Rebel van die Hemel Besoek Aarde: Veroorsaak Verwoesting
Ons het, die Name van die Vader en Seun, in die Skrifte aangehaal, op die WLC webtuiste herstel, soos hulle oorspronklik geskryf was deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel. Kliek hier om die Restored Names Version (RNV) van die Skrifte af te laai. Die RNV is `n nie-WLC bron. – WLC Span |
Terug in die verre verlede, voor die skepping van die aarde, was daar in die hemel een genaamd “Lucifer,” wie aan sy metgeselle bekend was as “die seun van die dageraad.”
Vreemder as fiksie is die Bybel verslag oor hoe hierdie gevalle engel `n rebellie ingestel het teen Yahuwah, `n menigte engele gelei het om hom te volg, en einde ten laaste uitgesit was uit die hemel. Lucifer, verander in “die duiwel.”
Lucifer, die Duiwel
1. Bestaan die duiwel regtig?
1 Peter 5:8. “Wees nugter en waaksaam, want julle teenstaander, die duiwel, loop rond soos `n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.” 1 Petrus 5:8.
Antwoord: Ja, die Bybel sê hy is ons vyand. Almal wie uit is om Yahushua te volg sal in stryd gebring word met hierdie meedoënlose vyand.
2. Was Satan altyd `n duiwel?
Antwoord: Nee, hy was oorspronklik een van Yahuwah se hoogste engele in die hemel. Yahuwah het hom geskape om die “skut engel” te wees wat staan by Yahuwah se troon en dit beskut met sy uitgestrekte vlerke. Hy was uitnemend mooi, vol van wysheid, en `n vaardige musikant. Hy was volmaak in al sy weë. Sien Eségiël 28: 12-15; 26:13.
Nie As `n Duiwel Geskape nie
3. Wat het hierdie beeldskone Lucifer in `n duiwel verander?
Antwoord: Lucifer het hoogmoedig geraak weens sy skoonheid (Eség. 28:15-17) en afgunstig teenoor Yahuwah; hy was vasbeslote om Sy plek in te neem as die Heerser van die heelal –
“Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies! 13 En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van Yahuwah en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. 14 Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!” (Jesaja 14:12-14).
4. En waarom het Lucifer gesondig?
Antwoord: Die sonde van Lucifer is onverklaarbaar. Om sonde te verskoon is om dit te verdedig. Lucifer het alles gehad wat Yahuwah kon gee behalwe Yahuwah se goddelikheid. Baie engele het in die rebellie deelgeneem teen Yahuwah en hulle, met Satan, was uitgewerp in hierdie wêreld (Openbaring 12:9). En so sal sonde ons almal uitgeworpenes maak, tensy ons bely en dit laat staan en nederig erkening gee van die soewereiniteit van Yahuwah.
5. Na Lucifer se rebellie, wat het met hom gebeur?
“En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.” Openbaring 12:9.
“En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam. Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos `n bliksem uit die hemel sien val.” Lukas 10:17-18. [Sien nota hieronder.]
“Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!” Jesaja 14:12.
Antwoord: Lucifer het die ondersteuning van `n derde van die engele gewen (Open. 12:3,4) en het `n opstand in die hemel veroorsaak. Yahuwah het geen keuse gehad as om vir Lucifer en sy engele uit te dryf nie. Dit was die grootste stryd, by verre, ooit geveg. Lucifer se doelwit was om die troon van Yahuwah oor te neem, selfs as dit eintlik na moord sou lei (Johannes 8:44). Na sy uitwerping uit die hemel, was Lucifer, Satan (teenstaander) en duiwel (lasteraar) genoem, en sy engele was demone genoem. In Lukas 10:17-18, het Yahushua Satan sien “val” omdat die dissipels by magte was om demone uit te dryf, wat sy mag en gesag verder omverwerp. Dit was toe Satan “gebind” is (Open. 20:2-3).
Die versoeker besoek Eden
6. Watter plek het Satan besoek na sy val?
“Jy was in Eden, die tuin van Elohim.” Eségiël 28:13.
Antwoord: Hy het in Eden verskyn waar Yahuwah Adam en Eva geplaas het.
7. In watter vorm het Satan Eva benader in die tuin van Eden?
Antwoord: Hy het die slang as `n medium gebruik en met Eva deur dit gepraat. Sien Génesis 3:1.
8. Deur die mens vryheid te gee om van die tuin van Eden te eet, watter enkele voorwaarde het Yahuwah gemaak?
“En Yahuwah Elohim het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.” Génesis 2:16, 17.
Antwoord: Dit was die toets van getrouheid aan die mens vir sy Skepper. Yahuwah het uit liefde aan Adam en Eva die keuse gegee, of hulle Hom nou sou gehoorsaam of nie. Indien Hy hulle nie hierdie keuse gegee het nie sou hulle geforseer wees om Hom te gehoorsaam, dus sou hul gehoorsaamheid soos van slawe of robotte wees en nie `n gehoorsaamheid van keuse omdat hulle Yahuwah lief het nie. Dood was die gevolg in geval van ongehoorsaamheid. Sien Génesis 3:1-3.
Twyfel aan Yahuwah se Woord
9. Hoe het Satan Yahuwah se Woord uitgedaag?
“Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie; maar Elohim weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos Elohim sal wees deur goed en kwaad te ken.” Génesis 3:4, 5.
Antwoord: Deur twyfel te werp op Yahuwah se woord. Satan se leuens was: (1) julle sal nie sterf nie, en (2) deur die vrug te eet sal julle wys word. Satan, wie leuens uitgevind het (Johannes 8:44), het waarheid met leuens gemeng om Eva te mislei. Dit was waar dat hulle “kwaad sou ken” na sonde. In liefde, het Yahuwah die kennis van hartseer, weemoed, lyding, pyn, en dood van hulle weerhou. Satan, nes hy deesdae doen, het die kennis van kwaad aantreklik laat lyk. Satan het leuens vertel om die karakter van Yahuwah verkeerd voor te stel want hy het geweet dat niemand ooit wegloop van so `n liefdevolle Skepper tensy hy Sy karakter nie reg verstaan nie.
10. Ná toegewing aan die stem van die verleier en ongehoorsaamheid aan Yahuwah, hoe het Adam en Eva gevoel?
“Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaar gewerk en vir hulle skorte gemaak. En hulle het die stem van Yahuwah Elohim gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van Yahuwah Elohim tussen die bome in die tuin. Toe roep Yahuwah Elohim na die mens en sê vir Hom: Waar is jy? En hy antwoord: Ek het U geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg.” Génesis 3:7-10.
Antwoord: Hulle was gevul met `n besef van skaamte en vrees.
11. Watter vloek het Yahuwah op die mens en die aarde uitgespreek, as gevolg van sy sonde?
“En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van die vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie – vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daaraan eet al die dae van jou lewe. Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet. In die sweet van jou aangesig sal jy jou brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy en tot stof sal jy terugkeer.” Génesis 3: 17-19.
Antwoord: Yahuwah het die grond vervloek om sy onthalwe.
Gevolge van Sonde
12. Wat het die hele familie deurgemaak as gevolg van Adam se sonde?
“Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het -” Romeine 5:12.
Antwoord: Ongekende swaarkry, hartseer, lyding, verwoesting, dood, ens……
NOTA: Onsterflikheid, belowe aan die mens op voorwaarde van gehoorsaamheid, was verbeur deur oortreding. Adam kon nie wat hy nie het aan sy nageslag nalaat nie; en daar kon geen hoop vir die afvallige ras wees, as dit nie vir Yahuwah was, deur Sy Seun op te offer, om onsterflikheid binne hul bereik te bring. Hoewel “die dood na alle mense deurgedring het omdat almal gesondig het,” Yahushua “die lewe en die onverderflikheid aan die lig gebring het deur die evangelie.” Romeine 5:12; 2 Timótheüs 1:10. En net deur Yahushua kan onsterflikheid verkry word. Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van Yahuwah bly op hom.” Johannes 3:26.
13. Waar is Satan se hoofkwartiere deesdae en watter posisie beklee hy?
"Toe vra Yahuwah vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord Yahuwah en sê: Van die swerwing oor die aarde, wat ek deurkruis het. Job 1:7. Sien Job 2:2.
“Wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal, met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.” Openbaring 12:12.
“Want waar `n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook `n slaaf geword.” 2 Petrus 2:19.
Antwoord: Anders as populêre opinie, is Satan se hoofkwartiere die aarde. Yahuwah het aan Adam en Eva heerskappy oor die aarde gegee (Genesis 1:26). Toe hulle sondig, het hulle dit aan Satan verloor (Romeine 6:16), wie toe die heerser geword het, of die prins van die aarde (Johannes 12:31). Satan haat die mense verskriklik, wie geskape was na die beeld van Yahuwah.
14. Watter metode gebruik Satan om die mens te laat omkom?
Daar is sewe hoof weë van aanval waardeur die vyand werk:
A. Deur misleiding. In die tuin van Eden het hy die vorm van die slang aangeneem en Eva mislei. (Génesis 3:1).
“En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in die oortreding gekom.” 1 Timótheüs 2:14.
Misleiding is die duiwel se hoof metode-eerstens, laastens, en altyd. Hy sal enige persoon mislei wat nie vir Yahuwah lief is nie, en die waarheid met opregtheid. (2 Thessalónicense 2:1-12). Om mislei te wees beteken om te dink jy is reg, terwyl jy verkeerd doen. Maar ons moet nie die duiwel blameer vir ons eie dade nie. Ons kan ons self mislei. (1 Korinthiërs 3:18; 1 Johannes 1:8).
B. Deur mense wie bely dat hulle diensknegte van Yahuwah is.
“Want die Satan self verander hom in `n engel van die lig.” 2 Korinthiërs 11:14. Hy werk deur sondige mense, sommige wie bely dat hulle Yahuwah se dienaars is.
“Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Messias. En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in `n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.” 2 Kor. 11:13-15.
C. Deur organisasies. “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheerser van die duisternis van hierdie eeu, teen die Bose geeste in die lug.” Efesiërs 6:12.
D. Deur wonderwerke. “Want dit is die geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van Yahuwah die Almagtige.” Openbaring 16:14 (2 Thessalónicense 2:8-9).
NOTA: Satan wou Petrus beheer (Lukas 22;31-33). Hy het vir Judas oorrompel (Lukas 22:33). Hy het in Ananias se hart gekom en hom gelei om vir die Heilige Gees te lieg (Handelinge 5:1-5).
Yahushua het gewaarsku: “Pasop dat niemand julle mislei nie.” (Matthéüs 24:4). Dít is die einste dae dat ons versigtig moet wees, tensy enige persoon of enige wonderwerk ons mag lei om Yahuwah nie te glo nie of nie te gehoorsaam nie. (Matthéüs 24:24; 2 Timóthéüs 3:13).
Paulus het gewaarsku van die groot afval deur al die kerke en denominasies, om uiteindelik deur die “mens van sonde” beheer te word. Hierdie man sal aanspraak daarop maak dat hy `n ander godheid is. Satan het nie van Yahuwah se wette gehou nie, en het gewens om sy eie troon te plaas oor die van Yahuwah. Op aarde het hy biljoene mislei met `n godsdienstige stelsel deur mens as `n godheid te verhef, deur hom te lei om te peuter met die Tien Gebooie, en poog om dit te verander; sodoende het hy probeer om sy aanspraak as godheid te bewys. Ons moet nie voortgaan om deur Satan mislei te word nie, deur die mens, deur organisasies, of deur onsself nie.
E. Deur beskuldiging. “Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse Eloah geword, en die mag van Sy Gesalfde; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse Eloah, dag en nag.” Openbaring 12:10.
Satan het Yahuwah voor Eva aangekla (Génesis 3:4-5). Hy het Job by Yahuwah beskuldig (Job 1:8-11; 2:4-5). Hy het Josua, die hoëpriester, beskuldig of teengestaan (Sagaria 3:1-2). En hy sal jou veroordeel, beskuldig, en treiter met vele bose beskuldigings.
Hy sal na jou kom en jou vertel dat jy onbevoeg is om gered te word, dat jy te veel keer misluk het, of dat jy `n te groot sondaar is. Hy sal jou sondes uit die verlede opbring om jou te ontmoedig.
F. Deur beproewinge. “En die Satan het weggegaan van die aangesig van Yahuwah, en hy het Job met bose swere getref, van sy voetsool tot sy skedel.” Job 2:7.
Hy het `n vrou vir agtien jaar gebind. Maar hierdie vrou, wat `n dogter van Abraham is, wat die Satan – dink daaraan! – agtien jaar gebind het,” Lukas 13:16. Hy het Paulus se vlees geslaan (2 Korinthiërs 12:7-10). Satan het baie mense geteister, beide heiliges en sondaars.
G. Deur vervolginge. Wanneer die duiwel nie mense kan bring om te glo deur misleiding nie, sal hy probeer om hulle in vervolging te bring. Hy is `n lae en gemene meester, en wek booshede op teenoor Yahuwah se volk. Hy vervolg die opregte en getroues wat in hul huise aanbid. Lees Openbaring 12. Hy voer oorlog met onderhouers van die gebooie (Openbaring 12:17).
“Hy was `n mensemoordenaar van die begin af.” Johannes 8:44.
“Hy was `n mensemoordenaar van die begin af.” Hy was daarop uit om die mens se liefde te vernietig vir, en gehoorsaamheid aan, sy Skepper; en hy het, deur die eeue, valse godsdiens aangehits om die heiliges van Yahuwah te vervolg selfs tot die dood toe. Yahushua het gesterf sodat Hy mag “hom vernietig wie die mag het oor die dood, dit is, die duiwel” (Hebreërs 2:14).
Onthou Yahuwah het Lucifer geskape, nie Satan nie. Die verandering van die regverdige Lucifer na die sondige Satan was deur Satan homself gemaak. Yahuwah kon Sy skepsele op een van twee wyses gemaak het, met die mag van keuse of daarsonder. Hy het hulle geskape met die mag van keuse. Dit is die enigste intelligente, bevredigende weg. Sy wesens dien Hom omdat hulle Hom liefhet en verkies om Hom te gehoorsaam.
Solank as Yahuwah die mag van keuse gee, mag boosheid gekies word, wat die teenoorgestelde van Yahuwah se weg is. Van alle skepsele van Yahuwah, het Lucifer die minste verskoning gehad om te sondig omdat hy die hoogste was. Maar hy het moedswillig jaloesie gekies.
Ek roep vandag die hemel en aarde tot getuie teen julle dat ek die lewe en die dood aan julle voorgehou het, die seën en die straf. Kies die lewe, sodat jy en jou nageslag kan lewe.20 Om [Yahuwah jou Skepper] lief te hê, deur sy stem te gehoorsaam, en deur Hom aan te hang, want dit is jou lewe en die lengte van dae, ------ Deuteronómium 30:18-19 [NASB]
Sal jy soos Josua, kies om jou Skepper, Yahuwah te dien?
Maar as dit verkeerd is in jul oë om Yahuwah te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: óf die [valse] gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat Rivier gedien het, of die gode van die Amoriete in wiese land julle woon, maar ek en my huis, ons sal Yahuwah dien. Josua 24:15