Anti-Bybelse Stellings deur Ellen White oor die Eet van Vleis
“Pasop vir valse profete, wie na julle kom in skaapsklere maar van binne roofsugtige wolwe is.” Matt. 7:15 ESV |
Ellen White kontrasteer Vader Yahuwah se verkose diëet vir Sy volk aangaande eet van vleis. Wanneer ons lees oor wat sy geskryf het omtrent eet van vleis en die teenstellings wat haar verklarings maak met Vader Yahuwah se openbaarde ideaal vir Sy volk, word dit duidelik aan die objektiewe leser dat haar stellings oor vleis etery blatante godslastering is. Erger nog, sy gee die duidelike indruk dat haar stellings teen vleis etery instruksies van Yahuwah is om gereed te maak om na die “Hemel” geneem te word. Deur sulke verklarings, verdubbel sy op haar godslastering deur Yahuwah se onveranderbare karakter aan te val, wanneer sy impliseer dat haar verklarings aan haar gegee is deur Hom.
Vader Yahuwah se Ideale Dieët
So, voordat ons sommige van haar skokkende stellings oor eet van vleis ondersoek, laat ons eerstens Vader Yahuwah se ideale diëet vir Sy uitverkore volk, die Israeliete ondersoek. Ons vind Vader Yahuwah se ideale diëet opgeteken in die Lied van Moses in Deuteronómium 32:
9 Want Yahuwah se deel is sy volk, Jakob se afgemete erfdeel.
10Yahuwah het hom gevind in `n woeste wêreld, vol gehuil van die wildernis; Hy het hom omring, op hom ag gegee, hom bewaak soos sy oogappel.
11soos `n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies sweef, sy vlerke uitsprei, hulle opneem, hulle dra op sy vleuels.
12Yahuwah alleen het hom gelei, en daar was geen vreemde god by hom nie.
13Yahuwah het hom laat ry op die hoogtes van die aarde, en hy het die opbrengs van die veld geëet, en hy het hom heuning uit die rots laat suig en olie uit die klipharde rots.
14dikmelk van beeste en melk van kleinvee, met die vet van lammers en ramme; stiere van Basan en bokke, met die niervet van koring, en druiwebloed het jy gedrink, skuimende wyn.
Vader Yahuwah se ideale diëet vir Sy uitverkore volk het lammers en bokke, stiere, botter en melk ingesluit.
Ellen White se Verwerping van Vader Yahuwah se Ideale Diëet
Het die onveranderlike Vader Sy gedagte duisende jare later verander, en Ellen White geadviseer om die volgende stellings neer te pen teen `n vleis dieët?
Waarskuwing: Lesers diskresie word benodig. Sommige van die stellings in hoogs offensief, skokkend, en godslasterend.
Die morele euwels van `n vleis dieët is nie minder opmerklik as die van die fisiese siektes nie. Vleis kos is afbrekend tot die gesondheid, en wat ookal die liggaam affekteer het `n korresponderende effek op die verstand en die siel. CCH 230.8
Groter hervormings moet waargeneem word onder die volk wie aanspraak maak dat hulle uitsien na die spoedige verskyning van Christus. Gesondheidshervorming moet n werk onder ons mense doen wat nie voorheen gedoen was nie. Daar is diegene behoort om wakker te wees vir die gevare van vleis inname, wie steeds die vleis van diere eet, en sodoende die fisiese, verstandelike, en geestelike gesondheid, in gevaar stel. Baie wie nou slegs half bekeerd is in die kwessie van eet van vleis sal van God se volk uitgaan, om nie meer met hulle te wandel nie. CCH 230.7
Dit was duidelik aan my voorgestel dat God se volk die boodskap as hulle verlang om rein bloed en helder wil hê, moet hulle die gebruik van vleis opgee, as Hy nie wou gehad het dat hulle díe boodskap moes gehoorsaam nie? Deur die gebruik van vleis kosse word die dierlike natuur versterk en die geestelike natuur verswak.
As daar ooit `n tyd was dat die dëet van die eenvoudigste soort moes wees, is dit nou. Vleis moet nie voor ons kinders geplaas word nie. Sy invloed is om die basiese passies op te wek en te versterk, en het dit `n neiging om die morele magte te verdoof. Grane en vrugte berei vry van vette, en in `n natuurlikste toestand as moontlik, moet die kos vir die tafels wees van almal wie daarop aanspraak maak vir die voorbereiding vir wegvoering na die hemel. Testimonies, Vol. 2, bl. 352.
Diegene wie instruksies ontvang het aangaande die euwels van die gebruik van vleis kosse …. Sal nie voortgaan om toe te gee aan hul aptyt vir kos wat hulle weet is nie gesond vir hulle nie. God verwag dat die aptyt gereinig word, en dat onthouding beoefen word van die dinge waarin geen goed is nie. Dit is `n werk wat gedoen moet word voor Sy volk voor Hom as `n perfekte volk kan staan.
`n Vleis diëet neig om dierlikheid in die mens te ontwikkel … wat die verstand onkapabel maak om waarhede te verstaan. CH, bl. 576
Eet van vleis ontspoor die stelsel, bedwelm die verstandelike vermoëns en verstomp die morele sensitiwiteite. Testimonies Vol 2, bl. 63-64
Ons kan verskeie Nuwe Testament verse aanhaal ter ondersteuning van vleis etery. Maar dit sal oorbodig en onnodig wees nadat Yahuwah se ideale diëet in Deuteronómium 32 uiteengesit is. Sy ideale diëet lê die fondasie van die finale woord oor eet van vleis en is die duidelikste teenvoeter op bogenoemde godslasterlike verklaring van Ellen White se stellings.
Maar vir hulle wie wens vir nog `n getuienis vers, haal ek die volgende een aan:
As Yahuwah jou God jou grondgebied uitbrei, soos Hy jou beloof het, en jy sê: Ek wil vleis eet omdat jy lus het om vleis te eet- dan mag jy na hartelus vleis eet. (Deuteronómium 12:20).
Was die onveranderlike Vader Yahuwah die bron van Ellen White se stellings oor die eet van vleis? Seer sekerlik nie.
Ellen White het haar volgeling binne die Sewende Dag Adventiste Kerk gewaarsku om na die ‘Hemel’ te gaan voorwaardelik is om van vleis te onthou, in skrille kontras met Paulus se bevestiging dat ‘die koninkryk van Yahuwah is nie kos en drank nie; maar geregtigheid, en vrede, en vreugde in die Heilige Gees.’ Romeine 14:17
Sy het ook gewaarsku dat eet van vleis affekteer ons geestelikheid en stimuleer ons dierlike gees. Hoe was Yahushua geestelik bewaar en Sy dierlike geeste beheer, selfs as Hy `n gereelde vleis eter was voor en na Sy opstanding? Hoe was dit moontlik vir die getroue profete om hulle morele reinheid te bewaak met hulle gereelde vleis-eet gewoontes?
Sulke leerstellings kom deur die geveinste leuenaars wat gebrandmerk is in hul eie gewete, wat verbied om te trou, en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat Yahuwah geskape het om met danksegging gebruik te word deur gelowiges en die wat die waarheid ken. Want alles wat deur Yahuwah geskape is, is goed, en niks is verwerplik as dit met danksegging ontvang word nie. (1 Tim 4: 2 -4).
|
Paulus se waarskuwing oor valse leermeesters
In die oordrewe belangrikheid wat Ellen White plaas op die nie eet van kosher diere vleis, het Ellen White in haar geskrifte die duidelikste voorbeeld van valse leermeesters geplaas teen wie Paulus ons gewaarsku het, wat `n teken is van die laaste dae.
Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste dae sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang, deur die geveinsdheid van leunaars wat gebrandmerk is in hul eie gewete, wat verbied om te trou en gebied dat die mense hulle onthou van voedsel wat Yahuwah geskape het om met danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken. Want alles wat deur Yahuwah geskape is, is goed, en niks is verwerplik as dit deur danksegging ontvang word nie. (1 Timothéüs 4:1-4)
dVeronderstel dat jy steeds glo dat Ellen White nie die geloof versaak het toe sy gewaag het om Vader Yahuwah se ideale dieët vir Sy volk, brutaal teen te staan en dat Hy haar steeds as Sy uitverkose eind-tyd boodskapper vir Sy volk gekies het. In daardie geval, sal jy ons liefs nie glo as ons aanspraak maak dat ons `n paar brûe het om teen uitspattige pryse aan jou te verkoop nie.