|
Hierdie is `n nie -WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |

Indien jy die boodskap van Romeine verstaan, sal ons vervul word met alle vreugde en vrede in geloof daarin, en een rede hiervoor is dat ons die laaste uitslag van die oordeel in ons sak het. Dit is nie sleg nie.
Dit is wat die woord ‘regverdigmaking’ beteken. Dit beteken dat jy die uitslag van die laaste oordeel nou het. Regverdigmaking beteken nie om ons regverdig van binne en buite te maak nie. As jy eers uit die doop bad geklim het, sal jy steeds swak humeur, lis, vraatsug, woede, en al die res moet teenstaan. Regverdigmaking beteken nie om ons intern regverdig te maak nie; dit beteken om ons regverdig te verklaar.
Onthou hierdie gewilde woorde van die Christen is simul iustus et pecattor – gelyktydig regverdig en `n sondaar. In onsself, altyd `n sondaar; in Christus, altyd regverdig. Dit is die goeie nuus, dat ek regverdig is in Christus met al my foute en mislukkings, selfs as ek `n onvolmaakte man, vader, prediker, onvolmaakte enigiets is, behalwe dat ek `n perfekte sondaar is.
Ek word as regverdig beskou, en ek kan nooit verlore wees deur na Yahushua te kyk nie.
Maar, tenspyte van dit alles, omdat ek Christus gevind het en my rug op die ou lewe gedraai het en tenspyte van my struikelinge, word ek as regverdig beskou en kan ek nooit verlore raak terwyl ek na Yahushua kyk nie, tenspyte van `n duisend valle `n dag.
Die Christen haat sonde, vlug van sonde, en aanskou Yahushua, maar daar is steeds baie struikelblokke, liewe vriend. Vergelyk eendag die beskrywing van die Christen in John Bunyan se boek, Pelgrim se Reise, met wat jy lees in vele godsdienstige materiaal verkoop in die boekwinkels. Die boekwinkels sal jou vertel wanneer jy eenmaal `n Christen geword het, is daar geen probleme meer nie; alles is opgelos, jy het nie meer nodig om versoekings te weerstaan nie, jy het daaroor getriomfeer, jy het nou nie meer probleme nie, dit is alles onder beheer, dis `n goeie lewe, en alles sal volgens jou planne verloop. Dis nie waar nie. `n Wandeling is `n voortdurende onderbreukte struikeling ...
Simul iustus et peccator – die Christen is gelyktydig regverdig en `n sondaar. Ek het nog steeds `n sondige natuur, alhoewel Yahuwah gekom het en my `n nuwe natuur gegee het wat oomblik vir oomblik die oue domineer namate ek Yahushua aanskou. Onthou dat ons geroep is om die Christen weg te bewandel, en `n wandeling is `n voortdurende, onderbreekte struikeling. Jakobus 2:3 herinner ons, “In baie dinge oortree ons almal.” In vele dinge, oortree ons almal, maar ek het die uitslag van die laaste oordeel. Yahuwah het my as regverdig verklaar. Ek kan die waarheid aan die kruis sien. Christus was gemaak wat Hy nie was nie, en hy was behandel asof Hy `n sondaar was – waarom? Sodat ek, wie `n sondaar is, behandel kan word asof ek regverdig is. Dit is die boodskap van Romeine, liewe vriende.

Hierdie is `n nie-WLC artikel deur Dr. Desmond Ford.
Ons het die Engelse titels en name van die Vader en die Seun vervang met dít gebruik deur die apostels. In die skriftuurlike aanhalings voorsien, het ons hul oorspronklike name herstel soos deur die geïnspireerde skrywers gebruik. Nietemin, erken ons die historiese ontwikkeling waardeur die naam Yahushua bekend geword het as “Jesus.” Boonop erken ons dat die Engelse term “God” algemeen gebruik was as `n ekwivalent vir die Hebreeuse Eloah of Elohim. – WLC Span






