|
Hierdie is `n nie-WLC artikel. Wanneer ons hulpbronne van buite outeurs gebruik, publiseer ons slegs die inhoud wat 100% in harmonie is met die Bybel en WLC huidige Bybelse oortuiginge. Sulke artikels kan dus behandel word asof hulle direk van WLC kom. Ons is grootliks geseën deur die bediening van baie dienaars van Yahuwah. Maar raai ons lede nie aan om ander werke van hierdie skrywers te verken nie. Sulke werke het ons van publikasie uitgesluit, omdat dit foute bevat. Ongelukkig moet ons nog `n bediening vind wat foutloos is. As jy geskok is deur sommige nie-WLC gepubliseerde inhoud [artikels/episodes], hou Spreuke 4:18 ingedagte. Ons begrip van die waarheid is besig om te ontwikkel, soos meer lig op ons pad gewerp word. Ons koester waarheid meer as die lewe self, en soek dit waar dit ookal gevind mag word. |

Indien die Christen lewe `n stryd en mars is, het ons geen tyd te verspil nie, hetsy op teater vertonings geproduseer deur diegene wie met die Antichris mag en Ignatius se geestes- vormingsleer mag beraadslaag nie.
Daar is veel omtrent The Chosen wat die opregte Christen behoort te bekommer. Hierdie vertoning meng elke hoof godsdiens in een pot: `n mistieke, panteïs, ekumeniese, feminis, Jesuïete , en Mormoonse goue kalf. Dit is versoet met Bybelse verwysings om Bybel-gebasseerd te klink terwyl dit die Woord van Yahuwah as net nog `n ander boek behandel en enige onderskeid tussen Yahuwah se oorblyfsel beweging en die afvallige kerk verduister.
Kom ons kyk na voorbeelde van hoe hierdie vertoning Skrifte verdraai en Christus afkraak.
#1 – “Volg Jou Hart” — maar nie na Christus nie
Yahushua ontmoet Nikodémus in The Chosen reeks, en baie van hul gesprekke lyk skriftuurlik. Maar daar is subtiele veranderings, byvoegings soos, “Wat vertel jou hart jou?” — `n gewilde Disney lyn. (Onthou dat die Bybel sê, “Bedrieglik is die hart bo alle dinge,”) Later in die reeks, sê Yahushua, “Dit sal binnekort alles oor die hart wees.” Subtiel is die natuur van sulke leerstellings.
Dis die moeite werd om op te let dat in dieselfde toneel, kniel Nikodémus aan die voete van Yahushua, en The Chosen Yahushua stop hom, deur hom te vertel dat hy Hom nie hoef te aanbid nie. Die Katolieke kerk haat die aanbidding van Yahushua, en The Chosen volg in hul voetspore.

#2 –`n Hoor sê Evangelie
Regdeur die reeks, voer dissipels soos Matthéüs en Johannes onderhoude met mense, wie rondgaan met notaboekies en hoorsê neerstip wat later hul veronderstelde Bybelse boeke word. In een geval, hardloop `n vrou verby wie uitroep, “Hy`t my genees!” In desperaatheid, roep Matthéüs uit agter haar, en sê, “Jou van wat genees?” Hierdie vertoning poog om die inspirasie van die Skrifte te vernietig, deur dit voor te stel as `n gewone boek opgestel deur hoorsê.
Die Bybel verslag is, “Heilige manne van Yahuwah het gespreek soos hulle deur die Heilige Gees gedring was”. 1 Johannes 1:1-3 verklaar die evangelie as ooggetuie verslae, en 2 Petrus 1:16 weergee hierdie waarheid. Maar volgens The Chosen, kom Johannes 21:25 van Maria Magdalena en nie van Johannes self nie. In hul oorgeskrewe evangelie, speel The Chosen Maria Magdalena `n vreemde feministiese rol vir die tydperk en word selfs `n dissipel, wie met Yahushua reis. Hier is `n subtiele dekonstruksie van inspirasie, wat die Bybel omskep in `n boek van hoorsê en fabels eerder as waarheid.
#3 –`n Arrogante Voorloper
In The Chosen, is Johannes die Doper arrogant, sonder respek, en bevraagteken hy Yahushua voortdurend. een toneel, sê Yahushua dat hy is nie gereed om in besonderhede in te gaan nie, en met 'n ligsinnige stem antwoord Johannes die Doper, “Jy lyk om nie gereed te wees om in besondersheid in `n menigte dinge in te gaan nie.” `n vorige bespreking, praat Yahushua met Johannes die Doper oor bloedskande en egbreuk, en sê, “Ek verstaan dit is teen die wet van Moses, maar ek is hier vir groter doelwitte as om reëls te breek.” Dit gee die indruk van “Yahushua” dat Johannes, wie op die punt was om Herodus te konfronteer, ongeïnspireerd en selfs dwaassinnig is — en dat “Yahushua” nie omgee omtrent Die Tien Gebooie nie.
Asof hy soek na aandag, vertel Johannes dat hy `n opmars na Herodus se paleis beplan om hom te vermaan en voeg dan by, “My volgelinge sal dit geniet.” Dit is nie wat gebeur het nie! In die Bybel, stel Johannes dít so, “Ek moet verminder,” waarom stel The Chosen hom as arrogant voor?
#4 – Vernietig Skrifte vir Satire
Terwyl Johannes die Doper vir Christus minag, disrespekteer Petrus vir Johannes die Doper, deur hom “Grieselige Johannes” te noem. In die toneel, beskryf Petrus en sy broer Johannes die Doper, deur te sê, “Kyk die Lam van Yahuwah wat die sonde van die wêreld wegneem” — en doen dit in so `n wyse wat die erns van die skoonheid van die oomblik vernietig. Petrus se broer begin so, “Hy sê ‘kyk’ …” en Petrus val hom in die rede, “Ek eet `n gogga.” Hierdie flou, godslasterende poging vir humor bespot Johannes se erkenning van Yahushua as die Messias en ondermyn die ganse boodskap.
In die vertoning, kom Petrus na Yahushua op en sê dat hy na die einde van die aarde met Hom sou gaan, `n verwysing na Lukas 22:33. Bybels gesproke was dit `n monumentale punt in die gesprek van Petrus. Maar in The Chosen, word hierdie oomblik vernietig wanneer “Yahushua” antwoord, “Ek hoop so, Simon, maar ek blyk om te onthou daar was `n probleem…iets omtrent Andeás se voete.” Dit is afskuwelik. Petrus het `n onbekeerde hart gehad wat dit onmoontlik vir hom sou maak om sy belofte aan Christus te hou, maar kykers van The Chosen sal nooit weet hoe Yahushua die waarheid aan hom openbaar nie.

#5 – Opheffing… Maria
Maria aanbidding was in hierdie vertoning ingebring deur die Rooms Katolieke invloed. In Katolieke geloof, is Maria bo Christus. In die vertoning, voorsien Maria sterk emosionele ondersteuning. Yahushua sê dinge soos, “Wat sou Ek sonder jou doen?” instede daarvan om Christus se steun op Sy Vader te demonstreer, nes die Skrifte dit duidelik stel. Die skrywer voeg teologie in, nie te vinde in die Bybel nie maar in die Katolieke tradisie.
#6 –`n Leerstelling Uitruiling
Film Vervaardiger Dallas Jenkins het in `n onderhoud gesê, “Ons intensies verskil van die Bybelse intensies.”
|
Film Maker Dallas Jenkins het in `n onderhoud gesê, “Ons intensies is verskillend van die Bybelse intensies.” Die Bybelse intensies was om Christus te verhef, en wat is syne?” Hy sê dat die vertoning sal wees, “Wat die gehoor wil of behoefte het om te sien.” Hierdie TV vertoning was versigtig beplan tot `n tou trek van jou emosies, wat nie kykers bemoedig om troetelsondes te laat staan nie. Dit verruil Skrifte subtiel vir mistici van Rooms Katolieke leerstelling en goedkoop humor. Boonop maak film skrywer Tyler Thomas aanspraak daarop dat die Bybel “goeie letterkunde” is, maar nie onfeilbaar nie.
Tydens `n bespreking tussen die Mormoonse lede en die gasheer, maak hulle grappies dat die Boek van Openbaring sê om nie tot die Bybel by te voeg nie. Die gasheer van die vertoning, Dallas Jenkins bespreek met hulle hoe dit okei is om dit wat Johannes in Openbaring sê te ignoreer en by te voeg aan die storie van die Bybel (vir die reeks). Hy voeg later by, met `n grynslag—en moet dit asseblief nie mis nie — “...die mense wat net die Bybel wil lees sal nie na die reeks kyk nie.”
Vriende, as die vertoning se bondgenote daarop aanspraak maak dat kykers wie suiwer net vashou aan die Bybel nie hul vertoning wil sien nie, moet ons so gou as moontlik wegvlug. Ons is Bybel puriste!
#7 – Dissipels of Dronkaards?
In die vertoning, word baie Bybel karakters uitgebeeld as dronkaards. In die vertoning, is ons eerste ontmoeting met Natánael uitgebeeld as `n dronkaard en mislukte argitek (Natánael is maar net een van die verkeerd voorgestelde bybelse karakters). Omstandighede het hom genoop om sy mislukkings in die taverne uit te drink, `n algemene agtergond van die reeks. Waarom sou die vertoning hom in so `n lig voorstel as Yahushua self gesê het, “Hier is waarlik `n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie”? Hierdie vertoning wil ons lei om te glo dat hierdie dinge gepaard moet gaan met Christelikheid.
#8 – Bekering nie Nodig Nie
Alhoewel die ware Yahushua bekering gepreek het, mag jy in die eerste drie seisoene van The Chosen die woord genoem hoor in totaal drie of vier keer – en terloops, sonder oortuiging. Dit is intensieël. Wanneer The Chosen Yahushua veronderstellend Lukas 5:32 in die vertoning aanhaal, laat hy die woord bekering uit en sê maar net “roep sondaars.” Roep sondaars na wat? Die vertoning roep sondaars na `n valse evangelie waar bekering onnodig is.
#9 –`n Voortydige Arrestasie
Romeinse soldate neem Yahushua gevange voor die Olyf berg, `n storie wat nêrens te vinde is in die Bybel nie. Dit was bygevoeg om geloof te vernietig in inspirasie, want Yahushua het dit verklaar as nog nie Sy tyd nie.
#10 – Afkraak van Christus
Om Yahuwah tot ons vlak te bring, sluit The Chosen `n toneel in waar Yahushua `n preek voorberei en welbekende gedeeltes repeteer, wat dit meer menslik en algemeen laat voorkom as geïnspireer deur Sy Vader. Sy moeder onderbreuk hom tydens een van hierdie voordragte, en jy kan die frustasie in sy oë sien. Tydens dieselfde interaksie met Yahushua en Maria, sê sy, “Ek is trots op jou,” waarop die veronderstelde Yahushua antwoord, “Wag miskien totdat ek klaar is, in geval ek foute maak voor `n groot gehoor.” …DIT IS YAHUSHUA! Hierdie vertoning verkies die bose hart deur onse Heer en Heiland af te kraak.
#11 – `n Onskriftuurlike Manuskrip
Onskriftuurlike byvoegings peper The Chosen. Sommige blyk onskadelik te wees, andere is meer blatant Katoliek, en sommige vermaak die verbeelding terwyl dit twyfel bewerkstellig. Toe Maria en Josef hul jong Yahushua uit die oog verloor, het hulle Hom in `n tempel gevind, en The Chosen Yahushua vra hulle, “Het julle geweet Ek moet in die huis van My Vader wees”? Wat? Die Bybel sê, “Die dinge van My Vader doen.” Dit is tipies van `n Katoliek-geïnspireerde produksie om `n kerk gebou te beklemtoon instede van gehoorsaamheid aan die Vader in die hemel.
Nog `n voorbeeld gebeur in `n veronderstelde onderhoud tussen `n dissipel en Maria Magdalena, waar sy gevra word waar sy Yahushua vir die eerste keer gesien het. “In `n taverne,” Sê sy, “Hy het sy hand op myne gesit, en bygevoeg, “wat nie is soos dit klink nie.” Sy stel voor dat Johannes hierdie gedeelte as deel van sy boek moet uit laat sodat mense nie verwar moet word nie…net nog `n ander wyse hoe The Chosen twyfel en vrae skep.
Hierdie reeks skep groot gevaar sedert dit voorkom asof dit “die Bybel streng volg” en sodoende baie kan lei in misleiding. In `n onderhoud word die vertoning beskryf as `n multilyn snelweg vir verhoudinge met Yahushua” (oor hierdie rede, sluit die vertoning homoseksueles, ateïste, Katolieke, en mistisisme in vir hul skrywers, akteurs, en bemanning.) Die Bybel sê dat die weg wat na die lewe lei is nou, en breed is die weg wat lei na verderf. Daar is geen breë veelvuldige snelweg na Christus nie.
#12 – Gebede aan Maria agter die Skerms
![]() |
The Chosen Yahushua akteur Jonathan Roumie het `n groot gevolg, en dit is kommerwekkend hoe sy invloed gebruik word. Roumie het `n “lewende rosekrans” uitsending wat baie kykers getrek het. Op die Lewendige Stroom, leer hy kykers die Katolieke rosekrans, om tot die dooie heiliges te bid, te bid tot `n dooie Maria, en haar vra vir vergifnis van sondes. Dalk sal jy nie na sy rosekrans kyk nie, maar sy onbybelse uitbeelding van Christus sal jou vermaak. Watter gemeenskap het lig met duisternis? Ons is veronderstel om die luide geroep te gee en mense uit Babilon roep, nie na hul produksies kyk nie.
#13 –`n Katolieke Christus?
Onderhoude met The Chosen Yahushua akteur Jonathan Roumie openbaar baie wat Protestante besorgd moet maak.
“Jou uitbeelding van Yahushua het die aandag van die Katolieke wêreld in `n groot mate,” word Roumie in een onderhoud vertel. (Hy erken sy uitbeelding van Yahushua is deur die Pous geïnspireer, wie hy besoek en `n seëning van ontvang het.)

Jonathan Roumie vertel ook sy ondervinding van `n vrou wie haar seun verloor het. Die vrou was oortuig dat as sy die soom van sy kleed wat Jonathan Roumie dra, kan aanraak, sou sy verbind word met die siel van haar seun. Dit is die leersteling van demone. Hierdie valse Yahushua het nie moeite gedoen om die vrou te korrigeer en haar na Christus verwys as die een wat alle heerlikheid toekom nie, maar het die heerlikheid vir homself geneem. Geen wonder die mens van sonde hou van hom!
#14 –`n Onstellende Tema en Mistieke Musiek
Om dinge af te rond, is die musiek vir The Chosen geproduseer deur mense soos Dan Haseltine, `n bekroonde meester van spirituele formaat wat van die produksie van die vertoning se musiek sê dat hy “wil hê dat dit `n bietjie chaos bevat.” Met die voorbereiding van die musiek, het Dallas Jenkins die komponeerder vertel, Daar is geen reëls met dit nie.” Daardie idee dra oor in die vertoning se lirieke, soos die intro vir elke episode dryf hul boodskap in dat Yahuwah, “Geen probleem het met die gemors wat julle gemaak het nie.”

Laaste Woorde van Waarskuwing
The Chosen het `n growwe minagting vir Christus en maak lig van Hom regdeur die vertoning. As daar geen ander punt was, sou dit genoeg wees om dit te verwerp as `n ernstige en gevaarlike fout. Maar tog is daar dosyne sulke punte. Waar die Bybel ons lei na verlossing, lei The Chosen ons om waarheid, bekering, en die opoffering van Christus vir ons, lig op te neem. Gedeeltes van Skrifte wat belangrik is en bekering wys is verdraai om te vermaak en te verbaas.
Daar is geen lig in hierdie sataniese uitbeelding en verwronge humaniste produksie nie. Diegene wie omgee omtrent die voorbereiding van Yahushua se koms moet die werke van duisternis verwerp.
Dit is `n nie-WLC artikel deur Randall LaCelle.
Ons het al die paganistiese name en titels van die Vader en Seun uit die oorspronklike artikel gehaal en dit vervang met die oorspronklik gegewe name. Verderaan, het ons uit die Skrifte aangehaal al die name van die Vader en Seun, vervang soos dit oorspronklik deur die geïnspireerde skrywers van die Bybel geskryf is- WLC Span







