Anti-Bybelse stellings deur Ellen White wat die SDA Kerk gelei het om die Drie-eenheid leerstelling te onderskryf
“Pasop vir valse profete, wie na julle kom in skaapsklere maar inwendig roofsugtige wolwe is,” Matthéüs 7:15 ESV |
Daar is geen twyfel dat Ellen White `n invloedryke rol gespeel het dat die Sewende-dag Adventiste kerk om haar historiese anti-Trinitariese posisie te verlaat en dit vervang het met die volle onderskrywing van die Drie-eenheidsleerstelling. Vanaf die begin van die kerk in 1844 tot in die laat neëntiende eeu, het die meeste Adventiste die konsep van die Drie-eenheid verwerp. Die vroeë Adventiste het nie die bybelse bewyse vir drie persone in een Godheid gesien nie.
Met die publikasie van Ellen White se Koning van die Eeue in 1898, was die verhoog gedek vir die paradigmatiese verskuiwing in die Adventisme geboorte van die Godheid en die leerstelling van die Drie-eenheid.
In die boek se eerste bladsye, het Ellen White bevestig: Vanaf die dae uit die ewigheid, was die Here Jesus Christus een met die Vader” (19).
In die hoofstuk oor die opstanding van Lasarus, sê Ellen White dat “In Christus is lewe, oorspronklik, onafgeleid. . . . Die goddelikheid van Christus is die gelowige se versekering van die ewige lewe” (530).
In lewering van kommentaar oor Christus se opstanding, het Ellen White verder afgedwaal van die Bybelse waarheid deur te verklaar, “Die Heiland het uit die graf opgestaan deur die lewe wat in Homself is” (785).
Deur die goddelikheid van Christus oor haar gevange lesers te forseer, het sy voortgegaan met die opinie oor die Heilige Gees deur die bekendstelling van `n onbybelse verklaring in dieselfde boek dat “Sonde weerstaan en oorwin kan word net deur die magtige agentskap van die Derde Persoon van die Godheid” (671).
Maar, Ellen White was verteer met die onderwerp van Christus se goddelikheid. Sy het lesers in haar essensiële boek, Die Groot Stryd, gewaarsku van die ‘gevaarlike dwalinge’ van die verwerping van die goddelikheid van Christus.
“Nog `n gevaarlike dwaalleer, is die leerstelling wat die goddelikheid van Christus ontken, wat aanvoer dat Hy geen bestaan gehad het voor sy advent na hierdie wêreld. Hierdie teorie is goedgunstiglik deur `n groot klas aangeneem wie belydende Bybelse gelowiges is; tog is dit direk teenstrydig met die eenvoudigste stellings van ons Heiland aangaande sy verhouding met die Vader, sy goddelike karakter, en sy voorafbestaan. Dit kan nie vertroetel word sonder die ongeoorloofde omverwerping van die Skrifte nie . . . . indien mens die getuienis van die geïnspireerde Skrifte aangaande die goddelikheid van Christus verwerp, is dit nutteloos om met hulle oor dié siening te redeneer; want geen argument, hoe afdoende ookal, sal hulle oortuig nie. . . . Niemand wie hierdie dwaling onderhou kan `n ware begrip van die karakter of die missie van Christus, of die groot plan van God vir die mens se verlossing hê nie.” (GC 88 524)
In dieselfde boek, Die Groot Stryd, stel sy Christus voor as `n gelyke met die Vader en die skepper van al die hemelse wesens:
“Voor die aankoms van die boosheid, was daar vrede en vreugde regdeur die heelal . . . . Christus die Woord, die eniggebore Seun van Yahuwah, was een met die Vader, -- een in gewoonte, in karakter, en in doelwit, -- die enigste wese in die ganske heelal wat binne alle raadsbesluite en doelstellings van God kon ingaan. Deur Christus, het die Vader in die skepping van alle hemelse wesens gewerk. . . . en aan Christus, gelyk met die Vader, het die hele Hemel getrouheid gegee.” (GS 88 493).
Ons sluit af met Ellen White se sluitsteen stelling oor die onderwerp van die Godheid, nes sy dit verstaan het, en wat die SDA Kerk gehelp het om `n Drie-eenheid Christen denominasie te word.
Kan jy jou verbeel Vader Yahuwah verkies `n boodskapper om essensiële instruksies af te gee, en tog eindig hierdie boodskapper deur haar geskrifte, wie die posisie van die denominasie verander van `n anti-Drie-eenheid na `n Drie-eenheids kerk? Weet jy van enige profeet/boodskapper in die Bybel wie teenstrydig met die geopenbaarde waarheid van hulle mede Yahuwah-verkose boodskappers gewerk het?
|
“Die Trooster wat Christus beloof het om te stuur nadat Hy na die hemel opgevaar het, is die Gees in al die volheid van die Godheid, wat die mag van goddelike genade manifesteer aan almal wie in Christus as `n persoonlike Heiland ontvang en glo. Daar is drie lewende persone in die hemelse trio; in die naam van hierdie drie groot magte – die Vader, die Seun, en die Heilige Gees – sal diegene wie Christus ontvang deur lewende geloof is gedoop, en hierdie magte sal saamwerk met die gehoorsame onderdane van die hemel in hul pogings om die nuwe lewe in Christus te leef.” (SpTB07 63)
Nou, aan almal wie glo dat Vader Yahuwah Ellen White verkies om Sy eindtyd boodskapper te wees, vra ons jou die volgende vrae:
- Kan jy jou verbeel Vader Yahuwah verkies `n boodskapper om essensiële instruksies, en tog eindig hierdie boodskapper deur haar geskrifte, wie die posisie van die denominasie verander van `n anti-Drie-eenheid na `n Drie-eenheids kerk? Weet jy van enige profeet/boodskapper in die Bybel wie teenstrydig met die geopenbaarde waarheid van hulle mede Yahuwah-verkose boodskappers gewerk het?
- Kan jy jou verbeel dat Vader Yahuwah `n boodskapper sal verkies wie só obsessief sal wees met die goddelikheid van Christus, wat waarsku dat ons verlossing pendel op die aanvaarding van Christus se goddelikheid?
- Wanneer gekies word aan `n boodskapper/profeet, kan jy jou indink Vader Yahuwah is onbesorgd of hierdie boodskapper nou getrou aan die Bybel se waarheid sal wees óf nie?
- Kan jy jou indink dat Vader Yahuwah `n boodskapper sal kies wie eie-handig `n hele Christen denominasie met sy 25 miljoen lede regoor die wêreld lei, wie die Drie-eenheid leerstelling onderskryf wat die Katolieke Kerk ondersteun, wat deur Vader Yahuwah as die Moeder van die Hoere, beskryf word?
Veronderstel dat jy steeds glo dat Ellen White Yahuwah se uitverkose boodskapper [soos ons geglo het tot en met 2017] tenspyte van alle flagrante teenstrydighede in haar geskrifte met die Bybel. In daardie geval, sal jy geneigd wees as ons aanspraak daarop maak dat ons nog `n paar brûe het om teen uitsonderlike pryse te verkoop het.