`n Boodskap van Miga: Haar Wonde is Ongeneeslik (Miga 1:1-9)
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah, maar ons raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywer te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester die waarheid meer as die lewe en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
Enige prediker beopdrag met die verkondiging van die woord van Yahuwah aan `n gehoor anders as sy eie gemeente sal, op een of ander tyd, gekonfronteer word met die saak van die relevansie van sy boodskap. Watter vermetelheid het `n buitestaander om vir die gemeenskap te vertel oor die woord van Yahuwah aan `n volk wie hulleself beskou as kinders van Yahuwah, veral as dit nie so `n aangename boodskap is nie.
MIGA-DIE BUITESTAANDER
Die profeet Miga het so `n uitdaging in die gesig gestaar, want hy was `n buitestaander in Jerusalem, waar hy die evangelie in Jerusalem verkondig het. As hy van Jerusalem was, sou hy bekend gestaan het as ‘Miga, die seun van so en so `n persoon.” Jesaja het in dieselfde tyd in Jerusalem geprofeteer as Miga, omdat hy van Jerusalem was, was hy bekend as “Jesaja seun van Amos.” Aan die anderkant, kom Miga van Moreset, `n klein dorpie aan die bergagtige streek van Juda, omtrent twintig tot vyf en twintig myl suidwes van Jerusalem. Sy identiteitsmerk was daarom nie sy ouerskap nie, maar sy tuisdorp. Miga het na Jerusalem gegaan om woorde te spreek aan die mense en leiers wat nie sy eie was nie. Miga het nie net uit die diepte van sy begrip gepraat nie. Hy het nie uit spyt van die rykes en magtiges gepraat nie. Hy het nie uit jaloesie en naywer vir die welaf van die gemeenskap gepraat nie. Hy het gepreek uit sorg vir die nasie en sy volk om hulle aan te spoor om hulle optrede te verander om Yahuwah se wraak af te weer. Wanneer Miga praat van oordeel, rampe en verwoesting, is dit nie wensdenkery nie. Maar dit was steeds die woord van Yahuwah wat na hom gekom het aangaande Samaria en Jerusalem tydens die regerings van Jotam, Agas en Hiskia. Samaria en Jerusalem was die hoofstede van die noordelike koninkryk van Israel en die suidelike koninkryk van Juda, onderskeidelik. Die twee stede was die twee nasies se sentra van gesag en mag in die dae van Miga. Hierdie twee stede was verteenwoordigend van die nasies, en, dus, was die woorde aan die twee stede ook geaddresseer aan die volk van Israel en Juda. As die sentra van invloed, was hierdie twee stede verantwoordelik vir wat gebeur het aan die res van hul volke. Soos dit was, wanneer Samaria en Jerusalem nies, het Israel en Juda verkoue gekry. Verwysings na die koningskappe van Jotam, Agas en Hiskia spreek boekdele oor wat gebeur het teen die tyd van die profesie. Die regerings van die drie konings van Juda het vir vyf en vyftig jaar aangehou. Net `n generasie te vore, was daar politieke vrede en stabiliteit in Israel en Juda, gepaardgaande met `n lewende en bloeiende ekonomie wat die gevolg was van groot rykdom en welstand. Tydens die dae van Jotam, Agas en Hiskia, het die volk steeds die voorspoed, rykdom, welvaart en weelde van vroeë dae geniet.
Maar ongelukkig was daar groot ongelykheid in die verspreiding van welvaart. Dit was `n tyd van groot oorvloed en nogtans `n tyd van groot behoefte. Dit was `n tyd van groot welvaart maar ook uitermate ontneming. Dit was `n tyd van groot winste en tog ook groot verliese. Dit was `n tyd van goot weelde en nogtans `n tyd van groot armoede. Dit was `n tyd van groot vreugde en ook `n tyd van groot hartseer. Dit was`n tyd van groot kontraste.
ONGELYKHEID TOE
Dit was die tyd toe die woord van Yahuwah na Miga gekom het-die visioen wat hy gesien het. Miga het beide fisies en geestelik waargeneem. Hy het gesien wat rondom hom plaasvind (wat almal kon sien) en wat Yahuwah op die punt gestaan het om te doen as gevolg daarvan (wat niemand anders kon sien nie). Miga het die effek van `n ekonomiese rewolusie gesien-die invloed van materiële welvaart op `n volk. Hy het die welvaart van die meerderheid gesien, gesetel in hul huise, van hulle ontneem namate hulle onteien is van hul besittings deur onregverdige middelle deur die minderheid.
Gevoellose inhaligheid en wreedheid het die optrede gekenmerk van manne wie menslik moes opgetree het. Die rykes was so hebsugtig vir rykdom dat hulle so laag gedaal het tot die laagste vlak om te raap en skraap vir selfs die bietjie oorskiet van die armstes van die land. Hulle het vir niks gestop om hul begeerlikhede te voed nie. Hy het gesien hoe die magtige minderheid die plesiere van materiële welvaart geniet, terwyl die magtelose meerderheid fisies en emosioneel deur armoede verdruk was. Miga het bedroefde mense gesien wat onderdruk is deur die pyn van hopeloosheid. Ongelukkig was die onderdrukkers hul broeders en susters. Die rykes was skaamteloos verdiep in selfsugtige materialisme-soveel so dat die verarming van hul medemens en sosiale bekommernisse aan die onderkant van hul lys van prioriteite was. Die armes, die swakkes, die weduwees, die wese, en die behoeftige was aan hul lot oorgelaat soos niemand vir hulle omgegee het nie. Die disintegrasie van sosiale en persoonlike waardes was op sy hoogste piek, terwyl moraliteit aan sy laagste eb was. Die armes het geeneen gehad om hul saak te verdedig nie. Die onteiendes het niemand gehad om vir hul onthalwe te spreek nie. Oneerlikheid was aan die orde van die dag, en ongeregtigheid het orals kop uitgesteek. Die regters wie geregtigheid moes handhaaf, was met geld omgekoop, sodat hulle uitspraak lewer ter voordeel van die rykes en magtiges. Die misbruik van die geregtelike en politiese outoriteit was die oorsaak van baie lyding van die menigtes. Diegene wie veronderstel was om die volk te beskerm het nie net hul plig om te beskerm vernalatig nie, maar hulle was aktief besig om die minderbevoorregtes te mishandel. Diegene wie die kudde moes voed, het die kudde uitmekaar gedryf. Miga het openbare amptenare se gruwelike mishandeling gesien en die nalatigheid van godsdienstige ampsdraers om te korrigeer wat verkeerd geloop het. Priester en profeet het aangemoedig wat hulle moes veroordeel, en terwyl al hierdie gruwels voortgeduur het, het die welgesteldes en welvarende mense steeds Yahuwah “aanbid” asof niks verkeerd was nie. Ware godsdiens was verdraai na self-bevredigende godsdiens. Hulle het Yahuwah as `n goed-hartige, vrygewige weldoener gesien wie altyd sal seën en nooit vervloek nie, wie voortdurend instem en nooit beoordeel nie. Die rykes het hul onregverdige rykdom gesien as `n teken van goddelike goedkeuring-want hulle was deur die profete vertel wat hulle met hul geld omgekoop het, net woorde wat hulle wil hoor. Ironies genoeg, te midde van soveel booshede, was godsdiens seëvierend en het baie gewild geword omdat dit geen eise gestel het op hul gruwelike handelswyses nie. Uitwendig het hulle godsdienstig voorgekom soos hulle in die tempel vergader en offergawes aan Yahuwah skenk, maar inwendig was hulle boosaardig, en hul moraliteit was verrot.
ONGELYKHEID NOU
Dit was wat Miga tóé gesien het. Maar wat sal `n buitestaander wie na Amerika kyk, nóú sien? Vergelyk met die res van die wêreld, is die Verenigde State van Amerika `n sterk, magtige nasie, en vol mense wie ryk en oorlaai is met materiële welstand; mense wie woon in weelde en oorvloed in mooi woonbuurte en elegante huise met eksklusiewe meubels. Die beste karre, die mooiste klere, en die keurigste van voedsel is wat Amerikaners flambojant vertoon aan die res van die wêreld. Die gemiddelde Christen huis in Amerika het kaste vol klere en skoene wat nie in jare aangetrek is en dalk nooit weer gedra sou word nie. En tog gaan baie mense voort om meer nuwe klere te koop. Mense wat só baie het gryp steeds vir meer. Amerikaners voel nooit tevrede totdat hulle die nuutste voertuig, ontwerpers klere, vermaak toerusting, gier, het nie. Aan die anderkant, in die res van die wêreld veral derde wêreld lande, het mense baie min, en selfs dit word van hulle weggeneem. Mense kry uitsettingsbevele, waarop hulle vir honderde jare gewoon het, sodat multi-nasionale myn maatskappye goud kan ontgin om die aanvraag van hul welgestelde kliënte te kan voorsien. Kinders wat sterf van honger en ondervoeding is daelikse gebeurtenisse. In vele Afrika dorpies, sterf vier of vyf kinders voor hul vyfde verjaarsdag omdat hul drinkwater besoedel is met vuilheid, kieme, parasiete, en siektes. Dit is algemeen om tieners te sien skarrel tussen vuilishope vir voedsel – anders moet hulle vir dae sonder kos klaarkom. So pateties soos dit is, verkoop sommige moeders hul kinders as slawe en prostitusie omdat hulle nie kan sien hoe hulle onder hul toesig sterf nie, hulle glo dit is die enigste uitweg om hul kinders se oorlewing te verseker. Algehele gemeenskappe word uitgewis deur VIGS, tuberkulose, en malaria omdat die mense nie lewensnoodsaaklike medisyne kan bekostig nie. Daar is `n ontsaglike en wyer wordende gaping tussen die rykes en die armes, omdat die rykes, ryker word en die armes, armer. Jammer dat die rykes `n dowe oor gedraai het na die armes se ellende en lyding rondom hulle. Hulle het `n dowe oor gedraai na hul hulpkreet van die armsalige - en minderbevoorregtes. Daar is soveel ongelykheid, ongeregtigheid, en onjuistheid in hierdie wêreld.
DIE REGTER
Yahuwah het aan Miga openbaar dat hy oordeel oor die volk sal bring oor hul gruwelike ongelykheid en onregverdigheid in die land. Miga stel `n geregshof voor waar Yahuwah elkeen byeenroep vir `n verhoor op aarde. Die saak is so erg dat die hele aarde opgeroep word om voor die soewereine Heer te verskyn. Dit is nie `n skets van `n Amerikaanse hof waar een persoon nie terselfdertyd beide verdediger en regter kan wees nie en waar die uitslag betwis word in `n ander hofsaak nie. Miga beskryf `n tradisionele hofsitting waar die koning soewerein is, en sy beslissing finaal. Yahuwah is die soewereine Heer van die hele aarde. Hy kan enigeen en almal op enige tyd, enige plek voor die hof daag; sy beslissing is finaal, in Miga 1:3. Miga nooi ons uit om die verskyning van Yahuwah te aanskou om oordeel te bring. Wanneer die soewereine Here verskyn, is dit `n vreeslike gesig om te aanskou.
Toe Yahuwah homself aan Jesaja in die tempel voorstel, het Jesaja uitgeroep: “Wee my, ek is verlore!” (Jesaja 6:5). Kan jy jou indink hoe dit sal wees wanneer Yahuwah met vergelding uitkom om oordeel te bring? Miga sê: “Die berge smelt onder Hom, en die laagtes skeur oop, soos was teen `n vuur, soos water wat teen `n helling af loop.’ (Miga 1:4) Daar is verwoesting soos daar nooit voorheen gesien was nie. Yahuwah se teofanie het algehele verwoesting tot gevolg!
DIE OORDEEL
Waarom is Yahuwah so kwaad? Wat veroorsaak sulke woede en veroordeling van Yahuwah? Wat kan `n barmhartige Yahuwah so genadeloos maak in sy oordele en strafgerig? Dit is weens die oortredinge en sonde van Yahuwah se kinders. Dit is oor afgodery, korrupsie, en boosheid: die vreeslike toestand van die armes, die magteloses, die vertraptes en die verwaarloosdes. Daar is verskriklike menslike lyding wat plaasvind, maar diegene wie hulle self die kinders van Yahuwah noem, lewe in weelde en oorvloed en het baie min gedoen of niks omtrent die pleidooie van hul medemens nie. Daarom sal Ek Samaria `n puinhoop maak op die veld, `n plek om wingerdstokke te plant, en Ek sal haar klippe in die dal laat afrol en haar fondamente blootlê. En al haar gesnede beelde sal stukkend geslaan en al wat sy as hoereloon ontvang het, met vuur verbrand word, en al haar afgode sal Ek tot `n verwoesting maak; want uit hoereloon het sy dit versamel, en tot hoereloon sal dit terugkeer. Daaroor wil ek rouklaag en huil, kaalvoet en naak loop. Ek wil klae soos die jakkalse en treur soos die volstruise.
Waarlik, haar wonde is ongeneeslik; want dit het gekom tot by Juda, dit reik tot aan die poort van My volk, tot by Jerusalem. (Miga 1:6-9)
|
Waarlik, haar wonde is ongeneeslik; want dit het gekom tot by Juda, dit reik tot aan die poort van My volk, tot by Jerusalem. (Miga 1:6-9) Yahuwah gaan vreeslike oordele, beplande verwoesting, wanhoop en skande oor Israel bring. Yahuwah het Assirië gebruik om Israel as `n bestaande nasie te verwyder. Hulle was gedeporteer in verbanning en verstrooi oor die aard oppervlakte, om nooit weer hergroepeer te word nie. Yahuwah se oordeel het nie by Israel geeïndig nie. Die tragedie van Israel moes as `n waarskuwing dien teen Juda. Omdat Jerusalem net so skuldig was aan Samaria se oortredings, het dieselfde lot Jerusalem oorval. Omdat sy net so skuldig was, Juda sou nie die tragedie vryspring wat Jerusalem oorgekom het nie. Die oordeel wat sou kom oor die kinders van Yahuwah was nie net polities van natuur en oorsprong nie. Dit was van goddelike oorsprong-Yahuwah self het die ramp laat geskied. Die komende verdoemenis het die profeet laat ween. Hy is in groot pyn en angs oor die sekerheid van die ramp. Israel se vooruitsigte is hopeloos. Sy het `n punt van geen terugkeer bereik. Haar wonde is ongeneeslik. Die prentjie wat Yahuwah skets van sy kinders is dit van `n lelike sweer. `n Ongeneeslike wond is geen Band Aid saak nie. Dit is `n ernstige en dodelike siekte wat net vernietiging en ongemak in haar weg agterlaat.
SLOTSOM
Yahuwah se oordele oor Israel en Juda dien as `n waarskuwing aan al Yahuwah se kinders vir tyd-ingesluit. Sal Yahuwah in stilte sit wanneer ons kaste vol klere is wat ons nie aantrek nie, terwyl kinders in Afrika skool en kerkbyeenkomste naak bywoon? As die water in ons toilette skoner is as die drink water van baie mense in die wêreld se ontwikkelende nasies? Dink na oor hierdie kommerwekkende statistieke: die per kapita inkomste van die Verenigde State alleen is meer as die armste sewentig lande tesame. Die boeke wat weggegooi word aan die einde van elke semester deur studente in Christen kolleges en universiteite in die Verenigde State is genoeg om die leë rakke van Christen skole in ontwikkelende lande wêreldwyd te vul. Twee - en `n half miljoen Afrikane sal hierdie jaar sterf weens `n tekort aan anti-retrovirale medisyne om HIV/ VIGS te beveg. Hierdie syfers is uitsluitend van diegene wie gesterf het aan malaria, tuberkulose, en ander siektes. Sal Yahuwah belangeloos sit en niks doen wanneer ons in weelde en oorvloed leef terwyl die wêreld ly in wanhoop. Die antwoord is `n weerklinkende “Nee!” Yahuwah sal nie belangeloos en in stilte sit nie. Yahuwah sal nie sit en niks doen nie. Daarenteen sal Yahuwah iets doen. Die soewereine Heer van die ganse aarde sal afkom met oordeel oor sy kinders. Miga se waarskuwing aan al Yahuwah se kinders is dat ons nie net moet sit en onverskillig wees totdat Yahuwah kom nie. Die kind van Yahuwah word aangemoedig om die armes te help, die hongeres te voed, water te gee aan die wat dors het, die naaktes te klee, en die mismoediges op te beur. Terwyl daar tyd is, laat ons die “verlorenes red, omgee vir die sterwendes, hulle wegruk in bejammering van die sonde en graf, ween oor die sondaars, die afvalliges ophelp, en hulle vertel van Yahushua wie Magtig is om te red.” Die woorde van Yahushua sal `n voortdurende herinnering aan ons almal wees: “En elkeen aan wie veel gegee is, sal veel gevorder word” (Lukas 12:48) Amen!
Hierdie is `n nie-WLC artikel deur Fred Asare.
Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel geneem en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die naam van die Vader en Seun in die Skrif herstel, soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is. -WLC Span