Die dood van `n geliefde bring hartseer, verdriet, `n verlange na tweede kanse, en dikwels . . . . vrae.
"Is dit al wat daar is?"
"Is sy verewig weg?"
"Wat gebeur nou met hom?"
"Waar is hy?"
"Waarlik my baba is nou in die hemel... Is sy nie?"
"As ek maar net seker kan wees!"
"Ek kan nie die gedagte uitstaan dat hy in die vagevuur moet ly nie!"
"Watter soort God verbrand mense?"
"Is sy daarbo besig om my dop te hou? Al die tyd?"
"Selfs as ek . . . . is ek nie seker of ek van die idee hou dat ek alle tyd dopgehou word nie!"
"Die siel wat sondig, die moet sterwe." (Esegiel 18;4,Ou Vertaling.)
"Want daar is geen mens wat nie sondig nie" (1 Konings 8:46, Ou Vertaling)
"Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle van die heerlikheid van . . . [Yahuwah]. (Romeine 3:23, Ou Vertaling.)
"Want my asem is nog heeltemal in my en die lewensasem van . . . [Yahuwah] is in my neus." (Job 27:3,Ou Vertaling)
"Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie daar geen heil is nie. Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op die dag [die dag van sy dood] is dit met sy planne gedaan." (Psalm 146:3,4 Ou Vertaling)
"Die loon van die sonde is die dood." (Romeine 6:23a)
"Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet." (Prediker 9:5, Ou Vertaling)
As openhartige Bybel studente, moet ons altyd toegee aan die magdom van bewyse in die studie van die Skrifte. Handleiding en tradisie het baie gelei om te kleef aan `n verkeerdelike insig van die staat van die dode. |
"In die sweet van jou aangesig sal jy jou brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem, Want stof is jy en tot stof sal jy terugkeer." (Genesis 3:19,Ou Vertaling)
"En dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid
Voordat die ongelukkige dae [van ouderdom] kom,
En die jare aanbreek waarvan jy sal sê, 'Ek het daar geen behae in nie.'
Voordat die silwerdraad verwyder word . . . .
En die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het,
En die gees na . . . [die Skepper] terugkeer wat dit gegee het."
(Prediker 12:1, 6-7,Ou Vertaling)
"Want in die dood word aan u nie gedink nie; wie sal u loof in die doderyk?" (Psalm 6:6, Ou Vertaling)
"Die dode en almal wat in die stilte neerdaal, sal . . .[Yahuwah] nie loof nie." (Psalm 115:17,Ou Vertaling)
"Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. Want as ons glo dat Yahushua gesterwe en opgestaan het, dan sal die Vader ook so die wat in Yahushua ontslaap het, saammet Hom bring. Want dit sê ons vir julle deur die woord van Yahuwah, dat ons wat in die lewe oorbly tot die wederkoms van Yahushua, die ontslapenes (afgestorwenes) hoegenaamd nie sal voor wees nie. Want Yahushua self sal van die hemel neerdaal met `n geroep, met die stem van `n aartsengel en met die geklank van die basuin van Yahuwah, en die wat in Yahushua gesterf het sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saammet hulle in die wolke weggevoer word die Verlosser tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by Yahushua wees. Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde." (Sien 1 Thessalonisense 4: 13-18)
"Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van Yahuwah is die ewige lewe in Yahushua, onse Verlosser." (Sien Romeine 6:23)
"Kyk, ek deel julle `n verborgenheid mee, Ons sal wel nie almal ontslaap nie maar ons sal almal verander word, in `n oomblik in `n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word. Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word." (1 Korinthiërs 15:51-53, Ou Vertaling)
"Uit die mag van die doderyk sal Ek hulle loskoop, Ek sal hulle verlos van die dood.
Dood waar is jou pestilensie? Doderyk, waar is jou verderf ?" (Hosea 13:14, Ou Vertaling)
"Dood, waar is jou angel?
"Doderyk, waar is jou oorwinning?"
(1Korinthiërs 15:55, Ou Vertaling)