. . . [D]ie posisie wat die Bybel inneem is duidelik: nie `n druppel alkohol word goedgekeur of aanbeveel nie. Spreuke 20:1 sê aan ons “die wyn is `n spotter en sterk drank `n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie.” `n Ander teks wat selfs duideliker is, is Spreuke 23:31, “Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk nie, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne gly nie: op die end byt dit soos `n slang en spuug gif uit soos `n basilisk.”
Luister nou, as die Nuwe Testament die gebruik van alkohol goedkeur, het ons `n kollosale teenstrydigheid tussen die Ou en die Nuwe Testamente. Maar, vriende die Nuwe leer nie anders as wat ons nou net gelees het nie. Die probleem kom met die gebruik van die woord “wyn” Dit is vertaal uit die Griekse woord “oihos” en dit kan óf gegis óf ongegis beteken, volgens die konteks daarvan. Maar omdat die Ou Testament duidelik die gebruik van gegiste wyn veroordeel, is die verse in die Nuwe Testament wat wyn goedkeur verwysend na die ongegiste sap van die druif.
Die Bybel sê, “Of julle dan eet of drink . . . , doen alles tot verheerliking van Yahuwah” (1 Korinthiërs 10:31). Van al die gewilde gifstowwe wat deur die moderne mens ingeneem word, is een wat veral dodelik en vernietigend is, alkohol. Verheerlik as `n simbool van `n goeie lewe, is dit, inderwaarheid, die mees beledigendste sosiale siekte bekend aan die beskawing. Geen wonder dat die Bybel verslag doen dat daar geen dronkaard in die hemel sal wees nie.
In hierdie dae van toegewings, het die meeste van die godsdienstige gemeenskappe hul houding teenoor sosiale drinkery verander. Van algehele onthouding neem hulle nou `n posisie van matigheid in. Wesenlik is dit dieselfde posisie wat brouerye inneem – geen dronkenskap nie. Maar is dit `n veilige houding om in te slaan teenoor alkoholiese drankies? Statistieke het bewys dat een uit elke tien wat begin om te drink, word óf alkoholiste óf probleem drinkers.
Die aanspraak word deur baie Christene gemaak dat die Bybel matige drinkery van alkohol goedkeur. Dit word grootliks gebaseer op die gebruik van die term “wyn” in die Skrifte. Maar die aanbevele wyn in die Bybel is nie alkohol nie. Die woord wyn word gebruik vir of gegiste of ongegiste drank. Yahuwah sê: “Soos wanneer iemand mos vind in `n tros druiwe en sê: Verniel dit nie, want daar is `n seën in – sal Ek doen terwille van My knegte, om nie alles te verniel nie.” (Jesaja 65:8).
Die wyn in die tros moet die vars sap van die wingerd wees. Dit is die enigste soort waarvan Yahuwah praat wat `n seëning in hom het. Daar is geen seën in die bedwelmende, uitgesuipte bottel gegiste gif nie. Inspirasie sê: “Die wyn is `n spotter, sterk drank `n lawaaimaker: en elkeen wat daardeur bedwelm raak, is nie wys nie.” (Spreuke 20:1). “Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne gly nie: op die end byt dit soos `n slang en spuug gif uit soos `n basilisk.” (Spreuke 23:31, 32).
Het Yahushua teenstrydig met die Ou Testament gehandel en die water in alkoholiese wyn verander? Dit is ondenkbaar dat Hy so sal maak. Hy het die woord van Yahuwah gehoorsaam. Die wyn wat Hy geskep het was die ongegiste soort. Ons het vandag die kennis van die eintlike fisiologiese effekte wat alkohol op die liggaam het. Navorsing het bewys dat beskonkenheid veroorsaak is deur `n proses wat die brein van suurstof beroof. Hierdie verlies vernietig die breinselle, affekteer, uiteindelik die redenasievermoëns van bewustelike denke. Sal Yahushua, die Skepper van die liggaam, iets goedkeur wat die morele verbod verswak, die mag van effektiewe besluite verminder, en uiteindelik die liggaamstempel van die Heilige Gees vernietig? Nooit.
Deur: Joe Crews
Ons
het alle paganistiese name van die Vader en Seun soos dit in die oorspronklike
artikel verskyn, verwyder, en dit vervang met die oorspronklik gegewe name.
Boonop het ons die name van die Vader en Seun uit die Skrifte aangehaal, herstel,
soos dit oorspronklik geskryf is deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel.
– WLK Span
Verwante Inhoud: