Die Waarheid Vervang met die Hedendaagse Fariseïsme.
Menigtes
van opregte Christene glo in die waarde van verdienstelikheid
volgens
alle dinge van die Hebreeuse gebruike. Hierdie misleiding van Satan en sy
bedoeling is om
hulle
aandag weg te lei van alle
aangeleenthede wat belangrik is
gedurende
die laaste dae van die Aarde se geskiedenis.
Het jy al ooit gekyk na ʼn handelsadvertensie vir ʼn wonderlike toestel wat waarborg om jou besonderse lastige probleem wat almal aanvanklik in die wêreld ondervind op te los? Jy word verlei en is opgewonde oor hierdie uitstekende nuwe toestel wat jou lewe sal verbeter! Jy glo die vriendelike en charismatiese verkoopsman. Jy skakel haastig die nommer of kliek net op die internetskakel. In ʼn oomblik is die geld verhaal vanaf jou kredietkaart en die wonderlike toestel is op pad na jou toe. Jy wag op dit met gretige verwagting! Eindelik arriveer die gesogte houer. Dit is hier! Dit is hier! Nadat die houer opgemaak is die produk glad nie “blink” soos wat van dit verwag is, en self minder effektief. Jy voel bedrieg, en self ʼn oproep na die kliëntediens (is nutteloos), en nou belowe jy om nooit weer ʼn slagoffer te wees van so ʼn bemarkings skelmstreek. Hoeveel hartseer is daar nog as sulke tragiese gebeure hom afspeel oor Geestelike aangeleenthede. Ontelbare aantal Christene val in ʼn soortelyke lokval op die soeke na die waarheid. Sommiges aanvaar die woord van hulle priesters of leraar vir wat die waarheid is, en die weiering om enige iets te bestudeer wat nie die goedkeuring geniet van hulle geestelike raadgewers. Aan die ander, beskik Satan oor ʼn meer fynere misleiding: die veronderstelling dat daar by die Jode geleer kan word oor gevorderde lig.
Die Skrif bevat ʼn ernstige waarskuwing: “Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ʼn brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.” (1 Petrus 5 vers 8.) Die rede vir die duiwels se verhoogde woede word in Openbaring 12 vers 12 verduidelik: “Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.”
Diegene wat met verlange uitsien na die Verlosser se wederkoms is waaksaam. Soos die wyse maagde, het hulle ag geslaan op die oproep dat die Bruidegom kom. In hulle liefde vir Hom, het hulle lampe voorberei, en ook die stewe om hulle ganse lewe inooreenstemming met Hom te bring. Dit is hoe dit moet wees. Dit is tragies dat baie opregte en konserwatiewe Christene weggedwaal het van die ware aangeleenthede van die laaste dae, en deur die leerstellings dat daar reddende waarde is in al die Hebreeuse dinge, en om so (of om te word) Joods as moontlik te word en vir die ondersteuning van Israel as Yahuwah uitverkiesde volk.
John Hagee bevorder die Messiaanse Judaïsme Boodskappe wat hy predik en miljoene van dollers word gestuur om Israel te ondersteun. John Hagee, die senior pastoor van ʼn gemeente van 18,000 lidmate,is alombekende advokaat vir hierdie geloof.
Gedurende Februarie 2006, het Pastoor John Hagee, Stigter en Algemene Voorsitter van die Christen Vereniging vir Israel, besluit dat die tyd aangebreek het om die algemene beweging vir gewone mense te skep wat gefokus is op die ondersteuning van Israel. Hy het ʼn beroep op Christen leiers regoor Amerika gedoen om by hom aan te sluit vir die oprigting van hierdie nuwe inisiatief. Meer as 400 Christen leiers elkeen ʼn verteenwoordiger van ʼn gemeente, megakerk, media evangelisasie, drukkers ondernemings, of Christen universiteit, het geantwoord op hierdie oproep en die Christen Vereniging van Israel was gebore.1
Andere in die opregte begeertes om so heilig as moontlik te wees, neem baie van die rabbynse gebruike aan, deur sowel as die kleredrag en ook op ander gebiede. Hulle geur hulle woordeskat met Hebreeuse woorde en aanhalings – somtyds tot so ʼn mate dat dit vir ander moeilik is om te verstaan. Hulle samel fondse in vir die herbou van die tempel in Jerusalem of om bomskuilings op te rig in Israel. Dit is ʼn groot afleiding wat baie merkbaar verlossing deur werke word.
Die profeet Joël skilder ʼn helder prentjie van die laaste geslag toe hy verklaar: “Menigtes, menigtes in die dal van beslissing, want naby is die dag van Yahuwah in die dal van beslissing!” (Joël 3 vers 14) Dit is deel van die menslike natuur om ʼn geestelike “ghoeroe,” of dit nou ʼn sjamaan, priester, pastoor of rabbi is, om jou te vertel wat om te glo. Yahuwah het geen mens aangewys vir hierdie doel. Almal kan direk na die Verlosser gaan om die water van die lewe te ontvang. Die Skrif verklaar: ” Want so sê Yahuwah van die leërskare:.... want wie julle aanraak, raak sy oogappel aan.” (Sagaria 2 vers 8)
Gebaseer op hierdie, en ook op ʼn ander soortgelyke teks, glo baie mense as hulle moontlik Jode kan word in hierdie lewe, en deur hulle Joodse kleredrag en hulle gebruike, dat hulle Yahuwah sal behaag. Ongelukkig is alles wat hulle aanneem, meer en deels mens gemaakte tradisies van die Fariseërs.
Met die vernietiging van die Tempel gedurende (70 n.C.) het die Sadduseërs heeltemal verdwyn, en is al die Joodse aangeleenthede in die hande van die Fariseërs gelaat. Voortaan, was die Joodse lewe gereguleer deur die Fariseërs, en was die algehele geskiedenis van Judaïsme rekonstrueer vanaf die Fariseërs se beskouing, en is daar ʼn nuwe kenmerk aan die Sanhedrin van die verlede gegee. ʼn Nuwe ry van tradisies het die ouer priesterlike tradisies verdring.... Fariseïsme het die karater gevorm van Judaïsme en die samelewing en die denke van die Jood vir alle toekoms.2
Diegene wat hulle na Joodse tradisies wend om hulle geestelike lewe te versterk, keer hulle na Fariseïsme.
Joodse geleerdes erken die feit dat die hedendaagse Judaïsme is Fariseïsme. Fariseïsme het Talmoedis geword... (maar) maar die gees van die ou Fariseërs het bly voortleef onveranderd. Wanneer die Jode die Talmoed bestudeer, herhaal hy egter die argument wat deur die Palestynse akademici gebruik word. Die gees van die [Fariseërs] leerstellings het spoedig blywend en belangrik en geword..... Vanaf Palestina tot Babilonië, van af Babilonië tot Noord Afrika, Italië, Spanje, Frankryk en Duitsland, en daarvandaan na Pole, Rusland, en Oos Europa in sy geheel, het die oue Fariseïsme gedwaal.3
Die Verlosser se grootste teregwysiginge was gerig na die Fariseërs. Hy het hulle “blinde gidse,” “dwase en blindes,” “slange,” “en ʼn geslag van giftige slange.”genoem. Hy het ook die Fariseërs “geveindstes” genoem, en Yahushua het hulle vergelyk met: ”want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is.” (Mattheus 27 vers 23.)
Baie opregte Christene glo vandag nog dat die Jode steeds Yahuwah se spesiale volk is omdat die Jode dit vir hulle vertel. Alhoewel, die hedendaagse Judaïsme nie meer ʼn verlossende deug het soos die ou farisese ekwivalent. Diegene wat na die Jode opsien vir die bevestiging van lig, neem mensgemaakte tradisies, en verhoog hulle tot die status van goddelike bevele. Yahushua het duidelik gewaarsku oor die eindresultaat aan almal wat hulle wend tot hierdie bron van waarheid:
“Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie.
Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom ‘n kind van die hel, twee maal erger as julle self.” (Mattheus 23 verse 13 en 15.)
Fariseïsme, is die hedendaagse Judaïsme, bestaan uit mensgemaakte wette en tradisies. Die Jode het duisende wette, maar Yah verklaar dat Hy hierdie tradisies “haat”:
“Ek haat, Ek versmaad julle feeste en het geen welgevalle aan julle feestye nie.
Want al bring julle vir My brandoffers saam met julle spysoffers, Ek het daar geen welbehae in nie, en die dankoffer van julle vetgemaakte kalwers sien Ek nie met welgevalle aan nie.
Verwyder van My die geraas van jou liedere! En na die geluid van jou harpe wil Ek nie luister nie.” (Amos 5 verse 21 tot 23.)
Hierdie was “heilige byeenkomste” wat deur Yahuwah tot stand gebring is! Tog is die manier waarop hulle onderhou word so afgewater, deur mensgemaakte reëls en wette wat die geestelike wese van wat die Wet Gewer bedoel het, en wat dit moet wees vernietig is! Deur hulle poging om “volkome” die goddelike wet te onderhou, het die Fariseërs in sy geheel ʼn waarde van bykomende reëls en vereistes bygevoeg. Hulle leer dat hierdie bykomende reëls jou bevry van sonde. As voorbeeld, die Sabbat onderhouding van sonsondergang tot sonsondergang, en is dit nie volgens die Bybel. Daardie aanwysing was uitsluitlik vir die Dag van Verootmoediging. Deur ʼn oordrewe en ywerige poging om die “grense van die van die Sabbat te beskerm,” was die onderhouding van die Dag van Verootmoediging uitgebrei om ook sowel die weeklikse Sabbat onderhouding in te sluit.
Deur die woorde wat tot vandag toe weergalm, het Yahushua hierdie bygevoegde werke van die Fariseërs veroordeel en verduidelik: “Want hulle bind pakke saam wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met hulle vinger verroer nie.” (Mattheus 23 vers 4.)
Hierdie opregte mense het geen benul dat die gebruike wat hulle aanneem gegrond is op mens gemaakte reëls en tradisies. Hulle dink dat hulle die slegte verwerp, en deurdat hulle terugkeer na die Hebreeuse Oorsprong, maar die oorsprong reik nie verder as Babilon!
• Die gebruik van Hebreeuse woorde verskaf nie geregtigheid in jou denke.
• Deur geld te gee vir die herbouing van die tempel kan nie toegang tot die Hemel koop.
• Deur na Jerusalem te verhuis (of Israel) het geen verlossings waarde.
• Die Hedendaagse Jode is nie die primêre gesag oor wat Yahuwah tevrede stel. Die meeste is wêrelds en diegene wat nie is, maak staat op werke vir hulle eie saligheid.
Persoonlikheids ontwikkeling word nie verkry deur die klere wat jy dra of die Hebreeuse woorde wat jy toevoeg tot jou woordeskat of deur die Hebreeuse naam wat jy jouself noem. Dit is ʼn gawe aan diegene wie se geloof gevestig in die kosbare beloftes.
Selfs gedurende die vroeë dae van die Christendom, was daar ʼn neiging onder Joodse gelowiges om ʼn hoë waarde te heg aan die geloof, van die gebruike en tradisies van die konserwatiewe groep: die Fariseërs. Aan diegene wat nader beweeg het aan hierdie menslike tradisies, skrywe Paulus:
“Want daar is baie wat tugteloos is, wat onsin praat en verleiers is, veral die wat uit die besnydenis is; hulle mond moet gestop word. Hulle keer hele huise onderstebo deur te leer wat nie betaam nie, ter wille van vuil wins” (Titus 1 verse 10 tot 11.)
“Hierdie getuienis is waar. Daarom moet jy hulle skerp bestraf, sodat hulle gesond in die geloof kan wees, en hulle nie besig hou met Joodse fabels en gebooie van mense wat van die waarheid afwyk nie.” (Titus 1 verse 13 tot 14.)
“....Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk.” (Titus 1 vers 16.)
Dit is ʼn waarskuwing aan diegene wat ag slaan op die Jode as die bewaarder van goddelike wysheid. Deur die Jode aan te wys as die deurslaggewende gesag oor geestelike aangeleenthede, word gelowiges gelei om dieselfde waarhede waaroor die Jode beskik het, en wat hulle verwerp het ook te verwerp. Die belangrikste voorbeeld is die ware Sabbat. Onder die swaar Romeinse vervolging wat gevolg het na die Konsilie van Nicea, het die Jode die Bybelse Sabbat ter syde gestel nadat Hillel II die kalender “hervorm” het. Die Jode van vandag, aanbid op die Saterdag volgens die Gregoriaanse kalender. Die resultaat is dat miljoene opregte Christene aanneem dat Saterdag is die Bybelse Sabbat, en vir geen ander rede as dit, ook omdat dit die dag is waarop die Jode aanbid, en omdat die Jode nooit sal aanbid, as op die dag van die ware Sabbat. Dus, het die finale toets aangebreek en is dit ook verwerp vir geen ander rede as die veronderstelling dat die Jode moet die waarheid besit, omdat hulle Jode is.
Alhoewel, die Skrif aan ons ʼn verskillende standpunt voorhou. Die Jode van die outyd, en die Jode gedurende die Messias se tyd, en die Jode van vandag, het nie die goddelike wet onderhou soos Yahuwah dit bedoel het:
“En die Yahuwah het Israel en Juda gewaarsku deur die diens van elke profeet en elke siener en gesê: Bekeer julle van jul verkeerde weë en onderhou my gebooie, my insettinge, volgens die hele wet wat Ek julle vaders beveel het, en wat Ek deur die diens van my diensknegte, die profete, vir julle gestuur het. Maar hulle het nie geluister nie en hul nek verhard soos die nek van hul vaders wat nie op Yahuwah hulle Eloah vertrou het nie. En hulle het sy insettinge en sy verbond verwerp wat Hy met hulle vaders gesluit het, en sy getuienisse waarmee Hy hulle gewaarsku het, en agter nietige afgode aan geloop en self nietig geword, en agter die nasies aan wat rondom hulle was, van wie die Eloah verlaat....” (2 Konings 17 verse 13 tot 16)
Mensgemaakte tradisies heilig nie die siel. Hulle dien meer en deels as iets, om ʼn persoon verhewe te laat voel oor diegene wat nie dieselfde gebruike onderhou.
“Die wet van Yahuwah is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van Yahuwah is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.” (Psalm 19 vers 7.) Mensgemaakte tradisies, en die byvoeging van reëls wat gegrond is op menslike verklarings, maak die goddelike wet ingewikkeld. Die wet van Yahuwah is is eenvoudig en reguit. Yahushua het alle tradisies van die Fariseërs eenkant toegevee, en die goddelike wet se natuurlikheid mooi verduidelik en verstaanbaar gemaak:
“En een van hulle, ʼn wetgeleerde, het ʼn vraag gestel om Hom te versoek en gesê: Meester, wat is die groot gebod in die wet?”
“En Yahushua antwoord hom: Jy moet Yahuwah jou Eloah liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.” Mattheus 22 verse 35 tot 40.)
“Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra Yahuwah van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou Eloah?” (Miga 6 vers 8.) Paulus het sy bekommenis uitgespreek dat die nuwe gelowiges hulle sou keer na tradisies, deur die tersyde stelling van die eenvoudigheid en van die waarheid: “Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Yahushua.” (2 Korinthiërs 11 vers 3.)
Diegene wat hulle wend na tradisies wat in Judaïsme gevind word, wys na al die beloftes wat aan Israel gemaak is, maar hulle vergeet dat die beloftes was altyd gegee op die voorwaardes van gehoorsaamheid. Israel het Yahuwah verwerp en ʼn koning geëis. “Toe sê Yahuwah vir Samuel: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie.” (1 Samuel 8 vers 7.) Die feit dat Yahuwah lank verveeld was met hulle selfs nadat hulle Hom verwerp het en word dit opgesom in die dikwels herhaalde frase- “terwille van My dienskneg Dawid se onthalwe.” Die goddelike liefde sal nie teenwoordig wees waar dit nie benodig word nie. Alhoewel dit mag lank talm, sal die goddelike liefde ten laaste in hartseer buig voor die wense van die halsstarrige hart. ʼn Paar dae voor Yahushua se dood, het Hy getreur met ʼn gebroke hart:
“Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ʼn hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie! Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat! Want Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van Yahuwah!” (Matteus 23 verse 37 tot 39.)
Paulus waarsku: oor die “Judaïseerders”, en daardie opregte Christene wat volkome aan hierdie beskrywing voldoen. Deur te val vir die geloof dat daar op een of ander manier ʼn verdienste is om meer Joods te word, en in die stuur van geld na Israel, en die oprig van geheel ʼn eskatologie rondom die veronderstelling dat Yahushua se wederkoms nie sal plaasvind alvorens die Jode hulle nie bekeer, hierdie opregte Christene stel hulle self bloot om deur verrassing oorval te word ten tye van die wederkoms. Yahushua waarsku: “Kyk, Ek kom soos ʼn dief.” (Openbaring 16 vers 15) Wanneer Hy terugkeer sal baie Christene verras wees omdat hulle nie aanskou het dat menigte Jode hulle bekeer het. Hulle vertraag die Wederkoms so seker as wat die bose dienskneg gesê het, “ My Meester vertraag sy koms.”
Die beloftes vir ou Israel is nou beskikbaar aan geestelike Israel.
“Want julle is almal kinders van Eloah deur die geloof in Yahushua die Gesalfde; want julle almal wat in Yahushua gedoop is, het julle met Yahushua beklee. 8Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Yahushua die Gesalfde. En as julle aan Yahushua behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte.” ( Galasiërs 3 vers 26 tot 29.)
Verlossing is steeds beskikbaar aan elke Jood, maar die geestelike seëninge is nou vir almal wat dit sal aanneem en dit sal waar bly tot die sluiting van die aarde se geskiedenis “totdat die tye van die nasies vervul is.” (Lukas 21 vers 24.)
Verlossing is ʼn gawe van goddelike genade. Diegene wat hulle Verlosser lief het en Hom wil eer in die mooiheid van heiligheid, en onbelemmerd deur mensgemaakte reëls en tradisies. Yahuwah nooi diegene wat swaar kry onder farisese laste om na Hom te kom, en Hy sal hulle rus gee.
“Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas
is, en Ek sal julle rus gee.” (Mattheus 11 vers 28.)
1. http://www.cufi.org/site/PageServer?pagename=about_pastor_john_hagee
2. “Pharisees,”The Jewish Encyclopedia, Vol. IX, (1901-1906 ed.), p. 666.
3. Louis Finkelstein, The Pharisees: The Sociological Background of their Faith, Vol. 1, Forward to first edition, p. XXI, emphasis supplied.