|
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |

Indien Yahushua God is en die tweede lid van `n drie-enige wese, nes vierde-eeuse raadbesluite later sou vasstel, sou ons verwag dat hy sou optree op `n manier soortgelyk aan `n goddelike natuur. As `n godheid, sou ons verwag dat Yahushua in sy naam sou kom, dit is, om op te tree in sy gesag, volgens sy eie wil of vasbeslotenheid. Maar wat ons in die Skrifte vind, is dat Yahushua nie een gedoen het nie. Instede daarvan het Yahushua gesê dat Hy in sy Vader se naam gekom het:
Johannes 5:43 “Ek het gekom in die naam van my Vader, en julle neem my nie aan nie. As `n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem.”
Wat beteken dit om in iemand se naam te kom?
"Ek het in die naam van my Vader gekom, en julle het my nie ontvang nie; as `n ander in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem.” (Johannes 5:43)
|
Wat het Yahushua bedoel toe hy sê hy in die Vader se naam kom? Volgens Bybel geleerde D.A. Carson, beteken die idioom om in iemand se naam te kom in hierdie konteks dat Yahushua “as sy Vader se afgesant”1 gekom het. Andrew Murray, sendeling, pastoor, en skrywer, brei uit op die Bybelse gebruik van die frase in sy boek In My Name:
Wat is `n persoon se naam? Daardie woord of uitdrukking waarin `n persoon geroep of aan ons voorgestel word. Wanneer ek `n naam noem of hoor, stel dit die hele persoon voor, wat ek van hom weet, en die indruk wat hy op my gemaak het. Die naam van `n koning sluit sy eer [sic] sy mag, en sy koninkryk in. Sy naam is die simbool van sy mag…En wat is dit om iets te doen in die naam van iemand anders? Dit is om met mag en gesag van daardie ander persoon te kom, as die verteenwoordiger en plaasvervanger.2
Agentskap
Skrifte voorsien ons met voorbeelde van profete wie gekom het as Yahuwah se agente of verteenwoordigers, wie Yahuwah se naam gedra het. Byvoorbeeld, die profeet Daniël het erken dat die volk van Israel gefaal het om te luister na diegene wie Yahuwah in Sy naam gestuur het:3
Daniël 9:6 “En ons het nie geluister na u knegte, die profete, wat in u Naam gespreek het tot konings, ons owerstes en ons vaders en tot die hele volk van die land nie.
By die brandende bos, het Yahuwah Moses bemagtig om in Sy naam te spreek met sy mede Isaeliete en die faroa van Egipte.4 Toe die Israeliete later voorberei het om die beloofde land in te gaan, het Yahuwah voorspel dat Hy `n ander profeet, nes Moses, sou stuur, wat ook bemagtig sou wees om Hom te verteenwoordig:
Deuteronómium 18:18-19 ‘`n Profeet sal Ek vir julle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal sy woorde in sy mond lê, en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel. 19 En die man wat nie luister na My woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis.”
Yahushua was die beloofde profeet wie in Yahuwah se naam gekom het, wat net die woorde spreek wat Yahuwah aan hom gegee het.
|
Yahushua was daardie beloofde profeet wat sou kom in Yahuwah se naam,5 wat net die woorde gespreek het aan hom gegee om te spreek.6
Johannes 17:6-8 “Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het U woord bewaar. 7 “Nou weet hulle dat alles wat u My gegee het, van U kom. 8 Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.”7
Nie net was Yahushua die beloofde profeet nie, hy was ook die beloofde herder.8 Yahuwah het deur Miga geprofeteer dat Hy `n man sou stuur wat die volk sou lei in “die naam van Yahuwah sy God.” Hierdie herder sou, inderdaad, heers vir Yahuwah (nie as Yahuwah soos vierde-eeuse eksegete dit later sou teoretiseer nie).9 Die menigte wat buite Jerusalem vergader het om Yahushua binne-in die stad te begelei, op wat ons deesdae Palm Sondag noem, het verstaan dat Yahushua daardie heerser sal wees gestuur in die naam van Yahuwah:
Johannes 12:13 [die menigte] palmtakke geneem en uitgegaan Hom tegemoet en geroep: Hosanna! GESEËND IS HY WAT KOM IN DIE NAAM VAN DIE HERE, die Koning van Israel.”
Yahushua is inderdaad Yahuwah se uitverkose koning (Jesaja 42:1; Matt. 12:18) wie gekom het in die naam of gesag van die HERE [Yahuwah]. Kragtens sy agentskap, het Yahushua dit duidelik gemaak dat om hom te ontvang, beteken dat jy die Een ontvang wat hom gestuur het:
Markus 9:37 “Elkeen wat een van sulke kindertjies ontvang in my Naam, ontvang My. En elkeen wat My ontvang, ontvang nie My nie, maar Hom wat My gestuur het.”
Wat het geleerdes te sê:
Ortodokse geleerdes is vinning om te erken dat wanneer Yahushua in Johannes 5:43 gesê het hy in sy Vader se naam gekom het, beteken dit hy het gekom as verteenwoordiger van Yahuwah.
|
Ortodokse geleerdes is vinnig om te besef dat toe Yahushua in Johannes 5:43 gesê het dat hy in sy Vader se naam gekom het, beteken dat hy gekom het as verteenwoordiger van Yahuwah.
Ellicott’s Commentary for English Readers - Ek kom in my Vader se naam – So ver van self-verheffing en eer-soeke, het Hy gekom in die naam, as verteenwoordiger, van die Vader, gelei slegs deur Sy wil, om net Sy eie werk te doen (Johannes 4:34).10
Gill’s Exposition of the Entire Bible – Ek kom in my Vader se naam….Mag en outoriteit; met sy toestemming, met sy wil, en volgens `n ooreenkoms met hom: Christus het nie uit sy eie gekom nie, in sy eie inisiatief, deur `n afsonderlike mag en wil van sy eie nie, maar was geroep, en gestuur, en het gekom deur wedersydse ooreenkoms; en het sy geloofsbriewe saam met hom gebring, deur sy werke en wonders te doen wat sy Vader aan hom gegee het hy moes doen.11
Expositor’s Greek Testament – Dit is net omdat ek gekom het in die Vader se naam dat julle my nie ontvang nie. Dat hulle nie werklik vir God liefgehad het nie kon hulle Yahushua nie waardeer en aanvaar wie in God se naam gekom het nie, dit is, wie werklik vir God verteenwoordig het nie.12
Craig S. Keener, The Gospel of John – Dat Johannes verwerp was alhoewel hy in die Vader se naam gekom het (5:43a) dui daarop dat sy vyande God verwerp het, want om in die naam van die Vader te kom beteken om as sy verteenwoordiger te kom (cf. 12:13).13
Yahushua het vryelik erken dat hy gekom het as Yahuwah se verteenwoordiger maar nooit gesê het dat hy Yahuwah was nie. Maar, het hy gekom as een wat gestuur was op die gesag van Yahuwah die Vader, “begelei slegs deur Sy wil, deur slegs Sy werk te doen.”14
Die werke bewys dat Yahushua in Yahuwah se naam gekom het
Sommige het verkeerdelik die wonderwerke van Yahushua toegeskryf aan `n innerlike goddelike mag. Maar ons word vertel dat dit Yahuwah was wie gewerk het deur Yahushua die Christus.15
Johannes 10:24-25 En die Jode het Hom omring en vir Hom gesê: “Hoelank hou U ons in onsekerheid? As U die Christus is, sê dit vir ons ronduit. Yahushua antwoord hulle: “Ek het dit vir julle gesê, en julle glo nie. Die werke wat Ek doen in die Naam van my Vader, die getuig van My.
Baie weier om te glo dat Yahushua `n man is wat in die naam van sy God gekom het, wat instede daarop aandring dat hy Yahuwah is wat as `n mens gekom het. Maar indien Yahushua God is, waarom het hy nie in sy eie goddelike naam en intrinsieke outoriteit gekom nie?
|
Yahushua se werke bewys dat hy die Christus was wat gekom het in Yahuwah se naam, maar hulle wou hom nie glo nie. Ongelukkig is daar `n ander tipe ongeloof wat deesdae heers. Baie weier om te glo dat Yahushua `n man is wat in die naam van sy God gekom het, wat instede daarop aandring dat hy Yahuwah is wat as `n mens gekom het. Maar indien Yahushua God is, waarom het hy nie in sy eie goddelike naam en intrinsieke outoriteit gekom nie? Waarom sou die tweede lid van die drie-eenheid, iets waaroor die Bybel nooit gepraat het nie, kom as `n verteenwoordiger van die Heilige Gees? Of die hele Drie-eenheid, in daardie geval? Dis omdat die Drie-eenheid `n post-Bybelse ontwikkeling is wat Skrifte kontrasteer.16 Yahushua self het gesê dat die Vader die enigste God is, terwyl hy die Christus is wie Yahuwah gestuur het.17 Yahushua se getuienis is inderdaad betrouenswaardig.
Sommige sal daarop aanspraak maak dat Fillipense 2 aandui dat Yahushua die geteoretiseerde God-natuur is, nes sommige die gedeelte interpreteer dat dit beteken om te kom instede daarvan om te verkies om onder die Vader se outoriteit te kom. Maar die konteks openbaar dat die gedeelte beter verstaan word as dat Yahushua die regte en voorregte wat aan Hom as Yahuwah se Christus (Messias) verleen is, dit wil sê, die aangestelde koning, opsy gesit het om 'n voorbeeld van nederige diensbaarheid te stel.
Skrifte leer herhaaldelik dat Yahushua nie gekom het uit sy eie inisiatief of outoriteit nie; maar, sy boodskap en die werke uitgevoer was omdat Yahuwah hom gestuur het en was werkend deur hom. Pastoor en Bybel geleerde Matthew Poole se parafrase van Johannes 5:43 som dit goed op:
Ek kom geklee met `n outoriteit van my Vader, deur Hom gestuur vir die doel, om sy wil te openbaar aan die mens vir hulle verlossing; Ek spreek, ek doen niks maar deur die outoriteit van my Vader wat my gestuur het; nóg mik ek na my eie heerlikheid, maar die heerlikheid van Hom wat my gestuur het: nogtans gee julle geen krediet aan my woorde nie, of aanvaar my nie, as die een wat Yahuwah gestuur het as die Verlosser van die mens nie.18
Ortodoksie gaan voort om sy post-Bybelse siening oor die man van Nasáret in te prent tenspyte van Yahushua se dikwels-herhaalde getuienis dat hy Yahuwah die Vader se verteenwoordiger is, nie Yahuwah homself nie:
Johannes 5:43 “Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As `n ander in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem.
1 D.A. Carson, The Gospel According to John, Vol. 43, (Grand Rapids: Wm B. Eerdmans Publishing, 1991), p. 505.
2 Andrew Murray, In My Name, (Henry Altemus Company, Philadelphia, 1896), p. 4.
3 Maar vir hulle wie sê dat hulle in Yahuwah se naam gekom het, maar nie deur Hom gestuur is nie, het Yahuwah `n ernstige teregwysing gegee. Deuteronómium 18:20-22.
4 Exodus 3:10-22; 5:23.
5 Handelinge 3:22-26; 7:37 en 52; Johannes 6:14; 7:40; 9:17; Matthéüs 21:11; 23:37-39; Lukas 7:16; 24:19.
6 Johannes 7:14, 16; 8:26, 28, 38, 40; 12:49-50; 14:10, 24; 17:6-8.
8 Johannes 10:11, 14.
9 Miga 5:2 en 4. Sommige interpreteer vers twee om te beteken dat Yahushua in die hemel as Yahuwah vooraf-bestaan het. Maar die frase “Sy …” dui daarop dat die menslike leier `n deel was van Yahuwah se plan van voor die grondligging van die wêreld, nie dat Yahushua letterlik vooraf-bestaan het nie. Sien ook Handelinge 2:23; 1 Petrus 1:20; Openbaring 13:8
10 Ellicott’s Commentary for English Readers, https://biblehub.com/commentaries/john/5-43.htm
11 Gill’s Exposition of the Entire Bible, https://biblehub.com/commentaries/john/5-43.htm
12 Expositor’s Greek Testament, https://biblehub.com/commentaries/john/5-43.htm
13 Craig S. Keener, The Gospel of John: A Commentary, Volume 1 (Grand Rapids: Baker Academic, 2012), p. 660.
14 Ellicott’s Commentary for English Readers, https://biblehub.com/commentaries/john/5-43.htm
15 Handelinge 2:22; 10:38; 14:10; Johannes 5:36, ens.
16 1 Korinthiërs 8:6; 1 Timóthéüs 2:5; Efesiërs 4:6; Johannes 17:1,3.
17 John 17:1, 3.
18 Matthew Poole’s Commentary, https://biblehub.com/commentaries/john/5-43.htm
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Bron: https://oneGodworship.com/in-my-fathers-name/
Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verderaan, het ons uit die Skrifte aangehaal al die name van die Vader en Seun, vervang soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is – WLC Span






