Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons net die inhoud wat 100% in harmonie met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuigings. Sulke artikels kan dus beskryf word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lesers nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet on snog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommig nie-WLC inhoud, [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 in gedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester die lewe meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
“Maar wees lief vir julle vyande, en doen goed, en leen sonder om iets terug te verwag; en jou beloning sal groot wees, en julle sal seuns van die Allerhoogste wees; want Hy Homself is goed vir ondankbare en bose mens.” Lukas 6:35 (NASB)
Menslike natuur dui oor die algemeen daarop dat ons die mense kan liefhê wie vir ons liefhet. Ongeredde mans en vrou het gewys dat dit waar kan wees. Liefde vir diegene wie ons liefhet, gebeur van nature. Alhoewel daar `n selfsugtige motief is wat menslike liefde onderskryf, vertel Yahushua dat indien jy net diegene liefhet wie jou liefhet, is daar geen krediet in Yahuwah se goddelike administrasie nie
Om lief te hê, uit te leen, en aan andere te gee het te dikwels `n bymotief. Byvoorbeeld, het finansiële instellings, slegs uitleen ooreenkomste aan hulle wie vertrou kan word om terug te betaal. Maar, of dit nou `n vriendelike bank is, of `n goeie persoon wie aan ander uitleen, word oor die algemeen verwag om een of ander beloning te ontvang. Dit mag die weg van die wêreld wees, maar Yahushua het `n hemelse standaard bekendgestel wat slegs geïmplementeer kan word in `n geredde lewe – soos van bo bemagtig.
Yahushua het `n beroep op ons gedoen om ons vyande sowel as ons vriende lief te hê. Ons moet ons vyande liefhê en bid vir die antagoniste teen ons. Ons moet diegene liefhê wie ons teenstaan en koud teenoor ons is en word bemoedig om goed teenoor hulle te doen. Yahushua doen selfs `n beroep op ons om goed te doen aan ander en uit te leen aan ander terwyl ons niks inruil daarvoor moet verwag nie. Dit is nie `n normale menslike gewoonte nie maar is sonder weerga die optrede wat Vader Yahuwah verwag van `n Christen wie Hom eer betoon in sy optrede teenoor andere.
Hierdie leerstelling van die Here Yahushua het niks te doen met regverdigmaking nie. Ons word nie kinders van Yahuwah deur goed te wees of om rente-vrye lenings aan andere te maak nie. Ons word gered deur genade deur geloof in die offerande en heerlike Opstanding van onse Here Yahushua Christus – en dit is nie – onderhandelbaar nie
Mag die liefde en genade van Christus ons harte so vul dat ons die goddelike liefde van Yahuwah aan andere manifesteer, in woorde en dade, en `n beeldskone weerkaatsing van Christus Yahushua, onse Heiland word en eer en heerlikheid aan Vader Yahuwah se heilige naam bring.
|
Maar diegene wie alreeds gered is en kinders van Yahuwah deur geloof in Christus geraak het, van hulle word verwag om op te tree in `n manier waardig van hul status as kinders van Yahuwah, as bemagtig deur die inwoning van die Heilige Gees.
Die spesifieke gedrag en goddelike liefde beskryf in hierdie vers kan slegs gemanifesteer word in die een wat gebore is van bowe – soos die lewe en karakter van Christus in hulle gemanifesteer is. Net hulle gered deur genade in die Here Yahushua kan hierdie goddelike karaktertrekke van onse heilige en liefdevolle Yahuwah en Vader vertoon.
Mag die liefde en genade van Christus ons harte so vul dat ons die goddelike liefde van Yahuwah aan andere manifesteer, in woorde en dade, en `n beeldskone weerkaatsing van Christus Yahushua, onse Heiland word en eer en heerlikheid aan Vader Yahuwah se heilige naam bring.
My Gebed
Hemelse Vader, my eie, menslike liefde is te lig bevind, en sonder die liefde van Christus wat deur my vloei, is ek nie by magte om te leef nes Jy wil hê ek moet leef nie. Vul my, daagliks, met die liefde van Christus so dat ek my vyande mag liefhê, bid vir hulle wie my sleg behandel, en goedheid en genade aan andere met behoeftes wys. Help my om Christus se goddelike karaktertrekke tot Sy heerlikheid en glorie in my daaglikse lewe te weerkaats. AMEN.
Hierdie is `n nie WLC artikel: Bron: https://dailyverse.knowing-jesus.com/luke-6-35
Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal end it vervang met die oorspronkli gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun in die Skrifte herstel, soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is – WLC Span