Tien Redes om te glo Openbaring was voor 70 AD geskryf
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons net die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuigings. Sulke artikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lesers nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige WLC [inhoud/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe en soek dat waar dit ookal gevind mag word. |
Na my onlangse artikel oor die Merk van die Dier, was ek verskeie vrae gevra. Een van hulle was omtrent die datum van Johannes se Openbaring sendbrief. Hierdie artikel sal poog om die vraag te beantwoord en `n saak maak vir die vroeëre datum, voor die verwoesting van Jerusalem in AD 70, in teenstelling met die latere datum onder Keiser Domitian.
Waarom maak dit saak? Wel, dit maak net saak as Openbaring handel oor die komende verwoesting van Jerusalem in AD 70, dan kan die saak gemaak word (soos ek gedoen het) dat die brief geskryf was ter waarskuwing van Eerste Eeuse Christene van daardie gebeurtenis en om Die Dier (Nero) te identifiseer. En om profetiese konteks te voorsien vir wat gou moes plaasvind.
Maar, as, bewys kan word dat Johannes Openbaring na die val van Jerusalem geskryf het, dan moet dit `n waarskuwing wees aan die Christene in die toekoms omtrent gebeure wat nog nie plaasgevind het nie.
Die tien redes hieronder was byna almal algeheel geneem uit die Wegrapinglose blog artikel hierbo gekoppel, maar my notas en kommentaar word onder elkeen gevind.
Die Opposisie
Eiland van Patmos
Voordat ek my redes deel waarom op die eerste datum aanspraak gemaak word, laat ons eers ondersoek waarom sommige glo dat dit na die heerskappy van Nero geskryf was omdat daar teenstrydige getuienisse is aangaande wanneer Johannes na die eiland van Patmos verban is (waar hy die sendbrief geskryf het). Sommige het gesê dat hy daarheen verban is deur Domitian (wie na Nero gekom het) en was op die eiland vanaf 81 AD en 96 AD. Maar, vele historiese dokumente kontrasteer daardie feit en sê dat Johannes was tydens die keiserskap van Nero (voor AD 70) verban was.
Die robuuste bewys vir `n latere datum kom van Irenaeus (120-202 AD), wie aanspraak maak dat Johannes dit geskryf het onder die heerskappy van Domitian. Maar, Irenaeus het `n vrotsige opsporings rekord vir historiese akkuraatheid. Byvoorbeeld, hy het ook opgeteken dat Yahushua se bediening oor twintig jaar gestrek het en dat hy op 50 gekruisig was. Niemand vat hierdie aansprake ernstig op nie, dus waarom ons miskien nie sy woord vir die datum van Johannes se Openbaring ook ernstig opneem nie.
Hier is tien redes dat ons vertrouelik die vroeë datum van Openbaring kan aanvaar eerder as die latere een.
Rede 1: Johannes Identifiseer Nero As Die Huidige Keiser
In Openbaring 17:10, sê Johannes, “En hulle is sewe konings; vyf het geval en een is; die ander het nog nie gekom nie, en wanneer hy kom, moet hy `n kort tydjie bly”
Hier is Johannes besig om die betekenis van die sewe koppige dier te identifiseer. Hy vertel dat die sewe koppe sewe konings is waarvan die vorige vyf gesterf het, en die sesde een lewe steeds. Indien u begin met Julius Ceasar (die eerste Keiser van Rome) en daarvandaan tel, sal ons vind dat die sesde Ceasar – die een wie nou heers – Nero is.
Kan dit meer duideliker wees as dit?Johannes self vertel ons dat die heerser van die Romeinse Ryk in die tyd dat hy die sendbrief geskryf het die sesde Ceasar was, en dat dit niemand anders as Nero was nie.
Rede 2: Die Siriakse Nuwe Testament
Een van die oudste bekende Nuwe Testament dokumene is uit die tweede eeu, bekend as die Siriak of die Peshitto. In hierdie vroeë weergawe, as jy blaai na die Boek van Openbaring, sal jy dit op die titel blad sien:
“Weereens, die openbaring was oor Johannes die Evangelis van Yahuwah toe hy op die eiland van Patmos was, waar hy deur die keiser Nero gegooi was.”
Sedert Nero Rome regeer het vanaf AD 54 tot AD 68, moes Johannes hierdie sendbrief tydens hierdie periode geskryf het.
Rede 3: Joodse Vervolging van Christene
Nuwe Testament verklaar dat, byna van die begin af, het die Joodse leiers die vroeë kerk vervolg. Paulus, die Apostel, was homself `n lid van die groep wat rondgegaan het en diegene wie Yahushua as die Messias gevolg het, gearresteer en getreiter het. Die vervolging deur die Jode het voortgeduur en intenser geraak, totdat iets drasties gebeur het: Die Joodse Tempel was vernietig, Jerusalem geplunder, en die Joodse geloofsisteem was effektief ontwortel.
Omdat Johannes verwys na die Joodse vervolging in Openbaring as iets wat Christene steeds verduur ten tyde van sy geskrifte, beteken dit dat die Tempel nog steeds gestaan het. Daarom, kan ons sy Openbaring dateer as geskryf voor AD 70.
Rede 4: Joodsgesindes Binne-in Die Kerk
Volgens Johannes se sendbrief, was Joodsgesindes baie aktief tydens sy geskrifte.
“‘Ek ken jou verdrukking en jou armmoede (maar julle is ryk), en die lastering deur diegene wie sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar `n sinagoge van die Satan. (Open. 2:9)
“‘Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg – Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het. (Open. 3:9)
Dit sou nie `n geval was as die Jerusalen Tempel verwoes was nie toe Johannes sy brief geskryf het nie.
Bykomend daartoe, eers wanneer Paulus se briewe teen Joodsgesindes (Galasiërs, Romeine, en die Efesiërs) gepubliseer en gesirkuleer is regdeur die vroeë kerk (iets wat ons kan veronderstel na die Openbaring brief van Johannes gekom het), sou hierdie aktiwiteit nie so maklik toegelaat word nie.
Dus na die brief van Paulus se afkeur van Joodsgesindes, sou dit nie `n issue gewees het nie. Die feit dat Johannes die probleem aanspreek beteken dat Paulus se briewe nog nie geskryf en gesirkuleer is nie. Daarom, was Openbaring geskryf voor Galasiërs, Romeine, en die Efesiërs, wat beteken dat dit Pre-AD 70 was.
Rede 5: Die Bestaan van Jerusalem en die Tempel.
In Openbaring, Hoofstuk 11, Word Johannes vertel om te gaan en “meet die tempel van Yahuwah en die altaar en die wat daarin aanbid.” (v.1)
Indien die Tempel verwoes was, kon Johannes dit ni gedoen het nie. Daarom, was Johannes se Openbaring blykbaar geskryf voor die vernietiging van Jerusalem in AD 70.
Rede 6: Gebeure Wat “Binnekort” en “Gou” Moet Kom
Regdeur Openbaring, gaan Johannes voort om sy lesers te herinner dat die gebeurtenisse wat hy in sy briewe vooruitwys sal plaasvind “binnekort,” “gou,” of “vining.”
“Die Openbaring van Yahushua Christus, wat Yahuwah hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur..” (Open.1:1)
“Salig is hy wat die woorde van hierdie profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.
“En hy het vir my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdi woorde verseël nie, want die tyd is naby.” (Open. 22:10)
“Hy wat getuig dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Heer Yahushua!” (Open. 22:20).
Rede 7: Christus Gesien Deur “Diegene Wie Hom Deursteek Het”.
Om hierdie redenasie te verduidelik (en die verwysing hierbo van Openbaring 22:20), is dit nodig om eerstens te verduidelik wat ons bedoel met “Koms” van Yahushua, inteenstelling met die “Terugkeer van Christus” aan die Einde van die Wêreld.
Daar is verskeie verwysinge regdeur die Bybel oor oordeel gebeurlikhede as “die koms van Yahuwah.” Soos byvoorbeeld, in die Ou Testament, vind ons profesies omtrent Yahuwah se oordele teen nasies uitgespreek op hierdie manier:
“Kyk die HERE ry op `n vinnige wolk en om na Egipte toe; en die afgode van Egipte wankel voor Sy aangesig, en die hart van Egipte smelt in sy binneste.” (Jesaja 19:1)
Het Yahuwah op `n wolk gery en Egipte ingeval? Nee. Maar die Assiriese leers het Egipte ingeval ter vervulling van die profesie omtrent die 7de eeu v C.
Dit is dieselfde wyse waarop Yahushua sê dat hy sal “kom op die wolke” om oordele oor Jerusalem te bring weens hulle verwerping van Hom en Sy evangelie. Soos byvoorbeeld vertel Hy die Hoe Priester dat hy Yahushua persoonlik sal sien kom op die wolke met mag.
“Yahushua antwoord hom: U het dit gesê. Maar Ek sê vir u almal: van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van Yahuwah en kom op die wolke van die hemel.
Hierdie belofte was gemaak aan `n sekere man Kajafas, die Hoë Priester: “Jy sal die Seun van die Mens sien …en kom op die wolke van die hemel.” (Matt. 25:64)
Yahushua het ook tydens Sy predikasie op die Olyfberg (wat alles handel oor die verwoesting van die tempel) die volgende geprofeteer:
“En dan sal die teken van die Seun van die Mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die Mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.” (Matt: 24:30)
So, nadat ons dit alles kwytgeraak het, laat ons nou kyk wat Johannes in Openbaring sê:
KYK, HY KOM OP DIE WOLKE, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die stamme sal oor Hom rou bedryf, ja, amen!
Hier sê Johannes dat dieselfde mense wie vir Christus gekruisig het sal hom sien “kom op die wolke,” wat nie net met Yahushua se eie woorde inskakel nie maar wat ook wys na `n toekomstige oordeel teen Jerusalem deur die gebruik van die frase “kom op die wolke” as `n verwysing na die OT gedeeltes hierbo.
Vir die rekord, “hulle wat Hom deursteek het” het nie meer gelewe in AD 96 nie soos sommige geglo het Johannes Openbaring geskryf het. Hoe weet ons dit? Omdat hulle almal in AD 70 doodgemaak is toe die Romeine Jerusalem woes gelaat het. Daarom, “hulle wat Hom deursteek het” het steeds gelewe voor AD 70, en dit beteken dat Johannes moes sy brief kon geskryf het terwyl hulle steeds moes geleef het.
Rede 8: Johannes se Toestand In AD 96.
Uit die geskrifte van Jerome (`n vroeë Kerk Vader) dat Johannes die Apostel in AD 96 gesien was n dat hy baie swak was, wat sê:
“hy was met moeisaamheid na die kerk gedra en kon slegs `n paar woorde met die mense wissel.”
Johannes was meegedeel “moenie die woorde van hierdie profesie van hierdie boek verseël nie,” Hoekom? Omdat hy vertel is dat die profesie “handel oor die dinge wat binnekort sal gebeur.” (Sien Openbaring 22:10)
|
Maar, as ons Openbaring 10:11 lees sê Johannes:
“Ek moet) weer profeteer oor baie volke en nasies en tale en konings.”
As Johannes Openbaring in AD 96 geskryf het, waar ons `n ooggetuie het wie sê dat hy beswaarlik kon loop of praat in daardie tyd, hoe kon Johannes dan voortgaan om te praat met engiemand in daardie toestand?
Maar, sou Johannes Openbaring in AD 70 geskryf het, sou hy baie lewensjare oorgehad het om te praat voor baie nasies en konings omtrent die Evangelie van Yaushua voor AD 96.
Rede 9: Daniël se Profesie
Toe die engel van Yahuwah aan Daniël sy profesie gegee het, was hy vertel “verseël die boek tot die tyd van die einde toe” (Sien Daniël 12:4) Maar die dinge wat hy geskryf het was slegs net 483 jaar verder weg. Maar Johannes word vertel om “nie die visioen te verseël nie.” Waarom? Omdat hy vertel was dat sy profesie “dinge behels wat gou moet gebeur.” (Sien Openbaring 22:10)
As die gebeure in Johannes se profesie slegs `n paar jaar weg was, (10 of 20 jaar), dan sal dit alles sin gemaak het. Maar, indien Daniël se profesie verseël was omdat dit `n ver ent weg was (489 jaar), maak dit geen sin dat Johannes se profesie NIE verseël was nie as dit “gou moes gebeur” meer as 2000 jaar later?!
Oor hierdie rede, glo ek dat Johannes se Openbaring geskryf was voor die verwoesting van Jerusalem in AD 70.
Rede 10: Slegs Sewe Kerke?
Johannes se brief begin met spesifieke boodskappe van Yahushua aan die Sewe Kerke in Klein Asië. As Johannes se sendbrief na AD 70 geskryf was, sê byvoorbeeld in AD 96, soos sommige aanvoer, sou daar baie, baie meer kerke in daardie omgewing was as net sewe.
Kaart van Klein Asië 1
TER OPSOMMING
Hierdie is die tien beste redes vir die aanvaarding dat die vroeë datum vir die skrywe van Johannes se Openbaring en vir die interpretasie van die gebeure gevind in die sendbrief soos vervul tydens die verwoesting van Jerusalem deur die Romeine in AD 70.
Dít is `n nie-WLC artikel deur Keith Giles
1 – Kaart van Klein Asië deur https://bible-history.com/maps/map-new-testament-asia-cities
Ons het alle heidense name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die naam van die Vader en Seun in die Skrif herstel, soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is – WLC Span