PLANETE in die skeppings verslag, dwaal Sterre, gevalle engele – Judas 13
|
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |

“Woeste golwe van die see, wat hulle eie skandes laat opskuim, dwaalsterre vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word.” Judas 13
Die term “dwaalsterre” kom van die Griekse selfstandige naamwoord πλανήτης (planétés, Strong’s 4107) en verskyn slegs een keer in die Bybel, veral in Judas 1:13, wat na dwaalsterre verwys. Volgens Biblehub, kom hierdie woord van die werkwoord πλανάω (planáo, Strong’s 4105), wat beteken om af te dwaal, mislei, van koers gaan, of van die weg af lei. Hierdie werkwoord verskyn 39 keer in die KJV. Dit kan dui op `n dwaalster (bv., `n planeet) en `n valse onderwyser figuurlik voorstel, wat doellose indiwidue eksploiteer, en hulle van koers lei. Die werkwoord illustreer ook die Israeliete se wandelinge in die woestyn tydens die Exodus.
Matt. 24:4 En Yahushua antwoord en sê vir hulle: Pasop dat niemand julle mislei (planáo, Strong’s 4105) nie.” 5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei (planáo, Strong’s 4105). — 11 En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
2 Tim. 3:13 Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei, (planáo, Strong’s 4105) en verlei word (planáo, Strong’s 4105). 14 Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het.
Jak. 5:19 Broeders, as een van julle van die waarheid afgedwaal (planáo, Strong’s 4105): het en iemand hom bekeer, 20 laat hy weet dat die een wat `n sondaar van sy dwaalweg bekeer, `n siel uit die dood sal red en `n menigte sondes sal bedek.
2 Pet. 2:13 En die loon van die ongeregtigheid ontvang. Hulle ag die weelderigheid oordrag in genot; hulle is skandvlekke en smette, weelderig in hul bedrieërye as hulle met julle saamsmul; 14 met oë vol van owerspel, wat nie ophou om te sondig nie; hulle verlok onvaste siele, hulle het `n hart geoefen in hebsug, hulle is kinders van die vervloeking. 15 Hulle het die regte pad verlaat en verdwaal, (planáo, Strong’s 4105), en die weg gevolg van Bileam, die seun van Beor, wat die loon van ongeregtigheid liefgehad het,”
Dit is waar die Engelse woord “planet” vandaan kom, wat ons ook in vele ander tale kan herken (met klein verskille in spelling).
Planete in die Bybel?
Baie het gevra waarom die Bybel slegs die Aarde, die son, en die maan noem, maar nie die planete nie. Moes hulle, nie ook genoem word nie? Indien die planete inderdaad as “sterre” beskou word, is hulle ingesluit. Die Bybel verwys na die planete (wat ons nou as sulks erken) as dwaalsterre in Judas 13, wat hulle uitsonder van ander sterre in die hemelruim. Meeste sterre is hoegenaamd nie dwaalsterre nie; hulle is geanker in hul aangewese posisies – baie hoort aan spesifieke konstellasies sigbaar van die Aarde af – nogtans word vele sterre geklassifiseer as dwaalsterre. Die planete, of dwaalsterre, is sewe in totaal, nes ons weeksdae: Mercurius, Venus, Mars, Jupiter, Saturnus, Uranus, en Neptunus. Hulle almal was geassossieër met verskeie gode in antieke tye.
Die Aarde word beskryf as gekep voor lig op die eerste dag en is `n plek wat Yahuwah van voorneme was om bewoonbaar te maak (Jes. 45:18), wat aandui dat Hy nie biljoene jare gewag het om Sy doel te bereik nie. Inteenstelling, was die sterre (beide vasstaande en dwalend) op die vierde dag geskep, en hulle is heeltemal verskillend van ons unieke Aarde.
Die doel van die Aarde is om bewoon te word deur mense, diere, en plantegroei. Die son en die maan, elk beskryf as ligte, was bedoel as skeiding tussen dag en nag, het gedien as tekens vir sekere seisoene, dae, en jare, en voorsien lig op Aarde. Die sterre lyk ook asof hulle bydrae lewer tot lig en tekens vir die bewoners van die Aarde. Ons lees omtrent die sterre in die frase, “ook die sterre,” wat die doel van die son en die maan volg. Die skrywer voeg by, “En Elohim het hulle in die uitspansel gestel om lig te gee op die Aarde, om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak oor die lig en oor die duisternis.” Wat die funksie van hierdie hemelliggame effektief opsom.
Volgens die Boek van Henog en die Bybel, word die son Hy en die maan Sy genoem.
Jes 13:10 Want die sterre van die hemel en hulle Orions sal hulle lig nie laat skyn nie; die son is duister by sy opgang, en die maan laat sy lig nie skyn nie.
Eség. 32:7 En as Ek jou uitblus, sal Ek die hemel oordek en sy sterre verdonker; Ek sal die son met wolke oordek, en die maan sal sy lig nie laat skyn nie.
Rigters 5:31 So moet al U vyande Here, omkom! Maar die wat Hom liefhet, is soos die opgang van die son in sy krag. En die land het veertig jaar lank gerus.
Sewe sterre?
Hy wat die Sewester van die Orion gemaak het en die duisternis in die môrelig verander en die dag tot nag verduister, wat die waters van die see roep en dit uitgiet oor die oppervlakte van die aarde – Here is sy Naam:
Bogenoemde kan `n oop sterre groep wees bekend as die Pleiades (die sewe susters) in die konstellasie van Taurus. Dit is die mees sigbare groep in die hemelruim met die blote oog. Orion, nes Tuarus, is `n sterre konstellasie. Dit mag ook verwys na die sewe dwaalsterre.
Gen. 1:3 En Elohim het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig. 4 Toe sien Elohim dat die lig goed was. En Elohim het skeiding gemaak tussen die lig en duisternis; 5 en Elohim het die lig dag genoem en die duisternis het Hy nag, genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag. 6 En Elohim het gesê: Laat daar `n uitspansel wees tussen die waters en laat dit skeiding maak tussen waters en waters. 7 Elohim het toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die uitspansel is, geskei van die waters wat bo die uitspansel is. En dit was so. 8 En Elohim het die uitspansel hemel genoem. En dit was aand en dit was môre, die tweede dag. — 14 En Elohim het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen dag en nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare. En dit was so.15 Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde. En dit was so.16 Elohim het toe die groot ligte gemaak: die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag: ook die sterre.17 En Elohim het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig te gee op die aarde 18 en om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. Toe sien Elohim dat dit goed was.19 En dit was aand en dit was môre, die vierde dag.
Gevalle engele
Die Bybel praat van engele wie hul eie beginsels nie bewaar het nie maar hul eie woning verlaat het. Judas vergelyk ook die onnatuurlike wyse wat die bewoners van Sodom en Gomorra uitgeleef het met hul seksuele perversiteite (homoseksualiteit):
Judas 1:6 En die engele wat hul eie beginsels nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar; 7 soos Sodom en Gommora en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer en agter vreemde gode aangeloop het, as `n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ontvang.
Judas 14 En Henog, die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here het gekom met sy heilige tienduisendtalle,
Judas verwys na Henog as “sewende van Adam,” aanduidend dat hy die geskiedenis in Genesis as letterlik beskou (Henog is inderwaarheid die sewende geslag van Adam). Judas het geen twyfel dat die beskrywing van die seuns van Yahuwah (engele) ook letterlik was nie.
Gen. 6:1 Toe die mense op die Aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore was, 2 sien die seuns van Elohim dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het. 3 Toe sê die HERE: My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie, omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees honderd-en-twintig jaar. 4 In die dae was daar reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van Elohim by die dogters van die mense ingegaan het en dié vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldiges van die ou tyd, die manne van naam. 5 Toe Yahuwah sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was, 6 het dit die HERE berou dat Hy die mens op aarde gemaak het, en daar was smart in sy hart.
Die boek van Henog en die boek van Jasser bevestig ook hierdie verhaal en voorsien selfs meer besonderhede.
Die son (of die sterre) was nie nodig om die Aarde te belig vir die eerste drie dae nie (die son was op Dag Vier gemaak). Ons weet uit die boek van Openbaring dat die lam van Yahuwah (Yahushua) die een sal wees om ons lig in die nuwe Jerusalem te gee, terwyl die son nie nodig sal wees nie:
Satan, `n beeldskone ster
Satan is `n beeldskone ster, geval uit die hemel weens sy rebellie. Nou loop hy rond en probeer mense mislei.
1 Pet. 5:8 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, LOOP ROND soos `n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.
Job 1:6 En op `n dag toe die seuns van Elohim kom om hulle voor Yahuwah te stel, het die Satan ook onder hulle gekom. 7 Toe vra Yahuwah vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord Yahuwah en sê: Van `n swerftog oor die Aarde wat ek deurkruis het.
Die prins van Tirus en die prins van die lug (Satan) vertoon dieselfde lewenspatrone, soos geïllustreer hieronder. Satan was inderdaad `n helder ster:
Eség 28:2 Mensekind, sê aan die vors van Tirus: So spreek die Here Yahuwah: Omdat jou hart hoogmoedig was en jy gesê het: Ek is `n god, ek bewoon `n godewoning in die hart van die seë – terwyl jy tog `n mens is en geen El [God] nie – en jou hart gemaak het soos die hart van `n Elohim;-- 12 Mensekind, hef `n klaaglied aan oor die koning van Tirus, en sê vir hom: So spreek die Here Yahuwah: Jy was die seëlring van eweredigheid, vol van wysheid en volmaak in skoonheid. 13 Jy was in Eden, die tuin van Elohim; allerhande edelgesteentes was jou bedekking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei. 14 Jy was `n gérub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op `n heilige berg; `n elohim was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes. 15 Jy was volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is. 16 Weens die grootheid van jou koophandel het hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig: daarom het Ek jou as onheilige van die berg van Elohim afgedrywe, en Ek het jou tussen die vurige gesteentes uit vernietig, o gérub wat beskut. 17 Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou oorgegee voor die aangesig van konings, dat hulle op jou neer kan sien. 18 Weens die menigte van jou ongeregtighede, deur die onreg van jou koophandel, het jy jou heiligdomme ontheilig; daarom het Ek `n vuur uit jou binneste laat uitgaan, dit het jou verteer, en Ek het jou tot as gemaak op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het.
Christen plat Aarde ondersteuners glo dat die sterre kleiner en nader aan die Aarde is, geleë binne-in (nie bo) die uitspansel nie.
Hoekom glinster sterre? Dit lyk asof hulle binne-in `n laag water geplaas is. “Elohim het toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die uitspansel is, geskei van die waters wat bo die uitspansel is: — En Elohim het gesê: Laat daar ligte wees AAN die uitspansel van die hemel.”
Hierdie is `n nie-WLC artikel deur Annika Björk. Die artikel is verkort uit die volgende bron: https://bjorkbloggen.com/2017/12/09/planets-in-the-creation-account-wandering-stars-fallen-angels-jude-13/
Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verderaan, het ons uit die Skrifte aangehaal al die name van die Vader en Seun, vervang soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is – WLC Span






