Hierdie is `n nie -WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
Hoe dikwels plaas Yahuwah mense op ons pad waarvan ons nie hou nie? Al ooit gewonder hoekom? Dit kan `n baas wees,`n medewerker, `n voormalige vriend, `n buurman, `n familie lid, `n broeder of suster in Christus, of enigiemand anders teenoor wie ons vyandig voel. Hierdie mense kom ons lewens binne omdat Yahuwah jou gelykvormig wil maak aan die beeld van Christus, wie jou leer om jou vyande lief te hê sodat jy as `n vaartuig van deernis gebruik kan word. Yahushua vertel ons in (Matthéüs 5:44-47 NV) “Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, {45} sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen.{46} “As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaar nie ook maar net so nie? {47} En as julle net julle broers groet, wat doen julle meer as ander? Maak die heidene nie ook maar net so nie?”
As ons nie mense liefhet wat ons vervloek, ons haat, en vervolg nie, dan is ons nie beter as enige nie-Christen nie; as ons iemand haat of nie van hou nie kan ons werklik aanspraak maak om kinders van Yahuwah te wees? Yahuwah bring hierdie mense in ons lewens vir ons geestelike voordeel en groei, en as ons Yahuwah gehoorsaam sal dit tot voordeel van ons vyande ook wees. Yahuwah vertel ons hoe om ons vyande lief te hê, ons moet hulle seën, wat is om goeie dinge van hulle te spreek, ons moet aan hulle goed doen, en belangrikste van alles, moet ons vir hulle bid. Deur hierdie dinge te doen sal ons haat in liefde omswaai en dan kan Yahuwah Sy deernis deur ons na hulle stuur; deur hulle met die magtigste krag in die heelal aan te raak, LIEFDE. Liefde oorwin altyd haat nes lig duisternis oorwin. Ons natuurlike vleeslike respons is net om weg te gaan van hulle, en te dink dat ons lewens beter sal wees soos Jona gedink het.
Die gewilde storie van “Jona en die Walvis” soos vertel in die Bybel deel ons mee van die Profeet Jona se beproewing met die opdrag van Yahuwah aan hom dat hy na Ninéve moet gaan en die woord van Yahuwah moet spreek om te bekeer of vernietig te word. Ninéve was die hoofstad van die Assiriese Ryk, die Assiriërs was `n hartelose, wrede, en bose volk; hulle was groot vyande van Israel. Jona wou nie hê dat hulle moes bekeer nie. Jona wou nie hê dat Yahuwah genade en deernis oor sulke mense moes hê nie sodat hy vlug in die teenoorgestelde rigting deur aanboord`n skip te gaan om te ontsnap van die wil van Yahuwah.
“Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê; seen die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg, “sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is.” (Matthéüs 5:44-47)
|
Maar Yahuwah het `n sterk wind op die see gewerp, en toe daar `n groot storm oor die see ontstaan, het die skip gevaar geloop om skipbreuk te ly. En hy antwoord hulle: Neem my en gooi my in die see; dan sal die see om julle heen bedaar; want ek weet dat om my ontwil hierdie groot storm oor julle gekom het. Nogtans het die manne geroei om die skip weer land toe te bring; maar hulle kon nie, omdat die see hoe langer hoe onstuimiger teen hulle geword het. Toe roep hulle na die HERE, en sê: Ag HERE, laat ons tog nie vergaan weens die lewe van hierdie man nie, en bring geen onskuldige bloed oor ons nie; want U, HERE, het gedoen na u welbehae. En hulle het Jona geneem en hom in die see gegooi. En die see het stil geword van sy onstuimigheid. Toe het die manne die HERE gevrees met `n groot vrees en `n slagoffer aan die HERE gebring en geloftes gedoen.
En Yahuwah het `n groot vis beskik om Jona in te sluk; en Jona was drie dae en drie nagte in die ingewande van die vis. En Jona het tot Yahuwah sy God gebid in die ingewande van die vis en gesê: “Uit my benoudheid het ek Yahuwah aangeroep, en Hy het my verhoor; uit die binneste van die doderyk het ek geroep om hulp – U het my stem gehoor. “Die wat nietige afgode vereer, verlaat die een wat vir hulle goedertieren is. Ek daarenteen sal aan U offer met die stem van lof; wat ek beloof het, sal ek betaal. Die heil behoort aan Yahuwah. Daarop het Yahuwah die vis beveel om Jona op die droë grond uit te spuug.
En die woord van Yahuwah het vir die tweede maal tot Jona gekom: “Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninevé, en verkondig daar die boodskap wat Ek jou sal sê.” Toe maak Jona hom klaar en gaan na Ninevé volgens die woord van Yahuwah. En Ninevé was `n ontsaglike groot stad, drie dagreise te voet. En Jona het begin met een dagreis ver die stad in te gaan en het gespreek en gesê: “- Nog veertig dae, dan word Ninevé verwoes.”
En die manne van Ninevé het Yahuwah geglo en `n vasdag uitgeroep, en groot en klein het hulle met rougewaad beklee. En toe die berig die koning van Ninevé bereik, het hy opgestaan van sy troon en sy mantel afgehaal en in rougewaad gehuld in die as gaan sit. En hy het in Ninevé laat uitroep en sê: Op las van die koning en sy groot manne – geen mens of dier, beeste of kleinvee mag aan iets proe nie, hulle mag nie wei of water drink nie; maar mens en dier moet `n rougewaad om hê, en hulle moet ernstig tot Yahuwah roep, elkeen moet hom van sy verkeerde weg bekeer en van die onreg. Wie weet of Yahuwah nie sal omkeer en berou sal hê nie, sodat Hy hom afwend van die gloed van sy toorn en ons nie vergaan nie?” En Yahuwah het hulle werke gesien dat hulle hul bekeer het van hul verkeerde weg; toe het Yahuwah berou gehad oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy hulle sou aandoen, en Hy het dit nie gedoen nie.
Die Nineviete het Yahuwah se waarskuwing geglo
Yahuwah wil hê dat ons vaartuie van Sy deernis moet wees wat Hy kan gebruik om uit te reik na `n verlore en seergemaakte wêreld.
|
Maar Jona was hieroor erg ontstemd, en het kwaad geword. Toe bid hy tot Yahuwah en sê: “Ag Yahuwah, het ek dit nie gedink terwyl ek nog in my land was nie? Daarom het ek tevore na Tarsus gevlug; want ek het geweet dat U `n genadige en barmhartige God is, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil. O Yahuwah, neem dan nou tog my siel van my weg, want dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe.” Daarop sê Yahuwah: “Het jy rede om vertoornd te wees?” En Jona het die stad verlaat en aan die oostekant van die stad gaan sit. Daar maak hy toe vir hom `n skerm, en hy gaan daaronder in die skaduwee sit, totdat hy sou sien wat met die stad gebeur. Toe beskik Yahuwah `n wonderboom en laat dit oor Jona opskiet om te dien as skaduwee oor sy hoof, om hom van sy ontstemdheid te bevry; en Jona was baie bly oor die wonderboom.
Maar Yahuwah het die volgende môre toe die dag breek, `n wurm beskik; en toe die son op die hoof van Jona steek, het hy magteloos geword en wens dat hy sterwe, en gesê: “Dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe.” Toe sê Yahuwah vir Jona: “Het jy rede om vertoornd te wees oor die wonderboom?” En hy antwoord: “Ek het rede om vertoornd te wees tot die dood toe.” Verder sê Yahuwah: “Jý wil die wonderboom spaar waar jy geen arbeid aan bestee het nie, en wat jy nie grootgemaak het nie, wat in een nag ontstaan en in een nag vergaan het. Maar Ek mag Ninevé, die groot stad, nie spaar nie waarin meer as honderd-en-veertigduisend mense is wat die onderskeid tussen hulle regter-en linkerhand nie weet nie, en baie vee?
Deur hierdie ondervinding, het Yahuwah nie net vir die volk van Ninevé gewerk nie maar het Hy ook Jona `n les geleer omtrent ware liefde en deernis. Yahuwah wil hê dat ons vaartuie van Sy deernis moet wees dat Hy ons kan gebruik om `n verlore en seergemaakte wêreld te bereik. Wie is ons om te oordeel dat hulle nie die liefde van Yahuwah verdien om hul harte aan te raak nie? Wie is ons om die goeie en seëninge asook ons gebede vir hulle, en sodoende die kennis van Yahuwah van hulle te weerhou? Die Christen lewe blyk `n reeks lesse te wees omtrent hoe sleg ons kan wees en hoe goed Yahuwah se genade en deernis is.
Ons moet nooit vergeet dat ons nie in stryd is met mense nie; ons is in stryd met Satan. Die mense wie ons as vyande beskou is maar net gevangenisse van `n oorlog deur Satan gevange geneem. (Efesiërs 6:12) Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Die mag van Yahuwah, wat die krag van liefde is, kan `n vyand bekeer tot `n beste vriend. Deur liefde te wys aan `n vyand, verbly Yahuwah en bewys dat ons groot geestelike volwassenheid het. (Spreuke 16:6-7) Deur liefde en trou word die skuld versoen, en deur die vrees van Yahuwah wyk `n mens af van die kwaad. {7} As Yahuwah behae het in die weë van `n man, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou.
“Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.” (Efesiërs 6:12)
|
Ons moet nooit vergeet dat ons ambassadeurs is wie uitgestuur is om die koninkryk van Yahuwah en ons Koning, Yahushua Christus, te verteenwoordig nie. Slegs deur deernis en liefde kan ons die God van liefde verteenwoordig, die God van deernis. Ons wys liefde aan ons vyande deur goed aan hulle te doen, en goeie dinge van hulle agter hul rûe sê, deur seëninge te uiter en nie vervloekinge nie. (Spreuke 18:21) Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet. Die allerbelangrikste manier hoe ons liefde kan wys is deur gebed, waar geestelike oorloë gevoer en gewen word. Deur al hierdie dinge te doen sal ons toelaat dat die deernis van Yahuwah deur ons harte laat vloei word soos `n rivier van lewe. Dit sal ons vyande se lewens verander, en selfs indien hulle nie geaffekteer word nie, sal dit ons lewens verander, wat in elk geval Yahuwah se plan is.
Moenie probeer om Yahuwah se wil vir jou lewe te ontduik nie. Jy sal in `n storm hardloop. As dit jou lot is om omvorm te word na die beeld van Yahushua, sal jy omvorm word, wat dit ookal kos. (Romeine 8:28-29) En ons weet dat vir hulle wie Yahuwah liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na Sy voorneme geroep is. {29} Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders.
As Christene, ontwikkel ons soms `n intellektuele kompetisie met ons broeders en susters. Sodat ons om goed te doen terughou, so met seëninge, en selfs gebed vir ons broeders en susters, deur te dink dat hulle genoeg geseën is, of dat Yahuwah hulle meer seën as vir my? Wat van my? Dit wys geestelike onvolwassenheid omdat, in Yahuwah se koninkryk, is die gewer altyd meer geseënd as die ontvanger. Dalk word jou seëninge teruggehou omdat Yahuwah wil hê dat jy andere moet seën sodat Hy jou kan seën. En, mense wat ons dink die hoogtes bereik het en “heel bo is” diegene is wat ons gebede die meeste benodig, hierdie mense is aan die front linies van die stryd, en ons weet nie wat hulle deurmaak nie, maar ons moet vir mekaar bid. Dit veroorsaak dat ons eensgesind raak, en weet ons dat ons deel is van hul sukses of mislukkings.
“Salig is die vredemakers, want hulle sal die kinders van Yahuwah genoem word.” (Matthéüs 5:9)
|
Onthou wat Yahushua ons vertel het in (Matthéüs 5:44-47 NV) “Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, {45} sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen.{46} “As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaar nie ook maar net so nie? {47} En as julle net julle broers groet, wat doen julle meer as ander? Maak die heidene nie ook maar net so nie?”
(Matthéüs 5:9) Salig is die vredemakers, want hulle sal die kinders van Yahuwah genoem word.
Hierdie is `n nie-WLC artikel deur Gary Robert Ballard.
Ons het al die paganistiese name van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun vervang soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is – WLC Span