Hierdie is `n nie -WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
Regverdigmaking kom altyd eerste wanneer die evangelie voorgestel word, soos aangedui in die boek van Romeine. Yahuwah gee egter Sy gawes met beide hande. Hy regverdig niemand wie Hy nie heilig nie. Net so, heilig Hy niemand wie Hy nie geregverdig het nie. Ons moet hierdie konsepte verenigd hou maar tog afsonderlik. Waarom moet hulle apart wees? Omdat u regverdiging volmaak is, terwyl u heiliging nooit volmaak is nie.
U sal nooit balans kan hou indien u op u vinger konsentreer nie; u moet weg kyk van u vinger. Wanneer `n skip in `n storm is, gooi dit nie haar anker in die ruim nie. Ooreenkomstig, as ek en u onsself ondersoek en gesentreerd raak met ons eie vooruitgang, sal ons nooit vorder nie. Dit is belangrik om heiligmaking en regverdigmaking bymekaar te hou, nogtans apart, want regverdigmaking is volmaak of u nou `n nuut bekeerde dronkaard is of `n pastoor van `n kerk vir 70 jaar.
U regverdigmaking verskil nie in die minste nie. U is 100% in die aangesig van Yahuwah. Regverdigmaking is perfek – toebedeel, toegereken, en in jou verslag geplaas. Dit is `n gawe, en dit is volmaak.
My heiligmaking is nooit volmaak in hierdie lewe nie. Heiligmaking merk die begin van `n lewenslange transformasie af. Dit is soos om agteruit te kruip oor gebreekte bottel-nek glase `n sentimeter op `n slag. Dit is wat die pad van heiligmaking is. Dit vereis kruisiging van die vlees en die opneem van die kruis. Wanneer Christus `n persoon roep, roep Hy daardie persoon om te kom en te sterf – daagliks van selfsug en die eie - ek.
Hierdie is `n nie-WLC artikel deur Dr. Desmond Ford.
Ons het al die paganistiese name van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun vervang soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is – WLC Span