Die volgende ag Bybel verse bewys ongetwyfeld dat Yahushua `n God het. Hierdie feit is `n bewys dat Yahushua nie `n tweeledige natuur wese is nie, soos Ellen White en die Drie-eniges verkondig. Ons verheerlikte broer is 100% menslik. Indien hy `n goddelike natuur gehad het, sou hy nie behoefte het aan `n God nie. Maar omdat hy maar net menslik is, nes ons, het Hy `n God nes ons.
‘Hou ek ook nie op as ek aan julle in my gebede dink nie dat die God van onse Here Yahushua Christus, die Vader van die heerlikheid aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee.’ Efesiërs 1:17
Let Op: Hoe kan Yahushua “gelyk met God wees,” soos Ellen White en die Drie-eniges leer, en terselfdertyd “`n God het?”
“en ons gemaak het, konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.’ Openbaring 1:6
“Wie oorwin, Ek sal hom `n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie, en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam. Openbaring 3:12
Let op: Selfs in Openbaring (na sy dood, opstanding en hemelvaart), toe Yahushua alle gesag in die Hemel en Aarde ontvang het, en gaan sit het aan die regterhand van Yahuwah, erken hy steeds vir Yahuwah as sy God.
‘Geseënd is die God en Vader van onse Here Yahushua Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot `n lewende hoop deur die opstanding van Yahushua Christus uit die dode.’ 1 Petrus 1:3
Yahushua sê vir haar: Raak my nie aan nie want ek het nog nie opgevaar na my Vader nie, maar gaan na my broeders en sê vir hulle; ´Ek vaar op na my Vader en julle Vader, na my God en julle God.” Johannes 20:17
Yahushua sê vir haar: Raak my nie aan nie want ek het nog nie opgevaar na my Vader nie, maar gaan na my broeders en sê vir hulle; ´Ek vaar op na my Vader en julle Vader, na my God en julle God.” Johannes 20:17
|
‘Sodat julle die God en Vader van onse Here Yahushua Christus eendragtiglik uit een mond kan verheerlik.” Romeine 15:6
‘Geseënd is die God en Vader van onse Here Yahushua Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting.” 2 Korinthiërs 1:3
‘Die God en Vader van onse Here Yahushua Christus, geseënd tot in alle ewigheid, weet dat ek nie lieg nie.’ 2 Korinthiërs 11:31
Slotsom:
Paulus bevestig, “In die mond van twee of drie getuies, sal die woord vasstaan,” (2 Korinthiërs 13:1) Hier het ons ag geïnspireerde getuies dat Ellen White en die Drie-eniges willens en wetend verkies het om te ignoreer wat uitdruklik staaf dat Yahushua `n God het, en is daarvoor nie gelyk aan Vader Yahuwah nie. Dit is `n duidelike godslastering wanneer sterwelinge soos Ellen White leer dat Yahushua gelyk is met God, oneindig en alomteenwoordig. Dit is hoog tyd om die God van Ellen White en die Drie-eniges in die vullisdrom te gooi [die gepaste plek vir paganistiese afgode] en die een ware God van Yahushua, Vader Yahuwah, te aanbid.
Vir meer oor hierdie belangrike onderwerp: https://www.worldslastchance.com/directory#Godhead