familie” as ons die wil, nie van die Drie-eenheid nie, maar van die Vader doen:
Matthéüs 12:50 “Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder.”
Kinders se verlossing word gesê die wil van die Vader is. Nie dat Yahushua dit ook self verlang nie, maar hy skryf dit aan die Vader toe.
Matthéüs 18:14 “So is dit nie die wil van julle Vader wie in die hemele is dat een van hierdie kleintjies verlore gaan nie.
Selfs die apostel Paulus het redding voorgestel as in wese die wil van Yahuwah, wie die Vader is:3
Galasiërs 1:3-5 Genade vir julle en vrede van Yahuwah onse Vader en die Here Yahushua Christus, 4 wat Homself gegee het vir ons sondes, sodat Hy ons kan uitred uit die teenwoordige bose wêreld, volgens die wil van onse God en Vader, 5 aan wie die heerlikheid toekom in alle ewigheid! Amen
Sommige mag redeneer dat Yahushua se wil van Yahuwah s`n verskil terwyl hy in sy sogenaamde menslike toestand was, wandelend in sy menslike natuur. Die probleem met hierdie teorie is dat dit nie deur die Skrifte ondersteun word nie. Ons word nooit vertel dat Yahushua twee nature of twee wille het nie. `n Gewilde Drie-enigheids apologeet staaf hierdie feit:
Die Bybel spreek die kwessie nie uitdruklik aan of Jesus Christus twee nature of net een het nie.4
Die rede dat die Bybel dit nie ophaal nie is omdat die konsep van Yahushua se sogenaamde twee nature (hipostatiese eenheid) nie ontwikkel was tot die vierde eeu nie.
|
Die rede waarom die Bybel dit nie aanspreek nie is oor die konsep van Yahushua se sogenaamde twee nature (hipostatiese eenheid) was nie ontwikkel tot met die vierde eeu nie. Verder was dit nie as “ortodoks” deur die Kerk Vaders beskou tot en met die vyfde eeu nie.5 teorie was die resultaat van die Kerk Vaders se pogings om `n probleem op te los wat opgeduik het toe gedink was dat Yahushua beide Yahuwah en mens was. Probleme soos: indien Yahushua Yahuwah is, waarom het hy `n anderste wil as Yahuwah die Vader? Hoe kan Yahushua sterwe as Yahuwah onsterflik is? Hoe kan Yahushua Yahuwah wees as hy nie die tyd van sy tweede koms ken nie? En so voorts. Hulle oplossing aan hierdie konundrum? Yahushua moes twee nature het alhoewel die Bybel dit nie leer nie.
Die beter antwoord, en die Bybelse een, as waarom Yahushua se wil verskil van Yahuwah s `n, is omdat Yahushua nie Yahuwah is nie. Maar, dat hy die menslike Messias is gestuur deur Yahuwah om die gevalle wêreld te verlos:
Handelinge 2:22-24 “Israeliete, luister na hierdie woorde: Yahushua die Nasaréner, `n man deur Yahuwah aangewys met kragte en tekens wat Yahuwah deur Hom onder julle gedoen het, soos julle ook self weet — 23 Hom, wat deur die bepaalde raad en voorkennis van Yahuwah oorgelewer is, het julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring; 24 “Hom het Yahuwah opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word.
Dit is die konsekwente boodskap regdeur die Skrifte en dit demonstreer die skoonheid en wonder van Yahushua se opoffering. Hy het sy eie begeertes weerstaan en nederig aan die wil van sy God en Vader toegegee. Oor hierdie rede, het Yahuwah hom verhef tot aan Sy regterhand en hom die hoogste naam gegee. Een dag sal elke knie voor hom buig en elke tong bely dat Yahushua Christus die Here is,6 tot verheerliking van Yahuwah die Vader 7
1 Die skrywer van Hebreërs haal Psalm 40:8-9 aan.
2 Yahuwah het aan Yahushua die mag gegee om die dode op te wek – Johannes 5:26-27, ens.
3 Yahuwah is die Vader: Johannes 8:41; 8:54; 1 Kor. 8:6, ens.
4 “Het Jesus Twee Nature?” Got Questions.org, toegang verkry 6-27-19
5 Raadssitting of Chalcedon, 451 AD.
6 Yahuwah het Yahushua Here en Christus gemaak – Handelinge 2:36.
7 Filippense 2:9-11.
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Bron: https://oneGodworship.com/not-my-will-but-yours-be-done/
Ons het al die paganistiese name van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun vervang soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is – WLC Span