Afvallige Kerke! Identifisering van die Gevalle Vyande van die Ware Ekklesia
Ondersoek na die ware Ekklesia. . .
Daar is deesdae duisende kerke in die wêreld, en almal maak daarop aanspraak dat hulle die ware geloof in Yahushua voorstel. Sommige van hulle maak daarop aanspraak dat hulle, en geen ander een die ware ekklesia is, en almal wie nie tot hulle toegee nie, sal verlore wees. Dit blyk `n ontmoedigende en onmoontlike taak te wees om te identifiseer watter een, as daar enige is, die ware ekklesia van Yahuwah is.
Maandelange ondersoek is nodig om `n doeltreffende evaluasie van selfs net een van hierdie denominasies te maak. Selfs as dit gedoen was, staan die kwessie steeds onopgelos of die evaluasie op `n ferme fondament rus. `n Ervare navorser weet alte goed dat op een tyd sal sy persoonlike maatstaf hom in guns bring met een denominasie en op `n ander tyd in die guns van `n ander. Dus kan navorsing alleen nie `n defnitiewe antwoord verskaf nie.
Dit lyk asof die Bybel `n objektiewe en regverdige maatstaf is waarmee geoordeel moet word hoe goed die kerke doen. Maar in die praktyk, is dit `n wedloop teen `n werklike probleem. Eerstens is die Bybel só omvangryk, dat dit meer werk vereis as wat moontlik is om die verskeie kerke te evalueer. Tweedens, die maatstawe wat enige persoon of komitee mag instel op grond van die Bybel is duidelik maar net subjektief. Die Bybel is vatbaar aan baie vertolkinge, en elkeen sal sy eie idee hê wat van belang is en wat daarmee bedoel is. Ons kan ons maar net indink aan die duisende “Bybelse” maatstawe van evaluasie wat `n uitvloeisel daarvan sal wees.
Die oplossing is eenvoudig maar net om daardie dele van die Bybel wat die hoogste aansprake gee om die openbaarde wil van Yahuwah te wees, te neem as `n omvattende uitdrukking wat van die mensdom verwag word om te glo en te doen. Op díe wyse, sal `n bondige maar veelomvattende maatstaf ingestel word sonder om vakgebonde aspekte bekend te stel. Die Dekaloog is die enigste teks wat daarop kan aanspraak maak dat dit deur Yahuwah direk uitgespreek is, sonder `n profeet, engel, droom of visioen, en in die publiek met `n ontsagtlike skare mense van alle nasies. Van hulle word getuig dat hulle uit die grootste metropool van die menslike beskawing van daardie tyd gekom het. Op die minste het hulle oor die twee miljoen persone getel wat die menslike ras van daardie tyd verteenwoordig het. Geen ander teks van die klasieke godsdienstige boeke in die ganse wêreld maak dieselfde aansprake vir objektiewe openbaring nie. Of ons nou die verhaal as opreg beskou of nie, is die teks uniek in sy aansprake, en daarom die beste maatstaf wat ons het om die kerke te evalueer.
Nog `n kwessie wat die gebruik van die Dekaloog as `n gereedskapstuk vir vinnige en sekerlike evaluasie kan maak is die feit dat die meerderheid Christelikes die gesag van die Dekaloog erken. Dit is waar dat `n paar stemme dit teenstaan. Maar die oorgrote meerderheid van diegene wie aanvoer dat hulle Christene is behoort aan denominasies wat nie net die gesag van die Dekaloog erken nie, maar die Dekaloog wel `n prominente plek in hulle kategismes gee, hulle boeke wat gepubliseer is om hulle geloof te leer. Sulke Dekaloog-gebaseerde kategismes bestaan vandag in die Rooms- Katolieke, Ortodokse, Lutheraanse, Hervormde, Anglikaanse, Metodiste, en Presbiteriaanse gemeenskappe om maar net `n paar te noem, en die denominasies wat die ontsaglike meerderheid uit maak van die Christen populasie in hulle kiesafdeling.
Dit is gelykertyd regverdig en objektief om die kerke en denominasies te evalueer op die grondslag van die Dekaloog. Die Dekaloog sal voldoende wees om te wys of `n denominasie afvallig is of nie. Daar mag beslis aspekte van `n denominasie wees wat sy gevalle karakter uitwys wat nie verskyn deur net die ondersoek van die kwessies opgenoem in die Dekaloog nie. Daar mag onregverdige laste wees wat die denominasie op hulle lede afdwing in die vorme van geloofsoortuiginge en gewoontes wat nie in die Dekaloog genoem word nie. Met ander woorde, die Dekaloog mag nie die mate van hoe ver `n denominasie afvallig is, verklaar nie, maar as dit hulle as afvallig verklaar, is hulle definitief gevalle.
Uit `n praktiese oogpunt, is net drie gebooie afdoende bewys:
- Jy mag geen ander elohim voor My aangesig hê nie.
- Gedenk die Sabbat dag dat jy dit heilig.
- Jy mag nie doodslaan nie.
Daar is nie `n enkele kerk of denominasie wat selfs al drie hiervan ondersteun nie, om nie eens te praat van die tien nie.
Het die Rooms Katolieke Kerk Geval?
Om regverdig te wees, laat ons die Rooms Katolieke Kerk onder die soeklig plaas deur hulle eie weergawe van die Tien Gebooie in Exodus 20 van hulle Douay-Rheims Vertaling van 1899.
(Ex. 20:1) En Yahuwah het al hierdie woorde gespreek:
(Ex. 20: 2) Ek is Yahuwah julle Eloah, wie julle uit Egipteland, uit die huis van slawerny uitgelei het.
(Ex. 20: 3) Julle mag nie vreemde Elohim voor my hê nie.
(Ex. 20: 4) Jy mag vir jou geen gesnede beeld maak nie, ook nie iets wat in die hemel daarbo is nie, of op die aarde hier onder nie, ook nie van daardie dinge wat onder die water onder die aarde is nie.
(Ex. 20: 5) Jy mag hulle nie vereer, en ook nie dien nie: Ek is Yahuwah jou Eloah, magtig, jaloers, wat die sondes van die vaders besoek op die kinders, tot in die derde en vierde geslag van die wat my haat:
(Ex. 20: 6) En ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat my liefhet , en my gebooie onderhou.
(Ex. 20: 7) Jy mag nie die naam van jou Eloah ydellik gebruik nie: want Yahuwah sal hom wat sy naam ydellik gebruik nie ongestraf laat bly nie.
(Ex. 20: 8) Gedenk die sabbat dag dat jy dit heilig hou.
(Ex. 20: 9) Ses dae sal jy arbei en al jou werk doen.
(Ex. 20: 10) Maar op die sewende dag is die sabbat van Yahuwah jou Elohim: dan mag jy geen werk doen nie – jy of jou seun, of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou os, of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.
(Ex. 20: 11) Want in ses dae het Yahuwah die hemel en die aarde gemaak en die see, en alles wat in hulle is, en op die sewende dag gerus: daarom het Yahuwah die sewende dag geseën en dit geheilig.
(Ex. 20: 12) Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word, wat Yahuwah jou Eloah aan jou gegee het.
(Ex. 20: 13) Jy mag nie doodslaan nie.
(Ex. 20:14) Jy mag nie egbreek pleeg nie.
(Ex. 20: 15) Jy mag nie steel nie.
(Ex. 20:16) Jy mag nie valse getuienis teen jou naaste spreek nie.
(Ex. 20: 17) Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie, óf sy vrou, óf sy dienskneg, of sy diensmaagd, of sy os, of sy esel, of enigiets wat aan jou naaste behoort nie.
Verse 2 en 3 verwys na Yahuwah deur die byvoeglike naamwoorde “Ek” en “my”. Dit is `n akkurate spieëlbeeld van die oorspronklike Hebreeus. Die woorde is in hulle enkelvoudsvorm. Wanneer meer as een persoon ingesluit word, gebruik ons ook die byvoeglike naamwoorde “ons” of hulle ooreenstemmende woorde in ander tale. Dit sal verbasend, eienaardig en hoogs ongewoon wees selfs vir `n kommitee van drie om die woorde “ek” en “my” in plaas van “ons” te gebruik. Die teks stel “Yahuwah jou Eloah” as `n enkel persoon voor. As die Rooms Katolieke Kerk, of enigiemand anders, of die bestaan van hierdie Een Eloah Almagtige verwerp wie hierdie woorde hier praat volgens die teks, of Hom uit maak as `n meervoudige persoon, dit is meer as een, wat `n ander een is as die enkele spreker hier, dan faal dit die eerste toets in hierdie maatstaf. Dit in homself is genoeg om die kerk of die denominasie as afvallig te klassifiseer.
Slaag die Roomse Kerk die eerste toets? Kom ons kyk. Drie aanhalings uit menigte van dieselfde soort in die Rooms Katolieke Kategismes sal genoegsaam wees.
Artikel 249: “Vanaf die begin, was die verklaarde waarheid van die Heilige Drie-Eenheid aan die werklike oorsprong van die Kerk se lewende geloof,. . .”
Artikel 258: “Die ganse goddelike instelling is die gewone werk van die drie geestelike persone....”
Artikel 266: Dit is nou die Katolieke geloof: Ons aanbid een God in die Drie-Enigheid en die Drie –Enigheid in eenheid, sonder beide om die persoon te verwar of om die wese te verdeel; want die persoon van die Vader is een, die Seun s`n `n ander, die Heilige Gees `n ander; maar die Godheid van die Vader, Seun, en die Heilige Gees is een, die heerlikheid gelyk, hulle majesteit gemeenskaplik vir ewig.” (Athanasian Geloofsbelydenis: DS 75; ND 16).
Deur hierdie leerstelling plaas die Rooms Katolieke Kerk haarself bloot aan die konflik situasie met die maatstaf van die Dekaloog en bewys haarself as `n afvallige kerk. Daar is geen meer bewyse nodig as dit nie.
Maar laat ons verder gaan, Verse 4 en 5 verbied die maak, verafgoding en beelde aanbidding. Slaag die Rooms Katolieke Kerk die tweede toets?
Artikel 2132: Die Christelike verering van beelde is nie in teenstelling met die eerste gebod wat afgode veroordeel nie. As`t ware, ‘die aanbidding wat verleen word aan beelde gaan oor na die model daarvan’ en ‘wat ookal `n beeld verheerlik, verheerlik die persoon wat daarin uitgebeeld word.’ Die eer wat aan heilige beelde gegee word is `n ‘eervolle verheerliking, ’ nie die verheerliking aan God alleen nie: Godsdienstige aanbidding is nie opgedra aan beelde as sulks nie, beskou as net dinge, maar onder hulle onderskeie aspekte as beelde wat ons lei na `n vleesgeworde God. Die beweging na die beeld eindig nie in die afbeelding nie, maar neig daarna tot wie se afbeelding dit is.”
Nes die leerstelling van die Drie-enigheid daarop uit is om die eenheid van Yahushua te behou, terwyl dit `n paganistiese, Drie-enige siening voorstel, is hierdie beginsel daarop uit om die gebruik van beelde in godsdiensbeoefening te regverdig deur die aanspraak dat hierdie aanbidding tot “God” gerig is en nie aan die beeld self nie. Hoewel dit verseker die waarheid is, blyk dit, dat hierdie gerusstellende aanmatiging nie die spesifieke vereistes van die gebod in ag neem om nie “te maak, vereer, dien” nie. Selfs as die Katolieke argument aanvaar word, lê die praktyk iewers in die ongedefinieerde area in die woord “vereer”. Ten minste is die helfte van die gebod oortree.
Weeg die Rooms Katolieke Kerk op teen die idee van vers 7?
Artikel 2143: Onder al die woorde van Openbaring , is daar een wat uniek is: die bekende naam van God. God maak Sy naam aan hulle bekend wie in Hom glo; Hy openbaar Homself aan hulle in Sy persoonlike verborgenheid. Die gawe van `n naam lê in die mag van vertroue en intimiteit. ‘Die naam van die Here is heilig.’ Om hierdie rede mag die mens dit nie misbruik nie. Hy moet dit in sy gedagte hou, in stille, liefdevolle verering. Hy sal dit nie in sy eie gesprekke voorstel behalwe om te seën, te loof, en dit te verheerlik nie.
Hierdie uitdrukking blyk om aan die gebod geheg te wees. Hulle wie die gebod interpreter om `n eed in sy geheel te verbied, sal fout vind met Artikel 2154.
Artikel 2154: Deur die heilige Sint Paul te volg, het die tradisie van die kerk Jesus se woorde verstaan dat dit die eedswering uitsluit wat vir ernstige en regte redes gemaak word (byvoorbeeld, in die hof). `n Eed, wat die aanroeping van die geestelike naam as `n getuienis tot die waarheid is, kan nie gemaak word tensy in waarheid, in oordeel en in regssake nie.’”
En in dieselfde kenteken is daar `n fout in Artikel 2155.
Artikel 2155: Die heiligheid van die geestelike naam berus daarop dat ons dit nooit gebruik vir nietige sake nie, nóg om `n eed te sweer wat op die grondslag van omstandighede interpreteer kan word as toestemming van `n gesag wat dit onwederregtelik vereis. Wanneer `n eed vereis word deur ongeregmatige burgerlike gesaghebbendes, mag dit geweier word. Dit moet geweier word as dit doelwitte vereis in teenstelling met die menswaardigheid van persone of aan `n ekklesiastiese gemeenskap.”
Dit is onse seining dat die Rooms Katolieke Kerk korrek is in hulle interpretasie van die wet dat eedswering mag plaasvind. Maar daar bestaan die bekommernis dat die waardigheid van die kerk bo die wet geplaas kan word. Hierdie artikel sal byvoorbeeld keer dat `n persoon onder eed getuienis verskaf teen `n priester wat pedofiel-misdrywe pleeg. Dalk maak die kerk uitsondering in die geval, dit maak so oor outoriteit wat bó moraliteit geplaas word, en dít is onaanvaarbaar.
Indien vers sewe dubbelsinnig is, sodat ons die voordeel van die twyfel aan die Kerk van Rome moet gee, is verse 8-11 nie. Die Roomse Kerk stel haar duidelik op in slagorde teen die letterlike betekenis van die praktyk van die Sabbats gebod deur die instelling van Sondag.
Artikel 2175: “Sondag is uitdruklik onderskei van die sabbat wat dit elke week kronologies opvolg; vir die Christene vervang die seremoniële onderhouding daarvan die sabbat. In die Pasga van Christus, vervul Sondag die geestelike waarheid van die Joodse sabbat en kondig die mens se ewige rus in God aan. Want aanbidding onder die Wet, voorberei vir die verborgenheid van Christus, en wat daar gedoen was, is `n voorafskaduwing van sommige aspekte van Christus: Diegene wie geleef het volgens die ou orde van dinge het tot `n nuwe hoop gekom, om nie langer die sabbat te hou nie, maar die Dag van die Here, waarin ons lewens geseën is deur hom en sy dood.”
Selfs as ons die eintlike irrasionele gekibbel aangaande die kwessie van die Drie-enigheid aanvaar, die rasionele gekibbel oor die kwessie van beelde, en die enigsindse verdagte interpretasie van die gee van ede, is die houding aangaande die Sabbat só vyandelik aan die duidelike indruk van die teks dat dít bewys lewer dat die Rooms Katolieke Kerk inderdaad afvallig is.
Terwyl dit teen hierdie punt nie nodig is om verder te gaan in die ondersoek nie, moet dit uit gewys word dat vir die meeste gedeelte die Rooms Katolieke Kerk die res van die gebooie onderhou. Daar is `n poging om sy outoriteit te versterk deur die betekenis van die verering van ouers. Daar is die ontwikkeling van die konsep van regverdige oorlogvoering, maar dit is só omskryf in teorie, dat die bedryf daarvan verhoed moet word. As die aangetekende posisie van die Kerk aanvaarbaar is in alle punte, bly dit steeds afvallig volgens die maatstawe van die eenheid van Yahuwah en die Sabbat, deur dit te vervang met die Drie-Enigheid en Sondag.
Daar is verseker beide versagtende omstandighede en veroordelendes wat ons nie ondersoek het nie. Maar die maatstaf deur ons gevolg wys onomwonde dat die Kerk van Rome afvallig is.
Wat Van die Ortodokse Kerk?
Op die oomblik blyk dit te wees dat daar geen enkele, goedgekeurde Engelse vertaling van die Bybel in die Ortodokse Kerk bestaan nie. Die Ortodokse Kerk baseer sy Bybel op die LXX in Grieks. Terwyl die LXX dikwels verskil van die Hebreeuse Bybel en gevolglik van die Engelse King James Vertaling, blyk dit dat die tien gebooie baie stabiel is. Die enigste verskil van moontlike onderskeidenheid blyk die feit te wees dat die woord Sabbat in vers 8 meervoudig in die LXX is. Hoewel dit die teks aan interpretasies geredeliker insluitende die jaarlikse feeste ooplaat, is dit nie noodwendig `n swakheid nie.
Die eerste sin in die Ortodokse Kategisme (http://orthodoxcathechism.org/), onder die artikel Die Heilige Drie-Eenheid lui soos volg:
“Ons glo in een God. Hierdie God is `n drie-enigheid. Wat beteken dat God drie persone insluit; die Vader, die Seun, en die Heilige Gees.”
Dit moet genoeg wees om te bewys dat die Ortodokse Kerk afvallig is.
Die LXX gebruik die Griekse woord in vers 5 wat spesifieker is as die Douay-Rheims weergawe, en met dieselfde kenteken val die Ortodokse tradisie terug op die mate van afgodery soos gevind in die Roomse Kerk.
“ Die waarheid wat hierbo uitgedruk word, wat in die Christendom verklaar word, vorm die grondlegging van die Christelike beeldende kunste. Die afbeelding (of ikoon) kontrasteer nie net die wese van Christendom nie, maar verbind sonder mislukking daarmee; en dit is die grondbeginsel van die tradisie wat van die einste begin die Goeie Nuus was wat aan die wêreld gebring was deur die Kerk beide in die woord en afbeelding.
“Sint Johannes van Damaskus, `n agtste eeuse Vader van die Kerk, wie in die bloei tydperk van die ikonoklastiese (anti-ikoon) stryd in die Kerk, verduidelik, want omdat die woord van God vlees geword het (Johannes 1: 14), is ons nie langer in ons kinderjare nie; ons het groot geword, van God is ons die mag van diskriminasie gegee en ons weet wat kan beskrywe en wat onbeskryfbaar is. Sedert die Tweede Persoon van die Heilige Drie-Eenheid in die vlees aan ons verskyn het, kan ons hom afskilder en herproduseer vir nadenking, Hy Wie minsaam geword het om sigbaar te wees. Ons kan met vrymoedigheid God die Onsigbare voorstel – nie as `n indiwiduele wese nie, maar as een Wie Homself sigbaar gemaak het vir ons onthalwe en, deur deelagtig te word in ons vlees en bloed.
Heilige ikone het sy aan sy ontwikkel met die Geestelike Dienste, en nes die Dienste, het dit die leerstelling van die Kerk in samewerking met die woord van die Heilige Skrifte uitgebeeld. Deur die leerstelling van die 7de Ekumeniese Raadsitting te volg, word die ikoon nie net as nog `n kunsvorm gesien nie, maar dat daar `n algehele korrespondens van die ikoon aan die Heilige Skrifte te vinde is, ‘want as die Ikoon deur die Heilige Skrifte uitgebeeld word,word die Heilige Skrifte onweerlegbaar verduidelik deur die Ikoon’” (Acts of the 7th Ecumenical Council, 6). http://www.ocf.org/OrthodoxPage/reading/catechism.html
Die Ortodokse stelling verskil van die Rooms Katolieke s`n in die verbod van gemaakte of drie-dimensionele afbeeldinge volgens die gebod. Die teologiese konsep van die twee-dimensionele afbeeldinge verskil ook maar effens. `n Algehele parallel word getrek tussen die ikoon of beeltenis en die Woord van openbaring, waar beide gesien word as `n gelykmatige leersame outoriteit. In hierdie en in so baie aangeleenthede, neem Rome `n addisionele stap vorentoe in afvalligheid, vér verby die van ander kerke. Ons is beginsel getrou in die aanspraak dat Rome afgodies is in haar gebruik van afbeeldinge, terwyl die Ortodokses nie is nie. Maar deur `n strenger beskouing van verse 4 en 5, kan beide as afgodery beskou word.
In die geval van vers 7, kom dit voor dat Ortodoksie opweeg teen die vereistes van die gebod. Maar in verband met die Sabbat, skiet Ortodoksie te kort. Alhoewel dit nie die Sabbat met Sondag vervang nie, vernalatig dit grotendeels die Sabbat, behalwe een keer per jaar.
“Op Groot en Heilige Saterdag herdenk die Kerk die verborgenheid van die Heer se afdaling in Hades, die plek van die dode.” (http://lent.goarch.org/holy saturday/learn/)
In die Roomse tradisie word Heilige Saterdag ook gevier, maar sonder die erkenning dat dit die Sabbat is.
Vir die meerderheid van die tyd, ondersteun Ortodoksie die gebooie. Dit skiet ook te kort as `n getuie teen die neem van `n lewe tydens oorlog. As mens op die praktyk konsentreer, is beide die Roomse kerk en die Ortodokse kerk gebrekkig in die uitgangspunt van die neem van `n lewe. Die Katolieke plundertogte in die Tweede Wêreldoorlog, wat deur die Kroatiese Katolieke gepleeg is met die instemmende seëninge van die Kerk was die agtergrond vir die onlangse Ortodokse weerwraak in Bosnië, weerwraak wat die wêreld skerp veroordeel het. `n Ernstige oorweging van die gebod aan albei kante sou lewens gespaar het. Maar nie een kerk het die morele mag nog die teologiese insig van die gebod om uit te styg bo die uitdaging om sy konstitusie te beïnvloed, gebruik nie. Die Ortodokses, misluk soveel as die Roomse in die gebod, Jy mag nie doodslaan nie.
Hoewel Ortodoksie nie op dieselfde vlak van rebellie is teen Yahuwah as die Roomse Kerk nie, wys sy aanhang aan die Drie-enigheid en haar verontagsaming van die Sabbat dat sy `n gevalle kerk is.
Die Koptiese Kerk verskil van die Ortodoksie hoofsaaklik in die Monofysiete kwessie. Die Ortodoksie glo dat die Seun van Yahuwah twee nature het, een geestelik en die ander menslik. Die Monofysiete posisie is dat daar slegs een natuur is, om beide geestelik en menslik te wees. In die praktyk het dit tot die klem gelei van Yahushua as Eloah liewers as menslik.
Die Ethiopiese Kerk verskil van Ortodoksie in die onderhouding van die sewende-dag Sabbat. Al die historiese vorme van die Oosterse Christenheid het `n vorm van die Drie-enigheid. Dit is ook waar van die Ethiopiese Kerk, wie ook Monofysiet is. Gevolglik, soos beskou deur die maatstaf van die tien gebooie, is al die antieke, historiese kerke afvallig weens hul afgodery. Almal neem die paganistiese Drie-enigheid aan. Sommige meer as anders verbind hulle in hoogs verdagte beelde aanbidding. Almal behalwe die Ethiopiese Kerk vernalatig, die Sabbat en die Rooms Katolieke Kerk verplaas die Sabbat met Sondag. Hoe duidelik is dit dat almal gevalle is! Numeries maak hierdie kerke die oorgrootte meerderheid van die hedendaagse Christendom uit.
Ander Nasionale Kerke
Geoordeel op die grondslag van die tien gebooie, is die Anglikaanse, Lutheraanse, en die Hervormde kerke almal gevalle kerke. Hulle almal is aanhangers van die Drie-enigheid, hulle almal ontken die verpligting om die Sabbat te onderhou, en almal van hulle dien as Staats Kerke en ondersteun militêre optredes wanneer hulle dit as regverdig sien, en dus sodoende die gebod, Jy mag nie doodslaan nie, oortree. Om `n lid van só `n kerk te wees is om deelagtig te wees aan daardie sondes. Om by voorbeeld deel te bly van die Lutheraanse kerk, is om deelagtig te wees aan die skuld van Lutheraanse hulp aan Hitler se oorlogsmisdade teen die mensdom en om bloed op mens se hande te hê. “En ek het `n ander stem uit die hemel hoor sê, kom uit haar uit, My volk sodat jy nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.” (Openbaring 18:4)
In artikel 85 van Die Groot Kategisme, spreek die Lutherane hulle sterker uit teen die Sabbat as wat die Roomse dit doen, omdat hulle die onderhouding van die Sabbat van die skepping die “ onordelikheid deur onnodige afwyking” noem.
“Maar sedert die ou Sondag [die Dag van die Here] wat vir hierdie doel aangestel was, moet ons ook op dieselfde wyse voortgaan, sodat elke ding in harmonieuse orde geskied, en dat niemand wanorde skep deur onnodige afwyking nie.”
Hoe enigiemand die Sabbat as `n afwyking en Sondag as waardig beskou, net ná die verslag dat die Sabbat van krag was in die Ou Testament en dat Sondag veronderstel was om voorgestel te wees ná die Nuwe Testament, oorskry die perke van aanvaarbaarheid vir die regdenkende menslike verstand.
Terwyl die kategisme terselfdertyd die duidelike woorde van die gebod verontagsaam, voeg dit nog sy eie laste by. Die betekenis van die Sabbat is nie om van arbeid te rus nie, maar om na die priester te luister en hom te gehoorsaam! Die algehele leerstelling in die Klein Kategisme is hiernatoe verlaag:
“Ons sal god vrees en liefhê sodat ons nie preke en Sy Woord verag nie, maar dit as heilig hou, en dit gewilliglik aanhoor en dit leer.”
Dus is Sabbat-onderhouding, se misplasing na Sondag, om na die Lutherse kerk te gaan, en met blydskap dit aan te hoor en te leer.”
In kwessie 103 van die Hervormde Heidelbergse Kategisme, liefs as om die duidelike belanghebbendheid van die Sabbat as `n rusdag te erken, verkies hulle dit as `n middel om hulle opinie aangaande die onderhewigheid van `n vrou uit te druk, deur onder die Sabbat die volgende teksverse aan te haal.”
“1 Tim. 2:3 Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser; 1Tim. 2:8 Ek wil dan hê dat die manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis. 1 Tim. 2:9 So ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels, of goud of pêrels of kosbare klere nie, 1 Tim. 2:10 maar soos dit vroue betaam met goeie werke. 1 Tim. 2:11 Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid.”
Hoe die Sabbatsgebod, wat die onderdanigheid van die manlik en die vroulik lys, maar nooit die vrou nie, die onderdanigheid van die vrou afdwing, is moeilik om redelike insig daarin te sien. Tog kan die Hervormde Kerke so maak, terwyl hulle die einste woord van die gebod ontken.
Die nasionale kerke het selfs verder as Rome geval, daarin dat hulle verbonde aan nasionale leërmagte as patriote is. Die Hervormde of Presbiteriaanse kerke het vir verskeie eeue Sondag opgehef in `n hoër mate as wat die Pousdom het, en in hierdie aspek het hulle `n dieper afvalligheid verteenwoordig. Hulle almal was betrokke in vervolging. Vóór die Hervorming was daar baie lae-profiel Sabbathoudende Christen groepe in Europa. In die areas waar Lutheranisme veld gewen het, was die eerste aksie om hierdie groepe uit te wis. Die Sabbatariërs in Sicilië, Swede, Finland, en Noorweë was tot die laaste persoon dood gemaak.
Drie gebooie is genoegsaam om te wys dat al die amptelike Christen instellings geval het. Daar is menigte duisende geloofsgebaseerde denominasies, en dit is onmoontlik om selfs almal van hulle op te noem. Van hulle vorm die Baptiste en die Metodiste die meerderheid, en hulle faal in al drie gebooie met `n paar uitsonderings van geringe nie-geweldadige of Sabbatariese groepe. Tussen hulle, is nie een getrou aan al drie proef gebooie nie, om nie eens te praat van al tien nie.
Die verwarrende massa geringe denominasies wat wedywer vir aandag kan gedegradeer word aan die eenvoudige vuurproef van die drie toets gebooie. Nie een van hulle hou aan aldrie vas nie. Sewende-dag Adventiste aanvaar die Drie-enigheid en oortree dus die eerste gebod. Hulle kompromiteer ook die gebod om nie dood te slaan nie, wie soms groter deelname in die militêre veld waag as wat selfs hulle regering op hulle sou afdwing. Een van die sigbaarste voorbeelde is dit van die Adventiste kerk in Duitsland in die Eerste en Tweede Wêreldoorloë. (SDA`s het ook die toenemende lig aangaande die Sabbat verwerp, (Herbegraafde Skatte: SDA`s en die Sewende Dag Sabbat) Die Jehowah se getuies faal op die Sabbat gebod, ten spyte van hulle loflike getuigskrifte teenoor die ander. Mormone misluk op al drie, met hulle meervoudige gode sisteem wat een van die verbassende dinge is wat die Christendom ooit geskep het.
Die getal denominasies wat die-gebooie toets slaag is in die minderheid, as enige ooit bestaan, dat hulle deur enigeen geëvalueer kan word in `n mate van diepte en deur die Bybel verklaar word dat hulle afvallige kerke is. Babilon het inderdaad geval. Met trane van liefde, roep Yahushua Sy eie uit die verwarring van die denominasies tot gehoorsaamheid aan Hom.