Daar is `n onuitgesproke oortuiging dat die toestand van om menslik te wees in homself intrinsiek sondig is. Ja, niemand sê so in soveel woorde nie, maar die idee kom op wanneer mense skuldig voel deur sekere emosies te hê. Daar word aangeneem dat die emosie homself sondig is.
Hierdie veronderstelling benodig om ernstig aangespreek te word omdat oorweldigende skuldgevoelens bewerkstellig skande, en skande is een van die effektiefste maniere hoe Satan siele wegdrywe van Yahuwah.
Woede
Woede is nie `n aangename emosie nie. Inderwaarheid, saammet hartseer en depressie, word dit as `n “negatiewe” emosie beskou. Maar, dit is nie `n sonde om woedend te voel nie. Tog kan woede die stil fyn stemmetjie wees wat jou laat weet dat iets verkeerd is. Woede kan `n baie regverdige reaksie wees tydens ongeregtigheid.
Skrifte verskaf veelvuldige voorbeelde van Yahuwah se toorn. Soos byvoorbeeld: “Ja, by Horeb het julle Yahuwah vertoorn, sodat Yahuwah toornig was op julle om julle te verdelg.” (Deuteronómium 9:8) Dit is maar net een geleentheid. Daar is vele andere. (Numéri 11:1-2; 2 Konings 13: 3; Jesaja 51: 20 & 2 Konings 17:18)
"Woede is net woede. Dit is nie goed nie. Dit is nie sleg nie. Dit is net. Wat u met dit doen is wat saak maak. Dit is soos enigiets anders. U kan dit gebruik om op te bou of te vernietig. U moet net die keuse maak." Jim Butcher |
Sommige gelowiges verwerp hierdie gedeeltes. Hulle maak daarop aanspraak dat Yahuwah se toorn aanvaarbaar is omdat Hy Heilig is en nie kan sondig nie. Maar mense, so redeneer hulle is nie heilig nie dus is toorn sondig. Maar, Paulus stem nie saam met sulke aansprake nie. “Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie, en gee aan die duiwel geen plek nie.” (Efesiërs 4:26-27) Met ander woorde, dit is moontlik om kwaad te wees en nie sonde te pleeg nie.
Die verskil tussen toorn wat sondig is en toorn wat nie is nie hang af wat jy daarmee doen. Voel jy die emosie en gee jy dit aan Yahuwah oor? Of gebruik jy dit as `n verskoning om skade aan iemand anders te bring? Die Romeinse keiser, Markus Aurelius, het die wyse opmerking gemaak, “Hoe gruweliker is die gevolge van toorn as die oorsake daarvan.”
Hartseer
Hartseer is nog `n “negatiewe” emosie wat nie n sonde is nie. Yahushua self, wat alte goed geweet het dat hy Lasarus in net `n paar minute sal opwek, het steeds by sy graf geween. In Getsemane, was Yahushua in so `n geestes wroeging dat hy `n baie rare maar werklike fisiese fenomena genaamd hermatidrosis ondervind het, waar, op reaksie van intense verstandelike en emosionele stres, `n liggaam eintlik bloed sweet.
En toe Hy in `n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val.” (Lukas 22:44) Maar nogtans, deur dit alles, het Yahushua nie gesondig nie. Dis nie `n sonde vir jou om hartseer te voel nie. toe Hy op `n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val.”
Daar is baie redes waarom mense hartseer voel. Soms by begrafnisse, sal predikante probeer om die bedroefdes te vertroos deur hulle te vertel dat hulle nie hartseer moet wees nie omdat hulle geliefdes is “in `n beter plek.” Nie net is hierdie veronderstelling dat goeie mense na die hemel gaan verkeerd nie, maar so `n stelling is hoegenaamd nie vertroostend nie! Dit voeg maar net `n las van skuld by hul las van hartseer. Hartseer, nes woede, is `n merkwaardige menslike emosie en een wat nie `n sonde is nie.
In werklikheid bevat Skrifte spesiale beloftes vir diegene wie hartseer is. Deur te praat van die aarde nuut geskep, sê Johannes, “En [Yahuwah] sal die trane uit hul oë uitvee; die dood sal daar nie meer wees nie, nog hartseer, óf geween. Daar sal geen pyn meer wees nie, want die vorige dinge het verbygegaan.” (Openbring 21:4) Vir Yahuwah om die trane van die verlostes af te droog, beteken dat daar trane is om af te vee! En dit word nie as sonde beskou nie.
Depressie
Met tyd, kan hartseer verdiep na depressie. Depressie is nog `n ander baie menslike emosie waarmee Satan mense beskaamd maak. Nogtans, nes hartseer en woede, is dit nie `n sonde nie! Dawid was dikwels depressief, en dit het gereflekteer in die psalms. “Ek is moeg van my gesug; elke nag laat ek my bed swem; ek deurweek my bed met my trane. My oog het dof geword van verdriet.” (Psalm 6: 7-8) In werklikheid, toe Yahushua aan die kruis uitgeroep het, “My El! My El! Waarom het U my verlaat?” (Markus 15:34), het Hy eintlik Psalm 22 aangehaal!
Daar is baie redes waarom sommige mense in stryd is met depressie. Onopgeloste trauma en PTSD gee aanleiding tot depressie. Hormonale versteurings in die brein kan ook depressive tot gevolg hê. Dit is reeds oor die 6000 jaar sedert die menslike ras toegang tot die boom van die lewe gehad het. Ons kan die agteruitgang sien in ons liggamme, in ons intellek, en ons lewensduur. Waarom sal ons breine enigsins verskil? Yahuwah verstaan en sien nie sulke dinge as sonde nie.
Waarom dit saak maak
Dit is nie sonde om emosies te hê nie, selfs nie “negatiewe” emosies nie. Om menslik te wees, deur menslike emosies te voel, is nie `n sonde nie. Onthou dat Yahuwah ons geskape het om menslik te wees.
Toe het Elohim gesê: “Laat ons mense maak in ons beeltenis, in ons gelykenis, sodat hulle mag heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel, oor die lewende wesens en die wilde diere, en oor alle kruipende diere.”
En Elohim het die mens in Sy eie beeld geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. (Genesis 1:26-27)
Die woord vertaal as “mens” kom van die Hebreeuse woord adam en beteken “`n Menslike wese” (`n indiwidu of die spesies) … Adam beteken ‘man; menslike wese;volk.” Mense was die kronende handeling van die Skepping. Ons was geskape om emosies te hê As Yahuwah outomate wou gehad het, sou Hy die mense op daardie wyse geskape het. Maar Hy het nie. Hy het die mensdom geskape om die volle reeks emosies te ondervind en het dit toe genoem “baie goed.”
Baie opregte gelowiges voel dat, weens die onweerlegbare oneindige seëninge wat Yahuwah elke dag uitstort, is dit `n sonde om enigiets te wees behalwe om al die tyd gelukkig te wees. Yahushua se eie ondervinding openbaar dat dit maar nog een manier van Satan is om skande in te bring.
Dit is nie `n sonde om menslik te wees en die volle reeks menslike emosies te voel nie. Yahuwah het jou lief en aanvaar jou soos jy is: `n menslike wese geskape na Sy beeld met al die emosies wat daarmee saamgaan.