|
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |

Die boek van Handelinge voorsien belangrike insig in wat eerste-eeuse Christene geglo en geleer het. In hierdie pos, sal ons gedeeltes van Hoofstuk 17 ondersoek om te sien wat Paulus die burgers van Thessalonika omtrent Yahuwah geleer het. Meer spesifiek sal ons sien of die apostel die leerstelling van die Drie-eenheid of die godheid van Christus, wat beskou word as grondliggend van die Christen geloof, geleer het.
In wat nou Griekeland is, was Thessalonika die hoofstad van een van vier distrikte in Macedonië. Paulus het hierdie hawe besoek met sy tweede sendingsreis.1 Soos Paulus se gewoonte was, het hy na die sinagoge gegaan om die boodskap te deel wat aan hom gegee was:
Handelinge 17:2-3 En volgens sy gewoonte het Paulus na hulle gegaan en drie sabbatte lank met hulle gespreek uit die Skrifte en dit uitgelê en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dode opstaan en gesê: “Hierdie Yahushua wat ek aan julle verkondig, is die Christus.”
Paulus het die woord van Yahuwah as bewys gebruik dat Yahushua die Christus is en dat dit Yahuwah se plan vir Christus was om te ly en op die derde dag weer op te staan uit die dood.
|
Let wel dat die bron van Paulus se gesaghebbende leerstelling die Skrifte was. Later, in dieselfde hoofstuk, het Lukas Paulus se boodskap aan die Thessalonicente gekategoriseer as die woord van Yahuwah.2 Wat was die boodskap wat Paulus uit die Skrifte geleer het? Dat Yahushua `n god-mens was? Of was Christus die tweede persoon van die Drie-eenheid? Of miskien dat Yahushua vooraf in die hemel as die Woord bestaan het? Al hierdie stellings is sleutel elemente in hedendaagse ortodoksie. Maar, Paulus word nie aangehaal dat hy die Thessalonicente hierdie kritiese punte geleer het nie. Maar instede daarvan sê die teks dat Paulus die woord van Yahuwah gebruik het as bewys dat Yahushua die Christus is en dat dit Yahuwah se plan vir Christus was om te ly en op die derde dag weer op te staan uit die dood.
Sommige Jode, saammet `n groot aantal Yahuwah-vresende Grieke en verskeie leidende vroue, was oorgehaal deur die voormalige Fariseër dat Yahushua die Christus was.3 Daarteenoor was daar ander Jode wie jaloers geraak het en Paulus, sy metgeselle, en hul boodskap, verwerp het:
Handelinge 17:5-9 Maar die ongelowige Jode was afgunstig en het slegte manne van die leeglopers saamgeneem en die stad in opskudding gebring deur `n volksoploop te bewerk. En hulle het die huis van Jason aangeval en probeer om hulle voor die volk te bring. 6 Maar toe hulle hul nie kry nie, het hulle Jason en `n paar broeders na die stadsowerhede gesleep en geskreeu: Die mense wat die wêreld in opstand bring, hulle het hier ook gekom, 7 en Jason het hulle ontvang. En hulle almal handel teen die bevele van die keiser en sê dat daar `n ander koning is, naamlik Yahushua.” 8 En hulle het die skare in opskudding gebring en ook die stadsowerhede wat dit gehoor het. 9 Maar toe hulle van Jason en die ander genoegsame waarborg ontvang het, het hulle hul losgelaat.
Wat was die boodskap wat die Jode so aanstootlik gevind het om geweld op te stook teen die gelowiges? Dat die man van Nasáret Yahuwah was? Nee. Maar, die gekruisigde Yahushua was die beloofde koning.
Die Nodigheid van Christus se Lyding
Die nodigheid van Christus se lyding was deurslaggewend aan Yahushua se leerstelling. Byvoorbeeld, toe Petrus die openbaring van Vader Yahuwah ontvang het dat Yahushua inderdaad die Christus van Yahuwah is, het Yahushua sy dissipels gewaarsku dat sy lyding, dood, en opstanding onafwendbaar was:
En Hy sê vir hulle: “Maar julle, wie sê julle is Ek? En Petrus antwoord en sê: “Die Christus van Yahuwah!” (Lukas 18:20)
|
Lukas 9:18-22 En toe Hy besig was om alleen te bid, was die dissipels by Hom, en Hy vra hulle en sê: Wie sê die skare is Ek? 19 En hulle antwoord en sê; Johannes die Doper, en ander: Elia, en ander dat een van die ou profete opgestaan het.” 20 En Hy sê vir hulle: “Maar julle, wie sê julle is Ek? En Petrus antwoord en sê: “Die Christus van Yahuwah!” 21 Toe gee Hy hulle `n streng bevel om dit aan niemand te vertel nie. 22 En Hy sê: “Die Seun van die mens moet baie ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en op die derde dag opstaan.”
Toe Yahushua uit die dood opgewek was, het hy verskyn aan die twee manne op pad na Emmüas. Die teks sê dat Yahushua “hul verstande geopen het om die Skrifte te verstaan.” Wat was dit waaraan hulle behoefte gehad het om te verstaan? Dat die Christus eintlik Almagtige Yahuwah is? Nee. Maar dat Yahuwah vasbeslote was dat die man wat Hy as koning aangestel het sou ly:
Lukas 24:25-27 Hy sê vir hulle: O Onverstandiges met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het! 26 Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in Sy heerlikheid ingaan nie?” 27 En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.
Yahushua se lyding was `n struikelbok vir die Jode. Alhoewel daarvan in die Skrifte gepraat was,4 kon hulle dit nie maklik glo nie. Daarom, is dit nie verrassend nie dat wat veroorsaak het dat hulle struikel-dat Christus se lyding `n integrale deel van Yahuwah se plan was – genoem moes word deur Yahushua en andere. Petrus het byvoorbeeld geleer:
Handelinge 3:17-21 “En nou broeders, ek weet dat julle dit in onwetendheid gedoen het, net soos julle owerstes; 18 “maar Yahuwah het op dié manier vervul wat Hy tevore verkondig het deur die mond van al Sy profete, dat die Christus sou ly. 19 Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van Yahuwah mag kom, 20 En Hy Hom mag stuur wat vooraf aan julle verkondig is, naamlik Yahushua Christus. 21 Hom wat die Hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan Yahuwah van ouds af gespreek het deur die mond van al Sy heilige profete.
Skrifte doen nooit verslag van enige reaksie deur die Jode van wat die mees skokkende openbaring denkbaar moes wees, dat die een God van die Skrifte eintlik drie persone is wie mede-gelyk `n God essens gedeel het nie.
|
Paulus het ook gevind dat dit nodig was om aan die Jode in Thessalonika te verduidelik dat Christus moes ly. Indien Paulus die Drie-eenheid of die deïsme van Christus aan heftig monotheïstiese Jode geleer het, sou dit selfs `n groter reaksie uitgelok het as Christus se lyding. Maar ons word vertel dat die struikel punt van die Thessalonicente was dat Christus gely het en opgewek was. Skrifte doen nooit verslag van enige reaksie deur die Jode van wat die mees skokkende openbaring denkbaar moes gewees het nie, dat die een God van die Skrifte eintlik drie persone is wie mede-gelyk `n God essens gedeel het nie.
In sy boek Divine Truth or Human Tradition, beklemtoon Patrick Navas hierdie waarheid met hierdie kritiese opmerking:
Die denkende student moet homself afvra: As dit moeilik vir die Jode in die vroeë kerk was om die Wet te laat gaan, sou dit nie eens meer uitdagend wees om hul siening van Yahuwah te verander nie? Vyftien Nuwe Testament hoofstukke is toegewy om die Jode se siening van die Wet te verander. En as dit soveel neem om met die Wet te handel, sou ons tenminste nie net een of twee hoofstukke vind wat die verandering in hoe Yahuwah van nou af beskou sou word nie? Maar nie `n enkele vers dui daarop dat die Jode sy siening van Yahuwah verander het nie…Geen vers beskryf dit [die Drie-eenheid], verduidelik dit, of beskryf dit nie. En geen vers vertel ons om dit te glo nie.5
Indien Paulus geleer het dat Yahuwah `n misterieuse drie-enige wese was, of dat Yahushua Yahuwah was, sou dit `n enorme hindernis geskep het vir hulle om die evangelie te verstaan, baie soos dit deesdae doen. Maar soos Navas skryf, Skrifte teken nêrens sulke teenstrydigheid aan nie.
Paulus se briewe aan die Thessalonicente
Sommige mag wonder, omdat die boek van Handelinge nie verslag doen van enig Drie-enigheidsleerstelling deur Paulus, terwyl hy in Thessalonika was nie, dalk kan dit in sy daaropvolgende briewe aan hulle wees. Maar `n ondersoek van beide hierdie briewe openbaar `n skreiende afwesigheid van hierdie leerstellings. Instede van die Drie-eenheid of deïsme van Christus, vind ons dat Paulus onderskei tussen Yahuwah, wie die Vader is, en Yahushua, wie Here en Christus is. Dit verskyn ten minste 8 keer in sy eerste brief.6 Byvoorbeeld:
1 Thessalonicense 1:9-10 Want hulle vertel self aangaande ons watter ingang ons by julle gehad het en hoe julle jul van die afgode bekeer het tot Yahuwah, om die lewende en waaragtige God te dien 10 en Sy Seun uit die hemel te verwag, wat Hy uit die dode opgewek het, Yahushua wat ons van die toekomstige toorn verlos.
Hier beskryf Paulus Yahuwah as die lewende en ware God. Yahushua is nie die ware God nie maar die Seun van God uit die dood opgewek.
|
Hier beskryf Paulus Yahuwah as die lewende en ware God. Yahushua is nie die ware God nie maar die Seun van God uit die dood opgewek. Verder aan op meer as een geleentheid, skryf Paulus dat Yahuwah die Vader is, terwyl Yahushua die Here is. Hier is twee van hierdie gevalle:
1 Thessalonicense 1:1: Paulus en Silvanus en Timothéüs aan die gemeente van die Thessalonicente wat in Yahuwah die Vader en die Here Yahushua Christus is: Genade vir julle en vrede.
1 Thessalonicense 3:11 Maar mag onse Yahuwah en Vader self en onse Here Yahushua Christus ons weg na julle toe rig.
Ons vind meer hiervan in Paulus se tweede brief aan gelowiges in Thessalonika. Sewe keer, het die apostel `n onderskeid tussen Yahuwah, die Vader, terwyl Yahushua as die Here of Christus beskryf is,7 posisies waarvan ons in Handelinge 2:36 vertel word waarna Yahuwah hom verhoog het.
2 Thessalonicense 1:1 Paulus en Silvanus en Timothéüs, aan die gemeente van die Thessalonicense in Yahuwah onse Vader en die Here Yahushua Christus:
2 Thessalonicense 2:16-17 En mag onse Here Yahushua Christus en Yahuwah onse Vader, wat ons liefgehad het en `n ewige troos en goeie hoop in genade gegee het, 17 julle harte vertroos en julle versterk in alle goeie woorde en werke.
Nie in die boek van Handelinge of in Paulus se briewe aan die kerk in Thessalonika word Yahushua uitgebeeld as Yahuwah of `n drie-persoon wese nie.
|
Nie in die boek van Handelinge of in Paulus se briewe aan die kerke in Thessalonika word Yahushua uitgebeeld as Yahuwah of `n drie-persoon wese nie. Indien die leerstelling van die Drie-eenheid en die deïsme van Christus grondliggende leerstelling is - tot die mate dat mens gered kan word sonder om hulle te glo - waarom het Paulus dit nie in Thessalonika of die ander stede wat hy op sy sendingreise besoek het, verkondig nie? Die antwoord is baie eenvoudig omdat die leerstelling nog nie sou ontwikkel het nie. Die historiese verslag van die mid-tweede eeu verklaar dat Platoniese denke (van die soort van John Martyr en andere) begin het om `n impak in die Kerk teologie te hê.
Die openbaring wat veroorsaak het dat die Jode in Thessalonika gestruikel het was dat hulle lang-verwagte koning moes ly voor sy verheffing deur Yahuwah, nie dat Yahushua homself Yahuwah was nie. Die eerste-eeuse Kerk het geleer dat Yahushua `n man van Nasáret was wie homself verneder het en gehoorsaam was aan die wil van sy God, selfs tot die punt van lyding en dood. Maar Yahuwah het Sy dienskneg uit die dood opgewek, en diegene wie hierdie waarheid glo en Yahushua as Christus en Here volg, sal net so tot die nuwe lewe opgewek word.
1 Paulus en geselskap het vermoedelik terug gegaan na Thessalonika in hul derde sending reis toe hulle deur die distrikte van Macedonië gereis het. Handelinge 20:1-5.
5 Patrick Navas, Divine Truth or Human Tradition, (Indiana: AuthorHouse, 2011), p. 72. Let wel: Navas haal `n ander skrywer in hierdie gedeelte aan.
6 1 Thessalonicense 1:1; 1:3; 1:9-10; 3:11; 3:13; 4:14; 5:9; 5:23.
7 2 Thessalonicense 1:1; 1:2; 1:8; 1:12; 2:13-14; 2:16; 3:5.
Hierdie is `n nie-WLC artikel: https://oneGodworship.com/pauls-theology-in-thessalonica/
Ons het die Engelse titels en name van die Vader en die Seun vervang met dít gebruik deur die apostels. In die skriftuurlike aanhalings voorsien, het ons hul oorspronklike name herstel soos deur die geïnspireerde skrywers gebruik. Nietemin, erken ons die historiese ontwikkeling waardeur die naam Yahushua bekend geword het as “Jesus.” Boonop erken ons dat die Engelse term “God” algemeen gebruik was as `n ekwivalent vir die Hebreeuse Eloah of Elohim. – WLC Span






