|
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |

“Maar van daardie dag en uur weet niemand nie, nie eens die engele van die hemel, of die Seun, maar die Vader alleen.” (Matt. 24:36, NASB)
Of die Seun — Hierdie vers was altyd problematies. Hoe kan Yahushua God wees en nie weet nie? En as, nes Hy sê, Hy nie weet nie, hoe dan kan Hy aanspraak maak dat Hy God is? God weet. Volgens Yahushua, weet niemand nie, Hy inkluis.
Die gebruiklike teologiese antwoord op hierdie onhandelbare dilemma is as volg:
“Wat Hy van Homself sê, naamlik onkunde omtrent die dag en die uur van Sy wederkoms in hemelse glorie, is waar van Hom as mens, maar dit is nie waar van Hom as godheid nie. As die God-Mens, is Hy gelyktydig alwetend (in gemeenskap met die ander persone van die Godheid) en onkundig van sommige dinge as `n mens (in gemeenskap met die ander persone van die menseras) (Robert Reymond, Jesus Divine Messiah, p. 79).”

Aha, ek het dit. Yahushua is gelyktydig bewus en onbewus van hierdie feit. Dink jy dit beteken dat Hy die waarheid ken (omdat hy alwetend is volgens die leerstelling van die Drie-eenheid) maar homself dan inlig dat hy nie die feit ken nie omdat hy gelyktydig menslik is? So hy weet dat hy nie weet wat hy weet nie, reg?
Kom dit vir jou as algehele onsin voor? Wat daarvan as ons die vers net vat vir wat dit sê? Wat as Yahushua bedoel het dat hy nie weet nie? Waarom is dit so moeilik om te aanvaar? Veronderstel jy dat enige van die dissipels wie hom gehoor het die gedagte uitspreek, “O, beteken dit dat hy nie geweet het as mens nie, maar natuurlik het hy geweet as God”? Geen wonder dit het die kerk drie-honderd jaar geneem om met hierdie antwoord op te kom nie.
Die probleem is nie wat die teks sê nie. Die probleem is die lees van die teks volgens die raaisel van die Drie-eenheid. Die teks voorsien hoegenaamd geen probleme nie. Daar is baie dinge wat die mense nie verstaan nie. Daar is baie dinge wat uitverkore boodskappers van Yahuwah nie weet nie. Daar is selfs sommige dinge wat die Messias nie weet nie. Feitlik vertel hy ons wel een van hierdie dinge. Die teks is duidelik. Wat ookal die verwarring veroorsaak is nie die teks nie. Dit is die daaropvolgende bykomende tekstueel-ongesteunde idee dat Yahushua ook, terselfdertyd, God is. Nes Patrick Navas dit uitdruklik stel: Met ander woorde, op een of ander wyse weet [Yahushua] alle dinge en weet nie alle dinge gelyktydig nie!?” (Divine Truth or Human Tradition, p. 131).
So, hoe verkies jy dat jou teologie gekook moet word? Eenvoudig, volgens wat die teks sê, of pittig, volgens wat die Kerk besluit die teks moet sê om sy dogma te pas?

En wat gebeur indien Yahushua die Messias is, Yahuwah se aangestelde boodskapper/Seun, wat die taak opgelê is om die Koninkryk op te stel en die laaste vyand te oorwin? Sal jou geloofsisteem inmekaar tuimel as dit op een of ander wyse beteken hy nie Yahuwah is nie, die een ware God? Was Yahushua verlei of die een wat ons bedrieg het? Het hy leuens met ons gespreek toe hy sê hy weet nie? Of sit ons woorde in sy mond wanneer ons probeer om sy ontkenning in `n bevestiging van sy “alwetendheid” te maak?
Ek het jou teen hierdie pyn gewaarsku, het ek nie?
Hierdie is `n nie-WLC artikel deur Skip Moen.
Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verderaan, het ons uit die Skrifte aangehaal al die name van die Vader en Seun, vervang soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is- WLC Span






