|
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |

As Yahushua NIE Yahuwah is NIE en Christene gaan voort om te sê dat hy is, dan is iets baie diepgaande verlore in teologie. Om te sê dat Yahuwah aan die kruis gesterf het is om die lydende liefde te mis wat die Vader vir sy gemartelde Seun gehad het wat aan die kruis gely het. Dit sou makliker vir Yahuwah gewees het om Homself te offer as sy enigste Seun, Yahushua.
Ek glo dat die storie van Abraham en Isak vir `n rede in die Bybel is. Yahuwah wou Abraham toets om te sien of sy geloof in Hom groot genoeg is om Hom te gehoorsaam, selfs as dit beteken om sy seun, Isak op te gee, as `n offer op die Berg Moria in Jerusalem. Die storie openbaar die sieleangs van `n toegewyde vader wie kies tussen sy seun en Yahuwah. Dis `n moeilike keuse. Abraham was nie gevra om homself op te offer nie! Sy keuse sou meer problematies wees as self-opoffering! Yahuwah se intensies was nooit dat Abraham dit moet volbring nie. Dit was `n liefdes sowel as `n geloofs toets. Op die laaste oomblik het Yahuwah `n ram voorsien as offer in die plek van Abraham se seun. Abraham moes daardie plek op Berg Moriah noem “YAHUWAH SAL VOORSIEN.”
En Abraham het die naam van die plek genoem: “Yahuwah sal voorsien!” Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van Yahuwah sal dit voorsien word.” (Gen. 22:14)
Wat Yahuwah nie van Abraham verwag het nie, sou Hy op `n latere stadium in die geskiedenis op dieselfde plek vervul, om sy liefde te vertoon aan die wêreld deur sy geliefde Seun, Yahushua, op te gee om aan die kruis te sterf vir die verlossing van `n sondige wêreld: “Hierin is die liefde van Yahuwah vir ons geopenbaar, dat Yahuwah sy eniggebore seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur hom kan lewe.” (1 Joh. 4:9). Eerder dat Yahuwah Homself oorgee aan die dood, het die hemelse Vader sy Seun afgestaan om aan die kruis te sterf. Yahuwah het meer van Homself vereis as wat Hy van Abraham verwag het.
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Bron: http://thegodofjesus.com/blog/did-god-give-himself-or-his-only-son
Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verderaan, het ons uit die Skrifte aangehaal al die name van die Vader en Seun, vervang soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is- WLC Span






