Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC se huidige Bybelse oortuigings. Sulke atrikels kan dus beskou word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar ons raai ons lesers nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige WLC [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |
“Die Mens is sonder bewuste bestaan in die dood”1
Ek het onlangs deur `n ondervinding gegaan wat my oë geopen het vir die kwessie “van die slaap van die dood” op `n manier wat ek my nie voorheen kon indink nie. My dokter het gesê dat ek `n operasie moes ondergaan om sekere uterus gewasse wat te vinnig en groot groei en ander funksie in my liggaam bedreig, verwyder moes word. Ek mag sê daardie oggend het ek met veel voorbedagte rade na die hospitaal gegaan. Ek was nie seker hoe dit sou afloop nie. Ek was gewarsku of soos hulle sê “ingelig” van moontlike komplikasies, die dood inkluis! Wel, ek is nie `n baie heldhaftige persoon nie, ek het bly dink, sê nou dit was dít? Wat as ek dit nie terugmaak nie? Wat daarvan as iets skeefloop… Toe het ek besef hoe desperaat ek was om te lewe en nie wou sterf nie! Om sake erger te maak, het my chirurg `n noodgeval gehad wat van haar vereis het om `n buitelandse reis te onderneem op die dag van my operasie! Wat `n selfvertroue het ek nie gehad nie om te besef dat sy nie sal by wees wanneer ek “bykom” nie!
Wel, om `n lang storie kort te knip, skryf ek die woorde, dinge het dus nie so sleg afgeloop nie! Maar die punt is dat, toe hulle verdowing toegedien het, het ek nie `n idee gehad nie – die laaste ding wat ek kan onthou was om te sê dat ek koud was en iemand wat `n warm kombers oor my gooi. Byna vyf ure later, het ek met baie pyn wakkergeskrik. Maar, dit was dalk nes asof `n fraksie van `n sekonde verloop het, en nie `n hele vyf ure nie! As dit inderwaarheid `n duisend jaar tussen my laaste bewuste gedagte en die tyd dat ek ontwaak het was, sou dit steeds niks vir my beteken het nie. Ek onthou net dat dit aand was toe ek in die herstel kamer gestoot was, terwyl my laaste “ontwakings” oomblik mid-oggend was. My vrese was eers toe werklikheid vir my omdat ek bewustelike kennis van die prosedure gehad het voordat dit toegedien was. Maar ek het niks gevoel nie, niks geweet nie, vrees gehad vir niks, en selfs niks vermoed nie omdat ek bewusteloos was!
Geen Kennis met die Dood nie
Wat beteken dit dan alles? Ek moet sê dat ek vertroos was met die wete dat ons werklik “rus” wanneer ons slaap/sterwe. Ek het nie gesterf nie, maar die proses wat ek deurgemaak het is dit van afskakeling van alle bewustheid deur verdowing, terwyl die operasie uitgevoer word. Dit was die diepste slaap wat ek ooit gehad het, en blykbaar die naaste wat ek ooit sal kom aan die slaap van die dood voor die ware jakop! Daar is nie meer denke, geen pyn, geen bekommernis, niks nie. Ek kon nie langer deel hê van die proses van die verwydering van die gewasse as wat ek kon hê in die gesprekke wat moes plaasgevind het tydens die operasie nie, selfs as ek wou. Waarom nie? Want ek was heeltemal daarvan afgeskakel, en my lot was in die hande van die anesthetioloog wie soos ek vertel was met die chirurge gebly het regdeur die proses, net om te monitor en seker te maak ek bly buite bewussyn. Hiervoor het ek `n aansienlike bedrag geld betaal omdat my lewe letterlik in sy hande was!
Die skrywer van Prediker sê, “Want die lewendes weet dat hulle sal sterwe, maar die dooies weet glad niks, want hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet. Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn, en hulle het lankal geen deel meer van alles wat gebeur onder die son nie.” (Pred. 9:5,6). Hierdie vers kanseleer beslis een van die vele misleidende uitdrukkings uit wat mense gebruik as iemand sterf – “hy het gegaan na sy loon” – verkeerdelik toegepas dat mens sy beloning ontvang tydens die intrede van die dood. In `n mate sou hierdie uitdrukking waar wees, as mens deur dit te glo die feit dat die volgende oomblik van bewustelikheid na die dood die opstanding sal wees, die punt waarby gelowiges beloon word. Ongelukkig dink die proponente van hierdie misverstand nie in hierdie wyse nie. Hulle het die belofte/beloning verander om te beteken “om na die hemel te gaan” in plaas daarvan om die aarde/land te beërwe soos eerste aan Abraham belowe was.2 Dus, met `n verwronge idee van wat die beloning is, hoe kan hulle weet waar dit te vinde is?
Ek stem saam “Dit is onmoontlik om die Christen geloof te verduidelik sonder om nie die betekenis van die term Koninkryk van Yahuwah te verklaar nie.”3 Ongelukkig het nie baie predikers hul tyd en energie belê om dit te verduidelik nie. Dit is geen wonder dat `n menigte welmende en opregte Christene verstok is met die idee dat wanneer iemand sterf, hy regtig na die hemel gaan om sy beloning te ontvang! Dit is ongelooflik eenvoudig, ek moet erken dat ek het ook opgegroei met dieselfde “na die hemel gaan” preek. Maar toe ek die tyd geneem het om die Skrifte vir myself te studeer, het ek begin besef dat ek nie die korrekte prentjie van die mens se lotsbestemming gehad het nie, en gevolglik wat dooie mense doen – soos bv. niks! Net Christus het die gesag deur Yahuwah aan hom gegee om iets te doen vir die dooies – om hulle op te wek met sy Wederkoms.
“Kyk ek kom gou, en my beloning is met my, om elkeen te vergelde soos sy werk sal wees.” (Open. 22:12) Dit dui aan dat die beloning gegee sal word met Christus se wederkoms. In elk geval kan mens nie die beloning kry met die dood nie omdat soos Alva Huffer na regte sê: “Om `n beloning te ontvang, moet mens kennis hê. Maar, die dode, is bewusteloos.”4 Verder maak die skrywer van Hebreërs dit duidelik dat niemand reeds die beloning ontvang het nie, nie eens die patriarg-heiliges van die Ou Testament nie: “Hulle almal het in geloof gesterf, sonder om die beloning te ontvang, maar wat dit gesien het en verwelkom het van `n afstand, en bely het dat hulle vreemdelinge en uitgeworpenes op die aarde was” (Heb. 11:13). Hierdie belofte/beloning word nie toegeken aan indiwidue wanneer hulle sterf nie, maar dit sal gegee word aan alle gelowiges tydens die Wederkoms. Die Psalmdigter sê: “Die dooies prys nie Yahuwah nie, ook nie almal wat in stilte neerdaal nie.” (Psalm 115:17). Ek verbeel my die opgewondenheid wanneer die beloning/belofte ontbloot en gegee word aan die gelowiges – dit blyk byna onafwendbaar dat daar `n groot blydskap en lofprysinge, en feesvieringe en uitroepe sal wees! Die Psalm digter herinner ons dat die afgestorwenes dit nie kan doen nie. Die profeet Jesaja het ook gesê: “Want Sheol sal u nie loof nie, die dood U nie prys nie; die wat in die kuil neerdaal sal op U trou nie hoop nie. (Jesaja 38:18). Dus is die opstanding die enigste weg dan vir die wie sterf, /slaap/ in die put afdaal of die graf of Sheol of Hades kan hoop op Yahuwah se getrouheid. Weereens, sou die “helde van geloof” soos opgeteken in Hebreërs nie nodig hê om te wag vir hulle beloning nie, as dit tydens die dood toegeken is. Ons word hiervan in kennis gestel deur die skrywer van Hebreërs: “En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte nie verkry nie. omdat Yahuwah iets beters oor ons beskik het, sodat hulle nie sonder ons volmaak sou word nie.” (Heb. 11:39, 40). Gelowiges wat volmaak gemaak word beteken om onsterflikheid te kry as beloning tydens die opstanding. Christus is die “vervolmaking” van ons geloof. Waarom? Want Hy is die eersteling vrugte onder almal wie slaap, en die eerste voorbeeld van `n onsterflike menslike wese. Yahuwah het dieselfde toekomstige lewe aan almal belowe wie Hom vrees, want “ons sal soos Christus wees,” die apostel Johannes sê: Dit beteken dat ons opgewek sal word tot onsterflikheid nes Christus is. Dit is wat baie van ons kerkvaders “Voorwaardelike Onsterflikheid” noem – toegeken op voorwaarde dat ons die vereistes van die Koninkryk na kom.
Tydens my operasie, kon ek nie enige bydrae lewer tot enigiets ongeag hoe hard ek probeer nie. Ek het geen visioene of drome van enige soort gehad terwyl ek in hierdie toestand van “niksheid” was nie. Dit is soos krag wat afgeskakel word – net dat dit vir `n paar ure was. Georgia Kragsentrale kan besluit om die hoofstroom kragtoevoer te staak, so dat geen pogings van aanskakeling van indiwiduele kragskakelaars in huise wat Georgia Krag gebruik elektrisiteit in hul huise bring nie. Maar `n huiseienaar mag die ligte vir `n tyd afskakel, en dan weer aanskakel. Ek het gevoel soos die hoofstroom kragvoorsiener – die asem van die lewe wat Yahuwah in Adam ingeasem het om van hom `n lewende wese te maak – was steeds vir my aan, behalwe dat die dokters, met die kennis wat Yahuwah aan hulle toevertrou het, by magte was, om so te sê, die skakelaar af te sit sodat daar geen asem in my was, vir `n tydjie nie. Hulle het gewag en dit weer aangeskakel toe die proses verby was. Ek neem aan as die hoof kragstroom krag – die asem van die lewe, wat van Yahuwah kom – werklik afgeskakel was, sou ek nie wakkergeword het nie, ongeag wat die dokters gedoen het!
Vir diegene wie sê dat gelowiges na die hemel gaan met die afsterwe, is daar sterk bewyse van die teenoorgestelde. Soos aangehaal uit Openbaring, kon Christus nie na die aarde terugkeer met sy beloning vir die gelowiges as hulle alreeds in die hemel is en hulle geskenk geniet nie! Nogmaals, daar is geskryf dat net Christus na die hemel opgevaar het na hy opgestaan het uit die dode en bekroon was met onsterflikheid. Die apostel Petrus, met sy verkondiging van die evangelie na Christus se opstanding sê: “Want Dawid het nie in die hemel opgevaar nie, maar hyself sê: DIE HERE HET GESPREEK TOT MY HERE, SIT AAN MY REGTERHAND, TOTDAT EK U VYANDE GEMAAK HET `N VOETBANK VAN U VOETE.’” (Handelinge 2:34, 35).
Petrus het duidelik Psalm 110:1 aangehaal, wat ook aangehaal was deur die skrywer van Hebreërs namate hy verduidelik wie Christus was in verhouding met Yahuwah, engele en die mens (Heb. 1:13). Die skrywer verwys na Yahuwah wie praat met Christus wie alleen op die oomblik sit aan die regterhand van Yahuwah, waar, soos die skrywer van Hebreërs sê: hy bemiddeling vir gelowiges doen voor die Vader (Heb.7:25).
“Dood as “Slaap,” “Rus,” selfs “Ontslaap”
Die dood was beskryf as “slaap” in die Skrifte – nie net in die Nuwe Testament nie, maar in die Ou Testament ook. In alle gevalle, is die verwysing duidelik vir die dood. Sommige druk dit uit as “rus,” terwyl ander vertalings die uitdrukking “ontslaap” gebruik. Sommige van hierdie verse word hieronder gesien:
Deuterónomium 31:16: Toe sê die HERE vir Moses, ‘Kyk jy ontslaap met jou vaders…,” Dit was aan die einde van Moses se lewe, en weergee die profeet Daniél se visioen toe hy meegedeel was, “En jy, gaan heen na die einde, en jy sal rus en weer opstaan tot jou bestemming aan die einde van die dae.” (Dan. 12:13). Dit is `n magtige stelling omtrent die slaap/rus van die dood! Dit bewys verder, soos reeds vroeër bespreek, dat mens moet “opstaan” (na die dood) om jou beloning aan die “einde van die tyd te kry.”
1 Konings 2:10: “Toe het Dawid ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in die stad van Dawid.” Dit is die moeite werd om te let dat die apostel Petrus, na die opvaarding van Christus in die hemel, gesê het, “Broeders, ek kan vry-uit met julle spreek oor die aardsvader Dawid, dat hy gesterf het en ook begrawe is, en sy graf is by ons tot vandag toe.” (Handelinge 2:29). Later skryf Paulus, “Want Dawid het ontslaap, nadat hy sy eie geslag volgens die raad van God gedien het, en hy is by sy vaders weggelê en het verderwing gesien” (Handelinge 3:36).Job 7:21 “Want weldra sal ek in die stof lê, en U sal my soek, en ek sal daar nie wees nie. Ook in Job 14:12 sê die skrywer, So lê die mens dan sonder om weer op te staan, totdat die hemele nie meer is nie, word hulle nie wakker of uit hul slaap opgewek nie.”
Psalm 13:3: “Aanskou tog, verhoor my, Yahuwah my Elohim! Verlig my oë, sodat ek nie in die dood inslaap nie.”
Jeremia 51:39: “En `n ewige slaap kan slaap en nie wakker word nie.”
Daniël 12:2: “En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.” Hier`s die prentjie van die opstanding – wanneer die gelowiges ontwaak uit hul “ewige slaap” om hul beloning te ontvang, en die sondaars vir wat hulle gedoen het met die lewe wat Yahuwah aan hulle gegee het.
11:11-14 gee die klasieke voorbeeld vir die gebruik van die term “slaap” deur Yahushua self. Toe Lasarus gesterf het, het Yahushua na hom verwys dat hy “slaap,” En daarna het Hy hom “uit die graf geroep” – neem notisie dat Hy hom nie uit die hemel afgeroep het nie. Die afgestorwenes kan nie alreeds met Christus terugsit in die hemel nie, as Hy weer terugkom om almal wie “slaap in Christus” vir die ewige lewe op te wek nie. “Dit het Hy gespreek: en daarna sê Hy vir hulle: Lasarus ons vriend slaap, maar Ek gaan om hom wakker te maak. Sy dissipels sê toe: Here, as hy slaap, sal hy gesond word. Maar Yahushua het gespreek van sy dood, terwyl hulle gedink het dat Hy van die rus van die slaap spreek. En toe sê Yahushua vir hulle rond-uit: ‘Lasarus is dood.” ( 11:11-14).
Handelinge 7:60 doen verslag oor Stefanus se dood: “En hy het op sy knieë neergeval en met `n groot stem uitgeroep: Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie! En met hierdie woorde het hy ontslaap.
1 Korinthiërs 11:30: “Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en `n aantal het ontslaap.”
1 Korinthiërs 15:6: “Daarna het hy verskyn aan meer as vyfduisend broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog lewe, maar sommige al ontslaap het.” Vers 20 sê, “Maar nou, Christus is opgewek uit die dode, Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.” Dit gee my baie hoop – om te weet dat nes Christus uit de dood opgewek was, sal ons ook uit die dood opgewek word as ons in Yahuwah, en Yahushua Christus Sy Seun glo vir wie Hy gestuur het om die boodskap van `n toekoms van hoop te verkondig – die Koninkryk van Yahuwah soos wat die bedoeling was!
In 1 Thessalonicense 4: 13-15 is ons `n verduideliking gegee oor die dood en opstanding in baie duidelike taal. Paulus het blykbaar vrae en hindernisse in die gesig gestaar oor die geloof soos ons deesdae het, en veral rakende die saak van die menslike lot. Boonop, het `n menigte van sy luisteraars nie geglo in die opstanding van die dood nie. Hy gebruik die woord “slaap” afwisselend met die dood as Hy sê, “Maar broeders ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. Want as ons glo dat Yahushua gesterf en opgestaan het, dan sal Yahuwah so ook die wat in Yahushua ontslaap het, saam met Hom bring. Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.
1 Thessalonicense 5:10 “… wat vir ons gesterf het, sodat ons, óf ons waak óf ons slaap, saam met Hom kan lewe.” Waak of slaap, lewend of dood wil voorkom asof dit op `n uitruil basis gebruik word in die betekenis hier.
`n verslag deur Edwin Froom oor die verskille tussen die mens en die dier, het hy gesê dat wanneer die dier sterf, bestaan hulle permanent nie meer nie – geen toekomstige lewe nie. Van die mens sê hy, “verloste en geregenereerde mense sal uitgeroep word uit sy slaap deur Christus … tot `n lewe wat opweeg teen die lewe van Yahuwah, en in die ewige gemeenskap daarna met Yahuwah.”5 Dis die prentjie van die opstanding. Dit blyk duidelik dat die skrywer die term “slaap” gebruik het om dood te beteken, nes ons in die Skrifte gesien het. Die verlostes sal uitgeroep word, nes Lasarus uit die graf geroep was nadat hy vir vier dae dood “ontslape” was.
Ter opsomming, mag ek sê, dat ek gefassineerd is met die kwessie van die slaap van die dood, hoofsaaklik omdat ek besef hoe mis-ingelig ek as `n jong meisie was wat die Sondag skool bygewoon het. Dit is definitief makliker vir my om dit te verstaan, omdat selfs in my moedertaal as iemand sterf, sê ons hy of sy het “ontslaap” (onindo), wat dieselfde woord is as wanneer ons elke nag gaan slaap. Ek dank Yahuwah dat ek hierdie verbintenis kan maak, en verstaan dat die dode niks kan doen omdat hulle nie kan nie!
1 Alva G. Huffer, Systematic Theology, Oregon, IL: The Restitution Herald, 1960, p. 155.
2 Genesis 12:1; 13:15; 17:6-8; Handelinge 7:5.
3 Anthony F. Buzzard, Our Fathers Who Aren’ t in Heaven, Restoration Fellowship, 1999, p. 51.
4 Huffer, p. 158.
5 Le Roy Edwin Froom, The Conditionalist Faith of our Fathers, Washington, DC: Review and Herald, 1966, Vol. 1, p. 159.
Dit is `n nie-WLC artikel geskryf deur Anne Mbeke
Ons het alle paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verder het ons die name van die Vader en Seun in die Skrifte herstel, soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf was - WLC Span