Dit was die jaar 1979. Die Burmese ambassadeur vir Sri Lanka was oortuig dat sy vrou `n affair het. Met die besluit om die sake in sy eie hande te neem, het hy sy vrou een aand geskiet toe sy laat huis-toe kom. Die bure het by die polisie gekla dat `n verasser vir lyke in die agterplaas van die tuiste gebou was. Toe die Sri Lankaanse polisie daar aankom, kon hulle sien hoe die ambassadeur sy vrou se oorskot in die verasser sit, maar die ambassadeur het geweier dat hulle die eiendom moet betree.
Volgens Gerald Hensley, eer-tydse hoë kommisaris van Nieu Seeland: “Dit het maar sleg geruik. Die ambassadeur het gesê dat dit Burmese gebied was en dat hulle dit nie kon betree nie.”1
Tenspyte van die erns van die oortreding, was die Sri Lankaanse regering nie by magte om teen die gesant op te tree wie uiteindelik, maar nie onmiddelik nie, na sy land herroep is.2
`n Moordenaar het skotvry daarvan afgekom . . . omdat hy diplomatieke vryheid geniet het.
Die misbruik van diplomatieke vryheid het baie die billikheid daarvan bevraagteken. Dit is nie regverdig of redelik om enigeen vryheid te gee om wette te omseil eenvoudig maar net weens hul diplomatieke status nie.
Maar tog...
Verkondig miljoene Christene `n leerstelling, wat in effek, net so onregverdig en onredelik is as `n moordenaar wie eenvoudiglik maar net vry daarvan afkom omdat hy `n diplomaat is. Dit word “een maal gered, altyd gered” genoem. Met ander woorde, as jy eens gered is, sal jy altyd gered wees. Hierdie leerstelling, waarna algemeen verwys word as “ewige versekering” klink aannemend, maar `n noukerige ondersoek van hierdie oortuiging lê dit bloot as uitermate onbybels.
Verdedigers van ewige versekering baseer hierdie oortuiging op verskeie tekste wat spreek van die versekering wat die gelowige in die Heiland het:
My skape luister na My stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My. En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in alle ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My Vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal, en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie. (Johannes 10: 27-29)
(Sien ook 1 Petrus 1:5; Johannes 6:39; & Judas 24.)
In hierdie gedeelte word na die gelowiges verwys as “skape” wie die stem van die Herder ken en Hom volg. Eerder as om “een maal gered, altyd gered” te verkondig belowe hierdie gedeeltes maar net dat geen geestelike skade kan kom na die persoon wie, toegewy is aan Yahuwah, in onderdanigheid leef aan die goddelike wil van Yahuwah nie.
Maar skape is berug daarvoor dat hulle gewoonlik afdwaal. “Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop.” (Jesaja 53:6) As iemand ophou om sy wil aan Yah oor te lewer en begin om wetend te sondig, sal hy verlore wees – selfs as hy voorheen die geskenk van verlossing ontvang het.
Yahuwah sal nooit die menslike wil forseer nie. Dit is oor daardie rede waarom die Skrifte besaai is met waarskuwings oor wat met diegene sal gebeur, wie eens verlossing aanvaar het, en dan afgedwaal het. Die gelykenis van die verlore skaap openbaar die tederlike liefde van die Vader en die Heiland vir verlore en dwalende siele. Maar selfs dan, sal `n persoon nooit gedwing word om terug te keer nie. Volle godsdienstige vryheid word aan almal gewaarborg. As die hart hardnekkig klou aan gekoesterde sonde, sal die golwe van genade uiteindelik terug gedryf word, om nooit weer terug te keer nie.
Deur die ooreenkoms van `n wingerd en lote te gebruik, het Yahushua die lot van almal beskryf wie nie in Hom bly nie: “As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur en dit verbrand.” (Johannes 15:6)
Die lote is nie onkruid wat nooit aan die wingerd verbind was nie. `n Loot kan net groei en bestaan solank dit ingeënt is. Die lote in die Heiland se gelykenis verwys na hulle wie, eens op `n tyd, nou verbind was aan Hom, en die geestelike voeding vir groei ontvang het! Maar deur hul geestelik-gegewe vryheid van keuse uit te oefen, het hulle van die bron van lewe weggegaan. Hulle het vrugteloos geword en is uiteindelik verwerp.
Vér verwyder van die leerstellings van “ewige versekering,” leer die Skrifte die presiese teenoorgestelde: dat dit moontlik is om verlossing te aanvaar, en op `n latere stadium, jou eie wil te volg, deur in `n lewe van rebelsheid teen Yahuwah te draai. Deur die illustrasie van `n wedloop te gebruik, het die apostel Paulus die opofferings en die sorgvuldige voorbereidings wat die atlete bereid is om deur te maak, sterk laat uitkom, om die prys te wen. Hy het die illustrasie afgeëindig dat selfs hy steeds verlore kan wees:
Weet julle dan nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal. En elkeen wat aan die wedstryd deelneem, onthou hom in alles – hulle nogal om `n verwelklike krans te ontvang, maar ons `n onverwelklike. Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie. Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie. (1 Korinthiërs 9:24-27)
Paulus weet alhoewel hy `n verlossende verhouding met sy Verlosser gehad het, het dit nie sy persoonlike vryheid van keuse van hom beroof nie. Hy kon steeds, deur persoonlike keuses die ewige lewe verbeur. Die dood van die Heiland aan die kruis het “diplomatieke immuniteit” vir ons sonde uit die verlede voorsien. Dit verwyder nie aanspreeklikheid vir huidige sonde, wat wetend gepleeg is nie. Dus het Paulus besef dat, selfs nadat hy andere gelei het om verlossing te aanvaar, kon sy persoonlike keuses hom steeds laat “diskwalifiseer.” Hierdie woord, vertaal as “Verwerplik” in die Ou Vertaling, kom van Adokimos (#96), wat “nie goedgekeur nie” beteken, bv. verwerp; deur te impliseer as onwaardig . . . uitgeworpene, verworpe, verdoemde.”
Die woord “verdoem” is `n interressante woordkeuse. Dit word nie hedendaags so baie gebruik nie, maar dit bevat `n magdom van betekenisse. Wanneer die woord as `n naamwoord gebruik word, verwys dit na `n persoon wie in sonde gelaat is; en wat verlore is vir deugde en geestelikheid.”3 Daar is `n aantal verse in die Skrifte wat hierdie woord gebruik. Hierdie gedeeltes voorsien duidelike kontekstuele voorbeelde van wat dit beteken om verdoemd of om `n verdoemde hart te hê. (Sien Titus 1:10-16; 2 Timótheüs 3:8; 1 Korinthiërs 13:5-7 ens.)
Die duidelikste gebruik van die woord is blykbaar, en die gedeelte wat “eenmaal gered, altyd gered” sonder gelyke weerlê, is te vinde in Romeine 1:18-32. Hier sê Paulus spesifiek, hoewel hierdie verdoemdes Yahuwah “geken” het (vers 21) het hulle nietemin sterk aan sonde vasgehou. Daar kan nie gesê word dat hierdie persone heidene was wat geen kennis van die Skepper gehad het nie. Maar selfs deur Hom te ken, vers 28 sê dat hulle Hom nie wou onthou nie: “En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om Yahuwah in erkentenis te hou nie, het Yahuwah hulle oorgegee aan `n slegte gesindheid.”
Neem notisie dat Yahuwah “hulle oorgegee het aan `n slegte gesindheid.” Hier is die voorstelling van waarheid vir verlossing aangebied deur Yahuwah. “Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.” (2 Petrus 3:9) Maar net soveel as wat Hy almal tot bekering wil bring sodat almal gered kan word, sal Hy nooit die indiwidu se reg wegneem om sy eie keuses te maak nie. Hy sal diegene laat gaan wie nie `n verhouding met Hom wil behou nie, en hulle laat gaan om hulle eie wense te volg.
Die apostel Petrus leer net so dieselfde ding:
Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Meester en Saligmaker, Yahushua die Gesalfde, die besmetting van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste.
Want dit sal beter vir hulle wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is.
Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol. (2 Petrus 2:20-22)
Dit is `n Bybelse beginsel “Dat in die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan.” (2 Korinthiërs 13:1) Dus, het beide Paulus die apostel aan die Heidene, en Petrus, die apostel aan die Jode, saamgestem dat selfs as `n persoon die genadegawe van verlossing aanvaar het, deur die vrye keuses van sy wil, kan hy steeds verlore gaan.
Die gevaar om aan die dwaling van “ewige immuniteit” te kleef is dat, nes diplomatieke immuniteit, kan dit gebruik word om dit verstandelik uit te lê of om gekoesterde sonde te verskoon wat die weerbarstige hart nie wil opgee nie. Redding is `n gratis geskenk, maar dit verwyder nie persoonlike verantwoordelikheid van dwaalleer, omdat dit in sy hoedanigheid, mens vrystel van die gevolge van alle toekomstige optredes en besluite, ongeag van hoe grusaam, of dikwels, die geestelike wet oortree word nie. Dit is `n tipe van goddelike “diplomatieke immuniteit” wat, soos hulle veronderstel, enigiets wat hulle doen bedek omdat hulle nou gered is.
Dit is `n uitermate gevaarlike veronderstelling om te maak. Die werk van die Heilige Gees is “om die wêreld van sonde te oortuig, en van geregtigheid en van oordeel.” (Sien Johannes 16:8.) Die Heilige Gees mag `n hart oortuig om `n besondere sonde opsy te skuif, “maar as `n persoon glo in “eenmaal gered, altyd gered” word sulke oortuiginge as “twyfel” opsy gevee. Dit is uitermate gevaarlik omdat verwerping van die Heilige Gees die een onvergeeflike sonde is. Wanneer die Heilige Gees se uitnodiging verbete en voortdurend verwerp word, is daar niks wat die Hemel meer kan doen nie.
Die Skrifte is duidelik in verband met die lot van almal wat weggedraai het om nie meer die Saligmaker te volg nie:
“Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, en die goeie woord van Yah gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, en afvallig geword het – om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van Yah weer kruisig en openlik tot skande maak. (Hebreërs 6:4-6)
Sommige sal van die veronderstelling uitgaan dat as `n persoon afvallig raak, was hulle, om te begin, nooit gered nie, maar dit is nie in ooreenstemming met die gegewe Skrif gedeelte nie. Paulus stel dit baie duidelik “die wat eenmaal verlig was.” Indien `n persoon sy rug op goddelike genade keer, sal goddelike Liefde hom nooit forseer om teen sy wil te bly nie. “Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie.” (Hebreërs 10:26)
Dalk is die aardigste ding omtrent die leerstelling van “eenmaal gered, altyd gered,” wat dit leer omtrent die karakter van Yahuwah. “Want so lief het Yah die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe mag hê. Want Yah het sy Seun in die wêreld gestuur, nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. (Johannes 3:16-17) Die erflating van `n sondige karakter, het elke seun en dogter van Adam beroof van die hoedanigheid om vir hulle self te kies wie hulle wil dien: Yahuwah of Satan. Yahushua se kruisdood is nie `n waarborg dat almal gered sal word nie. Dit het maar net die reg om vir hulleself te kies, herstel, eerder as om die ewige lewe te verloor deur die keuse wat Adam gemaak het.
Yahuwah, wie so baie opgegee het om die keuse van vryheid te verseker, sal nooit daardie reg om keuses te maak wegneem wanneer die indiwidu in `n reddende verhouding met die Verlosser is nie. Sonde maak `n slaaf van die wil; die losprys herstel dit in harmonie met Yahuwah. Maar niemand sal in hierdie stadium wil-lose intellektuele slawe wees nie. Almal het steeds die mag van keuse en Yahuwah sal dit nooit wegneem, deur Sy wil op Sy skepsele af te dwing nie.
Die Bybel leer dat gelowiges veilig is terwyl hulle aan Yahuwah getrou bly. Maar as iemand verkies om die hand van Yahuwah te los, is daardie versekering verbeur. “Die loon van die sonde is die dood” (Romeine 6:23) self vir diegene wie, eens op `n tyd, verlossing aanvaar het.
Alle dwaalleer verwyder van die bron van alle lewe en liefde. Die feit dat Yahuwah Sy eie Seun opgeoffer het om die vryheid van keuse te verseker en dat Hy voortgaan om daardie vryheid van keuse behoue te laat bly, demonstreer `n liefde so omvattend, so vér reikend dat die menslike verstand dit nie in sy geheel kan begryp nie. Verwerp die dwaalleer van “eenmaal gered, altyd gered.” Kom nader na die Een wie bevoeg is om jou veilig te bewaar van alle skade. Hy sal nooit jou indiwidualiteit , jou self-heid, jou vryheid van keuse skend nie .... maar wanneer jy verkies om jou wil aan Hom oor te gee, sal Hy jou bewaar.
1 http://www.theguardian.com/world/blog/2012/mar/28/dominique-strauss-kahn-diplomatic-immunity-scandal
2 http://www.thenews.com.pk/TodaysPrintDetail.aspx?ID=29779&Cat=9
3 Noah Webster, American Dictionary of the English Language, 1828.